Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » VSA debat
Re: VSA debat [boodskap #99024 is 'n antwoord op boodskap #99018] Sa, 02 Oktober 2004 11:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"basjan" skryf

M.a.w.,ek glo daar is 'n paar kardinale punte
> wat Christenskap definieer, die wegraping is nie een van die vir my nie. Ek
> en my vrou voel byvoorbeeld verskillend hieroor, maar ons weet dat dit nie
> die een slegter of beter maak nie.

Kan ons bietjie oor die wegraping praat. Ek sal geensins
krities daaroor praat nie. Ek wil net presies verstaan wat
daarmee bedoel word, in jou geval. Ek wil ook weet
hoekom jou vrou verskil van jou oor hierdie onderwerp.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99025 is 'n antwoord op boodskap #98990] Sa, 02 Oktober 2004 11:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf

> So laat iemand nou net weer aan my probeer dikteer. Ek is juis al
> lankaal moeg daarvoor om hierdie geweer net te gebruik vir ons
> naweeklikse wilde tofu jag.

Nou hoekom wil jy die arme vegetatiese
tofu skiet? Is dit al wat in Athene se
woude rondloop? Skiet liewer 'n
sater.

Tant Hessie van Parnassus
Re: VSA debat [boodskap #99026 is 'n antwoord op boodskap #99009] Sa, 02 Oktober 2004 11:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester"skryf

> -----Jy gee voor jy BEREDENEER die politiek en dan stem jy vir iemand oor
> hoe sy vrou LYK?

Het jy die film gesien. Kan
jy saampraat?

Tant Hessie van Mooimeisiesfontein
Re: VSA debat [boodskap #99027 is 'n antwoord op boodskap #99024] Sa, 02 Oktober 2004 14:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:OrydnRgn2OhNEMPcRVn-hQ@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
> M.a.w.,ek glo daar is 'n paar kardinale punte
>> wat Christenskap definieer, die wegraping is nie een van die vir my nie.
> Ek
>> en my vrou voel byvoorbeeld verskillend hieroor, maar ons weet dat dit
>> nie
>> die een slegter of beter maak nie.
>
> Kan ons bietjie oor die wegraping praat. Ek sal geensins
> krities daaroor praat nie. Ek wil net presies verstaan wat
> daarmee bedoel word, in jou geval. Ek wil ook weet
> hoekom jou vrou verskil van jou oor hierdie onderwerp.

In kort, daar is Christene wat glo dat die eindtyd baie duidelik deur
Openbaring voorspel word, terwyl ander weer glo dis heeltemal simbolies.
Die wat glo groot dele van Openbaring is letterlik, glo o.a. dat daar 7 jaar
van verdrukking kom deur die antichris, gevolg deur die Here se tweede
verskyning, die oorwinning van die antichris en satan en 'n millenium van
vrede (die "Left Behind" reeks boeke spel dit baie goed in menslike terme en
interpretasie uit). Hierdie deel Christene glo ook dat mense "weggeraap"
word deur Jesus voor die 7 jaar van verdrukking. Ek en my vrou verskil
bloot oor die hoeveelheid simboliek wat in Openbaring voorkom.

Openbaring is vir my geweldig interessant, maar dit bly 'n baie moeilike
boek om te bespreek en te interpreteer. Ek is deeglik bewus hoe "sci-fi"
baie van die stellings klink, maar dit is op die ou einde iets waarin jy glo
of nie. En ek glo ook dat interpretasie daarvan nie jou saligheid sal
bepaal nie.

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99029 is 'n antwoord op boodskap #99023] Sa, 02 Oktober 2004 15:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf:
> , maar dan weer is
> Katryn [of Kooitryn aka Strontbrommer soos ek haar noem omdat sy so knaend
> 'n mens eers aanval voor sy 'sense' praat en dan in geskokte onskuld wil
> weet hoekom praat jy terug teen haar, sy is só onskuldig] se bydraes vir my
> so goed soos 'n vuurhoutjie by petrol. Enigiets net om haar snare te
> tokkel!

Haai, dankie Suidwester. 'n Kompliment van jou af was die laaste ding
wat ek verwag het.

Katryn - Die grootoog onskuldige en kuise strontbrommertjie wat heel
onskuldig nooit geweet het van die brandende vure wat sy by
Suidwester laat onstaan het, en dat hy so brandende en vurige
behoefte ontwikkel het om haar snare te wil tokkel, nie.

