Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kappie
kappie [boodskap #134126] Sa, 17 Oktober 2020 08:22
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20229
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die letter e met 'n kappie op.
Die letter e met 'n kappie op.
'n Kappie.
'n Kappie.
kappie
Afbreking: kap•pie


Selfstandige naamwoord: kappie
Meervoud: kappies
Verkleinwoord: kappietjie
Meervoud van verkleining: kappietjies

Betekenis:
• Leesteken in die vorm van 'n driehoek bo-op 'n letter.
• Sagte hoed wat oor die kop gedra word.
• 'n Sagte hou wat toegedien word.

Gebruik:
• Die kappie in brûe dui aan dat die u-klank uitgerek word.
• Die Voortrekkervroue het kappies as beskerming teen die son gedra.
• Die gholfspeler gee 'n kappie na die gholfbal.

Sinoniem:
• kappieteken
• sirkumfleks

Afgelei:
• kappiekommando
• kappievormig

Vertaling:
Engels: circumflex; bonnet, coif; small shot
Nederlands: kappie

Nota:
• In Afrikaans kom die kappie voor op die letters ê, î, ô en û.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: oumagrootjie
Volgende onderwerp: diafaan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 23:15:57 MGT 2024