Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: George Bush en Kanada
Re: George Bush en Kanada [boodskap #99494] Vr, 15 Oktober 2004 23:15 na volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Verlede Woensdagaand, met die derde presidensiële debat,
toe val ek amper van my stoel af. George Bush word gevra
oor die situasie met die griep-inspuitings, wat nou glo in so 'n
tekort in die VSA is, dat hulle dit moet rantsoeneer. George
Bush verduidelik toe dat 'n Britse firma se besendings nie
beskikbaar is nie, en dat hulle hoop om genoeg uit Kanada
te kry om ten minste die oumense en kinders te kan vaksineer.
Nou, die afgelope maande al, veg George Bush en sy
administrasie teen enige pogings van state om goedkoper
medisyne uit Kanada in te voer. Dit is glo nie "veilig" nie.
Ek kon op George Bush se gesig sien dat selfs hy
besef dat hy nou iets sê wat vrééslik snaaks moet klink.
Ek begin toe wonder of hierdie onderwerp van die
griep-vaksinasies iets is wat hom fataal gaan seermaak
in die verkiesing.
Vandag sien ek die eerste tekens daarvan. Elke
Vrydagmiddag op CNN het hulle die "play of
the week." Hierdie keer was die soeklig baie
duidelik op hierdie griep-uitsprake van Bush.
Daar word ook al hoe meer uitgewys dat
dokters in die moeilikheid gaan kom as hulle die
inspuitings gee aan mense "wat dit nie nodig het
nie." Klink na 'n diktatorskap?
Dit is ook nog 'n vraag of Kanada enige
griep-inspuitings aan die VSA sal kan lewer.
Ons sorg gewoonlik net dat dit vir ons dertig
miljoen burgers beskikbaar is.
Ek, vir een, het nog nooit 'n griep-inspuiting
gekry nie, en is ook nie vanplan om een te kry nie.

Gloudina

Ek gaan en het ook nog nooit n griepinsptuing kry nie, maar wat my tiekel is
hoekom ons nie self ons eie griep vaksines kan maak hier nie. Ek wonder ook
wat fout was met die batch wat in Engeland gemaak is, dit is glo
gekontamineer (is daar so n woord?), hoe kan so iets in ons moderne lewe
gebeur?

Ek het die debat gevolg, maar soos iemand se, iemand wat n debat wen maak
nie uit die aard van die saak juis n goeie president nie. Die verkiesing is
nou so gelyk soos dit nog nooit was nie. Ek hoop net Florida het nou n
beter stelsel as verlede keer.

Ellie
Re: George Bush en Kanada [boodskap #99496 is 'n antwoord op boodskap #99494] Vr, 15 Oktober 2004 23:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ellie" skryf

maar wat my tiekel is
> hoekom ons nie self ons eie griep vaksines kan maak hier nie

Wel, met 'n bevolking so groot soos die VSA, het julle
seker baie dosisse nodig. Maar dis nogtans snaaks dat
hulle nie genoeg kan maak om die bevolking te voorsien
nie. Mens sou nog 'n taamlike skaarste kan verstaan.
Maar om nou so min te hê dat slegs oumense en kinders
dit kan kry, lyk darem baie snaaks. En laat die hele storie
dat die VSA "die beste gesondheidsstelsel in die wêreld"
het, bietjie belaglik lyk.

Gloudina
Re: George Bush en Kanada [boodskap #99499 is 'n antwoord op boodskap #99496] Sa, 16 Oktober 2004 01:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:XLOdnUm7ksgvwe3cRVn-sQ@rogers.com...

"Ellie" skryf

maar wat my tiekel is
> hoekom ons nie self ons eie griep vaksines kan maak hier nie

Wel, met 'n bevolking so groot soos die VSA, het julle
seker baie dosisse nodig. Maar dis nogtans snaaks dat
hulle nie genoeg kan maak om die bevolking te voorsien
nie. Mens sou nog 'n taamlike skaarste kan verstaan.
Maar om nou so min te hê dat slegs oumense en kinders
dit kan kry, lyk darem baie snaaks. En laat die hele storie
dat die VSA "die beste gesondheidsstelsel in die wêreld"
het, bietjie belaglik lyk.

Gloudina

Nee, ek dink nie ons het die beste gesondheidsstelsel in die wereld nie, ek
weet ons het nie. Ons het goeie dokters ja, maar die stelsel self is
foutief. Ek hou altyd al my skete en kwale vir waneer ek S.A. toe gaan, ek
gaan juis weer in Februarie uit vir vier weke, en het al klaar afsprake by n
dermatoloog en n tandarts ens. Ek het n goeie mediese skema hier, maar vind
die diens en pryse daar beter.

Ellie
Re: George Bush en Kanada [boodskap #99500 is 'n antwoord op boodskap #99499] Sa, 16 Oktober 2004 02:04 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ellie" skryf

Ek hou altyd al my skete en kwale vir waneer ek S.A. toe gaan, ek
> gaan juis weer in Februarie uit vir vier weke, en het al klaar afsprake by n
> dermatoloog en n tandarts ens. Ek het n goeie mediese skema hier, maar vind
> die diens en pryse daar beter.

Ja, dit lyk vir my dis die gewoonte met baie Suid-Afrikaners
wat in NZ of Australië bly. Ek kan natuurlik nie kla hier nie.
Ons dienste vir dokters, spesialiste, hospitale en sovoorts
is alles vry. Mens kan dus nie vergelyk nie.
Sover ek kan sien, is enigiemand wat 'n goeie mediese
skema het, verseker in SA van die nuutste tegnologie
en kennis. Hulle maak wel foute daar, maar hulle maak
dieselfde foute hier ook, dus kan mens nie eintlik
kritiseer nie.

Gloudina
Vorige onderwerp: Re: So dit kan nie in die RSA gebeur nie?
Volgende onderwerp: Mons Mensa
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 05:54:44 MGT 2024