Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » salf
salf [boodskap #134612] Di, 17 November 2020 12:12
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20229
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Buis met salf.
'n Buis met salf.
salf
Afbreking: salf


Selfstandige naamwoord: salf
Meervoud: salwe
Verkleinwoord: salfie
Meervoud van verkleining: salfies

Betekenis:
• Smeerbare mengsel wat op die vel aangewend word.
• Olie wat lekker ruik en vir spesiale seremonies gebruik word.

Gebruik:
• Watter salf werk die beste vir spierpyn?
• Die salf drup van die koning se kop af.

Spreekwoord:
• Iemand salf om die oë smeer. [Iemand flous, mislei.]
• Hy is 'n vlieg in die salf. [Iemand of iets wat onaangenaamheid veroorsaak.]
• Aan hom is daar geen salf te smeer nie. [Dis hopeloos om hom te probeer verander.]
• In die kleinste potjies bewaar 'n mens die beste salf. [Waardevolle dinge is skaars en kom in klein maat.]

Afgelei:
• brandsalf
• lipsalf
• salfolie
• salfpleister
• salfpot

Vertaling:
Engels: salve, cream, ointment
Nederlands: zalf


Werkwoord: salf
Verlede tyd: het gesalf

Betekenis:
• Met 'n salf invryf.
• Met 'n welriekende olie inhuldig.

Gebruik:
• Sy salf die soldaat se wonde.
• Hy is tot koning gesalf.

Vertaling:
Engels: to anoint
Nederlands: zalven

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: treksel
Volgende onderwerp: reklame
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 20:17:22 MGT 2024