Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » VSA debat
Re: VSA debat [boodskap #99363 is 'n antwoord op boodskap #99309] Di, 12 Oktober 2004 00:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"basjan" skryf

William Blake gebruik nie die woord
>> "God" nie. Thomas Altizer, 'n Christen-teoloog,
>> het die "God is dead" - movement in die
>> sewentigerjare gelei.
>
> Ag tannie, dan kan hulle hulself mos nie "Christene" noem nie! Die hele
> beginsel van Christenskap is Christus as God. Komaan, wees redelik, tannie
> raak nou die spoor byster.

Nou, ongelukkig vir jou, Basjan, dink ek dat ek baie
meer Christen-teoloë se werk gelees het as wat jy
ooit kan hoop om te lees. Mense wat in die Christelike
kerke hoog aangeskryf staan, baie respek afdwing.
By mense soos Altizer is dit erns oor die INKARNASIE,
soek hy in alle erns wat dit beteken om die "Gees van
God" geinkarneer te sien in die ondermaanse "wêreld."
In die proses dui hy aan dat dit alleen is wanneer mense
hierdie term "God" ( wat so baie mense so ligweg gebruik
en so baie mense politiek mee speel) opgee en die
inkarnasie van die gees in Christus ernstig opneem en
probeer navolg, dat die betekenis en die krag van die
"inkarnasie" werklik besef en gepraktiseer word.
Dis hier waar dit vir die Buddhis oor erns is. Die
inkarnasie, die buddha.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99370 is 'n antwoord op boodskap #99358] Di, 12 Oktober 2004 07:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Swart Simon" skryf in boodskap news:416af20d.0@news1.mweb.co.za...
> "basjan" wrote in message
> news:ckccpe$igv$1@solaris.cc.vt.edu...
>
>> Natuurlik het hulle hom van kettery beskuldig, dit was juis donker eeue, of
>> hoe? Dit is wel interessant om meer te lees oor die "procession of
>> equinoxes", wat 'n standvastige progressie van die aarde en sy omwanteling
>> deur die hemelruim behels. So akkuraat dat mens eons kan vasstel deur die
>> reëlmatigheid. Die aarde se beweging is eintlik ongelooflik voorspelbaar of
>> standvastig. Sal dit verander? Moontlik as die grondveste verander...
>
>
> Ek verstaan nie hoekom jy die woord "natuurlik" gebruik
> nie. Wil jy sê dat daardie ou omies van die kerk nie
> kwalik geneem moet word nie? Dat daar nie ten minste
> 'n les uit te leer is nie?

Juis is daar 'n les uit te leer, maar is dit belangrik vir oom dat die aarde
vas is op sy omwenteling, of dat oom 'n siel het?

>
> (En dit was nie die "donker eeue" nie, hoor. En dis
> "precession", hoor - 'n "procession" is iets wat met
> baniere by die straat af marsjeer.)

Oom Simon, dankie vir die reghelp. Nou 'n vraag, is oom dan regtig so 'n
dissipel van tannie Gloudina, dat die spelling en nie bedoeling belangrik
word nie? Is die ammunisie op - noudat oom verby stellings praat en slegs
spelling aanval? Kom nou, oom!

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99371 is 'n antwoord op boodskap #99359] Di, 12 Oktober 2004 07:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Swart Simon" skryf in boodskap news:416af20e.0@news1.mweb.co.za...
> "basjan" wrote in message
> news:ckcd19$ijf$1@solaris.cc.vt.edu...
>
>> Terloops, ek luister graag hoe oom die Bybel
> interpreteer wat sê:

>> Johannes 14:6 - Jesus antwoord hom: Ek is die weg en
> die waarheid en die
>> lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
>
>
> Nee jong. Ek is nie een van daardie ouens wat
> bybelversies sit en uitlê nie. Wat ek wel vir jou kan
> sê is dat ek 'n hekel het aan ouens met agendas, wat
> bybelversies sit en uitlê.

Dankie oom, ek dink ons kan "swart simon" nou beter peil. Ek is gevra, ek
het geantwoord. Oom is gevra, oom het vermy, ek hoop oom het 'n kussing vir
die draadsit!

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99372 is 'n antwoord op boodskap #99362] Di, 12 Oktober 2004 07:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:DMudna1Kop1wu_bcRVn-oQ@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
>> Oom Simon, ek kan dit dalk nie duideliker stel as dit nie: As jy Jesus
>> ontken as die enigste Weg, maar slegs voorhou as een van die weë, dan het jy
>> Hom mos nie nodig nie. Dan het Hy verniet gesterf. Dan kon jy net sowel 'n
>> ander geloof of geen geloof aangehang het nie, want dit pas jou verstand en
>> gevoel en interpretasie beter.

>> M.a.w. as iemand homself 'n Christen noem, maar Jesus slegs as 'n
>> alternatief voorhou, dan ontken Hy alles wat Jesus gedoen het - om 'n weg
>> tussen God en mens oop te maak deur Sy verlossing. As jy nie glo die weg is
>> nodig nie, wat sê dit van jou siening van Jesus?
>
> Lees nou weer wat jy hierbo gesê het, maar lees dit
> asof iemand van 'n ander "geloof" dieselfde argumente
> gebruik om sy eie "geloof" te regverdig. En dan kan
> jy sien hoe maklik mens gate in jou argumente kan
> inslaan.

Juis nie, tannie! Volg die logika!!!! Ek glo een manier, hoekom moet ek 'n
deur ooplaat in my geloof vir "ander weë". DIT IS WAT EK GLO. M.a.w.
tannie kan nie gate daarin slaan nie. As ek vir tannie 'n bewys voorlê dat
2+2 eintlik 2345 is, dan verwag ek dat daar gate ingeslaan word. Maar as ek
ek sê dat ek op 'n spesifieke manier glo, waar val tannie uit om vir my te
sê dan moet ek sekerlik sus of so voel of kan aanvaar????????

> Julle ouens wat so onder die dekmantel van "reg te
> wees" sit en dikteer, besef nie dat julle vir julleself gate
> graaf en self daarin val nie.

Lees bo en raak rustig. Ons stry uit verskillende raamwerke. My raamwerk
sluit nie tannie se "geloof" of raamwerk in nie. En tannie kan ook nie
tannie se raamwerk maak pas in myne nie. Klaar.

Dis alleen wanneer die Dalai
> Lama

Net 'n mens....

