Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » beker
beker [boodskap #131791] Do, 25 Junie 2020 14:40
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20268
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Beker.
'n Beker.
'n Beker.
'n Beker.
beker
Afbreking: be•ker


Selfstandige naamwoord: beker
Meervoud: bekers
Verkleinwoord: bekertjie
Meervoud van verkleining: bekertjies

Betekenis:
• Silindervormige voorwerp vir vloeistof, groter as 'n koppie, waaruit 'n mens kan drink.
• 'n Trofee; sierbeker.

Gebruik:
• Verkies jy jou koffie in 'n koppie of 'n beker?
• Die wenners hou die beker omhoog.

Spreekwoord:
• My beker loop oor. [Baie verheug.]
• Ons doen dit vir die beker. [Uit alle mag.]
• My beker is vol. [Meer smart kan ek nie verdra nie.]
• 'n Bitter beker tot op die bodem ledig. [n Swaar ervaring tot die end deurmaak.]
• Dis 'n soet druppel in sy beker. [Iets wat te midde van teëspoed, vreugde bring.]
• Tussen lip en beker lê groot onseker. [Op die laaste oomblik kan sake nog 'n wending neem.]

Afgelei:
• bekerwedstryd
• bekertoernooi
• blikbeker
• drinkbeker
• glasbeker
• maatbeker
• melkbeker
• papierbeker
• papierkoppie

Vertaling:
Engels: jug, mug; beaker; cup
Nederlands: beker

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kwespunt
Volgende onderwerp: ongesteld
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 28 03:16:01 MGT 2024