Whodathunk?
Re: VSA debat [boodskap #99032 is 'n antwoord op boodskap #99027] Sa, 02 Oktober 2004 17:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"basjan" skryf

> In kort, daar is Christene wat glo dat die eindtyd baie duidelik deur
> Openbaring voorspel word, terwyl ander weer glo dis heeltemal simbolies.

Vir iemand wat die Bybels-gefundeerde werke van
William Blake ernstig opneem, en iemand wat ook
die tantriese buddhisme ondersoek, is hierdie gedagtes
oor die wegraping nie iets om ligtelik op te neem nie.
Ek het grootgeword in 'n Christen-tradisie waar dit
nie meer as lippediens gekry het nie. Maar ek bly
altyd daarin geinteresseerd. Ek wens jy wil meer
daaroor praat.
Terloops, William Blake het ook "Openbaring"
baie ernstig bestudeer en in sy denke geintegreer.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99048 is 'n antwoord op boodskap #99025] So, 03 Oktober 2004 14:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf:

> Nou hoekom wil jy die arme vegetatiese
> tofu skiet? Is dit al wat in Athene se
> woude rondloop? Skiet liewer 'n
> sater.

Ai tant Hessie, dit is my man se missie om die wereld van tofu te
verlos. Wat kan ek sê?
Maar ek hoor wat jy sê van daardie wellustelinge. ;-)
Re: VSA debat [boodskap #99049 is 'n antwoord op boodskap #99018] So, 03 Oktober 2004 15:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"basjan" skryf:

> Ek hou nogals van die stelling "It is serious error to try compare a
> floundering friend (Rep) to a deadly enemy (Dem)."

;-) Yep, ons is 'n deadly groep mense. ;-)
Bush gebruik hierdie "floundering friend" konsep nogal baie in sy
toesprake, nè?

>> Mag ek vra of jy ook van daardie Christene is wat in die wegraping
>> glo?
>
> Ja, ek is ook een van daardie Christene! Maar ek glo nie dat dit
> "saligheidsbepalend" is nie. M.a.w.,ek glo daar is 'n paar kardinale punte
> wat Christenskap definieer, die wegraping is nie een van die vir my nie. Ek
> en my vrou voel byvoorbeeld verskillend hieroor, maar ons weet dat dit nie
> die een slegter of beter maak nie.

Ek hoor jou, en verstaan dat dit absoluut niks met jou saligmaking te
doen het nie. Maar wat ek graag sou wou hoor is of jy dit hier in
Amerika opgetel het, of was jy bewus van hierdie lering in SA al?
En indien jy dit in SA al geken het, sou ek graag wou hoor van aan
watter denominasie het jy daar behoort?
Re: VSA debat [boodskap #99050 is 'n antwoord op boodskap #99021] So, 03 Oktober 2004 15:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"basjan" skryf:

> Dit is wel interessant hoe eerlik Clinton geword het (1) nadat hy die
> Withuis verlaat het en (2) toe al die eerlikheid baie nou gekoppel kon word
> aan 'n sekere boek wat so goed verkoop.

Ek het juis daardie boek gekoop, en moet erken dat ek dit baie
vervelig vind. Soveel so, dat ek nogsteeds (na maande) net 'n kwart
van die dikke boek gelees het. Nou het ek maar die CD weergawe gekoop
om in my kar te luister, en nogsteeds is ek maar op die 3rde CD. Ai.
;-)
Hilary se boek het ek nogal geniet en baie interessant gevind, en kon
dit darem klaar lees.
Re: VSA debat [boodskap #99051 is 'n antwoord op boodskap #99027] So, 03 Oktober 2004 15:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"basjan" skryf:

> Openbaring is vir my geweldig interessant, maar dit bly 'n baie moeilike
> boek om te bespreek en te interpreteer.

En daarmee saam ook seker die boek van Daniel, nè?
Re: VSA debat [boodskap #99059 is 'n antwoord op boodskap #99029] Ma, 04 Oktober 2004 06:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Moet jy nou net nie staan en windgat raak nie.....

