Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » VSA debat
Re: VSA debat [boodskap #99119 is 'n antwoord op boodskap #99108] Di, 05 Oktober 2004 22:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"basjan" skryf

> Wat word van die wat Jesus nooit geken het nie? Ek weet nie en dit is ook
> nie my plek om te weet nie.
> Wat word van die mense wat Jesus verwerp? Gaan lees gerus self...of jy dit
> glo of nie, dit is jou persoonlike saak.

Nou wie dink jy het Jesus "nooit geken" nie? Is dit nou
die mens wat daar in die Gobi woestyn nog nooit van
hom gehoor het nie ( ek dink ons het vantevore hieroor
gepraat.) Of is dit die mens in Brussels wat langs 'n
kerk woon maar wat nie Christus se leer van die liefde
aanhang nie. DIE KRUKS van die vraag is : wie KEN
Christus?

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99120 is 'n antwoord op boodskap #99108] Di, 05 Oktober 2004 23:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"basjan" skryf

> PRESIES - Jesus se bediening op aarde was dan Nuwe Testamenties - ek het
> juis gestel dat Hy baie aan die bestraffing van demone gewerk het. M.a.w.
> teen hulle... die NT het heelwat sulke voorbeelde. Demone druis in teen
> alles wat ons as rasioneel beskou, maar tog word daar baie daaroor vertel in
> die Bybel, wat baie mense glo is die waarheid. Die hele bespreking het
> begin rondom die punt dat baie kerke die bestaan van demone ignoreer.

�k is baie geinteresseerd in jou woorde hier oor "demone."
Jy klink dus of jy glo, soos sommige Katolieke, in "excorcism."
Wat natuurlik ook baie naby is aan die uitdrywing van slegte
geeste wat sekere stamme in Afrika bedryf. En wat geboorte
gegee het aan die voodoo-praktyke wat ons in die Karibbiese
eilande kry.
Ek dink die algemeen-aanvaardigde wetenskaplike verklaring
van hierdie "demons" is dat hulle dinamiese kragte in die psige
van die mens is, en dat daar, heel wetenskaplik en prakties, dinge
gedoen kan word om hulle uit te dryf. En miskien is dit 'n meer
praktiese teologiese interpretasie as om van "Die Duiwel" te
praat as 'n unieke entiteit. Iets wat amper vir God 'n teenstander
gee - die duiwel. (Ek dink in alle geval die idee van "die duiwel"
kom uit die ouer middeloosterse godsdienste wat bestaan het
voordat Christus gelewe het.)

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99124 is 'n antwoord op boodskap #99114] Wo, 06 Oktober 2004 07:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:Ru6dnTSx6dmmiv7cRVn-ig@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
> Op die ou einde is dit juis hierdie
>> Jesus wat die doring in menige se vlees is. As jy ten volle in sy lering
>> glo, druis dit regstreeks in teen die "almal is een big happy family"
>> teorie.
>
> Ja, maar HOEKOM is Jesus die doring in die
> vlees? Omdat hy predik dat jy jou naaste
> moet liefhê soos jouself.

Dit is slegs EEN van sy leringe. En ek stem saam met tannie se
interpretasie, dat ons almal moet liefhê, wit swart, bruin, buddhis, moslem
en so aan. En ek weet tannie stem ook saam dat liefhê nie noodwendig
beteken saamstem nie. Dit is regtig ongelooflik treffend dat tannie vir
Bush moet liefhê en ek vir Mbeki. Ek dink ons verwar in die gesprek party
konsepte. Ek het geen probleem daarmee dat daar raakpunte tussen baie
gelowe is nie. In elke mens is daar die inherente moraliteit. Dat dit
verkeerd is om iemand anders dood te maak. Dat dit verkeerd is om te
verkrag. En so aan. Dat dit reg is om lief te hê. Dat dit baie goed is om
te help. Maar dit maak volgens wat ek glo nie van jou 'n goeie mens nie.
Daar is te veel sonde wat ons pleeg sonder om eers daaroor te dink. Ek ek
as man kan veral hiermee identifiseer, nie dat vrouens kwytgeskeld is nie.
Ek lees op die oomblik "Every man's battle", 'n boek oor seksuele reinheid.
Dit is selfs verkeerd om die natgeswete drawwer agterna te staar, as mens
pure rein wil wees.

My punt is dat daar NIKS is wat ek kan DOEN om gered te word nie. Nie goed
lewe, nie elke Sondag kerk toe gaan of baie Bybel lees nie. Daar is slegs
genade van die Here deur Sy Seun Jesus wat my in staat stel om te glo in Sy
verslossing. Dit is wat my red. Ek word so te sê deur 'n rein spieel
(Jesus) as rein beskou deur God. Dit is wat ek glo. En dit is hier waar
die probleem met ander gelowe inkom. As ek dan glo dat Jesus my redding se
basis is, wat is ek sonder Jesus? Maar ek glo ook dat God ver bo my en
tannie se gesprek is. Hy is genadig en dink soos ons seker nooit eers sal
kan besef nie. Ek glo Hy is genadig en regverdig, vandaar my vertroue dat
Hy mense wat nog nooit van Hom gehoor het nie, genadig sal wees. Maar as jy
Jesus geken of van Hom gehoor het en Hom verwerp het, dan kan ek slegs glo
wat die Bybel sê. Jy het teen God gekies. Dit is dalk soos iemand wat weet
die stopteken beteken "stop", maar nogtans ry. As jy nie kan lees nie, hoe
kan ek vir jou kwaad wees as jy nie gestop het nie?

Daar is die bekende bufferplakker (lelike woord!) wat lui: "God is too big
to fit into one religion". Ek se fantasties as jy dit glo - jy sê m.a.w.
wie is ek om God in een geloof te giet, Hy is natuurlik te groot vir een
geloof? Ek wonder weer wie is jy om vir God te sê Hy moet in baie gelowe
pas? Doen jy nie presies waarvan jy my "beskuldig" nie? Ek glo slegs dat
God in een geloof pas, jy dat Hy in baie pas. Dit tref my wel watter een
van die twee die gemaklikste, meer polities korrekte opsie sal wees. Dit is
mos wonderlik as ek een groot sambreel oor ons almal kan gooi en sê broeder
buddhis, heil vir jou, ek sien jou gou. Ongelukkig kan ek nie omdat ek nie
glo dat dit so werk nie... geloof is nie altyd klinklaar nie. Dit is nie
wetenskap of wiskunde nie. Dit is juis "wat jy glo".

(Ek geniet ons gesprek, so terloops)

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99125 is 'n antwoord op boodskap #99099] Wo, 06 Oktober 2004 07:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:q3s5m0dsqcqms29ohbo0ghqo0usjoqa9fu@4ax.com...
> "Basjan" skryf:
>
>>> Aniduolg!!!!
>
>> Plato - ek besef dis tong-in-die-kies, maar ek moet toegee, dis klassiek!
>
> Jou reaksie is darem werklik 'n teleurstelling.

Katryn, ek het so bietjie nagedink en ek moet vir jou en die tannie om
verskoning vra. Dit is sekerlik verkeerd om enige iemand met so iets boos
te vergelyk, veral as jy nog daarin glo! Ek vra dus om verskoning dat ek
saam gegrap het - dit is werklik vir my 'n ernstige saak.

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99126 is 'n antwoord op boodskap #99116] Wo, 06 Oktober 2004 07:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:mZKdnTi6w56Bvv7cRVn-tQ@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
>> Dit is juis die bespreking wat ons (ongeveer) 'n halwe jaar terug gehad het.
>> Sien dit so: As ek glo in Jesus Christus soos deur die Bybel gepredik, glo
>> ek dat Hy gesê het dat Hy die weg en die waarheid is en dat niemand na die
>> Vader kan kom behalwe deur Hom nie. Dit is myns insiens nie oop vir
>> geweldige interpretasie nie.
>
> Dis juis hier waar daar oopheid moet wees, as daar
> 'n werklike geestelike bespreking, wat die moeite werd
> is, gevoer kan word. Wat word bedoel deur "niemand
> na die Vader kom behalwe deur Hom nie." Beteken
> dit as iemand "Here, Here" sê, dat hy dan "na die Vader
> kom." Of beteken dat iets veel diepers, en meer prakties.
> Kyk na die kruks van Christus se lering, die Bergpredikasie.

