Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » laer
laer [boodskap #126347] Sa, 01 Junie 2019 16:16
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20273
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Laer om die Voortrekkermonument.
Laer om die Voortrekkermonument.
'n Koeëllaer.
'n Koeëllaer.
laer
Afbreking: la•er
Uitspraak: /ˈlɑː.ər/




Selfstandige naamwoord: laer
Meervoud: laers

Betekenis:
• Fortifikasie van waens wat teen mekaar getrek is om mense en diere teen 'n vyand te beskerm.
• 'n Meganiese toestel wat interaksie tussen bewegende dele bewerkstellig.

Gebruik:
Laers is veral in die 1830's gedurende die Groot Trek ingespan, hoewel soortgelyke fortifikasies eeue tevore al gebruik is.
Laers met 'n lae wrywing is belangrik vir doeltreffendheid, om verwering te verminder en om hoë snelhede moontlik te maak.

Vertaling:
Engels: camp, laager, wagon fort
Nederlands: laager, wagenburcht


Byvoeglike naamwoord: laag
Vergrotende trap: laer
Oortreffende trap: laagste
Attributief: lae
Partitief: laags

Betekenis:
• Vergrotende trap van laag.

Gebruik:
• Gebiede met uitgestrekte woude se temperatuur is laer en die humiditeit is hoër.

Spreekwoord:
• Dit kan nie hoër of laer wees nie. [Niks anders kan gedoen word nie.]

Antoniem:
• hoër

Vertaling:
Engels: lower
Nederlands: lager

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: iets
Volgende onderwerp: verantwoordelik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 28 15:38:57 MGT 2024