"Katryn" skryf in boodskap news:hphtl0p6v5so1sdtufhop6j204hfhgsjpc@4ax.com...
> "Suidwester" skryf:
>> , maar dan weer is
>> Katryn [of Kooitryn aka Strontbrommer soos ek haar noem omdat sy so knaend
>> 'n mens eers aanval voor sy 'sense' praat en dan in geskokte onskuld wil
>> weet hoekom praat jy terug teen haar, sy is sê onskuldig] se bydraes vir
>> my
>> so goed soos 'n vuurhoutjie by petrol. Enigiets net om haar snare te
>> tokkel!
>
> Haai, dankie Suidwester. 'n Kompliment van jou af was die laaste ding
> wat ek verwag het.
>
> Katryn - Die grootoog onskuldige en kuise strontbrommertjie wat heel
> onskuldig nooit geweet het van die brandende vure wat sy by
> Suidwester laat onstaan het, en dat hy so brandende en vurige
> behoefte ontwikkel het om haar snare te wil tokkel, nie.
>
> Whodathunk?
>
Re: VSA debat [boodskap #99076 is 'n antwoord op boodskap #99049] Ma, 04 Oktober 2004 17:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:ep40m0tb0acarshhlaickup3e2li6d3oc6@4ax.com...
> "basjan" skryf:

> Ek hoor jou, en verstaan dat dit absoluut niks met jou saligmaking te
> doen het nie. Maar wat ek graag sou wou hoor is of jy dit hier in
> Amerika opgetel het, of was jy bewus van hierdie lering in SA al?
> En indien jy dit in SA al geken het, sou ek graag wou hoor van aan
> watter denominasie het jy daar behoort?

Ek het alles in SA uitgevind en gehoor. Alhoewel dit baie met charismatiese
denominasies geassosieer word, het ek gevind dat dit ander plekke ook
gepredik word. Ek het in die NG kerk grootgeword (+/- 14 jaar oud), vanwaar
ons gesin na die Evangelies Gereformeerde Kerk toe is. Dit is juis hier
waar ek baie meer van Openbaring geleer het en selfs uitgevind het oor
demone (ja, hulle bestaan wel). Dit is natuurlik twee onderwerpe wat nie
sommer deur die NG kerk aangeraak is nie. Tog is ek versigtig om enige kerk
sleg te praat, soos ek voorheen gesê het, daar is baie sake wat ek nie as
saligheidsbepalend beskou nie. Verskillende mense is gelukkig op
verskillende plekke.

In die VSA het ek dit ook teegekom (Blacksburg Christian Fellowship), maar
nie so baie soos in SA nie! Ek het oor die algemeen baie tyd vir kerke waar
dinge reguit gesê word en nie om "issues" soos seks, demone, eindtye en so
aan gedans word nie.

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99077 is 'n antwoord op boodskap #99076] Ma, 04 Oktober 2004 20:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"basjan"

> dinge reguit gesê word en nie om "issues" soos seks, demone, eindtye en so
> aan gedans word nie.

Kan jy meer uitwei oor wat jy hier
bedoel.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99079 is 'n antwoord op boodskap #99077] Di, 05 Oktober 2004 07:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:162dndrfy_nsKvzcRVn-gA@rogers.com...
>
> "basjan"
>
>> dinge reguit gesê word en nie om "issues" soos seks, demone, eindtye en
>> so
>> aan gedans word nie.
>
> Kan jy meer uitwei oor wat jy hier
> bedoel.

Wat presies verstaan u nie?

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99082 is 'n antwoord op boodskap #99079] Di, 05 Oktober 2004 11:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

>>> dinge reguit gesê word en nie om "issues" soos seks, demone, eindtye en
>>> so
>>> aan gedans word nie.
>>
>> Kan jy meer uitwei oor wat jy hier
>> bedoel.
>
> Wat presies verstaan u nie?

Wat jy sê kan op twee maniere opgeneem word.
(1) Jy verkies dat as jy na 'n kerk toe gaan, daar
nie afgode gemaak word van issues soos
seks, demone, eindtye en so aan nie, en daar
op gestaan word dat dit en dit alleen bepaal
wie "gered" gaan word nie.
(2) Jy verkies as jy na 'n kerk toe gaan, die
mense openlik praat oor seks, demone, eindtye,
sodat mens weet waar jy staan in daardie
verband. Jy impliseer dus dat daar kerke
is wat probeer wegkruip van "reguit te
praat" oor byvoorbeeld seks of demone.

