Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Noord Amerika 'n wit land of nie?
Noord Amerika 'n wit land of nie? [boodskap #9946] Ma, 14 Julie 1997 00:00 na volgende boodskap
a  is tans af-lyn  a
Boodskappe: 36
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
Ek het ook soos Vira onder die wanindruk (volgens Gloudina) verkeer dat Kanada
en Amerika sg. wit lande is. Nou wonder ek of iemand so gaaf sal wees om vir
ons oningeligtes die volgende informasie te verskaf ter wille van ons betere
opvoeding:

Wat is die persentasie witmense (van Europese oorsprong) in Kanada en die VSA?
Watter persentasie maak witmense in gesagsposisies in die regering uit?
Hoeveel van Kanada en die VSA se rykdom is onder wit beheer?
Hoeveel tale anders as Europese tale is in algemene gebruik in die twee lande
en hoeveel witmense gebruik hierdie tale?

Die antwoorde sal myns insiens bepaal of 'wit land' 'n regverdige benaming al
dan nie is vir die twee lande. Ek dink enige regdenkende mens sal aanvaar dat
die lande nie uitsluitlik wit is nie. Maar as hulle nie wit is nie het hulle
'n bevolking wat in oorgrote meerderheid bestaan uit nie-blankes van
nie-Europese oorsprong, maw die meeste mense in die twee lande is of inheems,
of hulle kom uit of Afrika of uit Asie of uit die Midde-Ooste. Is dit waar?

Of is Gloudina aan't spek skiet .... ?
Re: Noord Amerika 'n wit land of nie? [boodskap #9947 is 'n antwoord op boodskap #9946] Ma, 14 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 14 Jul 97 16:00:37 GMT, a@b.c (Wen) wrote:

Watter persentasie maak witmense in gesagsposisies in die regering uit?[/color]
> Hoeveel van Kanada en die VSA se rykdom is onder wit beheer?
> Hoeveel tale anders as Europese tale is in algemene gebruik in die twee lande
> en hoeveel witmense gebruik hierdie tale?>>

Ja swaer, die Kaapkolonie in 1920 was sonder twyfel uit en uit wit en
Engels. Net bleddie fools het anders gedink.
Re: Noord Amerika 'n wit land of nie? [boodskap #9992 is 'n antwoord op boodskap #9946] Do, 17 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
a@b.c (Wen) writes: > Ek het ook soos Vira onder die wanindruk (volgens Gloudina) verkeer dat Kanada
> en Amerika sg. wit lande is. Nou wonder ek of iemand so gaaf sal wees om vir
> ons oningeligtes die volgende informasie te verskaf ter wille van ons betere
> opvoeding:
>

>
> Die antwoorde sal myns insiens bepaal of 'wit land' 'n regverdige benaming al
> dan nie is vir die twee lande. Ek dink enige regdenkende mens sal aanvaar dat
> die lande nie uitsluitlik wit is nie. Maar as hulle nie wit is nie het hulle
> 'n bevolking wat in oorgrote meerderheid bestaan uit nie-blankes van
> nie-Europese oorsprong, maw die meeste mense in die twee lande is of inheems,
> of hulle kom uit of Afrika of uit Asie of uit die Midde-Ooste. Is dit waar?
>
> Of is Gloudina aan't spek skiet .... ?
>

Om die stelling te maak dat Kanada 'n �wit land� is,
is nie net om 'n eg foutiewe persepsie van Kanada te
hê nie, maar dis ook om die bevolking van Kanada te
beledig. Om te sê, omdat die geld in Kanada meestal
in �wit hande� is (wat nie waar is nie, die rykstes praat
heelwaarskynlik Chinees) en omdat meeste regerings-
lede in die Parlement wit is, is Kanada 'n �wit� land,
vererg my diep in. Kanada is 'n uitgestrekte land. Een
vyfde daarvan word in 1999 Nunavut. Die Inuit wat
daar bly, en wat verskillende tale praat, is Kanadese.
Aan die Weskus is daar talle First Nations, wat nooit
enige verbonde met die Engelse of Franse invallers
gemaak het nie, en wat nou op goeie wetsgrond staan
om groot dele van British Columbia (sic) weer in hul
volle besit te kry. Hulle is Kanadese met 'n ryk en
bevrugtende kultuurinvloed. Tussen in is daar letterlik
honderde First Nations wat baie verskillende tale praat.
Boonop is daar op die prairies en op die ooskus baie
swart Kanadese wat lank voor Kanada tot stand gekom
het in 1867 al hier was. Daarbenewens is daar groot
getalle mense uit die Verre Ooste, sommige wat al vir
baie lank in die land is, sommige wat nou in al groter
getalle instroom. Daarbenewens word die Kanadese
bevolking oneindig verryk deur immigrante van die
Indiese subkontinent. Laasgenoemde is polities baie
aktief en ek voorsien dat hulle in groter en groter getalle
op die Parlementsbanke sal kom sit. Hulle is ook van
ons beste skrywers en navorsers. Om so 'n land nou 'n
�wit land� te noem, beledig nie net Kanadese nie, maar
gee ook die wanindruk aan mense wat beplan om uit
SA te emigreer na Kanada.

Gloudina Bouwer
Vorige onderwerp: koffie in Seattle?
Volgende onderwerp: Koffie in Raleigh...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 09:39:03 MGT 2024