Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » stem
stem [boodskap #126370] Ma, 03 Junie 2019 06:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20273
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
stem
Afbreking: stem




Selfstandige naamwoord: stem
Meervoud: stemme
Verkleinwoord: stemmetjie
Meervoud van verkleining: stemmetjies

Betekenis:
• Klank wat deur 'n mens met sy stembande gegenereer word as hy/sy praat of sing.
• Die keuse wat mens tydens 'n verkiesing maak.

Gebruik:
• Sangers benut die menslike stem as 'n instrument om musiek te skep.
• Die dertiende partygenoot se stem was beslissend vir die herverkiesing

Spreekwoord:
• Daar is 'n kraak in sy stem. [Daar is ontroering in iemand se stem.]
• Hy maak sy stem dik. [Hard, waarskuwend praat.]
• Soos 'n stem wat roep in die woestyn. ['n Tevergeefse poging om iemand van iets te oortuig.]

Afgelei:
• roepstem
• stemband
• stemgehalte
• stembrief
• stembus
• stemdag
• stemgeregtig
• stemming
• stemreg

Vertaling:
Engels: voice; vote
Nederlands: stem


Werkwoord: stem
Verlede tyd: het gestem
Teenwoordige deelwoord: stemmende

Betekenis:
• 'n Keuse in 'n verkiesing maak.
• Seker maak 'n instrument speel nie vals nie.

Gebruik:
• Benjamin Franklin het gesê: “Demokrasie is twee wolwe wat stem oor aandete".
• Die musikant stem sy kitaar.

Spreekwoord:
• Sy aand- en môrepraatjies stem nie ooreen nie. [Hy bly nie altyd by wat hy sê nie.]
• Wie swyg, stem toe. [Wie geen beswaar inbring nie, keur dit goed.]

Vertaling:
Engels: to vote; to tune
Nederlands: stemmen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: voer
Volgende onderwerp: gewild
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 28 15:37:03 MGT 2024