Tannie, dit is juis hier waar mens versigtig moet wees. Jesus se lering
gedurende Sy wandel op aarde is slegs 'n deel van Sy Wese. Hoekom het Hy
aan die kruis gesterf? Net omdat die Jode kwaad was? As Jesus God en mens
was, hoe kon dit toegelaat gewees het? Dus, al stem ek onbetwyfeld saam met
"liefhê soos jou self", is die kruks van Jesus se lering nie die
Bergpredikasie nie, maar wel redding deur geloof in Hom. Ek dink dit is
hier waar ons verskil. Tannie sluit Sy sterfte aan die kruis uit as deel
van die geheel en vergelyk gereeld Jesus se lering met die van Buddhisme.
Vir my is Sy lering 'n "hoe nou gemaak" nadat ek die eintlike doel
raakgesien het: Sy redding van mense deur Sy sterfte aan aan die kruis.

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99127 is 'n antwoord op boodskap #99117] Wo, 06 Oktober 2004 07:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:suGdnTXkScj-vv7cRVn-uQ@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
> dan is ek tog verplig om my Christenskap ten volle uit te leef.
>
> Wat bedoel jy hiermee?

My geloof vereis dat ek eers glo dat Jesus die weg na God is, dat Hy my
gered het aan die kruis. "Dade" vloei uit geloof en nie andersom nie.

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99128 is 'n antwoord op boodskap #99118] Wo, 06 Oktober 2004 07:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:7qWdnYg7HLOGuf7cRVn-sQ@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
>> Glo ek dat Jesus se genade die enigste weg is? Ja
>
> Nou verander jy die onderwerp. Nou is dit
> "Jesus se genade."

Geensins - dit is die hele spilpunt.

"For it is by grace you have been saved, through faith--and this not from
youselves, it is the gift of God--not by works, so that no one can boast.
For we are God's workmanship, created in Christ Jesus to do good works,
which God prepared in advance for us to do " (Eph. 2:8,9).

> En daarmee kan ek ten
> volle saamstem, mits ons eers seker maak dat
> ons onder "Jesus se genade" dieselfde verstaan.

Sien hierbo...

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99129 is 'n antwoord op boodskap #99119] Wo, 06 Oktober 2004 08:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:YJCdnaca3-lkuf7cRVn-jw@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
>> Wat word van die wat Jesus nooit geken het nie? Ek weet nie en dit is ook
>> nie my plek om te weet nie.
>> Wat word van die mense wat Jesus verwerp? Gaan lees gerus self...of jy
>> dit
>> glo of nie, dit is jou persoonlike saak.
>
> Nou wie dink jy het Jesus "nooit geken" nie? Is dit nou
> die mens wat daar in die Gobi woestyn nog nooit van
> hom gehoor het nie ( ek dink ons het vantevore hieroor
> gepraat.)

Juis...

> Of is dit die mens in Brussels wat langs 'n
> kerk woon maar wat nie Christus se leer van die liefde
> aanhang nie. DIE KRUKS van die vraag is : wie KEN
> Christus?

Nee, die persoon het wel van Jesus en sy opdrag geweet. Ek het dalk myself
verkeerd uitgedruk. 'n Beter stelling sou gewees het: As jy Jesus verwerp
het. Met ken het ek dus bedoel dat iemand wel van Hom gehoor het.

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99130 is 'n antwoord op boodskap #99120] Wo, 06 Oktober 2004 08:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:tsSdnXlun6_-uv7cRVn-pg@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
>> PRESIES - Jesus se bediening op aarde was dan Nuwe Testamenties - ek het
>> juis gestel dat Hy baie aan die bestraffing van demone gewerk het.
>> M.a.w.
>> teen hulle... die NT het heelwat sulke voorbeelde. Demone druis in teen
>> alles wat ons as rasioneel beskou, maar tog word daar baie daaroor vertel in
>> die Bybel, wat baie mense glo is die waarheid. Die hele bespreking het
>> begin rondom die punt dat baie kerke die bestaan van demone ignoreer.
>
> ék is baie geinteresseerd in jou woorde hier oor "demone."
> Jy klink dus of jy glo, soos sommige Katolieke, in "excorcism."
> Wat natuurlik ook baie naby is aan die uitdrywing van slegte
> geeste wat sekere stamme in Afrika bedryf. En wat geboorte
> gegee het aan die voodoo-praktyke wat ons in die Karibbiese
> eilande kry.
> Ek dink die algemeen-aanvaardigde wetenskaplike verklaring
> van hierdie "demons" is dat hulle dinamiese kragte in die psige
> van die mens is, en dat daar, heel wetenskaplik en prakties, dinge
> gedoen kan word om hulle uit te dryf.

Tannie, dis die "gevoelige" deel. Demone is nie prakties verklaarbare dinge
wat ek deur chemiese metodes (wanbalans) kan wegmaak nie. Gaan lees gerus
Frank Peretti se "This present darkness" en "Piercing the darkness". Ek
besef dat dit net soos die "Left Behind" reeks menslike interpretasie is,
maar ek glo die ou sit die pot nie ver mis nie.

Ek glo dat demone satan se werkers is. Bose geeste wat ons as mense op
aarde probeer beinvloed, bangmaak (soos "ek het 'n onverklaarbare vrees vir
die donker" - die Here sê in die Bybel dat Hy ons nie 'n gees van
vreesagtigheid gegee het nie, waar kom dit dus vandaan?), mislei en heel
belangrikste, van die Here probeer weghou. Daar is byvoorbeeld baie mans
wat vasgevang is deur pornografie. Hierdie obsessie kom nie net sommer uit
die lug nie, dit word gedryf deur iets boos. Die gevaar is dat baie sulke
"vasvang" nie helder en indentifiseerbaar is nie. Dit is miskien een mens
se neiging om in woede uit te bars of 'n ander se probleem met vloek. Dit
is alles dinge wat ek glo gedryf word deur die bose, hetsy satan of sy
werkers.

Dit is geweldige sensitiewe sake, selfs in die kerk. Ephesians 6:12 - "For
we wrestle not against flesh and blood, but against principalities, against
powers, against the rulers of the darkness of this world, against spiritual
wickedness in high places. "

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99131 is 'n antwoord op boodskap #99104] Wo, 06 Oktober 2004 09:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
@rogers.com wrote:
> "Basjan" skryf
>
> Geestelike werkings in sulke gelowe kom dus
>
>> vanuit 'n ander bron, nie Jesus Christus nie. Vandaar demoniese
>> entiteite...
>
>
> Ek kan amper nie glo wat jy hierbo sê nie. Jy
> verdoem dus met een vee alle ander gelowe.
> Of verstaan ek jou verkeerd?
> Kan ek jou ook daarop wys dat daar in
> selfs die Nuwe Testament van "demoniese
> entiteite" gepraat word - soos daardie wat
> in die varke ingejaag is op een plek.
>
> Gloudina
>
>

Gloudina, jou vraag is gelaai. Jy wil hê dat ons almal ooreen moet stem
dat alle gode reg is om te aanbid. Waarom is dit so moeilik om te glo
dat iemand nie saam met jou stem nie? Almal is wel vry om te glo wat
hulle wil maar om ons so met sulke slinkse kamptige "liberale"
snedighede te wil oortuig dat "we are all like just one happy family
like coming from like a big unfortunate galactic argument" is stront in
die eerste plek en lelik van jou om te wil staan en propageer.

Die beste waarop jy kan hoop is om een of ander onderling op te tel as
sleepsel by ooglopende plekke soos die Internasionale konvensie vir
utopia soekers...