> mense aanmoedig om binne die raamwerk van
> Christelike beginsels te begin PRAKTISEER,

dan sê ek hy moet gaan doppies blaas. Wie is hy om vir my voor te skryf dat
ek "moet vry voel" om sy gewoontes in my geloof te inkorporeer? Vir my is
dit reg of weg. Ek besoedel nie dit weat ek glo met dit wat 'n ander
voorskryf nie, veral nie om myself of tannie beter te laat voel nie....

> dat mense
> begin sien dat daar iets is wat groter is as die klein
> diktatortjies en agendatjies van dié mense wat wil
> voorgee dat hulle alleen die waarheid in pag het.

Asseblieg - tannie raak nou vervelig. Ek het nie die waarheid in pag nie.
Ek glo slegs in iets spesifieks wat NIE "new-age" insluitend is NIE.
Aaanvaar dit en raak rustug.

> Dis
> wanneer Tutu ( wie, ten spyte van wat jy sê, 'n eerbare
> Christen is) en

Nog 'n mens

> die Dalai Lama ( wat 'n Gelug Buddhis
> is)

Nog 'n mens...

> en Nelson Mandela ( wat heelwaarskynlik nie 'n
> "godsdienstige" man is nie) >

Nog 'n mens...

> dieselfde soort lig in hulle
> gesigte het en dieselfde soort dinge begin praat, dat
> jy maar kan LUISTER.

Ek "kan" of "hoef" nie. Dink tannie dat 'n militante moslem kan glimlag as
hy 'n ander mens onthoof en voel hy straal liefde vir sy geloof uit? Moet
ek na hom ook luister? Tannie, raak redelik. Tannie se "glimlagte" en
"praat oor dieselfde ding" is AARDS, hoe kan enige mens geluk of selfs
ewigheid meet aan hoe 'n ander glimlag? Tannie, regtig....

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99373 is 'n antwoord op boodskap #99363] Di, 12 Oktober 2004 07:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:WNednRRy2I9mtPbcRVn-sQ@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
> William Blake gebruik nie die woord
>>> "God" nie. Thomas Altizer, 'n Christen-teoloog,
>>> het die "God is dead" - movement in die
>>> sewentigerjare gelei.

>> Ag tannie, dan kan hulle hulself mos nie "Christene" noem nie! Die hele
>> beginsel van Christenskap is Christus as God. Komaan, wees redelik,
> tannie
>> raak nou die spoor byster.
>
> Nou, ongelukkig vir jou, Basjan, dink ek dat ek baie
> meer Christen-teoloë se werk gelees het as wat jy
> ooit kan hoop om te lees.

Klaarblyklik het tannie baie teoloë se werk gelees wat hulself Christene
GENOEM het. Dink tannie die lees maak tannie wys? Dit lyk my dit maak
tannie deurmekaar. Tannie het nie 'n idee hoe ek oor my geloof voel of
hoeveel ek al oor wat ek glo gepeins het nie. Dit is my persoonlike saak -
ek hoef nie uit te basuin hoeveel teologiese werke ek al gelees het nie, ek
kan maar slegs aan tannie sê wat ek glo. Eienaardig dat tannie so baie heg
aan menslike waardes en sieninge...

> Mense wat in die Christelike
> kerke hoog aangeskryf staan, baie respek afdwing.
> By mense soos Altizer is dit erns oor die INKARNASIE,
> soek hy in alle erns wat dit beteken om die "Gees van
> God" geinkarneer te sien in die ondermaanse "wêreld."
> In die proses dui hy aan dat dit alleen is wanneer mense
> hierdie term "God" ( wat so baie mense so ligweg gebruik
> en so baie mense politiek mee speel) opgee en die
> inkarnasie van die gees in Christus ernstig opneem en
> probeer navolg, dat die betekenis en die krag van die
> "inkarnasie" werklik besef en gepraktiseer word.

Tannie sit alweer op stasie 9, oppad na deurmekaar. Ek voel 'n veer of
"Altizer" sus of so sê. Dit is sy saak. Hy kan dit glo. Ek HOEF nie. Hy
kan mos nie aan my voorskryf hoe ek GOD moet ervaar nie? Laat tannie tannie
self so maklik rondlei?

> Dis hier waar dit vir die Buddhis oor erns is. Die
> inkarnasie, die buddha.

Hier gaan ons alweer. Ons glo twee wyd, wyd verskillende dinge - twee
raamwerke. Moet nie maak asof die buddhis die toppunt van "geloofs-erns" is
nie. Ek glo hy sit die pot mis. Kan hy maar so glo? Ja. Hoef ek saam te
stem? NEE.

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99376 is 'n antwoord op boodskap #99370] Di, 12 Oktober 2004 12:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

Nou 'n vraag, is oom dan regtig so 'n
> dissipel van tannie Gloudina, dat die spelling en nie bedoeling belangrik
> word nie?

Nee wat, ou Basjan, nou wys jy maar net weer
dat jy nog intellektueel en selfs wetenskaplik
nat agter die ore is. As jy nie eens weet dat daar
'n drastiese verskil is tussen presessie en prosessie
nie, en dat dit niks met spelling ( in Engels of
Afrikaans te doen het nie) te doen het nie, moet
dan nou nie vir Swart Simon onder valse
voorwendsels aanval nie.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99377 is 'n antwoord op boodskap #99372] Di, 12 Oktober 2004 12:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

> dan sê ek hy moet gaan doppies blaas. Wie is hy om vir my voor te skryf dat
> ek "moet vry voel" om sy gewoontes in my geloof te inkorporeer? Vir my is
> dit reg of weg. Ek besoedel nie dit weat ek glo met dit wat 'n ander
> voorskryf nie

Jy klink nou presies soos George
Bush.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99378 is 'n antwoord op boodskap #99372] Di, 12 Oktober 2004 12:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

> dan sê ek hy moet gaan doppies blaas. Wie is hy om vir my voor te skryf dat
> ek "moet vry voel" om sy gewoontes in my geloof te inkorporeer? Vir my is
> dit reg of weg. Ek besoedel nie dit weat ek glo met dit wat 'n ander
> voorskryf nie

Die Dalai Lama bedoel dat Christene, as hulle
werklik PRAKTISERENDE Christene is,
dieselfde "vrugte" toon as die werklik ernstig
praktiserende Buddhiste. (Dit strook natuurlik
met die NT uitspraak dat "aan hulle vrugte sal
hulle geken word." ) Hy vertel dit aan mense
wat Christene was en nou met alle mag
"Buddhiste wil word." Buddhisme is dus
nie proselitiserend nie.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99379 is 'n antwoord op boodskap #99372] Di, 12 Oktober 2004 13:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

> Ek glo slegs in iets spesifieks wat NIE "new-age" insluitend is NIE.

