Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Vensters in Suid-Afrika in (vir Lou)
Re: Vensters in Suid-Afrika in (vir Lou) [boodskap #9918] Wo, 09 Julie 1997 00:00 na volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ja, ou Lou, vergewe my. Ek ken mos maar net intiem
die Ou SA: toe hulle in die Stellenbosse Volkekunde-
klasse die Zulu, wat vir hulle Zulu moes leer, agter
'n skerm laat sit het; toe die man wat apartheid op
Adams College kom invoer het (het die pos gekry om-
dat hy die Verwoerd-kinders gebabysit het) se vrou
nuwe koppies gaan koop het toe Chief Luthuli (nadat
hy die Nobelprys gekry het) Adams sou besoek, sodat
hy nie uit haar koppies sou hoef te drink nie. Ek is
so jammer ek was nie daar in die tagtigerjare nie, toe
alles so maneskyn en rose was (volgens jou.) Ek droom
seker maar dat ek gelees het van al die verskriklike
dinge wat daar veral in die tagtigerjare aangegaan het,
van die mense wat uit vensters geval het, wat doodge-
skiet is in hulle huise (sommige van hulle wit) omdat
hulle nie die partylyn wou volg nie.
Ou Lou, ek het darem ook SA so elke nou en dan
besoek. Ons is in taamlike noue kontak met professore
by RAU, waar my man in 1981 en in 1993 Wiskunde-
lesings gegee het. Ek kan nie eintlik onthou dat die plek
toe oorstroom was van �anderskleurigesê nie, maar ek
het miskien nie goed gekyk nie.
Moenie vir jou bekommer oor my kennis van SA nie.
Ons het genoeg familie in SA wat ons deur die jare op
hoogte gehou het, familielede van 'n verskeidenheid van
politieke oortuigings, een 'n lid van die Goldstone
Kommissie. Vandat ek jonger as jy was, het ek ook in
aanraking probeer bly met daardie deel van die land se
bevolking wat eers in 1994 toegelaat was om hulle plek
in te neem in die sake van hulle eie land. 'n Mens wonder
dus: �weet� ek eintlik nie m��r van Suid-Afrika as wat jy
met jou arrogante beterwetenheid ooit kan hoop om te
weet nie?

Gloudina
Re: Vensters in Suid-Afrika in (vir Lou) [boodskap #9919 is 'n antwoord op boodskap #9918] Wo, 09 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
Leendert het geskryf:

> Jy het nie eens nodig om teen onse nuwe party te wees om doodgeskiet te
> word nie - dis genoeg om 'n motor te besit.
>

Ja. "One Settler One Bullet". Nie dat dit die offisiële beleid is nie, maar net
'n "unwritten law", en die nuwe regering kan skynheilig aanhou die "good guys"
speel, met breë glimlaggies op oorsese televisieskerms. Maar Leendert, dit lyk
vir my of die mense daar anderkant baie meer kan verstaan as ons hier.

Amy Veale se ouers sê hulle verstaan waarom hulle dogter koelbloedig vermoor
is, en het selfs in die hof die hand geskud van die moordenaars.

Ek sal nooit in my lewe so verstandig kan wees nie. Ek kan ook nie verstaan hoe
iemand wat so lief is vir donker mense uit Afrika sou padgee om in 'n spierwit
land te gaan bly nie. Ons bly hier, tussen al die rasse van ons land. Miskien
lyk die prentjie anders hoe verder jy wegtrek. "Absence makes the heart grow
fonder", of hoe?

V.
Re: Vensters in Suid-Afrika in (vir Lou) [boodskap #9923 is 'n antwoord op boodskap #9918] Do, 10 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
> Bouwer wrote in article ...

