Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » intelligent
intelligent [boodskap #134640] Vr, 20 November 2020 11:29
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20229
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
intelligent
Afbreking: in•tel•li•gent


Byvoeglike naamwoord: intelligent
Vergrotende trap: intelligenter
Oortreffende trap: intelligentste
Attributief: intelligente
Partitief: intelligents

Betekenis:
• Met 'n goeie verstand; hoë kognitiewe vermoë; wat helder kan dink en maklik verstaan.
• Wat wel deurdag en goed oorweeg is.

Gebruik:
• Die jongman is nogal intelligent.
• Hulle het 'n intelligente gesprek gevoer.

Sinoniem:
• knap
• skerpsinnig
• skrander
• slim

Verwant:
• intellek
• intellektueel
• intelligentsia
• intelligensie

Spelfout:
• intellegent

Vertaling:
Engels: intelligent, bright, smart
Nederlands: intelligent

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: tekere
Volgende onderwerp: skrams
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 20:13:16 MGT 2024