Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skraap
skraap [boodskap #134512] Wo, 11 November 2020 12:49
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20229
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
skraap
Afbreking: skraap


Selfstandige naamwoord: skraap
Meervoud: skrape
Verkleinwoord: skrapie
Meervoud van verkleining: skrapies

Betekenis:
• Die merk wat deur 'n skerp voorwerp op 'n oppervlak veroorsaak is.
• Handeling om die boonste laag van iets te verwyder.

Gebruik:
• Hy probeer om die skraap op te vul en uit te poleer.
• Die skraap van grondpaaie maak die paaie meer gelyk.

Afgelei:
• skraapmerk
• skraapmes
• skraapwol
• skraapwond
• skraapyster

Vertaling:
Engels: scratch
Nederlands: schraap


Werkwoord: skraap
Verlede tyd: het geskraap

Betekenis:
• Die boonste laag van iets (met 'n skerp voorwerp) afhaal; afkrap.
• Dinge bymekaar bring; versamel.

Gebruik:
• Hy skraap die motor se verf met sy sleutel.
• Sy skraap haar klere bymekaar. Die hond het die inbreker geskraap.

Spreekwoord:
• Hy raap en skraap alles. [Hy versamel voor die voet.]

Afgelei:
• skraper

Vertaling:
Engels: to scratch; to rake, scratch together
Nederlands: schrapen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kameraad
Volgende onderwerp: haelbui
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 19:51:07 MGT 2024