Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » snaar
snaar [boodskap #134520] Wo, 11 November 2020 14:55
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20229
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
snaar
Afbreking: snaar


Selfstandige naamwoord: snaar
Meervoud: snare
Verkleinwoord: snaartjie
Meervoud van verkleining: snaartjies

Betekenis:
• Lang, dun en veerkragtige draad, soos die wat in harpe, kitare en rakette gebruik word.
• 'n Manlike persoon; vent.

Gebruik:
• Die jagter haal 'n pyl uit sy koker en span sy boog se snaar.
• Wat soek die snaar al weer hier?

Afgelei:
• raketsnaar
• snaarinstrument
• vioolsnaar

Spreekwoord:
• Met snaar en stramboel êrens gaan. [Reis te voet.]
• Altyd op dieselfde snaar speel. [Altyd oor dieselfde onderwerp praat.]

Vertaling:
Engels: string
Nederlands: snaar


Selfstandige naamwoord: snaar
Meervoud: snare
Verkleinwoord: snaartjie
Meervoud van verkleining: snaartjies

Betekenis:
• Van snare voorsien.

Gebruik:
• Hy snaar sy tennisraket.

Vertaling:
Engels: string
Nederlands: snaren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: duikplank
Volgende onderwerp: strandwag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 20:09:43 MGT 2024