Groete
Plato
Re: VSA debat [boodskap #99132 is 'n antwoord op boodskap #99107] Wo, 06 Oktober 2004 09:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Katryn wrote:

> Daar was 'n stadium in my lewe wat ek 'n ernstige "born again"
> Christen was en was baie aktief in die Sendingveld ook.

Um, klein regstelling.... Born Again is tipe van 'n permanente
gebeurtenis. Jy kan nie een oomblik "born again" wees en die volgende nie.

Die feit dat jy dit in aanhalings sit beteken seker dat dit vir jou een
moerse grap was. "So much" vir respek van geloof... Soos altyd... Kyk
wie preek!

Groete
Plato
Re: VSA debat [boodskap #99137 is 'n antwoord op boodskap #99124] Wo, 06 Oktober 2004 11:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

> Ek lees op die oomblik "Every man's battle", 'n boek oor seksuele reinheid.
> Dit is selfs verkeerd om die natgeswete drawwer agterna te staar, as mens
> pure rein wil wees.

Hokaai. As jy werklik glo dat jy alleen gered kan
word deur die genade van God, dan is hierdie
drastiese soort gepraat oor jou "rein" te hou deur
nie eens seksuele gedagtes te hê wanneer 'n natgeswete
drawwer by jou verbydraf, iets wat indruis teen jou
geloof dat God alles in almal is. Jy is deel van God.
So is die natgeswete drawwer. Jy behoort te glo
alles is deel van Gods plan.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99138 is 'n antwoord op boodskap #99124] Wo, 06 Oktober 2004 11:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

> My punt is dat daar NIKS is wat ek kan DOEN om gered te word nie. Nie goed
> lewe, nie elke Sondag kerk toe gaan of baie Bybel lees nie. Daar is slegs
> genade van die Here deur Sy Seun Jesus wat my in staat stel om te glo in Sy
> verslossing. Dit is wat my red. Ek word so te sê deur 'n rein spieel
> (Jesus) as rein beskou deur God. Dit is wat ek glo. En dit is hier waar
> die probleem met ander gelowe inkom.

Jy dink dat jy weet hoe ander gelowe "werk." Dis daarom
dat jy 'n "probleem met ander gelowe" het. Weet jy hoe
roerend die vajrasattva-visualisasie is, waar jy letterlik
vra dat jy skoongewas word. Weet jy hoe roerend die
tsok is, wat baie na is aan nagmaal.
En wanneer jy sê "ek word deur 'n rein spieël, Jesus,
as rein beskou deur God" dan is jy pure buddhis.
Die buddhis is alleen verskillend van jou in dat hy nie
van 'n God of Atman praat nie. Hy verklaar alleen
dat daar goddelikheid (buddha nature) in almal is,
en dat dit dit is wat hy probeer bykom deur die ego
oop te vlek vir wat dit is, 'n verwarring wat ons
weerhou van te besef dat ons almal "kinders van
God" (in Christelike terme) is..

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99139 is 'n antwoord op boodskap #99125] Wo, 06 Oktober 2004 12:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

> Katryn, ek het so bietjie nagedink en ek moet vir jou en die tannie om
> verskoning vra. Dit is sekerlik verkeerd om enige iemand met so iets boos
> te vergelyk, veral as jy nog daarin glo! Ek vra dus om verskoning dat ek
> saam gegrap het - dit is werklik vir my 'n ernstige saak.

Basjan, ek het dit by Plato gesien as liggewig
grapperasies van 'n man wat nie teveel te doen
gehad het nie. En jy het my mos nie vergelyk
met die duiwel nie. Maar ek het dit geniet toe
Katryn vir jou op die vingers getik het. What
is sauce for the goose is sauce for the gander.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99140 is 'n antwoord op boodskap #99137] Wo, 06 Oktober 2004 12:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:Q7edna5b1vi7Sv7cRVn-iw@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> Ek lees op die oomblik "Every man's battle", 'n boek oor seksuele
> reinheid.
>> Dit is selfs verkeerd om die natgeswete drawwer agterna te staar, as mens
>> pure rein wil wees.
>
> Hokaai. As jy werklik glo dat jy alleen gered kan
> word deur die genade van God, dan is hierdie
> drastiese soort gepraat oor jou "rein" te hou deur
> nie eens seksuele gedagtes te hê wanneer 'n natgeswete
> drawwer by jou verbydraf, iets wat indruis teen jou
> geloof dat God alles in almal is.

WAAR val tannie nou uit? Ek het nog nooit gesê God is alles in almal nie!
Ek vra dat tannie asseblief sal versigtig wees om een sin uit konteks te
haal en dit in tannie se interpretasie te verdraai. Ek het slegs gesê dat
mens alleen deur geloof in Christus gered word, dat werke daaruit vloei, dat
werke nie tot geloof of redding lei nie. Vandaar my stelling hierbo dat
daar te veel "klein" sondes is wat my andersins sou weghou van God, al het
ek my naaste so lief soos myself.

Ek kan nie elke keer my stellings herhaal omdat tannie dit omswaai heeltemal
buite konteks nie. Ek gesels graag progressief, maar die herhaaldelike
regstelling is glad nie konstruktief nie.

> Jy is deel van God.
> So is die natgeswete drawwer.

Dit is wat tannie glo, nie ek nie. God het my geskep, maar is 'n Wese buite
my. Ja, deur hom aan te neem in Christus "woon Hy in my", maar elke wese is
nie noodwendig deel van God nie. dit is nog steeds God wat in 'n geredde
mens leef, nie God wat Homself bewoon nie.

> Jy behoort te glo alles is deel van Gods plan.

Eerstens "behoort" ek nie sus of so nie. Ek glo wat ek glo. Tweedens, al
glo ek alles is deel van God se plan, beteken dit tog nie dat Hy wens ek
sondig nie. Ons word baie voor 'n keuse gebring, hoe jy kies is nog steeds
jou as mens se doen. Dit is juis een van die belangrike konsepte - God
dring Hom aan niemand op nie.

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99141 is 'n antwoord op boodskap #99138] Wo, 06 Oktober 2004 12:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:-q6dnavKfM0fRP7cRVn-rw@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> My punt is dat daar NIKS is wat ek kan DOEN om gered te word nie. Nie goed
>> lewe, nie elke Sondag kerk toe gaan of baie Bybel lees nie. Daar is
>> slegs
>> genade van die Here deur Sy Seun Jesus wat my in staat stel om te glo in Sy
>> verslossing. Dit is wat my red. Ek word so te sê deur 'n rein spieel
>> (Jesus) as rein beskou deur God. Dit is wat ek glo. En dit is hier waar
>> die probleem met ander gelowe inkom.
>
> Jy dink dat jy weet hoe ander gelowe "werk." Dis daarom
> dat jy 'n "probleem met ander gelowe" het. Weet jy hoe
> roerend die vajrasattva-visualisasie is, waar jy letterlik
> vra dat jy skoongewas word. Weet jy hoe roerend die
> tsok is, wat baie na is aan nagmaal.

Dit kan jou tone laat omkrul van roerendheid, as Jesus nie sentraal in jou
verslossing staan nie, glo ek dis nie in die kol nie! So eenvoudig soos
dit. Dit is hoekom ek geen probleem met al die verskillende denominasies
het nie, solank Jesus as Verslosser gepredik word, wat gee ek om as die een
lins kyk as hy bid en die ander regs?

> En wanneer jy sê "ek word deur 'n rein spieël, Jesus,
> as rein beskou deur God" dan is jy pure buddhis.

Absolute snert. Ek herhaal, vir die tiende keer: Ek sal glo ek is pure
buddhis as buddhiste glo dat Jesus alleen die Weg na verslossing is. Alleen
dan. Kan tannie dan nie verstaan nie? Ek gee nie om hoe baie "raakpunte"
daar is nie, hoe baie goeie werke daar is nie, hoe baie roerendheid daar is
nie, as Jesus nie die sentrale plek inneem nie, GLO ek nie daaraan nie.
Tannie is welkom om anders te voel, ek stel slegs wat ek glo. En as Jesus
vir my as die ABSOLUTE staan, dan maak geen raakpunt dat ek "soos" 'n ander
geloof is nie.

