Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » tas
tas [boodskap #129214] So, 12 Januarie 2020 14:24
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20278
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Tas met plakkers op.
'n Tas met plakkers op.
tas
Afbreking: tas


Selfstandige naamwoord: tas
Meervoud: tasse
Verkleinwoord: tassie
Meervoud van verkleining: tassies

Betekenis:
• 'n Plat houer waarin 'n mens boeke en klere dra.

Gebruik:
• Pak jou tas, ons gaan ry!

Sinoniem:
• koffer

Afgelei:
• brieftas
• skooltas
• tasdief

Vertaling:
Engels: suitcase, bag, pouch
Nederlands: tas


Werkwoord: tas
Verlede tyd: het getas

Betekenis:
• Rondvoel om iets te kry; die tassin gebruik; bevoel.

Gebruik:
• Hy tas na sy wapen toe hy die inbreker hoor.

Spreekwoord:
• Jy tas in die donker rond. [Daar is geen oplossing nie.]

Afgelei:
• rondtas

Vertaling:
Engels: to grope, feel, touch
Nederlands: tassen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: tante
Volgende onderwerp: taxi
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Sep 29 07:29:51 MGT 2024