Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Geluk Mandy Rossouw
Geluk Mandy Rossouw [boodskap #99720] Vr, 22 Oktober 2004 19:30 na volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
'Beeld' wat onbeskroomd die ANC ondersteun
het in vandag se uitgawe 'n berig wat so anders is.

Mandy Rossouw
Kaapstad. Pres. Thabo Mbeki het gister,
ten spyte van verskeie pogings van die DA en die OD om
hom vas te pen, vrae in die parlement oor MIV/vigs en
verkragting gesystap.

'n Klein deel daarvan was as insetsel op die Sewe-uur
nuus gewys. Mandy Rossouw borduur heel interessant
voort oor hoe hy Ryan Coetzee (DA) en Lance Greyling
(OD) beskuldig het van rassisme terwyl hulle vrae oor
MIV/vigs het.

Miskien is ek onregverdig, want ek koop die Beeld baie selde.
My daaglikse koerant is die Daily News want dit gaan gewoonlik
oor aspekte nader aan die huis.

Ferdi, as jy kontak het met Mandy Rossouw, sê vir haar sy is my
heldin:-) Sy het nie die berig geskryf en dinge tussen die lyne
leesbaar gemaak nie. Sy het dit gesê soos dit gebeur het. In
elk geval, soos dit gebeur het in die paar oomblikke wat dit
op die nuuskassie gewys is. Toe Ryan Coetzee aan Mbeki
sê dat die vraag nie oor rassisme is nie, het Mbeki dit
geignoreer. Want hy kon die werklike vraag nie antwoord nie.

Daai girl verdien 'n verhoging, Ferdi; kan jy nie voorspraak maak vir
haar nie:-) Sy kan selfs die Beeld se maandelikse omset met R3.20
verhoog:-)

DD
Re: Geluk Mandy Rossouw [boodskap #99721 is 'n antwoord op boodskap #99720] Vr, 22 Oktober 2004 19:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 22 Oct 2004 21:30:58 +0200, DD wrote:

>
>

> Sy kan selfs die Beeld se maandelikse omset met R3.20
> verhoog:-)
>
> DD
>
>
My kalkulator sê nou vir my dat dit nie R3.20 is nie
MAAR X 30! (x26?)

DD
Re: Geluk Mandy Rossouw [boodskap #99726 is 'n antwoord op boodskap #99720] Sa, 23 Oktober 2004 06:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 22 Oct 2004 21:30:58 +0200, DD wrote:


> 'Beeld' wat onbeskroomd die ANC ondersteun

Interresante siening.
Sekerlik kan jy voorbeelde gee?
Re: Geluk Mandy Rossouw [boodskap #99727 is 'n antwoord op boodskap #99726] Sa, 23 Oktober 2004 09:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 23 Oct 2004 08:55:27 +0200, Ferdi Greyling wrote:

> On Fri, 22 Oct 2004 21:30:58 +0200, DD wrote:
>
> 'Beeld' wat onbeskroomd die ANC ondersteun
>
> Interresante siening.
> Sekerlik kan jy voorbeelde gee?
>

is miskien vanuit my hoek gesien.
Dinge soos die ou geveg oor blankes wat blankes genoem word wanneer
hulle misdadigers is terwyl swart misdadigers slegs mense genoem word,
ens.
Partydigheid vir die regering wanneer die opposisie regsgesind is ens.

Makiesakie, hierdie skrywe is nie om 'n redenasie te ontlok nie.
Dit was eerlik as kompliment bedoel vir 'n betrokke rubriekskrywer
wat die sp kritiseer soos ek nog net in 'Die Afrikaner' tipe koerante
gesien het. Daar was geen bybedoelings met wat ek geskryf het nie.
As jy tussen die lyne lees 'waarom doen julle dit nie ook nie' lees jy
iets wat nie werklik daar staan nie.
Maar ek moes sê waarom ek haar uitsonder.

