Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kortbroek
Kortbroek [boodskap #99819] Di, 26 Oktober 2004 18:38 na volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
wie van julle het 3rd Degree gekyk vanaand?

DD
Re: Kortbroek [boodskap #99836 is 'n antwoord op boodskap #99819] Wo, 27 Oktober 2004 11:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Frika  is tans af-lyn  Frika
Boodskappe: 53
Geregistreer: Januarie 2008
Karma: 0
Volle Lid
Ongelukkig nie, was dit interessant ?

"DD" skryf in boodskap news:cb6tn0hqfbnmdhps1o6ssfqujpedams6i9@4ax.com...
>
>
> wie van julle het 3rd Degree gekyk vanaand?
>
> DD
>
Re: Kortbroek [boodskap #99853 is 'n antwoord op boodskap #99836] Wo, 27 Oktober 2004 18:47 Na vorige boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 27 Oct 2004 13:14:02 +0200, "Frika" wrote:

> Ongelukkig nie, was dit interessant ?
>
>
> "DD" wrote in message
> news:cb6tn0hqfbnmdhps1o6ssfqujpedams6i9@4ax.com...


>> wie van julle het 3rd Degree gekyk vanaand?

>> DD


>

Dit was sò interessant:-) Die 3rd Degree mense probeer al
baie lank om hom voor die kameras te kry, waar hy kan verduidelik
waarom hy sy ondersteuners verraai het. (En dit is ook so aan hom
gestel, dat van sy ondersteuners so voel.) Kwartaaliks het hulle
probeer om 'n afspraak met hom te maak, wat hy elke keer met 3 maande
uitgestel het. Die laaste keer, laat weet hy toe dat hy vir die
volgende ses maande nie beskikbaar gaan wees nie. Maar dit sê hy toe
vir 'n crew wat slimmer as hy is. En hulle wag hom op straat in. Waar
hy heel onbeskof laat verstaan dat hy met ander dinge besig is. Voor
die mikrofone en kameras natuurlik.

Die program het hom so poppey gemaak op die uitsending. Hulle het
gewys waar hy byvoorbeeld aan die nasionaliste vertel hoe hy die anc
sal bly opponeer. En na hy een geword het met die DA, vertel hy steeds
hoe hy die anc opponeer. En na hy een geword het met die anc, vertel
hy steeds aan sy stupid volgelinge dat hulle nou van binne die anc se
rigting sal verander. Dit is alles uitgesaai met hom verduidelikend
aan sy dwaselinge.

En na hy nou een is met die anc, sê hy toe vir sy verslae
agtergebewenes, dat hulle in hul 'political shack' kan bly, maar hy
beweeg vorentoe! O, tussenin was daar natúúrlik insetsels van die
nasionaliste se historiese helde soos pik botha en roelf something.

Spottend sê die man met die mike in sy hand gisteraand, dat mbeki toe
(seker) net aan kortbroek gesê het dat hy in ruil vir 'n klomp np
stemme, 'n ministerspos kan kry.

En die mooi vrou wat as aanbieder by 3rd Degree optree, se toe met
haar oulike aksent, dat kortbroek die 3rd Degree span ontwyk het,
omdat 'kortbroek' toe verander in 'bangbroek':-))))

DD
Vorige onderwerp: Ek dink Elaine kan my help, maar wil sy...?
Volgende onderwerp: Geluk Mandy Rossouw
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 20:38:07 MGT 2024