Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » grondkunde
grondkunde [boodskap #134156] So, 18 Oktober 2020 20:43
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20229
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Grond word bestudeer.
Grond word bestudeer.
grondkunde
Afbreking: grond•kun•de
Samestelling: grond + kunde


Selfstandige naamwoord: grondkunde
Meervoud:

Betekenis:
• Wetenskap wat grond en die eienskappe van grond bestudeer.

Gebruik:
• 'n Belangrike aspek van grondkunde is die benutting van grond vir die landbou.
Grondkunde omvat die fisiese, chemiese, morfologiese, mineralogiese eienskappe van grond, insluitende die genese, klassifikasie, verspreiding en vrugbaarheid daarvan.

Sinoniem:
• bodemkunde
• grondwetenskap
• pedologie

Afkorting:
• grondk.

Vertaling:
Engels: soil science
Nederlands: bodemkunde

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vervoeg
Volgende onderwerp: straatkind
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 23:04:42 MGT 2024