DD
Re: Geluk Mandy Rossouw [boodskap #99739 is 'n antwoord op boodskap #99727] Sa, 23 Oktober 2004 17:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 23 Oct 2004 11:43:11 +0200, DD wrote:

>>> 'Beeld' wat onbeskroomd die ANC ondersteun

>> Interresante siening.
>> Sekerlik kan jy voorbeelde gee?

>
> is miskien vanuit my hoek gesien.
> Dinge soos die ou geveg oor blankes wat blankes genoem word wanneer
> hulle misdadigers is terwyl swart misdadigers slegs mense genoem word,
> ens.
> Partydigheid vir die regering wanneer die opposisie regsgesind is ens.

Noem voorbeelde.
Wat is Beeld se siening oor regstellende aksie byvoorbeeld.

> Makiesakie, hierdie skrywe is nie om 'n redenasie te ontlok nie.
> Dit was eerlik as kompliment bedoel vir 'n betrokke rubriekskrywer
> wat die sp kritiseer soos ek nog net in 'Die Afrikaner' tipe koerante
> gesien het. Daar was geen bybedoelings met wat ek geskryf het nie.
> As jy tussen die lyne lees 'waarom doen julle dit nie ook nie' lees jy
> iets wat nie werklik daar staan nie.
> Maar ek moes sê waarom ek haar uitsonder.

Sy is nie 'n rubriekskrywer nie, maar 'n politieke verslaggewer.

Kom ek vra jou die vraag: Waar kry die Vryheidsfront deurlopend die
meeste media aandag?
Re: Geluk Mandy Rossouw [boodskap #99740 is 'n antwoord op boodskap #99739] Sa, 23 Oktober 2004 17:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 23 Oct 2004 19:19:41 +0200, Ferdi Greyling
w
>
> Sy is nie 'n rubriekskrywer nie, maar 'n politieke verslaggewer.

o' vir iemand wat nie joernalistieke posisies ken nie, is dit basies
dieselfde. Soos rolbal en rugby. Albei is sportsoorte. Dan is daar
mense soos Annette wat die verskil ken ook. Ek weet nie hoe
breë deel van die straattal hulle uitmaak nie.
>
> Kom ek vra jou die vraag: Waar kry die Vryheidsfront deurlopend die
> meeste media aandag?
>

Regeringsaanvalle. As ek jou vraag reg verstaan. Dit is tog waarvoor
hulle daar is:-) Die mens se belangstelling word ook maklik deur iets
negatiefs aangewakker. Julle kan tog nie 'n buitebladopskrif adverteer
met effektebeurs stygings nie.
Re: Geluk Mandy Rossouw [boodskap #99764 is 'n antwoord op boodskap #99740] Ma, 25 Oktober 2004 09:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 23 Oct 2004 19:34:58 +0200, DD wrote:

> On Sat, 23 Oct 2004 19:19:41 +0200, Ferdi Greyling

> w

>> Sy is nie 'n rubriekskrywer nie, maar 'n politieke verslaggewer.
>
> o' vir iemand wat nie joernalistieke posisies ken nie, is dit basies
> dieselfde. Soos rolbal en rugby. Albei is sportsoorte. Dan is daar
> mense soos Annette wat die verskil ken ook. Ek weet nie hoe
> breë deel van die straattal hulle uitmaak nie.

Loshande die grootste klomp kopie in 'n koerant is verslaggewing. Dit
beteken jy gaan sit en luister na watter warra warra mense praat (of
kyk na die kak wat hulle aanjaag) en dan kom jy terug en som op wat
gese is of gebeur is met in ag neming dat die belangrik is dat jy
weergee wat gese is.
Dus dat die kern van wat die mense gese het deurkom. En dat almal wat
'n inset gehad het, se siening genoem word.
Daar is natuurlik interpretasie in die opsomming. Bv. As 'n dag in die
parlement woordeliks en met volle beskrywing van die omgewing en
atmosfeer gegee word, sal jy 'n koerant van 'n paar duisend bladsye
nodig he.
In plaas daarvan kry jy bv. : "Mnr poggenpoel het in 'n gespanne
atmosfeer die minister van balonne as onbevoeg beskryf omdat daar geen
helium meer oor is in die Sur nie".

