Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kapittel
kapittel [boodskap #134615] Di, 17 November 2020 14:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20229
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kapittel
Afbreking: ka•pit•tel


Werkwoord: kapittel
Verlede tyd: het gekapittel

Betekenis:
• Vir iemand 'n preek afsteek; oor die kole haal.

Gebruik:
• Ons is behoorlik oor die aangeleentheid gekapittel.

Spreekwoord:
• Hy kapittel hom. [Iemand berispe of vermaan.]

Vertaling:
Engels: to lecture, reprimand
Nederlands: kapittelen


Selfstandige naamwoord: kapittel
Meervoud: kapittels
Verkleinwoord: kapitteltjie
Meervoud van verkleining: kapitteltjies

Betekenis:
• 'n Hoofstuk, veral uit die Bybel.

Gebruik:
• Die dominee het 'n hele kapittel tydens erediens voorgelees.

Spreekwoord:
• Met vers en kapittel bewys. [Behoorlik in fyn besonderhede bewys.]

Vertaling:
Engels: chapter
Nederlands: kapittel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bittersoet
Volgende onderwerp: nougeset
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 19:42:53 MGT 2024