Hierdie soort gepraat oor "new age" is nou ook maar
net weer 'n cliché wat julle vir julself geskep het as 'n
handvatsel VAN 'N SWAARD om mee te VEG.
Net soos omtrent dieselfde tipe persoon ook die
woord "world government" geskep het om iets te
personifiseer waarteen hulle veg. ( Dis nou soos die
Timothy McVeys wat bereid was om terroris te word
om sy enge geloof te versprei. Dis nou soos Terry
Nichols wat bereid is om dokters dood te skiet omdat
hy vir die sanktiteit van lewe is.)
So spaar my asseblief hierdie "new age" storie.
Dis uit die mode.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99380 is 'n antwoord op boodskap #98947] Di, 12 Oktober 2004 13:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjanskryf

Ons glo twee wyd, wyd verskillende dinge - twee
> raamwerke. Moet nie maak asof die buddhis die toppunt van "geloofs-erns" is
> nie. Ek glo hy sit die pot mis. Kan hy maar so glo? Ja. Hoef ek saam te
> stem? NEE.

Jy het, sonder dat jy dit weet, al net in hierdie draad
al baie van deuntjie verander. Eers het jy die Buddhis
verklaar as op 'n dwaalspoor te wees. Nou kan hy
maar glo soos hy wil. Ek hoop jy doen dieselfde met
jou opinie oor Tutu. Jy was baie negatief oor Tutu.
Hoekom veroordeel jy 'n man wat op elke verhoog
waar hy ooit praat, 'n getuie is vir sy Christelike
godsdiens en sy Christelike geloofsbeginsels?

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99381 is 'n antwoord op boodskap #99376] Di, 12 Oktober 2004 13:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:s_udndnnCO3yTPbcRVn-pg@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
> Nou 'n vraag, is oom dan regtig so 'n
>> dissipel van tannie Gloudina, dat die spelling en nie bedoeling belangrik
>> word nie?
>
> Nee wat, ou Basjan, nou wys jy maar net weer
> dat jy nog intellektueel en selfs wetenskaplik
> nat agter die ore is.

Koddige probeerslag tannie!

> As jy nie eens weet dat daar
> 'n drastiese verskil is tussen presessie en prosessie
> nie, en dat dit niks met spelling ( in Engels of
> Afrikaans te doen het nie) te doen het nie, moet
> dan nou nie vir Swart Simon onder valse
> voorwendsels aanval nie.

Die bedoeling tannie, dis die bedoeling wat tel. Laat los maar die oom, hy
kan sy eie drade optel...

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99382 is 'n antwoord op boodskap #99377] Di, 12 Oktober 2004 14:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:lNCdnTKS8bFFT_bcRVn-uw@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> dan sê ek hy moet gaan doppies blaas. Wie is hy om vir my voor te skryf dat
>> ek "moet vry voel" om sy gewoontes in my geloof te inkorporeer? Vir my
>> is
>> dit reg of weg. Ek besoedel nie dit weat ek glo met dit wat 'n ander
>> voorskryf nie
>
> Jy klink nou presies soos George
> Bush.

En tannie klink presies soos iemand wie se skietgoed op is. Is dit dan
regtig so moeilik vir tannie om te verstaan (1) dat ons anders glo (2) dat
ek nie met tannie se geloof hoef saam te stem nie en (3) dat dit ons altwee
se reg is nie? Wat is dit wat tannie so bedreig?

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99383 is 'n antwoord op boodskap #99378] Di, 12 Oktober 2004 14:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:Adqdnes3xc-ASfbcRVn-pw@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> dan sê ek hy moet gaan doppies blaas. Wie is hy om vir my voor te skryf dat
>> ek "moet vry voel" om sy gewoontes in my geloof te inkorporeer? Vir my
>> is
>> dit reg of weg. Ek besoedel nie dit weat ek glo met dit wat 'n ander
>> voorskryf nie
>
> Die Dalai Lama bedoel dat Christene, as hulle
> werklik PRAKTISERENDE Christene is,
> dieselfde "vrugte" toon as die werklik ernstig
> praktiserende Buddhiste. (Dit strook natuurlik
> met die NT uitspraak dat "aan hulle vrugte sal
> hulle geken word." ) Hy vertel dit aan mense
> wat Christene was en nou met alle mag
> "Buddhiste wil word." Buddhisme is dus
> nie proselitiserend nie.

Weereens met die vrugte (of werke). Ons was alreeds oor die idee ook.
Christene se werke vloei uit geloof in Christus, nie anders om nie!! Net
omdat twee persone dieselfde vrugte toon, bewys dit tog nie dat altwee
dieselfde glo nie? Ons het tog alreeds bespreek dat Christenskap en
buddhisme uit twee absoluut verskillende raamwerke kom: Christene glo aan
Jesus as God en Redder. buddhiste glo aan geen god nie. Kom nou tannie,
wees redelik, die twee raamwerke is nie te vergelyk nie.

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99384 is 'n antwoord op boodskap #99379] Di, 12 Oktober 2004 14:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com skryf

Dis nou soos Terry
> Nichols wat bereid is om dokters dood te skiet omdat
> hy vir die sanktiteit van lewe is.)

Ek verwar ongelukkig name hier. Terry Nichols
was mos Timothy McVey se handlanger. Wie is
die ou wat 'n dokter doodgeskiet het en toe vir
jare en jare in die bosse van die suide van die VSA
weggekruip het?

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99385 is 'n antwoord op boodskap #98947] Di, 12 Oktober 2004 14:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 12 Oct 2004 16:26:30 +0200, "Basjan" wrote:

> Glo Tutu as Christen dat Jesus die enigste Weg is na God? As hy doen, is ek
> onnodig moeilik met hom. As hy glo dat hy en die Dalai Lama altwee hul eie
> spoor na God volg, dan het ek nie veel tyd vir hom nie.

Dink jy dit sal hom (of God) onstel?
Re: VSA debat [boodskap #99387 is 'n antwoord op boodskap #98947] Di, 12 Oktober 2004 15:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:XJydnc6YT8AFc_bcRVn-pA@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
> Feit van die saak bly (of tannie van die term hou of
>> nie): Een van die new age ideologieë is die konsep van een weg na die
>> ewigheid, almal is een vetpret happy familie.
>
>> Of tannie gelukkig daarmee is of nie, tannie val in die middel van wat ander
>> as "new age" beskou...
>
> Of jy nou daarvan bewus is of nie, jou gebruik van
> "new age" is ver vandaan van waar dit oorspronklik
> ontstaan het. Dit het oorspronklik iets te doen gehad
> met die "Age of Aquarius" en dit het dus ook op 'n
> aweregse manier iets te doen met die idee wat mens
> in die Christelike bybel kry dat daar 'n duisendjarige
> ryk van vrede sal kom, of soiets.