Terloops, kan jy ook uitwei oor "demone" -
iets waarvan jy in die meervoud praat.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99085 is 'n antwoord op boodskap #99082] Di, 05 Oktober 2004 12:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:4NOdnW7EA6kdFv_cRVn-pQ@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>>>> dinge reguit gesê word en nie om "issues" soos seks, demone, eindtye
>>>> en
>>>> so
>>>> aan gedans word nie.

> Wat jy sê kan op twee maniere opgeneem word.
> (1) Jy verkies dat as jy na 'n kerk toe gaan, daar
> nie afgode gemaak word van issues soos
> seks, demone, eindtye en so aan nie, en daar
> op gestaan word dat dit en dit alleen bepaal
> wie "gered" gaan word nie.

Ja, daar moet nie te veel gewig toegesê word aan dinge wat minder belangrik
is nie, maar dit beteken ook nie dat sulke dinge totaal en al onbelangrik is
nie. Dit is soms juis hierdie "onbelangrikhede" wat mense verhoed om die
belangrike in perspektief te sien.

> (2) Jy verkies as jy na 'n kerk toe gaan, die
> mense openlik praat oor seks, demone, eindtye,
> sodat mens weet waar jy staan in daardie
> verband. Jy impliseer dus dat daar kerke
> is wat probeer wegkruip van "reguit te
> praat" oor byvoorbeeld seks of demone.

Presies. Dit moet nie oorheersende prioriteit geniet nie, maar dit is wel
belangrik in konteks van die grotere geloofsaspekte.

> Terloops, kan jy ook uitwei oor "demone" -
> iets waarvan jy in die meervoud praat.

Demone is iets waaroor mense vir jou grinnik as jou dit selfs noem. Dit is
die onderwerp van menige riller-flieks. Maar dit is ook dinge wat bestaan.
Meervoud impliseer juis dit, meer as een demoon. Daar word deur baie geglo
dat demone satan se werkers is. Dit is byvoorbeeld interessant dat 'n groot
persentasie van Jesus se aardse werk gedraai het om die bestraffing en
uitdryf van demone. 'n Mens hoef slegs met (minder konserwatiewe)
sendelinge onder veral Indiër-nasies te gesels om 'n klein idee oor die
bestaan van demone te kry.

Dit verstom my gereeld hoe baie mense dink ons lewe slegs in 'n fisiese
wêreld. Ek besef ek maak 'n kan wurms oop, maar ek glo 8soos baie ander)
dat ons eintlik geestelike wesens is en ons liggame is slegs tydelike
"voertuie" op die aarde.

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99087 is 'n antwoord op boodskap #99085] Di, 05 Oktober 2004 13:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

> Dit verstom my gereeld hoe baie mense dink ons lewe slegs in 'n fisiese
> wêreld. Ek besef ek maak 'n kan wurms oop, maar ek glo (soos baie ander)
> dat ons eintlik geestelike wesens is en ons liggame is slegs tydelike
> "voertuie" op die aarde.

Ja, en jou denke is baie naby aan die
psigologie van die buddhisme hier.
Sowel as aan die Christelike denke
van die Nuwe Testament. Dit word
tyd dat die "materialisme"
in die sogenaamde godsdienste, wat
dus eintlik 'n aanbidding is van die
idee dat die enigste werklikheid
materiële werklikheid is, as die
ware kettery beskou moet word.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99088 is 'n antwoord op boodskap #99087] Di, 05 Oktober 2004 13:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:cPqdnfWiOc12A__cRVn-jA@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> Dit verstom my gereeld hoe baie mense dink ons lewe slegs in 'n fisiese
>> wêreld. Ek besef ek maak 'n kan wurms oop, maar ek glo (soos baie ander)
>> dat ons eintlik geestelike wesens is en ons liggame is slegs tydelike
>> "voertuie" op die aarde.
>
> Ja, en jou denke is baie naby aan die
> psigologie van die buddhisme hier.
> Sowel as aan die Christelike denke
> van die Nuwe Testament.

Dieselfde idee oor 'n mens se geestelike natuur wel, maar tog absolute,
fundamentele verskille tussen die twee...

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99089 is 'n antwoord op boodskap #99085] Di, 05 Oktober 2004 13:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

'n Mens hoef slegs met (minder konserwatiewe)
> sendelinge onder veral Indiër-nasies te gesels om 'n klein idee oor die
> bestaan van demone te kry.

