Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » rein
rein [boodskap #134542] Do, 12 November 2020 19:20
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20229
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
rein
Afbreking: rein


Byvoeglike naamwoord: rein
Vergrotende trap: reiner
Oortreffende trap: reinste
Attributief: rein, reine
Partitief: reins
Intensief: engelrein

Betekenis:
• Netjies en skoon, of sedelik suiwer en sonder sonde.

Gebruik:
• Salig is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien. [Matteus 5:8]

Spreekwoord:
• Vir die reine is alles rein. [Op sigself is niks onrein nie.]

Vergelyking:
• So rein soos 'n duif.

Sinoniem:
• onbesoedel
• sindelik
• skoon
• suiwer
• onbesmet
• onbevlek

Antoniem:
• onrein

Afgelei:
• reinheid
• reinig

Vertaling:
Engels: pure, chaste
Nederlands: rein

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vrywaring
Volgende onderwerp: breedsprakigheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 20:16:29 MGT 2024