Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Naam van 'n boom?
Re: Naam van 'n boom? [boodskap #12958] Vr, 27 Februarie 1998 00:00
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina

Ek dink jy dink aan die Swartwattel, Acacia mearnsii, wat oorspronklik van
Australiƫ ingevoer is. Die bas is gebruik in leerlooiery. Dit het 'n
absolute pes geword, en pogings word nou aangewend om hom uit te roei. Dit
dien ook as werkskeppings- en watervoorsiening projekte.

Deesdae word hoofsaaklik gebruik gemaak van bloekomstutte, Eucalyptus spp.
Wattel groei te krom en skeef om effektiewe mynstutte te maak.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
@igs.net wrote in message ...
>
> Kan iemand vir my die naam gee van 'n boom wat in
> Suid-Afrika gebruik word vir mynstutte. Ek dink dis
> 'n lid van die mimosa-familie, en ek dink hulle kweek
> dit teen die hange van die berge wat die Laeveld van
> die Ho"eveld skei. Ek dink dis ook die soort hout
> waarvan die pulp uitgevoer word na Kanada vir die
> maak van rayon.Sover ek kan onthou het dit fyn
> blaartjies en geel klossies vir blomme.
>
> Gloudina Bouwer
Vorige onderwerp: Re: Gloudina op NG?
Volgende onderwerp: Korrelkop
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 24 03:29:42 MGT 2024