> Die buddhis is alleen verskillend van jou in dat hy nie
> van 'n God of Atman praat nie. Hy verklaar alleen
> dat daar goddelikheid (buddha nature) in almal is

PRESIES - hy verskil van my in die MEES kardinale punt, hy glo nie dat Jesus
God is en my verslossong bewerk nie. Daarom verskil hy absoluut van my.

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99142 is 'n antwoord op boodskap #99115] Wo, 06 Oktober 2004 12:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:-M2dnbXFYZz-h_7cRVn-uQ@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
> Ek besef natuurlik dat
>> enige bespreking oor streng Christenskap deur menige op die NG as eng en
>> kortsigtig beskou sal word. Maar ons is elk geregtig om te glo wat ons glo,
>> dan nie?
>
> Nee, dis net daar waar jy die fout maak. Ek respekteer
> enige gepraat oor "streng Christenskap." Ek is absoluut
> geinteresseerd as jy van die "wegraping" praat. Maar ek
> waardeer nie politiekery oor geestelike dinge nie. Jy
> maak jou nie teveel daaraan skuldig nie, maar hier en daar
> merk ek tog die neiging om 'n "pre-emptive strike" te
> maak, wat verhoed dat jy "aangeval" sal kan word,

Natuurlik - ek geniet dit as 'n gesprek vorder. As ek dan weet tannie gaan
my aanvat oor 'n punt omdat ek nie tyd het om die punt in die regte konteks
te plaas nie, kan ek mos die "gat toestop" (kontekstueel) as ek lus het.

> maar die deur vir jou oophou om self aan te val.
> Jy sal jou verbaas watter intense gesprekke daar
> in ons buddiste groep is, wanneer ons skielik besef
> dat daar gepraat word oor dieselfde ding wat
> mens in die Christelike denke kry, en waarvan jy
> nog nooit die diepte van besef het nie. Jy sal jou
> verbaas hoe baie "oefeninge" daar is in Buddhisme
> om te "oefen" hoe om jou naaste lief te hê. Want
> om jou naaste lief te hê, werklik lief te hê, is een
> van die moeilikste dinge in die wêreld. En dis
> dáárom dat Christus so 'n doring in die vlees is.

Onjuis, Christus is 'n doring in die vlees omdat Hy nie in werke tot
redding gepredik het nie, maar werke wat uit geloof in Hom vloei. Weereens,
ons praat bymekaar verby. Tannie gooi aanhoudend werke voor my deur, terwyl
ek nie deur dit beindruk word nie. Slegs geloof in Jesus is vir my
kardinaal, my goeie werke en liefde vloei daaruit, NIE andersom NIE.

Ek kan almal liefhê met die mooiste hart, ek kan nooit vloek, skel, of kwaad
word nie. Ek kan "oefen" tot ek blou is in die gesig om almal lief te hê.
Maar ek hoef maar net eenkeer iets te begeer, dan sondig ek. DUS, ek kan
nie volmaaktheid bereik nie. Ek kan dit slegs kry deur Jesus, as volmaakte
God wat mens geword het, aan te neem en so verlossing en reinheid te verkry.
Dit, in kort, is wat ek glo.

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99143 is 'n antwoord op boodskap #99126] Wo, 06 Oktober 2004 12:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

Dus, al stem ek onbetwyfeld saam met
> "liefhê soos jou self", is die kruks van Jesus se lering nie die
> Bergpredikasie nie, maar wel redding deur geloof in Hom. Ek dink dit is
> hier waar ons verskil. Tannie sluit Sy sterfte aan die kruis uit as deel
> van die geheel en vergelyk gereeld Jesus se lering met die van Buddhisme.
> Vir my is Sy lering 'n "hoe nou gemaak" nadat ek die eintlike doel
> raakgesien het: Sy redding van mense deur Sy sterfte aan aan die kruis.

Hoe weet jy dat ek Jesus se sterfte aan die kruis
"uitsluit." Wanneer in Christelike terme gepraat
word, is die bereidheid om te sterf aan die kruis
een van die fondamente van jou geloof. Maar ek
glo dat engdenkende Christene te maklik net dink
dat die historiese Christus se historiese sterfte
aan die kruis, die enigste manier is om te "glo."
Dan sluit hulle ander gelowe se manier van in
dieselfde ding glo uit, en dan begin die Christene
se nou veroordeling van ander se maniere van
glo, iets word wat naby aan politiekery is.
Ek verkies dan liewer 'n buddhis wat
buddha nature en Christ nature vergelyk. Want
dit maak meer sin vir my. Dit beteken iets prakties.
Dit is iets waarmee ek kan werk.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99144 is 'n antwoord op boodskap #99127] Wo, 06 Oktober 2004 12:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

> My geloof vereis dat ek eers glo dat Jesus die weg na God is, dat Hy my
> gered het aan die kruis. "Dade" vloei uit geloof en nie andersom nie.

En die kruks van die saak hier is natuurlik die
woord "geloof." Want jy argumenteer dat dit
die geloof is wat jou red. Iemand anders, wat
weet dat Christus aan die kruis gesterf het, maar
nie glo nie, word nie gered nie. Nie waar nie?
Dus is dit die geloof wat red. Met ander woorde,
in ander gelowe, is dit ook hulle geloof "wat red."
Dus redding, en wat redding is, is die hoofsaak.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99145 is 'n antwoord op boodskap #99128] Wo, 06 Oktober 2004 12:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

> For we are God's workmanship, created in Christ Jesus to do good works,
> which God prepared in advance for us to do " (Eph. 2:8,9).

En is dit nou nie wonderlik wat hier vir die Christen
uitgespel word nie. Ons is "God's workmanship"
en ons is "created TO DO GOOD WORKS. " So
hierdie gepraat oor dat dit nie nodig is om goeie
werke te doen as jy 'n Christen is nie, want jy is
"alreeds gered deur die bloed van Christus" is
ook bietjie politiek. Daar word juis gesê dat
"God prepared (good works) IN ADVANCE
for us." Dus beteken dit dat die bybel hier sê
"good works" is 'n gepredetermineerde manier
om die wil van God te doen. Baie Christelike
faksies preek teen hierdie idee dat goeie werke
deel is van die saligmakingsproses. Vir hulle is
geloof alles. Maar hier sien ons, uit die bybel,
die teendeel verkondig.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99146 is 'n antwoord op boodskap #99143] Wo, 06 Oktober 2004 12:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:asWdnYJGJ72Rev7cRVn-ig@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
> Dus, al stem ek onbetwyfeld saam met
>> "liefhê soos jou self", is die kruks van Jesus se lering nie die
>> Bergpredikasie nie, maar wel redding deur geloof in Hom. Ek dink dit is
>> hier waar ons verskil. Tannie sluit Sy sterfte aan die kruis uit as deel
>> van die geheel en vergelyk gereeld Jesus se lering met die van Buddhisme.
>> Vir my is Sy lering 'n "hoe nou gemaak" nadat ek die eintlike doel
>> raakgesien het: Sy redding van mense deur Sy sterfte aan aan die kruis.
>
> Hoe weet jy dat ek Jesus se sterfte aan die kruis
> "uitsluit." Wanneer in Christelike terme gepraat
> word, is die bereidheid om te sterf aan die kruis
> een van die fondamente van jou geloof. Maar ek
> glo dat engdenkende Christene te maklik net dink
> dat die historiese Christus se historiese sterfte
> aan die kruis, die enigste manier is om te "glo."

En as dit is wat Christene glo? Dit is mos presies wat dit is, geloof. Ja,
mens kan meer abstrak redeneer en sê dat Jesus vandag vir iemand gesterf het
wat Hom aanneem, maar dit bly staan dat Hy eenkeer aarde toe gekom het in
die vlees en eenkeer ons sondes oop Hom geneem het. En ja, dit is
fundamenteel in die Christelike geloof.

> Dan sluit hulle ander gelowe se manier van in
> dieselfde ding glo uit, en dan begin die Christene
> se nou veroordeling van ander se maniere van
> glo, iets word wat naby aan politiekery is.