Eintlik het die "Age of Aquarius" juis te make met die PRESESSIE - die ding
waaroor tannie so na my hap oor spelling. Gaan lees meer, dalk begryp
tannie die bedoeling beter...

> Maar oor die jare het 'n sekere tipe "Christen" die
> term "new age" aangegryp as iets wat tipifeer "wat
> hy nie glo nie."

Bogtwak - alles waarin ek as Christen nie glo nie is nie gelyk aan new age
nie. Dit is 'n ideologie wat baie nou gekoppel word aan die siening dat
alle gelowe na God lei. Ek stem wel nie saam met die "new age" siening nie.
Maar besef dat ek ook nie saam met 'n streng moslem stem nie, wat ek nie as
"new age" sal klassifiseer nie.

> Om iemand wat Vajrayana Buddhisme
> bestudeer, uit te maak as "new age" is sê onkundig
> en belaglik, dat mens amper nie eens aandag daaraan
> moet gee nie. Mag ek jou weer daaraan herinner dat
> Buddhisme "begin" het met Gautama Buddha, wat
> vyfhonderd jaar voor Christus geleef het.

Wat het dit met die prys van eiers te doen? "Gautama Buddha" het dalk
fisies voor Jesus op aarde gewandel, maar "Gautama Buddha" se bestaan kan
nie eers in dieselfe asem as Jesus as God se bestaan beskryf word nie.
Jesus was van die oneindige begin en sal tot die oneindige einde bestaan.
Iets wat Christene glo. So tannie kan ook maar stop met die "wanneer wie
geleef het", dit is nie 'n belangrikheid vir my as Christen nie... God se
bestaan kan nie in tannie of my menslike terme gemeet word nie

> En dat die
> Buddhisme eintlik 'n protes- beweging was teen
> sekere konsepte van Hinduisme, wat al duisende en
> duisende en duisende jare in werking is, en wat
> heelwaarskynlik geboorte gegee het aan die Griekse
> denke wat die Nuwe Testament so anders as die
> Ou Testament gemaak het.

As tannie so wil dink, "knock yourself out" - ek glo die Bybel (OT en NT) is
deur God geinspireer. Maar dan glo tannie as buddhis mos nie dat daar 'n
God is nie, so die bestaan van teologiese tekste moet weereens in menslike
terme verduidelik word, of hoe?

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99388 is 'n antwoord op boodskap #98947] Di, 12 Oktober 2004 15:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:6dydnbJzXdgOdvbcRVn-pw@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
> Wat is dit wat tannie so bedreig?
>
> Basjan, my seun. Jy behoort teen hierdie tyd te
> weet dat Tant Hessie se dade en skrywes nie
> eenvlakkige gedoentes is nie. Ek toets jou uit.
> Ek bestudeer reaksies.

Tannie se skrywes kom wel as eenvlakkige gedoentes te voorskyn. Ek is
eintlik effe teleurgesteld dat tannie so baie op dieselfde trant
voortborduur, vrae word herhaal op antwoorde wat al gegee is.

Tannie toets my wel, maar dit is 'n baie lae vorm van gesprek, om die ander
"te toets", te probeer uitlok en dan soos 'n valk te duik as ek durf
ontsteld word. Dit is 'n baie eenvoudige, ondeurdagte manier van redeneer.
Ek kan ook belaglikhede kwytraak om te sien of tannie ontsteld word, maar
wat leer dit my? Dat tannie ook kan kwaad word? So mors mens net die ander
persoon en gebruikers van die nuusgroep se tyd.

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99389 is 'n antwoord op boodskap #99385] Di, 12 Oktober 2004 15:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:31snm0lp9qk8tqkvjr6bfma1f55v4foeej@4ax.com...
> On Tue, 12 Oct 2004 16:26:30 +0200, "Basjan" wrote:
>
>
> doen, is ek
>> onnodig moeilik met hom. As hy glo dat hy en die Dalai Lama altwee hul
>> eie
>> spoor na God volg, dan het ek nie veel tyd vir hom nie.
>
> Dink jy dit sal hom (of God) onstel?

Ek gee nie om of ek Tutu ontstel nie, hy is maar mens soos ek.

Ek glo wel dat God ontsteld is, maar dan weer, dit is wat ek glo... as
Christen deur geloof in Christus gedefinieer word, dan is ongeloof in Jesus
(dat Hy die Weg is, in Sy eie woorde) tog ontstellend, of hoe?

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99390 is 'n antwoord op boodskap #98947] Di, 12 Oktober 2004 15:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:H5OdnSPZB_SNbvbcRVn-vw@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
> Kan ons nie oor iets nuut gesels nie
>
> Ons kan teruggaan na dit wat ek jou oorspronklik
> gevra het. Om die "wegraping" te verduidelik. Presies
> te verduidelik wat dit is, hoe dit gaan gebeur. Alles.
> Ek het jou oorsponklik belowe dat ek geen negatiewe
> opinies daaroor sal uit druk nie. Ek het geen opinies
> "daarteen" nie. Ek wil net weet wat die "wegraping"
> vir iemand prakties behels, as hy dit, soos jy, geintegreer
> het in jou geloofsisteem. ( Ons weet albei dat die
> grootste gros mense wat hulself Christene noem, die
> konsep van die wegraping net kursief "glo" maar nie
> deel van hulle daaglikse dink maak nie. ) Ek wil
> graag praat met iemand wat WERKLIK die
> wegraping glo. En wat dit vir my kan verduidelik.

Wat ek glo is al klaar geantwoord. Gaan lees gerus. Hoe dit my prakties
beinvloed? Nie veel nie. Ek leef wat ek glo elke dag, want dit is my
geloof. Ek weet nie wanneer die wegraping gaan plaasvind nie en dit is ook
nie belangrik nie, juis in konteks van my daaglikse wandel. Dit is dan ook
(soos reeds bespreek) nie belangrik of dit wel gebeur of nie (soos my vrou
glo), want om in die wegraping te glo is nie wat my as Christen definieer
nie.

