Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sloop
sloop [boodskap #134517] Wo, 11 November 2020 14:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20229
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sloop
Afbreking: sloop


Selfstandige naamwoord: sloop
Meervoud: slope
Verkleinwoord: slopie
Meervoud van verkleining: slopies

Betekenis:
• Stofomslag vir 'n kussing; kussingoortreksel; kussingsloop.
• Die handeling van sloop; afbreek; aftakel.

Gebruik:
• Die kussing se sloop moet gewas word.
• Kwotasies word vir die sloop en herbou van die gebou ingesamel.

Vertaling:
Engels: pillow-case, pillow-slip; demolition
Nederlands: sloop


Werkwoord: sloop
Verlede tyd: het gesloop

Betekenis:
• 'n Struktuur afbreek of 'n boom neervel.

Gebruik:
• Ons sal die ou gebou moet sloop om plek vir die nuwe wolkekrabber te maak.

Afgelei:
• sloper
• slopery
• sloping

Vertaling:
Engels: to pull down, demolish, dismantle
Nederlands: slopen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: geldwassery
Volgende onderwerp: meubelstuk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 20:09:40 MGT 2024