Fair and just reporting, het die Amerikaners dit laas genoem. Hoewel
hulle self na 9/11 bietjie afgedwaal het daarvan.

Dis wat verslaggewers doen.

Rubriekskrywers skryf gereeld in 'n afgebakende ruimte en roer sake
van die dag aan met hul eie sieninge en argumente.
Hulle is uit die aard van die saak dan meer avontuurlik of uitdagend.
Hulle sal byvoorbeeld "hold forth" oor hoekom helium balonne goed is
as 'n mens hamburgers eet en wat gaan die arme kinders nou doen in die
Spur en wat die gevolge kan wees as die kinders uithardloop en almal
in Wimpy gaan plak ens.

Die verslaggewers is dus gebonde aan die feite van die gebeure.
Rubriekskrywers is gebonde aan die noodsaaklikheid om min of meer naby
aan die agenda van die dag te beweeg, waar moontlik 'n issue vinnig
raak te sien wat nader aan die openbare agende kruip en om bietjie
insig te probeer kry met argumente.

Wat die koerant as 'n entiteit egter sê oor dinge, kry jy in die
hoofartikels diep binne in.
Dit is sienings en ontleding waarop kollektief besluit word in
besprekings van die nuus. Dit is wat politici waarskynlik na kyk as
hulle lus voel om deur 'n koerant se siening beinvloed te word.
Hoofartikels is tradisioneel langs die spotprent.

En onder alles die volgende basiese reel: Geen koerant kan nuus maak
of issues skep nie. HY kan slegs nuus weergee en issues wat reeds in
die samelewing bestaan, reflekteer.

Wat Mandy as 'n joernalis geskryf het, is nie wat sy dink nie. Dit is
wat gese het waar sy was. Sy het 'n geloofwaardige weergawe van 'n
debat geskep;. Sy het verslag gedoen oor wat ANDER mense gese het. En
sy het dit goed gedoen want sy is 'n goeie verslaggewer.
Maar dit is nie haar menings nie.

Die mens se belangstelling word ook maklik deur iets
> negatiefs aangewakker. Julle kan tog nie 'n buitebladopskrif adverteer
> met effektebeurs stygings nie.

Dit het al gebeur al.

Hier is 'n paar hoofartikels van Beeld oor regstellende aksie wat in
die afgelope jaar verskyn het.

Vrydag 15 Oktober 2004 bl. 16
Beeld
Johannesburg Finaal
Hoofartikel Bladsy
Beeld Kommentaar Tweede Hoofartikel
Regstellende aksie
Biskop Bethlehem Nopece van die Anglikaanse Kerk se uitspraak
vandeesweek op die NG Kerk se sinode in Hartenbos dat daar 'n
afsnypunt vir regstellende aksie (RA) moet wees, is sekerlik goed
ontvang in veral die wit gemeenskap.

Nopece baseer sy siening klaarblyklik onder meer op die feit dat dit
veral jong wittes is wat daaronder ly terwyl hulle nie deel gehad het
aan die skep van bestaande wanbalanse nie. Hy dui dan aan só 'n
afsnypunt kan 12 of 20 jaar ná instelling van RA wees.

Hyself sien die begin van RA as maar vyf jaar gelede. Dit beteken
wittes wat nou jonk is, moet nog vir ten minste 7 jaar "gestraf" word
en ten slegste vir nog 15 jaar.

'n Alternatief vir só 'n voortsetting van 'n geidentifiseerde
onregverdigheid in die naam van regverdigheid, is seker om RA meer
sensitief toe te pas. Só kan indivudue wat steeds benadeel is,
bevoordeel word eerder as wat dit volgens die allesomvattende riglyn
van velkleur gedoen word.

Donderdag 14 Oktober 2004 bl. 16
Beeld
Johannesburg Finaal
Hoofartikel Bladsy
Beeld Kommentaar Derde Hoofartikel
Bemagtigingskoste
Swart ekonomiese bemagtiging is, soos regstellende aksie, 'n
noodsaaklike tydelike maatreël om die ongelykhede van die verlede reg
te stel.