Geen politiekery nie, slegs geloof. Ek veroordeel nie ander nie, ek stem
bloot nie saam nie. Veroordeling is nie my keuse of voorreg nie. As jy my
vra of Jesus die enigste weg is moet ek tog geloofs-oortuigend antwoord. As
jy nie Jesus wil aanneem nie, is dit jou saak en bly dit tussen jou en God.

> Ek verkies dan liewer 'n buddhis wat
> buddha nature en Christ nature vergelyk. Want
> dit maak meer sin vir my. Dit beteken iets prakties.

Ek lei juis aan die tipe stelling af dat tannie Christus se sterwe aan die
kruis uitsluit. Die "nature" is slegs 'n plan hoe om te lewe na redding
deur Christus. En dit is waar die twee verskil. Met die een kan jy jou
natuur oefen om beter te word, met die ander kan jy slegs deur genade van en
geloof in Christus op die punt kom vanwaar jy jou werke kan oefen. As
geloof prakties was, was almal seker ateiste. Dis tog prakties makliker: Ek
hoef slegs uit ordentlikheid "goed" te wees.

> Dit is iets waarmee ek kan werk.

Ek aanvaar tannie se stelling, maar wonder net: Kan tannie slegs in dit
"glo" waarmee tannie kan werk? M.a.w., moet tannie se god inpas by tannie
se begrip- en hanteringsvermoëns?

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99147 is 'n antwoord op boodskap #99129] Wo, 06 Oktober 2004 13:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

'n Beter stelling sou gewees het: As jy Jesus verwerp
> het. Met ken het ek dus bedoel dat iemand wel van Hom gehoor het.

Nou kom ons dan by die saak : hoe "verwerp" jy vir
Christus? Moet jy eers van hom as historiese Christus
hoor voordat jy hom kan verwerp?
En dan kom ons by die sakie: dit lyk al te veel asof
meeste nie-denkende Christene almal wat nog nie
van die historiese Christus gehoor het nie, insluit by
die term "heidene" wat verdoem is tot die vaevuur
tot tyd en wyl die Christene van die wêreld hulle kan
bykom en vir hulle die boodskap van saligheid
predik.
Vir my altans is dit baie meer prakties en geloofbaar
om aan te neem dat die "leer van die liefde" in enige
geloof saligmakend is. Om hierdie "leer van die
liefde" te verwerp in die Gobi woestyn, sal sekerlik
die siel beskadig en laat verlore gaan. What is sauce
for the goose in Brussels will then be sauce for the
gander in the Gobi desert.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99148 is 'n antwoord op boodskap #99144] Wo, 06 Oktober 2004 13:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:tJ6dncjwPqmQdf7cRVn-rg@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> My geloof vereis dat ek eers glo dat Jesus die weg na God is, dat Hy my
>> gered het aan die kruis. "Dade" vloei uit geloof en nie andersom nie.
>
> En die kruks van die saak hier is natuurlik die
> woord "geloof." Want jy argumenteer dat dit
> die geloof is wat jou red. Iemand anders, wat
> weet dat Christus aan die kruis gesterf het, maar
> nie glo nie, word nie gered nie. Nie waar nie?
> Dus is dit die geloof wat red. Met ander woorde,
> in ander gelowe, is dit ook hulle geloof "wat red."
> Dus redding, en wat redding is, is die hoofsaak.

Die argument hierbo het geen logiese vloei nie. Ek stel dit dat Jesus my
vertekpunt is. Dat geloof in Jesus en Sy genade my basis is. Tannie sê:
"Dus is dit die geloof wat red." So geloof in satan sal my ook red? NEE

Ek kan glo tot ek blou is in die gesig dat die aarde plat is. Maak dit die
aarde plat?

Geloof is die voertuig na die doel. Dit is waarin jy glo wat kardinaal is.
Die aarde is nie plat nie, al glo ek dit. Werke en geloof in werke is dood.
Geloof in Jesus en werke wat daaruit vloei, dit is wat tot lewe lei in my
geloofsiening.

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99149 is 'n antwoord op boodskap #99145] Wo, 06 Oktober 2004 13:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:vOudnbpA7MZ_dP7cRVn-hA@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> For we are God's workmanship, created in Christ Jesus to do good works,
>> which God prepared in advance for us to do " (Eph. 2:8,9).
>
> En is dit nou nie wonderlik wat hier vir die Christen
> uitgespel word nie. Ons is "God's workmanship"
> en ons is "created TO DO GOOD WORKS. " So
> hierdie gepraat oor dat dit nie nodig is om goeie
> werke te doen as jy 'n Christen is nie, want jy is
> "alreeds gered deur die bloed van Christus" is
> ook bietjie politiek. Daar word juis gesê dat
> "God prepared (good works) IN ADVANCE
> for us."

Tannie betree 'n baie fyn lyn. Hoe kan tannie aanhou om sinne (in die geval
'n vers) uit konteks aan te haal? Tannie is besig om van onkunde na aspris,
na verdraaiing te beweeg.

Die hele vers sê: "For it is by grace you have been saved, through
faith--and this not from youselves, it is the gift of God--not by works, so
that no one can boast.
For we are God's workmanship, created in Christ Jesus to do good works,
which God prepared in advance for us to do " (Eph. 2:8,9).

Wat meer kan ek sê oor "...NOT BY WORKS....".

> Dus beteken dit dat die bybel hier sê
> "good works" is 'n gepredetermineerde manier
> om die wil van God te doen.

Natuurlik wil God hê ons moet goed doen en Sy wil doen. Hy sê dit
herhaaldelik in die Bybel. Maar ons is nie in staat om Sy maatstaf van
perfektheid te bereik nie. Ons moet glo, gered word en SLEGS dan is ons
goeie werke 'n produk van ons verlossing.

> Baie Christelike
> faksies preek teen hierdie idee dat goeie werke
> deel is van die saligmakingsproses. Vir hulle is
> geloof alles. Maar hier sien ons, uit die bybel,
> die teendeel verkondig.

Geloof is kardinaal, maar die Bybel sê ook dat geloof sonder werke dood is.
Maar ook dat werke jou nie kan red nie. Die een moet voor die ander kom,
maar hulle is nie uitsluitend nie.

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99150 is 'n antwoord op boodskap #99147] Wo, 06 Oktober 2004 13:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:9OidnYy9S8cydv7cRVn-jw@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
> 'n Beter stelling sou gewees het: As jy Jesus verwerp
>> het. Met ken het ek dus bedoel dat iemand wel van Hom gehoor het.
>
> Nou kom ons dan by die saak : hoe "verwerp" jy vir
> Christus? Moet jy eers van hom as historiese Christus
> hoor voordat jy hom kan verwerp?

Ek glo dat jy slegs Christus kan verwerp as jy weet wie jy is ('n sondaar),
wat jy gedoen het (gesondig), wat Hy is (heilig en volmaak), wat Hy gedoen
het (vir jou gesterf het om jou van sonde te verlos), wat jy moet doen om
Hom aan te neem (glo in Sy verlossing en aanbid hom as Here).

Dit is die geloofskern. Histories het Jesus gelewe, maar tot jy nie vertel
is HOEKOM Hy gelewe het nie, kan jy Hom mos nie verwerp nie. Dit is tog
logies.

> En dan kom ons by die sakie: dit lyk al te veel asof
> meeste nie-denkende Christene almal wat nog nie
> van die historiese Christus gehoor het nie, insluit by
> die term "heidene" wat verdoem is tot die vaevuur
> tot tyd en wyl die Christene van die wêreld hulle kan
> bykom en vir hulle die boodskap van saligheid
> predik.

Ek stem, dit is nie net kortsigtig nie, ek glo dat ek ook geen reg het om
iemand tot die "vaevuur" te verdoem nie. Maar as jy wel weet wat Jesus vir
jou gedoen het (en nie net dat Hy wel gelewe het nie), dan moet jy die Bybel
lees om verder te verstaan. Ek as mens kan jou sekerlik nog steeds nie
verdoem nie, ek kan jou slegs vertel wat die Bybel sê.