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99391 is 'n antwoord op boodskap #99370] Di, 12 Oktober 2004 19:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Swart Simon  is tans af-lyn  Swart Simon
Boodskappe: 101
Geregistreer: Julie 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" wrote in message

> Oom Simon, dankie vir die reghelp. Nou 'n vraag, is oom dan regtig so 'n
> dissipel van tannie Gloudina, dat die spelling en nie bedoeling belangrik
> word nie? Is die ammunisie op - noudat oom verby stellings praat en slegs
> spelling aanval? Kom nou, oom!

Nee. Ek is nie 'n dissipel van enigiemand nie. En ja,
dit was baie stout van my om jou spelling reg te maak.
Maar jy moet
darem erken dat jy die pap lekker dik aangemaak het toe
jy praat van die "donker eeue" - dit was so om en by
die tyd toe Jan van Riebeeck gebore is.

Swart Simon
Re: VSA debat [boodskap #99392 is 'n antwoord op boodskap #99371] Di, 12 Oktober 2004 19:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Swart Simon  is tans af-lyn  Swart Simon
Boodskappe: 101
Geregistreer: Julie 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf in boodskap news:ckg0s4$sb1$1@solaris.cc.vt.edu...

> Dankie oom, ek dink ons kan "swart simon" nou beter peil. Ek is gevra, ek
> het geantwoord. Oom is gevra, oom het vermy, ek hoop oom het 'n kussing vir
> die draadsit!

Ja jong. Veral nadat ek al jou poste gelees het is
daar geen twyfel meer by my dat my kierangs eendag gaan
braai nie.

Nou dat die tannie weer terug is waai ek. Ek is seker
die twee van julle sal lekker verder gesels.

Swart Simon
Re: VSA debat [boodskap #99393 is 'n antwoord op boodskap #99388] Di, 12 Oktober 2004 19:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

> Tannie toets my wel, maar dit is 'n baie lae vorm van gesprek

Wel, die toets bestaan daarin in hoe lank jy sal aangaan
om my op die nuusgroep te bly antwoord. Ek sou gedink
het dat jy al lankal belangstelling sou verloor het en "verdwyn"
het. Wat laat jou nog soos klokslag "antwoord"?

Ek wil jou daarop wys dat ons ten minste één persoon
in ons strikke gevang het. Swart Simon. Alhoewel ek nie
weet of hy soseer belangstel in "wat" ons skryf nie, maar
hoe lank dit gaan aanhou.

Somtyds is ek ook geinteresseerd in die matematiese
moontlikhede van stringe poste op die nuusgroep. Ek
is nie juis geinteresseerd in hoe lank hulle is nie, maar
oor hoe 'n wydverspreide aantal velde hulle kan strek
sonder dat die string verbreek word.( Kyk nou maar na
hierdie een. Dit het begin by 'n bespreking van die
eerste debat van die amerikaanse verkiesing - die een
wat George Bush so miserabel verloor het.) Ek dink
die loop van so 'n string poste en die draaie en swaaie
wat hulle maak, volg een of ander wiskundige patroon.
Miskien kan dit verklaar word deur chaos-teorie. Ken
jy chaos-teorie?

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99394 is 'n antwoord op boodskap #99387] Di, 12 Oktober 2004 19:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

ek glo die Bybel (OT en NT) is
> deur God geinspireer.

Maar as jy glo dat God almagtig is, dan MOET jy glo dat
ook die Buddhisme, Hindoeisme en Moslem geloof ens.
ens. "deur God geinspireer" is. Want ANDERS BEPERK
JY HOM. Anders dikteer jy wat God is en wat God nie
is nie. En dit kom vir my voor as ketters.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99395 is 'n antwoord op boodskap #99387] Di, 12 Oktober 2004 19:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

> Eintlik het die "Age of Aquarius" juis te make met die PRESESSIE - die ding
> waaroor tannie so na my hap oor spelling. Gaan lees meer, dalk begryp
> tannie die bedoeling beter...

Ja, dis baie interessant. Ek sal bly wees as jy die hele ding
weer bietjie wil verduidelik. Ek onthou dat dit aandui dat
die son (?) beweeg elke tweeduisend jaar deur 'n ander
teken van die zodiak. Die laaste tweeduisend jaar was dit
in die teken van Pisces, dus die Vis. Vandaar dan dat
die kosmoloë Christus gesien het in die teken van die Vis.
En dat hy genoem is die Visser van mense.
Toe het die Age of Aquarius opgedaag. Die tweeduisend
jaar in die teken van die Waterdraer het begin.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99396 is 'n antwoord op boodskap #98947] Di, 12 Oktober 2004 20:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

Dit is dan ook
> (soos reeds bespreek) nie belangrik of dit wel gebeur of nie (soos my vrou
> glo), want om in die wegraping te glo is nie wat my as Christen definieer

Jy probeer wegskram van wat ek vra. Ek merk egter
op dat jy elke keer jou vrou se geloof in verband met
die wegraping inbring. Kan jy dan vir my verduidelik
wat sy glo?
Jy dink ek probeer sonde soek. Ek is egter baie ernstig
in my belangstelling. Dis seker omdat ek ongeveer as 'n
dissipel van William Blake belangstel in wat hy "Jerusalem"
noem, 'n staat where everything wil appear as it is, holy.
. Ek is ook geinteresseerd in die Katolieke priester Teilhard de
Chardin se beskrywing van die "omega-punt." Ek is
dan ook duidelik geinteresseerd in wat die Buddhiste
beskryf as "enlightenment" en die staat van Nirvana.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99397 is 'n antwoord op boodskap #99396] Di, 12 Oktober 2004 20:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:rICdnYX4qe57q_HcRVn-pw@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
> Dit is dan ook
>> (soos reeds bespreek) nie belangrik of dit wel gebeur of nie (soos my
>> vrou
>> glo), want om in die wegraping te glo is nie wat my as Christen definieer
>
> Jy probeer wegskram van wat ek vra. Ek merk egter
> op dat jy elke keer jou vrou se geloof in verband met
> die wegraping inbring. Kan jy dan vir my verduidelik
> wat sy glo?

Sy glo dat die wegraping simbolies beskryf is. Ek glo dit is letterlik.

Vir die Christen het die volmaakte toestand (deur vergifnis) in Christus op
aarde al begin en word dit voortgesit in die ewigheid by Hom. Ek soek nie
volmaaktheid of "'n nirvana" enige ander plek nie.