In die land se ekonomie word vir albei 'n prys betaal - regstreeks, of
onregstreeks deur byvoorbeeld 'n verlies aan kundigheid. Dit skep 'n
sekere mate van risiko.

Dit is belangrik om te weet wat daardie koste is, sodat die risiko
opgeweeg kan word teen die voordele van die aksies.

In die geval van bemagtiging word 'n aansienlike deel van daardie
koste blykbaar verskuil gehou deur die manier waarop aandele teen 'n
afslagprys gebruik word om swart mense in staat te stel om besit te
kry van 'n deel van 'n maatskappy.

Dit het sin dat die volle koste - en dus die risiko vir die maatskappy
en vir die ekonomie - duidelik word deur die bemagtigingstransaksies
aan internasionale standaarde te laat voldoen, soos wat die meeste
lede van 'n subkomitee van die Instituut vir Geoktrooieerde
Rekenmeesters voorstel.

Dinsdag 12 Oktober 2004 bl. 12
Beeld
Johannesburg Finaal
Hoofartikel Bladsy
Beeld Kommentaar Tweede Hoofartikel
Metro-regstelling
Dat die Johannesburgse metropolisie met 'n noodveldtog begin het om
wit, bruin en Indiërlede te werf sodat hy voorskrifte van die Wet op
Billike Indiensneming kan nakom, is 'n ietwat verrassende, maar
natuurlike gevolg van die regering se beleid van regstellende aksie.

Diversiteit in ons land behoort beslis aangemoedig te word (saam met
die herstel van skadelike wanbalanse wat uit die verlede kom), maar
dit moet nie tot 'n demografiese ideologie verhef word nie.

Dit is reg dat die stadsraad onder alle bevolkingsgroepe lede werf,
maar die hoofoorweging wanneer mense aangestel word, behoort op die
einde meriete te wees.

Die stadsraad durf nie meriete oorboord gooi in 'n poging om
rasse-persentasies te bevredig nie.

'n Mens verstaan, in die konteks van die tyd, hul begerigheid om aan
die betrokke wet se voorskrifte te voldoen, maar regstellende aksie is
'n tydelike instrument terwyl die hoofdoel moet wees om die stad ten
beste te bestuur.

Donderdag 3 Junie 2004 bl. 14
Beeld
Johannesburg Finaal
Hoofartikel Bladsy
Beeld Kommentaar Tweede Hoofartikel
Ras-debat
Mnr. Mosiuoa Lekota, minister van verdediging, se opmerkings oor
regstellende aksie in die weermag is hopelik die begin van 'n eerlike
debat oor 'n knellende en al meer problematiese nasionale brandpunt -
ras.

Lekota het eergister in die parlement gesê daar moet 'n tyd in die
nabye toekoms kom wanneer verteenwoordiging volgens ras geskrap word
en almal, ongeag herkoms, eenvoudig Suid-Afrikaners sal wees.

Komende van 'n leier met Lekota se statuur (hy is ook ANC-voorsitter)
is dit 'n politiek plofbare, maar terselfdertyd welkome, verskuiwing
in die nasionale diskoers.

Die probleme wat Lekota uitgewys het, is nie uniek aan die weermag
nie. Vanweë ons verlede is daar meriete vir regstellende aksie, maar
net as 'n middel tot 'n doel. En die doel móét - soos hy dit knap
gestel het - die tyd wees wanneer almal aan hul Suid-Afrikaansheid en
niks anders nie, gemeet sal word. Laat die debat begin.
Re: Geluk Mandy Rossouw [boodskap #99817 is 'n antwoord op boodskap #99764] Di, 26 Oktober 2004 18:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 25 Oct 2004 11:58:33 +0200, Ferdi Greyling wrote:

>
>> w
>
>
> Wat Mandy as 'n joernalis geskryf het, is nie wat sy dink nie. Dit is
> wat gese het waar sy was. Sy het 'n geloofwaardige weergawe van 'n
> debat geskep;. Sy het verslag gedoen oor wat ANDER mense gese het. En
> sy het dit goed gedoen want sy is 'n goeie verslaggewer.
> Maar dit is nie haar menings nie.
>
Nou wat is haar menings dan? (of het jy vergeet om die woord
'noodwendig' of 'besliste' of sò iets by te voeg?

