Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vabond
vabond [boodskap #134554] Vr, 13 November 2020 10:29
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20229
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vabond
Afbreking: va•bond


Selfstandige naamwoord: vabond
Meervoud: vabonde
Verkleinwoord: vabondjie
Meervoud van verkleining: vabondjies

Betekenis:
• 'n Ondeunde persoon.
• Rondloper of geslepe persoon/ding wat nie vertrou kan word nie.

Gebruik:
• Die klein vabond speel buite.
• Jou vabond, wag, ek sal jou kry, van jou sal net 'n bloedkol bly. [Muskietejag, A.D. Keet]

Wisselvorm:
• vagebond

Sinoniem:
• asjas
• japsnoet
• kalant
• karnallie
• niksnut
• rakker
• blikslaer
• skobbejak
• vent

Vertaling:
Engels: rogue, rascal, scamp; vagabond, vagrant, tramp
Nederlands: vagebond

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: okapi
Volgende onderwerp: vrugteboord
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 20:13:53 MGT 2024