> Vir my altans is dit baie meer prakties en geloofbaar
> om aan te neem dat die "leer van die liefde" in enige
> geloof saligmakend is. Om hierdie "leer van die
> liefde" te verwerp in die Gobi woestyn, sal sekerlik
> die siel beskadig en laat verlore gaan. What is sauce
> for the goose in Brussels will then be sauce for the
> gander in the Gobi desert.

Tannie kan regtig maar so glo. Ek verstaan ook dat dit 'n meer wêrelds
"aanvaarbare" siening is. Maar die "leer van liefde" bly werke en dit is
dan waar ons verskil. Werke kan my nie red nie, slegs my geloof in Jesus en
Sy vergifnis van my sondes. Ek probeer nie gematigd of aanvaarbaar vir
almal te wees nie, daar is nie tyd of plek in my kort lewe daarvoor nie.

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99151 is 'n antwoord op boodskap #99130] Wo, 06 Oktober 2004 13:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

> Ek glo dat demone satan se werkers is. Bose geeste wat ons as mense op
> aarde probeer beinvloed Dit
> is alles dinge wat ek glo gedryf word deur die bose, hetsy satan of sy
> werkers.

Selfs toe ek nog uit enkel Christelike referensie-
raamwerk gedink het, was hierdie gepraat oor
"Satan" en "demone" vir my iets wat teveel gesmaak
het na 'n hierargie van God en Duiwel, en 'n geneig
na Manicheisme ( ek hoop ek spel dit reg en het die
regte begrip beet) en daardie ou Persiese gelowe,
waar die wereld 'n geveg is tussen God en Duiwel.
Dit is daarom vir my baie meer aanneemlik om binne
die buddhistiese raamwerk te dink aan al hierdie
sogenaamde demone as maar deel van dit wat die
brein opgooi en wat teengewerk kan word deur
die regte mindcontrol uit te oefen. Die Tibetaanse
tantriese Buddhisme ( wat eintlik 'n hibriede is van
die radikale filosofie van Shakamuni Buddha, en
die herabsorbering van yogas uit die Hindoe-
agtergrond waaruit Buddhisme gebore is) glo
in demone, maar net soos die sogenaamde
"deities" ( 'n baie slegte Engelse vertaling van
iets wat omtrent moet heet "aspects of the
godhead" of soiets) is alles fabrikasies van die
brein en hulle glo dat jou brein skoongepoel kan
word van al hierdie dinge.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99155 is 'n antwoord op boodskap #99151] Wo, 06 Oktober 2004 13:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:AsedncCqMMeja_7cRVn-qA@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> Ek glo dat demone satan se werkers is. Bose geeste wat ons as mense op
>> aarde probeer beinvloed Dit
>> is alles dinge wat ek glo gedryf word deur die bose, hetsy satan of sy
>> werkers.
>
> Selfs toe ek nog uit enkel Christelike referensie-
> raamwerk gedink het, was hierdie gepraat oor
> "Satan" en "demone" vir my iets wat teveel gesmaak
> het na 'n hierargie van God en Duiwel, en 'n geneig
> na Manicheisme ( ek hoop ek spel dit reg en het die
> regte begrip beet) en daardie ou Persiese gelowe,
> waar die wereld 'n geveg is tussen God en Duiwel.
> Dit is daarom vir my baie meer aanneemlik om binne
> die buddhistiese raamwerk te dink aan al hierdie
> sogenaamde demone as maar deel van dit wat die
> brein opgooi en wat teengewerk kan word deur
> die regte mindcontrol uit te oefen.

Ek wens ek kon dit so vereenvoudig! Glo my, demone is ook dinge wat ek
liewers wil laat staan, al is ek in Christus nie bang vir hulle nie. Het
iemand nie gesê: Die duiwel se grootste truuk was om mense te oortuig dat hy
nie bestaan nie? Of so iets dergliks. Ek kom agter (en ek bedoel dit nie
neerhalend nie) dat tannie godsdiens wil kan verklaar voor tannie dit
aanvaar. Daar is niks daarmee verkeerd nie, maar mens loop natuurlik die
gevaar om slegs te glo in dit wat jy kan verklaar en dus iets wat veel
groter en onverstaanbaar is, heeltemal te mis.

> Die Tibetaanse
> tantriese Buddhisme ( wat eintlik 'n hibriede is van
> die radikale filosofie van Shakamuni Buddha, en
> die herabsorbering van yogas uit die Hindoe-
> agtergrond waaruit Buddhisme gebore is) glo
> in demone, maar net soos die sogenaamde
> "deities" ( 'n baie slegte Engelse vertaling van
> iets wat omtrent moet heet "aspects of the
> godhead" of soiets) is alles fabrikasies van die
> brein en hulle glo dat jou brein skoongepoel kan
> word van al hierdie dinge.

Selfs in terme van die praktyk, het ek het al te veel "interessante"
weergawes gehoor om demone af te maak as versinsels. Een sendeling wat
onder SA se Indiërgemeenskap gewerk het, het vertel hoe 'n tingerige
vroutjie hom in die vreeslikste diep mansstem aangespreek het, opgetel het
en regoor die vertrek geslinger het. Ek weet hier is baie wat sal grinnik
oor so storie, maar wat sê jy vir so iemand wat niks het om te wen of te
verloor voor 'n groep gelowiges nie? Ek wens regtig dat demone 'n
wegredeneerbare versinsel is, maar ek het al te veel gehoor, gesien en
uitgevind. hulle bestaan wel.

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99156 is 'n antwoord op boodskap #99151] Wo, 06 Oktober 2004 13:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:AsedncCqMMeja_7cRVn-qA@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> Ek glo dat demone satan se werkers is. Bose geeste wat ons as mense op
>> aarde probeer beinvloed Dit
>> is alles dinge wat ek glo gedryf word deur die bose, hetsy satan of sy
>> werkers.
>
> Selfs toe ek nog uit enkel Christelike referensie-
> raamwerk gedink het, was hierdie gepraat oor
> "Satan" en "demone" vir my iets wat teveel gesmaak
> het na 'n hierargie van God en Duiwel, en 'n geneig
> na Manicheisme ( ek hoop ek spel dit reg en het die
> regte begrip beet) en daardie ou Persiese gelowe,
> waar die wereld 'n geveg is tussen God en Duiwel.
> Dit is daarom vir my baie meer aanneemlik om binne
> die buddhistiese raamwerk te dink aan al hierdie
> sogenaamde demone as maar deel van dit wat die
> brein opgooi en wat teengewerk kan word deur
> die regte mindcontrol uit te oefen.

Ek wens ek kon dit so vereenvoudig! Glo my, demone is ook dinge wat ek
liewers wil laat staan, al is ek in Christus nie bang vir hulle nie. Het
iemand nie gesê: Die duiwel se grootste truuk was om mense te oortuig dat hy
nie bestaan nie? Of so iets dergliks. Ek kom agter (en ek bedoel dit nie
neerhalend nie) dat tannie godsdiens wil kan verklaar voor tannie dit
aanvaar. Daar is niks daarmee verkeerd nie, maar mens loop natuurlik die
gevaar om slegs te glo in dit wat jy kan verklaar en dus iets wat veel
groter en onverstaanbaar is, heeltemal te mis.

> Die Tibetaanse
> tantriese Buddhisme ( wat eintlik 'n hibriede is van
> die radikale filosofie van Shakamuni Buddha, en
> die herabsorbering van yogas uit die Hindoe-
> agtergrond waaruit Buddhisme gebore is) glo
> in demone, maar net soos die sogenaamde
> "deities" ( 'n baie slegte Engelse vertaling van
> iets wat omtrent moet heet "aspects of the
> godhead" of soiets) is alles fabrikasies van die
> brein en hulle glo dat jou brein skoongepoel kan
> word van al hierdie dinge.

