Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » prins
prins [boodskap #126394] Wo, 05 Junie 2019 06:20
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20260
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
prins
Afbreking: prins




Selfstandige naamwoord: prins
Meervoud: prinse
Verkleinwoord: prinsie
Meervoud van verkleining: prinsies

Betekenis:
• Die nie-regerende seun of kleinseun van 'n koning of koningin.
• Die man van 'n regerende koningin wat nie self 'n koning in eie reg is nie.
• (histories) Vors; heerser oor 'n prinsdom.

Gebruik:
• Arthur, die Prins van Wallis, is voor sy pa dood en het daarom nooit koning geword nie.
• As gemaal van die Britse koningin was prins Philip voortdurend in die openbare oog.
• Karl I (1569–1627) was die eerste Prins van Liechtenstein en dus die stigter van die dinastie.

Spreekwoord:
• Van die prins geen kwaad weet nie. [Heeltemal onskuldig wees.]

Antoniem:
• prinses

Vertaling:
Engels: prince
Nederlands: prins

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: wissel
Volgende onderwerp: volle
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Sep 25 15:16:10 MGT 2024