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99398 is 'n antwoord op boodskap #99392] Di, 12 Oktober 2004 21:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Swart Simon" skryf

> Nou dat die tannie weer terug is waai ek.

Ag nee wat jong. Bly nog 'n rukkie. Ek is
nou amper jammer ek het aangekondig ek
is terug.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99399 is 'n antwoord op boodskap #98947] Di, 12 Oktober 2004 21:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"basjan" skryf

Hoekom sê dat God die gelowe van Buddhisme, Hindoeisme en Moslem
> geinspireer het? Kan dit nie juis drie goeie voorbeelde van dwaalweë wees
> nie. Dit is dan ook hoe ek dit beskou.

As jy sê dat hulle "dwaalweë" is, dan verhef jy dié
wesens "wat dwaal" as hebbende 'n mag en 'n
outoriteit wat hulle die reg en die mag gee om
óf God te kies óf God nie te kies nie. Jy verval
dan in een van daardie ketterye soos die
Manichaisme ( vergeef die spelling, Katryn, ek
is te lui om dit weer na te slaan) waar jy die
ligte en die duister kant ewe veel draagkrag
gee. Jy glo dus nie God is alles in almal nie.
Glo jy God is alles in almal?

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99400 is 'n antwoord op boodskap #98947] Di, 12 Oktober 2004 21:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"basjan" skryf

> Sy glo dat die wegraping simbolies beskryf is. Ek glo dit is letterlik.

O, ek het gedink dit was andersom.
Nou kan jy dan beskryf wat jy letterlik glo gaan
gebeur. Ek is werklik geinteresseerd. Maar dis 'n
onderwerp waaroor daar min in Christelike kringe
gepraat word. Dis asof hulle weet hulle behoort dit
te "glo," maar hulle skram weg van die werklike
feit.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99401 is 'n antwoord op boodskap #98947] Di, 12 Oktober 2004 21:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"basjan" skryf

> Vir die Christen het die volmaakte toestand (deur vergifnis) in Christus op
> aarde al begin en word dit voortgesit in die ewigheid by Hom. Ek soek nie
> volmaaktheid of "'n nirvana" enige ander plek nie.

Jy sal dit nie wil erken nie, maar dis eintlik dieselfde
wat die Buddhis glo. Die taal en die verwysingsraamwerk
is verskillend, maar die "geloof" is dieselfde.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99402 is 'n antwoord op boodskap #99399] Wo, 13 Oktober 2004 07:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:ltqdnQj7vblB1fHcRVn-gA@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
> Hoekom sê dat God die gelowe van Buddhisme, Hindoeisme en Moslem
>> geinspireer het? Kan dit nie juis drie goeie voorbeelde van dwaalweë
>> wees
>> nie. Dit is dan ook hoe ek dit beskou.
>
> As jy sê dat hulle "dwaalweë" is, dan verhef jy dié
> wesens "wat dwaal" as hebbende 'n mag en 'n
> outoriteit wat hulle die reg en die mag gee om
> óf God te kies óf God nie te kies nie.

Natuurlik het jy as mens die "mag" om te kies! Die keuse word aan jou
gebied, God dring Hom aan niemand op nie, dit staan so in die Bybel. Die
vraag is ook al gevra en geantwoord.

> Jy verval
> dan in een van daardie ketterye soos die
> Manichaisme ( vergeef die spelling, Katryn, ek
> is te lui om dit weer na te slaan) waar jy die
> ligte en die duister kant ewe veel draagkrag
> gee. Jy glo dus nie God is alles in almal nie.
> Glo jy God is alles in almal?

Nee. Die vraag is al gevra en geantwoord. In soveel woorde. Tannie moet
dit laat gaan as ons klaar daaroor gesels het, al het ons nie saamgestem
nie.

Ek glo dat God wel in my woon deur Sy Gees na my redding deur Jesus
Christus, maar ek glo NIE dat God alles in almal is nie. Jy word slegs 'n
kind van God na verlossing deur Jesus. Jy is 'n mens, met 'n siel, wat
ewig kan lewe. Dit bly jou keuse waar jy ewig wil lewe.

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99403 is 'n antwoord op boodskap #99400] Wo, 13 Oktober 2004 07:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:T7qdncLVXNN61PHcRVn-qw@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
>> Sy glo dat die wegraping simbolies beskryf is. Ek glo dit is letterlik.
>
> O, ek het gedink dit was andersom.
> Nou kan jy dan beskryf wat jy letterlik glo gaan
> gebeur. Ek is werklik geinteresseerd. Maar dis 'n
> onderwerp waaroor daar min in Christelike kringe
> gepraat word. Dis asof hulle weet hulle behoort dit
> te "glo," maar hulle skram weg van die werklike
> feit.

Ek glo dat God sy kinders (gereddes) kom haal voor die begin van die
verdrukking. Die verdrukking word gelei deur die satan se verteenwoordiger,
die antichris. Die magte wat in Openbaring beskryf word, is al klaar aan
die werk, so glo ek! Gaan kyk maar net na Europa se unifikasie en die
wegmaak van kulturele en fisiese grense.

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99404 is 'n antwoord op boodskap #99401] Wo, 13 Oktober 2004 07:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:HvqdnZgZ5OLG1_HcRVn-jQ@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
>> Vir die Christen het die volmaakte toestand (deur vergifnis) in Christus op
>> aarde al begin en word dit voortgesit in die ewigheid by Hom. Ek soek
>> nie
>> volmaaktheid of "'n nirvana" enige ander plek nie.
>
> Jy sal dit nie wil erken nie, maar dis eintlik dieselfde
> wat die Buddhis glo. Die taal en die verwysingsraamwerk
> is verskillend, maar die "geloof" is dieselfde.

Ag kom nou tannie - "get real". Tannie raak nou al hoe meer bogsnert kwyt.

Dis is nie iets wat ek "nie wil erken" nie, tannie sê self, ons raamwerke
verskil. Die geloof verkil OOK!!!!! Ek glo dat ALLES wat my redding betref
op Jesus (as God wat my verlos het) gegrond is, die buddhis glo nie Jesus is
nodig nie. Om die waarheid te sê, die buddhis glo glad nie in 'n God nie,
ek dink ons het dit al uitgepluis. Hoe kan ons dan dieselfde glo? ONS HET
OOK AL HIEROOR GEPRAAT.

Christenskap verkil van die buddhis soos dag en nag. Al kan tannie nie
tannie se kop daarom draai nie. Dit is waar. As 'n geloof nie Jesus as
enigste weg en as God en as deel van God-drie-enig erken nie, dan verkil
daardie geloof 180° van Christenskap. Jesus is by definisie Christenskap se
fondament. Laat staan nou tannie se wolhaar-geklets.

