Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » afkom
afkom [boodskap #134488] Ma, 09 November 2020 13:25
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20229
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
afkom
Afbreking: af•kom
Samestelling: af + kom


Werkwoord: kom af, afkom
Verlede tyd: het afgekom

Betekenis:
• Van bo na onder beweeg; afsak.
• Losraak; afgaan.
• Na iets toe beweeg; onverwags ontdek.
• Die nadraai van iets; vrykom.
• Van 'n plek af wees; herkoms.

Gebruik:
• Jy moet van die dak afkom voordat jou ma jou sien.
• Die prys wil nie afkom nie.
• Sy het haar dood geskrik toe sy op die spinnekop afkom.
• Hy het maar lig daarvan afgekom.
• Koos kom van die Vrystaat af.

Spreekwoord:
• Kaal van iets afkom. [Sleg, met skade van iets afkom.]
• Met skade en skande van iets afkom. [Geldelik en sedelik ly.]

Afgelei:
• afkomeling
• afkoms

Vertaling:
Engels: to descend, come down
Nederlands: afkomen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kreet
Volgende onderwerp: kartondoos
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 20:26:02 MGT 2024