Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vakansie
vakansie [boodskap #126789] Sa, 29 Junie 2019 07:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20273
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Vakansie by se see.
Vakansie by se see.
vakansie
Afbreking: va•kan•sie




Selfstandige naamwoord: vakansie
Meervoud: vakansies
Verkleinwoord: vakansietjie
Meervoud van verkleining: vakansietjies

Betekenis:
• Rustyd of 'n wegbreek waartydens 'n mens nie hoef te werk nie.
• Reis na 'n aangename bestemming tydens so 'n wegbreek.

Gebruik:
• Duisende toeriste sak gedurende die somer op die dorp toe om vakansie te hou.
• Ons gaan met vakansie.

Spreekwoord:
• Hulle ry in Jan Tuisbly se karretjie. [Bly tydens die vakansie by die huis.]

Afgelei:
• vakansie-oord
• vakansie-uittog
• vakansieadres
• vakansiebegroting
• vakansiebestemming
• vakansiedag
• vakansiedorp
• vakansiefoto
• vakansieganger
• vakansiegees
• vakansiegenot
• vakansiehuis
• vakansieoord
• vakansieplek
• vakansieprogram
• vakansiereis

Vertaling:
Engels: holiday, vacation
Nederlands: vakantie

Nota:
• Oulike sêgoed: Ons doen vanjaar die tuinroete, al om die huis. Dis lekker by die see, hoor hoe blaf die haaie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: u
Volgende onderwerp: skoen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 28 15:39:06 MGT 2024