Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » breek
breek [boodskap #126963] So, 07 Julie 2019 20:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20278
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
breek
Afbreking: breek




Werkwoord: breek
Verlede tyd: het gebreek
Teenwoordige deelwoord: brekend, brekende
Verlede deelwoord: gebreekte, gebroke

Betekenis:
• Stukkend maak of raak; in stukke afbreek; skei.
• Eindig; laat ophou.
• Nie nakom nie.
• Begin; aanbreek.

Gebruik:
• Boetie breek sy speelgoed.
• Wat kan ons doen om sussie se koors te breek.
• Sy breek haar belofte om met hom te trou.
• 'n Nuwe dag breek aan.

Sinoniem:
• verbrysel
• skend
• afbreek

Antoniem:
• bou

Afgelei:
• afbreek
• breker
• losbreek
• wegbreek

Vertaling:
Engels: to break
Nederlands: breken


Selfstandige naamwoord: breek
Meervoud: breke
Verkleinwoord: brekie
Meervoud van verkleining: brekies

Betekenis:
• 'n Pouse; ruskans; ruspouse.

Gebruik:
• Ek gaan nou eers 'n breek vat.

Hiponiem:
• rookbreek
• studiebreek
• wegbreek
• teebreek

Vertaling:
Engels: break
Nederlands: breek

Nota:
• Moenie "breek" met "breuk" (s.nw.) verwar nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: koppelvlak
Volgende onderwerp: beskrywing
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 28 19:26:59 MGT 2024