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99405 is 'n antwoord op boodskap #99400] Wo, 13 Oktober 2004 07:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:T7qdncLVXNN61PHcRVn-qw@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
>> Sy glo dat die wegraping simbolies beskryf is. Ek glo dit is letterlik.
>
> O, ek het gedink dit was andersom.
> Nou kan jy dan beskryf wat jy letterlik glo gaan
> gebeur. Ek is werklik geinteresseerd. Maar dis 'n
> onderwerp waaroor daar min in Christelike kringe
> gepraat word. Dis asof hulle weet hulle behoort dit
> te "glo," maar hulle skram weg van die werklike
> feit.
>
> Gloudina

Ek glo dat God sy kinders (gereddes) kom haal voor die begin van die
verdrukking. Die verdrukking word gelei deur die satan se verteenwoordiger,
die antichris. Die magte wat in Openbaring beskryf word, is al klaar aan
die werk, so glo ek! Gaan kyk maar net na Europa se unifikasie en die
wegmaak van kulturele en fisiese grense.

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99406 is 'n antwoord op boodskap #99395] Wo, 13 Oktober 2004 07:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:Ua-dnUfiNuTTqfHcRVn-vw@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> Eintlik het die "Age of Aquarius" juis te make met die PRESESSIE - die ding
>> waaroor tannie so na my hap oor spelling. Gaan lees meer, dalk begryp
>> tannie die bedoeling beter...
>
> Ja, dis baie interessant. Ek sal bly wees as jy die hele ding
> weer bietjie wil verduidelik. Ek onthou dat dit aandui dat
> die son (?) beweeg elke tweeduisend jaar deur 'n ander
> teken van die zodiak. Die laaste tweeduisend jaar was dit
> in die teken van Pisces, dus die Vis. Vandaar dan dat
> die kosmoloë Christus gesien het in die teken van die Vis.
> En dat hy genoem is die Visser van mense.
> Toe het die Age of Aquarius opgedaag. Die tweeduisend
> jaar in die teken van die Waterdraer het begin.

Tannie Gloudina, as ek natuurlik 'n pessimis en twyfelaar was, kon ek
gewonder het hoe tannie "ewe skielik" die basis van presessie "onthou". Dit
nadat ons al so bietjie die term rondgegooi het en tannie geensins die
wetenskaplike basis daaragter erken het nie, maar slegs na die "geestelike"
toepassing verwys het. Ek kan verder gaan en besef dat die internet darem
'n wonderlike "navorsings-tool" is om mens te help "onthou".

Sommer tong-in-die-kies-Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99409 is 'n antwoord op boodskap #99402] Wo, 13 Oktober 2004 12:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

> Ek glo dat God wel in my woon deur Sy Gees na my redding deur Jesus
> Christus, maar ek glo NIE dat God alles in almal is nie. Jy word slegs 'n
> kind van God na verlossing deur Jesus. Jy is 'n mens, met 'n siel, wat
> ewig kan lewe. Dit bly jou keuse waar jy ewig wil lewe.

Nouja. Dis jou credo. Maar ek hoop jy besef wat die
implikasies teologies van so 'n credo is. Dit beteken dat
God nie alles in almal is nie, dat God nie alwetend en
almagtig en alsienend is nie, dat God nie die heelal
bestuur nie, dat almal nie kinders van God is nie.

Sover jy glo in 'n "siel" wat ewig kan lewe, volg
jy teologies die Hindoes.
Ek wonder soms of die Nuwe Testament werklik
praat van die siel as 'n aparte entiteit. Hoekom word
daar so knaend in die NT gepraat dat God die
wynstok is en ons die lote? William Blake, wat sy
raamwerk streng uit die Bybel kry, glo dat wanneer die
mens as individu glo dat hy 'n aparte wese is (a worm
of sixty winters) hy onder 'n wanindruk is. Hy sien die
hele mensdom as soos één man, of as die deursnit van
die vier lewende wesens waarvan hulle in die Bybel
praat.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99410 is 'n antwoord op boodskap #99406] Wo, 13 Oktober 2004 12:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

> Tannie Gloudina, as ek natuurlik 'n pessimis en twyfelaar was, kon ek
> gewonder het hoe tannie "ewe skielik" die basis van presessie "onthou". Ek kan verder gaan en besef dat die internet darem
> 'n wonderlike "navorsings-tool" is om mens te help "onthou".

Ek neem aan jy beskuldig my hierbo dat ek nog nooit van
die presessie van die planete (?) deur die Zodiac gehoor
het nie en dit nou onlangs op die internet bestudeer het.
Jy is natuurlik welkom om so skepties te wees. Wat gee
ek om. Maar ek kan jou verseker dat hierdie presessie-
storie baie algemeen bekend is. Swart Simon weet daarvan.
My man weet daarvan en sal vir my die sterrekundige
implikasies mooi kan verduidelik. As ek nou nie so lui
is nie, sou ek na die boekkas gaan en 'n hele paar boeke
kan vind wat oor hierdie dinge praat.

Interessanter vir my is om te begin wonder: As in die
laaste tweeduisend jaar die teken van Pisces oorheers
het in die teologiese denke van die Middelooste, en dat
Christus dus as Visser gesien is, wat gaan die tendens
wees in die volgende tweeduisend jaar, wanneer ons
deur die teken van Aquarius, die Waterdraer, gaan?

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99413 is 'n antwoord op boodskap #99409] Wo, 13 Oktober 2004 14:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:rpKdnWprUaHEhvDcRVn-jw@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> Ek glo dat God wel in my woon deur Sy Gees na my redding deur Jesus
>> Christus, maar ek glo NIE dat God alles in almal is nie. Jy word slegs
>> 'n
>> kind van God na verlossing deur Jesus. Jy is 'n mens, met 'n siel, wat
>> ewig kan lewe. Dit bly jou keuse waar jy ewig wil lewe.
>
> Nouja. Dis jou credo. Maar ek hoop jy besef wat die
> implikasies teologies van so 'n credo is. Dit beteken dat
> God nie alles in almal is nie, dat God nie alwetend en
> almagtig en alsienend is nie, dat God nie die heelal
> bestuur nie, dat almal nie kinders van God is nie.

