Leksikograaf Boodskappe: 20209 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
pan
Afbreking: pan
Selfstandige naamwoord: pan
Meervoud: panne
Verkleinwoord: pannetjie
Meervoud van verkleining: pannetjies
Betekenis:
• 'n Ronde voorwerp met 'n steel wat in die kombuis gebruik word om kos gaar te maak.
• 'n Induiking in die landskap waar opgaring van oppervlaktewater plaasvind; 'n klein meertjie.
Gebruik:
• Sy maak die pan warm om pannekoek te bak.
• Die diere drink soggens by die boonste pan water.
Spreekwoord:
• Iemand 'n veeg uit die pan gee. [Iemand berispe.]
Afgelei:
• oondpan
Vertaling:
Engels: pan
Nederlands: pan
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.