oorgangsklank [boodskap #127341] |
Sa, 03 Augustus 2019 07:17 |
![](/images/custom_avatars/4607.png) |
Leksikograaf
Boodskappe: 19505 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
oorgangsklank
Afbreking: oor•gangs•klank
Samestelling: oorgang + -s- + klank
Selfstandige naamwoord: oorgangsklank
Meervoud: oorgangsklanke
Verkleinwoord: oorgangsklankie
Meervoud van verkleining: oorgangsklankies
Betekenis:
• Die tussenklank (oorgang) wat soms tussen twee opeenvolgende klanke gehoor word soos die spraakorgane van posisie verander.
Gebruik:
• Die agtervoegsel -asie word dikwels met die oorgangsklank [ɦ] uitgespreek. So word "kansellasie" soms uitgespreek as [kɑnsəlɦasi] ('n hasie voor die kansel) en nie as [kɑnsəlasi] nie.
Sinoniem:
• halfvokaal
Verwant:
• svarabakti-klank
Vertaling:
Engels: glide
Nederlands: overgangsklank
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|