Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » inspekteur
inspekteur [boodskap #134655] Sa, 21 November 2020 08:01
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20229
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
inspekteur
Afbreking: in•spek•teur


Selfstandige naamwoord: inspekteur
Meervoud: inspekteurs (inspekteure)
Verkleinwoord: inspekteurtjie
Meervoud van verkleining: inspekteurtjies

Betekenis:
• Iemand wie se werk dit is om inspeksies uit te voer.
• Rang in die polisie of aanspreekvorm vir so 'n persoon.

Gebruik:
• Ons het opdrag gekry om alles in orde te kry vir die inspekteur se besoek.
Inspekteur Setole van Moord en Roof het nie tyd gehad om vingerafdrukke te neem nie.

Antoniem:
• inspektrise (vroulik)

Hiponiem:
• bou-inspekteur
• hoofinspekteur
• inspekteur-generaal
• skoolinspekteur
• vakinspekteur
• veeinspekteur
• verkeersinspekteur
• vleisinspekteur

Afgelei:
• inspekteursamp
• inspekteurskap
• inspekteurskorps
• inspekteursverslag

Afkorting:
• insp.

Vertaling:
Engels: inspector, auditor; superintendent
Nederlands: inspecteur

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: blomsteel
Volgende onderwerp: speelterrein
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 19:47:55 MGT 2024