Selfs in terme van die praktyk, het ek het al te veel "interessante"
weergawes gehoor om demone af te maak as versinsels. Een sendeling wat
onder SA se Indiërgemeenskap gewerk het, het vertel hoe 'n tingerige
vroutjie hom in die vreeslikste diep mansstem aangespreek het, opgetel het
en regoor die vertrek geslinger het. Ek weet hier is baie wat sal grinnik
oor so storie, maar wat sê jy vir so iemand wat niks het om te wen of te
verloor voor 'n groep gelowiges nie? Ek wens regtig dat demone 'n
wegredeneerbare versinsel is, maar ek het al te veel gehoor, gesien en
uitgevind. hulle bestaan wel.

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99157 is 'n antwoord op boodskap #99140] Wo, 06 Oktober 2004 14:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

Dit is juis een van die belangrike konsepte - God
> dring Hom aan niemand op nie.

Hier verskil ons weer drasties van mekaar. Selfs toe
ek nog enkel binne Christelike raamwerk gedink het,
sou ek nie kon sê "God dwing... hom nie aan iemand
op" nie. Met hierdie soort redenering gee jy aan
jou menslike vleeslike persoon 'n outoriteit en 'n
krag wat ek nie kan aanneem is dit wat die leer
van die Nuwe Testament verkondig nie. Daar is
duidelik baie strominge binne die Christelike
geloofsbedrywing in die Weste. Die stroming
waarin jy is, isoleer God as iets buite jou, en
mens kan amper sê, jy glo nie dat jy in die
beeld van God geskape is nie.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99158 is 'n antwoord op boodskap #99151] Wo, 06 Oktober 2004 14:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf:

> "Basjan" skryf
>
>> Ek glo dat demone satan se werkers is. Bose geeste wat ons as mense op
>> aarde probeer beinvloed

> Gloudina:
> Selfs toe ek nog uit enkel Christelike referensie-
> raamwerk gedink het, was hierdie gepraat oor
> "Satan" en "demone" vir my iets wat teveel gesmaak
> het na 'n hierargie van God en Duiwel, en 'n geneig
> na Manicheisme ( ek hoop ek spel dit reg en het die
> regte begrip beet) en daardie ou Persiese gelowe,

Ek dink dit is Manichaeisme. Terloops, St Augustine was 'n Manichee
voor hy "convert" het na Christianity. Interessant genoeg was die
Christelike konsep van die sondeval en die konsep van "sonde"
absoluut onaanvaarbaar vir die Manichees. Elkgeval, dit is 'n heel
ander bespreking. Wou eintlik net help met die spelling.

> Die Tibetaanse
> tantriese Buddhisme ( wat eintlik 'n hibriede is van
> die radikale filosofie van Shakamuni Buddha, en
> die herabsorbering van yogas uit die Hindoe-
> agtergrond waaruit Buddhisme gebore is) glo
> in demone, maar net soos die sogenaamde
> "deities" ( 'n baie slegte Engelse vertaling van
> iets wat omtrent moet heet "aspects of the
> godhead" of soiets) is alles fabrikasies van die
> brein en hulle glo dat jou brein skoongepoel kan
> word van al hierdie dinge.

Interessant. Dit pas dan ook min of meer by my siening as ongelowige
dat al die dinge maar net maaksels van mens se brein is. Soos gesien
kan word in die navorsing van neurowetenskaplikes en ander soos
Persinger (wat baanbrekerswerk op die veld gedoen het), asook mense
soos Newberg wat agter gekom het dat sekere dele van die brein reageer
anders as ander dele gedurende meditasie en religieuse ondervinding
ens.
Matthew Alper, wat "The God Part of the Brain" geskryf het, het ook
baie verduidelikings hieroor in sy boek. Was baie interessant om te
lees.
Vir diegene wat op die New Scientist ingeteken is, daar is 'n
interessante oorsigsartikel op bl.110 wat handel oor die die boek "The
God Gene. How Faith is Hardwired in your Genes".
Dit gaan hoofsaaklik oor die werk van Cloninger en die VMAT2 geen wat
hy die "God gene" noem.
Elkgeval...
Re: VSA debat [boodskap #99159 is 'n antwoord op boodskap #99141] Wo, 06 Oktober 2004 14:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

> Absolute snert. Ek herhaal, vir die tiende keer: Ek sal glo ek is pure
> buddhis as buddhiste glo dat Jesus alleen die Weg na verslossing is.

En as ek vir jou vertel dat die buddhis wel glo dat Jesus
die weg tot verlossing is, omdat hy bereid was om te sterf
vir sy naaste en die leer van die liefde gepredik het, watter
been het jy dan om op te staan?
Ek wil jou weer daarop wys dat jy reg is om te glo dat
geloof in Christus jou sal red. Maar as daardie geloof
in Christus saamgaan met 'n veroordeling van ander
mense se manier van doen en dink, net omdat hulle nie
die woord "Christus" gebruik nie, dan begin ek wonder
of jy weet wat "geloof in Christus" eintlik beteken.
Ek stel voor dat jy diep peins oor wat "geloof in
Christus" werklik beteken.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99160 is 'n antwoord op boodskap #99142] Wo, 06 Oktober 2004 14:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

> Maar ek hoef maar net eenkeer iets te begeer, dan sondig ek. DUS, ek kan
> nie volmaaktheid bereik nie. Ek kan dit slegs kry deur Jesus, as volmaakte
> God wat mens geword het, aan te neem en so verlossing en reinheid te verkry.
> Dit, in kort, is wat ek glo.

En daar is niks verkeerd met wat jy hier glo
nie. Maar dit is wanneer jy begin verklaar
dat alleen mense wat van "Christus" gehoor
het hierdie soort reddende genade kan
ondervind, dat jy begin politiek maak van
iets wat eintlik bo politiek behoort te wees.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99161 is 'n antwoord op boodskap #99146] Wo, 06 Oktober 2004 14:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan"
skryf

maar dit bly staan dat Hy eenkeer aarde toe gekom het in
> die vlees en eenkeer ons sondes oop Hom geneem het. En ja, dit is
> fundamenteel in die Christelike geloof.

Dus het hy gesterf vir die man in Brussels en vir die
man in die Gobi woestyn. As jy dit nie glo nie, dan
is jy besig om kettery te verkondig.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99162 is 'n antwoord op boodskap #99148] Wo, 06 Oktober 2004 14:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan"skryf

Ek stel dit dat Jesus my
> vertekpunt is. Dat geloof in Jesus en Sy genade my basis is.

Maar wat jy eintlik sê is dat die historiese Jesus jou
vertekpunt is. En dat dit die man in die Gobi woestyn
onmiddellik verdoem is tot die duisternis, omdat hy geen
kans het om te hoor van Christus nie. ( Ek wil jou
daaraan herinner dat Sakyamuni Buddha vyfhonderd
jaar voor Christus geleef het.) En dat jy nie wil hoor
dat daar ander prosesse is in ander "gelowe" en in
ander historiese kontekse, waar dieselfde proses van
"geloof in genade" gevolg word, maar net nie dieselfde
woorde gebesig word nie.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99163 is 'n antwoord op boodskap #99149] Wo, 06 Oktober 2004 14:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

>> Geloof is kardinaal, maar die Bybel sê ook dat geloof sonder werke dood
is.
> Maar ook dat werke jou nie kan red nie. Die een moet voor die ander kom,
> maar hulle is nie uitsluitend nie.

Aha, hier kom ons uit by Swedenborg se praat
oor Kain en Abel. ( Swedenborg was 'n belangike
Christen teoloog, wat William Blake beinvloed het.
Daar is vandag nog 'n Swedenborg Society. Helen
Keller was 'n Swedenborgian.)

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99164 is 'n antwoord op boodskap #99157] Wo, 06 Oktober 2004 14:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:doSdnXQvfPqoZ_7cRVn-ig@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
> Dit is juis een van die belangrike konsepte - God
>> dring Hom aan niemand op nie.
>
> Hier verskil ons weer drasties van mekaar. Selfs toe
> ek nog enkel binne Christelike raamwerk gedink het,
> sou ek nie kon sê "God dwing... hom nie aan iemand
> op" nie. Met hierdie soort redenering gee jy aan
> jou menslike vleeslike persoon 'n outoriteit en 'n
> krag wat ek nie kan aanneem is dit wat die leer
> van die Nuwe Testament verkondig nie.