> Ja, ou Lou, vergewe my. Ek ken mos maar net intiem
> die Ou SA: toe hulle in die Stellenbosse Volkekunde-
> klasse die Zulu, wat vir hulle Zulu moes leer, agter
> 'n skerm laat sit het; toe die man wat apartheid op
> Adams College kom invoer het (het die pos gekry om-
> dat hy die Verwoerd-kinders gebabysit het) se vrou
> nuwe koppies gaan koop het toe Chief Luthuli (nadat
> y die Nobelprys gekry het) Adams sou besoek, sodat
> hy nie uit haar koppies sou hoef te drink nie. Ek is
> so jammer ek was nie daar in die tagtigerjare nie, toe
> alles so maneskyn en rose was (volgens jou.) Ek droom
> seker maar dat ek gelees het van al die verskriklike
> dinge wat daar veral in die tagtigerjare aangegaan het,
> van die mense wat uit vensters geval het, wat doodge-
> skiet is in hulle huise (sommige van hulle wit) omdat
> hulle nie die partylyn wou volg nie.

Gloudina lees aseblief my antwoord relatief to jou 'Vensters' brief weer. Ek
reageer omdat jy maak asof dit 'n vreeslike nuwe ding is dat 'n swart persoon
*nou* 'n graad aan die RAU kan kry - dit is die aanklag waarop ek reageer het.
Die probleme wat apartheid veroorsaak het en nog steeds sal veroorsaak kan ons
nie wegredeneer nie. Ek het nie gesê dit was maanskyn en rose nie - weereens
staan jy openlike onwaarhede en verkondig.

> Ou Lou, ek het darem ook SA so elke nou en dan
> besoek. Ons is in taamlike noue kontak met professore
> by RAU, waar my man in 1981 en in 1993 Wiskunde-
> lesings gegee het. Ek kan nie eintlik onthou dat die plek
> toe oorstroom was van �anderskleurigesê nie, maar ek
> het miskien nie goed gekyk nie.

Jy het beslis weer jou gekleurde bril opgehad. 1993 het RAU al reeds 'n groot
aantal 'anderskleurige' studente gehad. En ek weet vir 'n feit dat daar reeds
van hulle saam met my graad gevang het in nie te lank na 1981 nie.

> Moenie vir jou bekommer oor my kennis van SA nie.
> Ons het genoeg familie in SA wat ons deur die jare op
> hoogte gehou het, familielede van 'n verskeidenheid van
> politieke oortuigings, een 'n lid van die Goldstone
> Kommissie. Vandat ek jonger as jy was, het ek ook in
> aanraking probeer bly met daardie deel van die land se
> bevolking wat eers in 1994 toegelaat was om hulle plek
> in te neem in die sake van hulle eie land. 'n Mens wonder
> dus: �weet� ek eintlik nie m��r van Suid-Afrika as wat jy
> met jou arrogante beterwetenheid ooit kan hoop om te
> weet nie?

> Gloudina

Ek wonder - jy het 'hook line and sinker' geval vir die en ek haal jou aan:

" Die ontdekking dat 'n Zulu nou sy graad by RAU kan behaal, het my
asem weggeslaan. Dit is inderdaad 'n nuwe SA! "

Kontak bietjie RAU en vind vir jouself uit. Miskien moet jy 'n bietjie
wegstaan van jou vooropgestelde 'Dit is Suid Afrika' idees. Ek probeer om my
nie uit te laat oor dinge waarvan ek niks weet nie - miskien moet jy dit ook
probeer doen.

Van arrogante beterwetenheid gepraat - motifeer bietjie jou stelling - waar
was en arrogant en beterwetig. Die skoen pas jou eintlik veel beter.

Cheers
Lou
Re: Vensters in Suid-Afrika in (vir Lou) [boodskap #9924 is 'n antwoord op boodskap #9918] Do, 10 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
a  is tans af-lyn  a
Boodskappe: 36
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
In article , iz...@igs.net (Bouwer) wrote:

> in te neem in die sake van hulle eie land. 'n Mens wonder
> dus: �weet� ek eintlik nie m��r van Suid-Afrika as wat jy
> met jou arrogante beterwetenheid ooit kan hoop om te
> weet nie?

