Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Hospitale en die ANC
Hospitale en die ANC [boodskap #77618] Ma, 12 Mei 2003 20:48
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
Is dit jy Jonas, wat 'n tyd gelede gepraat het
van die swak formaat wat hospitale in
Suid Afrika mee geformateer is?
En was dit teenoor jou wat Gloudina
uitgevaar het omdat jy dit durf waag het
om haar helde te kritiseer?
Indien wel, hou my naam uit die gesprek
en vertel haar (sonder om dit uit te bring
waar jy die inligting vandaan kry) haar
van die url:

http://www.news24.com/Rapport/Nuus/0,,752-795_1358022,00.htm l

Verduidelik haar net so terloops hoe sy
daarop moet kliek om haar in haar
tone te skok.

As sy steeds lus is vir lees kan sy haar kliekings
verder oefen op:

http://www.news24.com/Rapport/Briewe/0,,752-805_1357973,00.h tml

Anoniem

Ns.
Volgens die symste Rapport (briewe)
was daar 'n berig (wat ek mis gekyk het)
in Rapport van 4 Mei oor iemand in
Port Elizabeth wat 'n inbreker in sy huis
geskiet het (blykbaar was daar drie) en
hy moes 'n nag in die selle oornag.
Blykbaar is hy van moord aangekla.

Dit bots met die feit dat een van my kliënte
nie lank terug nie, 'n inbreker in sy huis
dood geskiet het. Hy was nie eens in die hof nie.
Toe ek vir hom sê dat dit 'n swak refleksie
op die gereg werp, het hy gesê dat dit nie
regtig so is nie. Want volgens hom het die
aanklaer en magistraat tussen hulle na die feite
gekyk en besluit om hom nie te vervolg nie.
Dit het sin gemaak.

Nou Nòg Anonienemer.
Vorige onderwerp: Stroop
Volgende onderwerp: Hi
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Sep 24 20:26:41 MGT 2024