Dankie vir 'n heel verduidelikende skrywe.
Dit is duidelik dat jy baie lojaal is aan die Beeld:-)

DD
Re: Geluk Mandy Rossouw [boodskap #99830 is 'n antwoord op boodskap #99817] Wo, 27 Oktober 2004 08:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 26 Oct 2004 20:32:05 +0200, DD wrote:

> Nou wat is haar menings dan? (of het jy vergeet om die woord
> 'noodwendig' of 'besliste' of sò iets by te voeg?

Dit moet jy vir haar vra.

> Dankie vir 'n heel verduidelikende skrywe.
> Dit is duidelik dat jy baie lojaal is aan die Beeld:-)

Ek is lojaal aan goeie skryfwerk. Of dit nou die New York Times of
Beeld is.
Ek is verder lojaal aan idees en nie aan organisasies (van watter aard
ook al) nie.
Re: Geluk Mandy Rossouw [boodskap #99851 is 'n antwoord op boodskap #99830] Wo, 27 Oktober 2004 18:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 27 Oct 2004 10:26:21 +0200, Ferdi Greyling wrote:

> On Tue, 26 Oct 2004 20:32:05 +0200, DD wrote:
>
> > 'noodwendig' of 'besliste' of sò iets by te voeg?
>
> Dit moet jy vir haar vra.

dìt is wat jy geskryf het:
> Wat Mandy as 'n joernalis geskryf het, is nie wat sy dink nie. Dit is
> wat gese het waar sy was. Sy het 'n geloofwaardige weergawe van 'n
> debat geskep;. Sy het verslag gedoen oor wat ANDER mense gese het. En
> sy het dit goed gedoen want sy is 'n goeie verslaggewer.
> Maar dit is nie haar menings nie.
So, jy het jouself uitgegee as iemand wat haar mening ken.
Jy het nie gesê dat dit 'miskien' nie haar mening is nie,
maar dat 'dit nie haar mening is nie'.
Dan hoef ek nie vir haar te vra nie, want jy weet mos.
Re: Geluk Mandy Rossouw [boodskap #99864 is 'n antwoord op boodskap #99851] Do, 28 Oktober 2004 08:24 Na vorige boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 27 Oct 2004 20:08:46 +0200, DD wrote:

>> Dit moet jy vir haar vra.
>
> dìt is wat jy geskryf het:
>> Wat Mandy as 'n joernalis geskryf het, is nie wat sy dink nie. Dit is
>> wat gese het waar sy was. Sy het 'n geloofwaardige weergawe van 'n
>> debat geskep;. Sy het verslag gedoen oor wat ANDER mense gese het. En
>> sy het dit goed gedoen want sy is 'n goeie verslaggewer.
>> Maar dit is nie haar menings nie.
> So, jy het jouself uitgegee as iemand wat haar mening ken.
> Jy het nie gesê dat dit 'miskien' nie haar mening is nie,
> maar dat 'dit nie haar mening is nie'.
> Dan hoef ek nie vir haar te vra nie, want jy weet mos.

Nee.
Ek weet hoe goeie joernaliste werk en ek weet Mandy is 'n goeie
joernalis.
Daarom weet ek watter metode sy gebruik om die nuus weer te gee.
Ek weet dit is nie haar persoonlike mening wat sy verskuil as andere
se mening nie. Sy is ver te goed daarvoor.
Dit is al wat wat ek se.

Sy is egter 'n intelligente mens en 'n mens kan aanvaar sy het 'n eie
mening.

Dan is dit haar mening. Dus - vra haar.
Vorige onderwerp: Kortbroek
Volgende onderwerp: Natalie du Toit
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 04:08:16 MGT 2024