Tannie kan darem kompleet onsin kwytraak! Moet 'n God wat alwetend en
almagtig is Sy wil op jou afdruk? Hoe eenvoudig glo tannie tog nie! Dit is
een van die fantastiese waarhede dat ons as mense kan kies, al het God ons
gemaak. Hy sê o.a. dat Hy nie wil dat een verlore moet gaan nie, maar dit
bly 'n geloofsaak tussen die mens en God. Selfs tannie is vir Hom
belangrik, maar op die ou einde is dit nie God se keuse nie, maar tannie
sin. Watter sin maak dit tog dat God "vir Homself" kies deur jou as mens te
dwing om Hom te aanbid? Tannie moet partykeer bietjie terugstaan en logies
ook oor die dinge dink.

> Sover jy glo in 'n "siel" wat ewig kan lewe, volg
> jy teologies die Hindoes.

Bogsnert. Hoekom dring tannie daarop aan om Christenskap gelyk te stel aan
ander gelowe? Dit is nie en sal nooit wees. Kom by, die tyd is nou om by te
kom vir die bespreking. Daar mag raakpunte wees, maar die asbolute,
fundamentele kern (Jesus Christus vir Christene) verkil. DIT is die PUNT!
Op die ou einde raak al die "volg jy 'n ander geloof" stomp en oud en is dit
verby logika... kom ons praat sinvol.

> Ek wonder soms of die Nuwe Testament werklik
> praat van die siel as 'n aparte entiteit.

Al ooit gehoor van stof tot stof?

> Hoekom word
> daar so knaend in die NT gepraat dat God die
> wynstok is en ons die lote?

Knaend?

> William Blake, wat sy
> raamwerk streng uit die Bybel kry, glo dat wanneer die
> mens as individu glo dat hy 'n aparte wese is (a worm
> of sixty winters) hy onder 'n wanindruk is. Hy sien die
> hele mensdom as soos één man, of as die deursnit van
> die vier lewende wesens waarvan hulle in die Bybel
> praat.

Alweer met Blake, blykbaar is tannie heel opgesmuk met die ou. Dalk moet
tannie self oor die Bybel begin dink....

Hier is vir tannie 'n oulike stukkie wat sê wie gevrees moet word en hoekom
die liggaam bysaak is:

Luke 12:5
But I will show you whom you should fear: Fear him who, after the killing of
the body, has power to throw you into hell. Yes, I tell you, fear him.

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99414 is 'n antwoord op boodskap #99410] Wo, 13 Oktober 2004 14:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:3vednfiaKPTugPDcRVn-pQ@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> Tannie Gloudina, as ek natuurlik 'n pessimis en twyfelaar was, kon ek
>> gewonder het hoe tannie "ewe skielik" die basis van presessie "onthou".
> Ek kan verder gaan en besef dat die internet darem
>> 'n wonderlike "navorsings-tool" is om mens te help "onthou".
>
> Ek neem aan jy beskuldig my hierbo dat ek nog nooit van
> die presessie van die planete (?) deur die Zodiac gehoor
> het nie en dit nou onlangs op die internet bestudeer het.
> Jy is natuurlik welkom om so skepties te wees. Wat gee
> ek om. Maar ek kan jou verseker dat hierdie presessie-
> storie baie algemeen bekend is. Swart Simon weet daarvan.
> My man weet daarvan en sal vir my die sterrekundige
> implikasies mooi kan verduidelik. As ek nou nie so lui
> is nie, sou ek na die boekkas gaan en 'n hele paar boeke
> kan vind wat oor hierdie dinge praat.

Gevoelig, of hoe? Ek het dit bloot interessant gevind hoe tannie vele kere
met 'n "as ek reg onthou" terugkom. As tannie my 10 minute gee, kan ek oor
alles 'n "as ek reg onthou" antwoord gee. Maar dan weer gesê, ek beskuldig
tannie nie, ek sê slegs dat dit verdag sou wees as ek 'n pessimis was en
tannie se goeie hart sou wantrou...

> Interessanter vir my is om te begin wonder: As in die
> laaste tweeduisend jaar die teken van Pisces oorheers
> het in die teologiese denke van die Middelooste, en dat
> Christus dus as Visser gesien is, wat gaan die tendens
> wees in die volgende tweeduisend jaar, wanneer ons
> deur die teken van Aquarius, die Waterdraer, gaan?

Glo tannie regtig dat Pisces die wandel van Jesus op aarde beinvloed het?
Genade tannie.

Daar is wel groepe wat sê dat die beeld van die vis as teken van Jesus
gebruik word, maar dan is daar ook 'n aanvaarde stelling dat die beeld
gegrond is op wat Jesus gesê het van sy volgelinge "as vissers van mense".

As jy toelaat dat 'n sterregroep jou denke beinvloed, gaan mal!

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99415 is 'n antwoord op boodskap #98947] Wo, 13 Oktober 2004 14:49 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:dOudnYWxfa_qg_DcRVn-pA@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> Ek glo dat God sy kinders (gereddes) kom haal voor die begin van die
>> verdrukking. Die verdrukking word gelei deur die satan se verteenwoordiger,
>> die antichris. Die magte wat in Openbaring beskryf word, is al klaar aan
>> die werk, so glo ek! Gaan kyk maar net na Europa se unifikasie en die
>> wegmaak van kulturele en fisiese grense.
>
> Ek is geinteresseerd hoofsaaklik oor wat jy in daardie
> eerste sin sê. ( Ek is natuurlik ook geinteresseerd in die
> res, en sal nie omgee as jy ook daaroor uitwy nie.) Maar
> op die oomblik wil ek graag weet wat jy bedoel met
> "kom haal." Ek hoop dat jy dit so na as moontlik
> wetenskaplik sal kan verduidelik.

Dat ons weggeneem sal word vanaf die aarde. Fisies? Geestelik? Ek kan nie
sê nie. Maar dat gelowiges in Jesus die verdrukking sal vryspring.

Die hoofverse in die Bybel waarin die siening gegrond is:

1 Thessalonians 4
16For the Lord himself will come down from heaven, with a loud command, with
the voice of the archangel and with the trumpet call of God, and the dead in
Christ will rise first. 17After that, we who are still alive and are left
will be caught up together with them in the clouds to meet the Lord in the
air. And so we will be with the Lord forever. 18Therefore encourage each
other with these words.

Ek kan dit wetenskaplik probeer uitlê, maar dit sal 'n geestesverskynsel in
my menslike terme probeer vaslê.

Basjan
Vorige onderwerp: Re: Dit is oud.
Volgende onderwerp: In Dutch... sorry!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 23 16:02:57 MGT 2024