Revelation 3:20
Behold, I stand at the door and knock; if anyone hears and listens to and
heeds My voice and opens the door, I will come in to him and will eat with
him, and he [will eat] with Me.

> Daar is
> duidelik baie strominge binne die Christelike
> geloofsbedrywing in die Weste. Die stroming
> waarin jy is, isoleer God as iets buite jou, en
> mens kan amper sê, jy glo nie dat jy in die
> beeld van God geskape is nie.

Versigtig met die aannames. Natuurlik glo ek dat na God se beeld geskape
is. Dit staan geskryf in soveel woorde.

Wat God buite my betref - ek glo Hy is buite jou, totdat jy Hom aanneem as
Verlosser. Dit is dan wat die Here "jou hart sy woning maak". Dan is ek
inderdaad 'n woning van God, soos baie tekste ook sê. Die Heilige Gees is
die Persoon wat mense vul en lei, volgens die standaard Christelike geloof.

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99165 is 'n antwoord op boodskap #99150] Wo, 06 Oktober 2004 14:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

> Ek glo dat jy slegs Christus kan verwerp as jy weet wie jy is ('n sondaar),
> wat jy gedoen het (gesondig), wat Hy is (heilig en volmaak), wat Hy gedoen
> het (vir jou gesterf het om jou van sonde te verlos), wat jy moet doen om
> Hom aan te neem (glo in Sy verlossing en aanbid hom as Here).
>
> Dit is die geloofskern. Histories het Jesus gelewe, maar tot jy nie vertel
> is HOEKOM Hy gelewe het nie, kan jy Hom mos nie verwerp nie. Dit is tog
> logies.

So hoe affekteer dit die man in die Gobi
woestyn?

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99166 is 'n antwoord op boodskap #99150] Wo, 06 Oktober 2004 14:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

Maar die "leer van liefde" bly werke en dit is
> dan waar ons verskil. Werke kan my nie red nie, slegs my geloof in Jesus en
> Sy vergifnis van my sondes.

Maar dit is jy wat Buddhisme wil takseer as alleen
'n "leer van liefde." Dis waar jy die fout maak.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99167 is 'n antwoord op boodskap #99159] Wo, 06 Oktober 2004 14:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:VdydnQ_jR8GvYf7cRVn-hA@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> Absolute snert. Ek herhaal, vir die tiende keer: Ek sal glo ek is pure
>> buddhis as buddhiste glo dat Jesus alleen die Weg na verslossing is.
>
> En as ek vir jou vertel dat die buddhis wel glo dat Jesus
> die weg tot verlossing is, omdat hy bereid was om te sterf
> vir sy naaste en die leer van die liefde gepredik het, watter
> been het jy dan om op te staan?

Glo die buddhis dat Jesus die enigste weg is omdat Hy God en mens was,
volmaak was en geen ander mens Jesus se verslossing kon vervolmaak het nie?
My vraag is dus: Glo 'n buddhis dat enige persoon wat vir sy naaste sterf
"'n verlosser" is, of is Godheid, mensheid en volmaaktheid drie kenmerke van
die Verlosser?

As buddhiste glo dat Jesus die enigste Verlosser is a.g.v. o.a. die drie
eienskappe, dan kan ons praat.

> Ek wil jou weer daarop wys dat jy reg is om te glo dat
> geloof in Christus jou sal red. Maar as daardie geloof
> in Christus saamgaan met 'n veroordeling van ander
> mense se manier van doen en dink, net omdat hulle nie
> die woord "Christus" gebruik nie, dan begin ek wonder
> of jy weet wat "geloof in Christus" eintlik beteken.

Ek herhaal, ek veroordeel NIEMAND nie. Maar ek glo wel dat Jesus Christus
kardinaal/kern/absoluut is. Iets "soos Jesus" is nie Jesus nie. As iemand
Jesus iets anders noem maar dit kom op presies dieselfde Godheid-mens neer,
dan praat ons mos van dieselfde persoon, vir my genoem Jesus. Maar ek
beaam, dan praat ons van PRESIES dieselfde persoon. As maar tannie sê dat
"iets" soos Jesus kan wees in 'n ander geloof en ook gelyke effek het,
byvoorbeeld 'n beeld of mens, dan stem ek glad nie saam nie. Daar is net
een Jesus.

> net omdat hulle nie
> die woord "Christus" gebruik nie, dan begin ek wonder
> of jy weet wat "geloof in Christus" eintlik beteken.

Dit lyk vir my dit beteken definitief iets anders vir my as vir tannie. Vir
my beteken dit "geloof in Christus", vir tannie dalk "geloof in iets"?

> Ek stel voor dat jy diep peins oor wat "geloof in
> Christus" werklik beteken.

En ek stel voor dat tannie diep peins wat geloof in iets anders as Christus
beteken. Iets anders wat tannie kan verklaar of gemakliker kan aanvaar.

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99168 is 'n antwoord op boodskap #99159] Wo, 06 Oktober 2004 14:48 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:VdydnQ_jR8GvYf7cRVn-hA@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> Absolute snert. Ek herhaal, vir die tiende keer: Ek sal glo ek is pure
>> buddhis as buddhiste glo dat Jesus alleen die Weg na verslossing is.
>
> En as ek vir jou vertel dat die buddhis wel glo dat Jesus
> die weg tot verlossing is, omdat hy bereid was om te sterf
> vir sy naaste en die leer van die liefde gepredik het, watter
> been het jy dan om op te staan?

Glo die buddhis dat Jesus die enigste weg is omdat Hy God en mens was,
volmaak was en geen ander mens Jesus se verslossing kon vervolmaak het nie?
My vraag is dus: Glo 'n buddhis dat enige persoon wat vir sy naaste sterf
"'n verlosser" is, of is Godheid, mensheid en volmaaktheid drie kenmerke van
die Verlosser?

As buddhiste glo dat Jesus die enigste Verlosser is a.g.v. o.a. die drie
eienskappe, dan kan ons praat.

> Ek wil jou weer daarop wys dat jy reg is om te glo dat
> geloof in Christus jou sal red. Maar as daardie geloof
> in Christus saamgaan met 'n veroordeling van ander
> mense se manier van doen en dink, net omdat hulle nie
> die woord "Christus" gebruik nie, dan begin ek wonder
> of jy weet wat "geloof in Christus" eintlik beteken.

Ek herhaal, ek veroordeel NIEMAND nie. Maar ek glo wel dat Jesus Christus
kardinaal/kern/absoluut is. Iets "soos Jesus" is nie Jesus nie. As iemand
Jesus iets anders noem maar dit kom op presies dieselfde Godheid-mens neer,
dan praat ons mos van dieselfde persoon, vir my genoem Jesus. Maar ek
beaam, dan praat ons van PRESIES dieselfde persoon. As maar tannie sê dat
"iets" soos Jesus kan wees in 'n ander geloof en ook gelyke effek het,
byvoorbeeld 'n beeld of mens, dan stem ek glad nie saam nie. Daar is net
een Jesus.

> net omdat hulle nie
> die woord "Christus" gebruik nie, dan begin ek wonder
> of jy weet wat "geloof in Christus" eintlik beteken.

Dit lyk vir my dit beteken definitief iets anders vir my as vir tannie. Vir
my beteken dit "geloof in Christus", vir tannie dalk "geloof in iets"?

> Ek stel voor dat jy diep peins oor wat "geloof in
> Christus" werklik beteken.

En ek stel voor dat tannie diep peins wat geloof in iets anders as Christus
beteken. Iets anders wat tannie kan verklaar of gemakliker kan aanvaar.

Basjan
Vorige onderwerp: Re: Dit is oud.
Volgende onderwerp: In Dutch... sorry!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 08:00:44 MGT 2024