Bedoel jy met "Indiër" die Indiese subkontinent?
Kan jy meer uitwei hier.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99090 is 'n antwoord op boodskap #99089] Di, 05 Oktober 2004 13:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:BZCdnRUSXbsUAv_cRVn-jQ@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
> 'n Mens hoef slegs met (minder konserwatiewe)
>> sendelinge onder veral Indiër-nasies te gesels om 'n klein idee oor die
>> bestaan van demone te kry.
>
> Bedoel jy met "Indiër" die Indiese subkontinent?
> Kan jy meer uitwei hier.

Ek bedoel die Indiese gelowe (afkomend van die Indiese subkontinent). Daar
is vele sendelinge in SA wat onder Indiërs (is dit die polities korrekte
term?) werk.

As mens van 'n streng Christelike standpunt kom dat alle weë nie na Rome
loop nie, volg dit dan dat die wat nie vir Jesus kies nie, 'n ander entiteit
aanhang. Dit wissel tussen gelowe en kan selfs iets wees soos die self/eie
in die geval van 'n ateis. Geestelike werkings in sulke gelowe kom dus
vanuit 'n ander bron, nie Jesus Christus nie. Vandaar demoniese
entiteite...

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99092 is 'n antwoord op boodskap #99087] Di, 05 Oktober 2004 14:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ek sien die lewe soos 'n vuurhoutjie... Die lewe op aarde is die punt
van die vuurhoutjie en die res is die ewigheid. Die tyd op aarde is vir
een ding en een ding alleenlik, en dit is om te kies. Goed of sleg, God
of Satan Yin of Yan....

Die res kry jy na jou keuse en lewe hier volbring is.

Groete met sproete
Plato

@rogers.com wrote:
> "Basjan" skryf
>
>
>> Dit verstom my gereeld hoe baie mense dink ons lewe slegs in 'n fisiese
>> wêreld. Ek besef ek maak 'n kan wurms oop, maar ek glo (soos baie ander)
>> dat ons eintlik geestelike wesens is en ons liggame is slegs tydelike
>> "voertuie" op die aarde.
>
>
> Ja, en jou denke is baie naby aan die
> psigologie van die buddhisme hier.
> Sowel as aan die Christelike denke
> van die Nuwe Testament. Dit word
> tyd dat die "materialisme"
> in die sogenaamde godsdienste, wat
> dus eintlik 'n aanbidding is van die
> idee dat die enigste werklikheid
> materiële werklikheid is, as die
> ware kettery beskou moet word.
>
> Gloudina
>
Re: VSA debat [boodskap #99093 is 'n antwoord op boodskap #99090] Di, 05 Oktober 2004 14:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Mmmmmm.... En sê nou hulle tik hier op die NG? Ek het my bedenkinge oor
Gloudina. As mens haar naam omdraai kom iets uit wat wel 'n demoon se
geroggel mag wees. Mens hoef net haar skrewes op die NG te lees en die
duisternis se donker vlamme lek na jou so uit die skerm uit! SCARY!!!!

Aniduolg!!!!

Aniduolg
Aniduolg
Aniduolg
Aniduolg
Aniduolg
Aniduolg
Aniduolg
Aniduolg
Aniduolg
....

....

....

Laat mens dink...

Groete
Plato

Basjan wrote:

> "@rogers.com" wrote in message
> news:BZCdnRUSXbsUAv_cRVn-jQ@rogers.com...
>
>> "Basjan" skryf

>> 'n Mens hoef slegs met (minder konserwatiewe)

>>> sendelinge onder veral Indiër-nasies te gesels om 'n klein idee oor die
>>> bestaan van demone te kry.