Dit hang af van watter soort kennis jy praat. 'n Professor in 'n oorsese
universiteit kan maklik meer _weet_ as die gemiddelde Suid Afrikaner oor die
geskiedenis/politiese situasie van SA. Maar dit is boekekennis; dit is
_lees/praat oor_ die situasie end dit kan nie vergelyk word met _deel wees_
van die situasie nie.

Daar is 'n groot verskil tussen lees of hoor van bv. die geweld in Suid
Afrika, maar dis 'n heel ander ding om self in die spervuur te kom. Ek en my
vrou het onlangs getel: ons was in die laaste twee jaar by nie minder nie as
twaalf begrafnisse van mense, welbekend aan ons, wat in ons distrik op plase
vermoor is. Dan is daar nog die aanvalle op plase waar mense nie gedood is nie
....

Uit hierdie oogpunt gesien sou ek dus sê, nee wat, jy het nie 'n kat se kans
om meer te weet van Suid Afrika as enige mens wat tans hier woon nie. Ons
kennis strek baie verder as blote hoorsê: dit is deel van ons daaglikse
ondervinding. Ek wil geensins hierdeur laat blyk dat ek nie hier wil wees nie
- ek wil, maar ek bid elke dag dat die situasie sal verander.

Erken tog nou maar dat die feit dat 'n swart Suid Afrikaner 'n graad by RAU
kan ontvang beswaarlik 'n mens se asem behoort weg te slaan, joune inkluis,
as jy werklik so baie van Suid Afrika weet. Soos aan jou uitgewys is, is dit
reeds jare die geval. Of jou man daar lesings gegee het of nie, en of jy elke
dag met elkeen van die dekane van elke departement tee drink of nie, het niks
met die saak te doen nie: jou asem wegslanery was 'n oorreaksie.
Re: Vensters in Suid-Afrika in (vir Lou) [boodskap #9928 is 'n antwoord op boodskap #9918] Vr, 11 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
In Article, writes:

>> in te neem in die sake van hulle eie land. 'n Mens wonder
>> dus: �weet� ek eintlik nie m��r van Suid-Afrika as wat jy
>> met jou arrogante beterwetenheid ooit kan hoop om te
>> weet nie?
>
> Dit hang af van watter soort kennis jy praat. 'n Professor in 'n oorsese
> universiteit kan maklik meer _weet_ as die gemiddelde Suid Afrikaner oor die

> geskiedenis/politiese situasie van SA. Maar dit is boekekennis; dit is
> _lees/praat oor_ die situasie end dit kan nie vergelyk word met _deel wees_
> van die situasie nie.
>
> Daar is 'n groot verskil tussen lees of hoor van bv. die geweld in Suid
> Afrika, maar dis 'n heel ander ding om self in die spervuur te kom. Ek en my

> vrou het onlangs getel: ons was in die laaste twee jaar by nie minder nie as

> twaalf begrafnisse van mense, welbekend aan ons, wat in ons distrik op plase

> vermoor is. Dan is daar nog die aanvalle op plase waar mense nie gedood is nie
> ....
>

'n Kollega wat oorsee immigreer het, nadat hy daar was vir 'n besoek om sy
sake te ree"l, het opgemerk dat ons wat in Suid Afrika woon nie meer die
spanning in die lug voel nie. Jy kom dit eers agter as jy vir 'n paar weke weg
was. Maar dit is defnitief daar - daardie knop op die maag gevoel wanneer jy
iemand uit die hoek van jou oog sien nader kom by 'n robot - al is dit net die
koerant verkoper.
Vorige onderwerp: Re: Vensters in SA in:vir Leendert, Wen en Vira
Volgende onderwerp: Re: Die genesing van Afrika
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 05:40:25 MGT 2024