>> Bedoel jy met "Indiër" die Indiese subkontinent?
>> Kan jy meer uitwei hier.
>
>
> Ek bedoel die Indiese gelowe (afkomend van die Indiese subkontinent). Daar
> is vele sendelinge in SA wat onder Indiërs (is dit die polities korrekte
> term?) werk.
>
> As mens van 'n streng Christelike standpunt kom dat alle weë nie na Rome
> loop nie, volg dit dan dat die wat nie vir Jesus kies nie, 'n ander entiteit
> aanhang. Dit wissel tussen gelowe en kan selfs iets wees soos die self/eie
> in die geval van 'n ateis. Geestelike werkings in sulke gelowe kom dus
> vanuit 'n ander bron, nie Jesus Christus nie. Vandaar demoniese
> entiteite...
>
> Basjan
>
Re: VSA debat [boodskap #99095 is 'n antwoord op boodskap #99093] Di, 05 Oktober 2004 15:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Plato" skryf in boodskap news:BdmdnZDpoJFZMv_cRVn-sw@is.co.za...
> Mmmmmm.... En sê nou hulle tik hier op die NG? Ek het my bedenkinge oor
> Gloudina. As mens haar naam omdraai kom iets uit wat wel 'n demoon se
> geroggel mag wees. Mens hoef net haar skrewes op die NG te lees en die
> duisternis se donker vlamme lek na jou so uit die skerm uit! SCARY!!!!
>
> Aniduolg!!!!
>
> Aniduolg
> Aniduolg
> Aniduolg
> Aniduolg
> Aniduolg
> Aniduolg
> Aniduolg
> Aniduolg
> Aniduolg
> ....

Plato - ek besef dis tong-in-die-kies, maar ek moet toegee, dis klassiek!

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99096 is 'n antwoord op boodskap #99095] Di, 05 Oktober 2004 15:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Wat van .... najsab...najsab...najsab...najsab...najsab...najsab

Klink bietjie soos 'n plaat wat verkeerdom gespeel word.
Sit net "doef" in:

najsab...doef...najsab...doef...najsab...doef...najsab

Is daar dan 'n demoon genaamd najsab???
Plate verkeerdom gespeel bring mos altyd demone na vore?

Dis nou behalwe enige Steve Hofmeyr wat glo 'n OK Bazaar-advertensie
na vore bring.

On Tue, 5 Oct 2004 17:04:16 +0200, "Basjan" wrote:

>
> "Plato" wrote in message
> news:BdmdnZDpoJFZMv_cRVn-sw@is.co.za...
>> Mmmmmm.... En sê nou hulle tik hier op die NG? Ek het my bedenkinge oor
>> Gloudina. As mens haar naam omdraai kom iets uit wat wel 'n demoon se
>> geroggel mag wees. Mens hoef net haar skrewes op die NG te lees en die
>> duisternis se donker vlamme lek na jou so uit die skerm uit! SCARY!!!!

>> Aniduolg!!!!

>> Aniduolg
>> Aniduolg
>> Aniduolg
>> Aniduolg
>> Aniduolg
>> Aniduolg
>> Aniduolg
>> Aniduolg
>> Aniduolg
>> ....
>
> Plato - ek besef dis tong-in-die-kies, maar ek moet toegee, dis klassiek!
>
> Basjan
>
Re: VSA debat [boodskap #99097 is 'n antwoord op boodskap #99096] Di, 05 Oktober 2004 15:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:cle5m05ghjdt30r6e13vb399add2bmmt06@4ax.com...
>
> Wat van .... najsab...najsab...najsab...najsab...najsab...najsab

.
.
.

> Plate verkeerdom gespeel bring mos altyd demone na vore?

Ja, idref gnilyerg, so maak ons mekaar bang!
Re: VSA debat [boodskap #99099 is 'n antwoord op boodskap #99095] Di, 05 Oktober 2004 19:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf:

>> Aniduolg!!!!

> Plato - ek besef dis tong-in-die-kies, maar ek moet toegee, dis klassiek!

Jou reaksie is darem werklik 'n teleurstelling.
Re: VSA debat [boodskap #99100 is 'n antwoord op boodskap #99088] Di, 05 Oktober 2004 19:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

>> Ja, en jou denke is baie naby aan die
>> psigologie van die buddhisme hier.
>> Sowel as aan die Christelike denke
>> van die Nuwe Testament.
>
> Dieselfde idee oor 'n mens se geestelike natuur wel, maar tog absolute,
> fundamentele verskille tussen die twee...

Ja, fundamenteel. Die Nuwe Testamentiese Christen-
denke het baie meer in gemeen met die Bhagavagita,
waar Engelse vertalings baie vinnig van "God" begin
praat, en mens verstom staan oor hoe na dit aan die
denke oor "God" by Christene is. Ek wonder soms
of die neo-platonistiese denke wat die Nuwe
Testament beinvloed het, nie sy oorsprong gehad het
in die Indiese subkontinent nie. Dis tog daarvandaan
dat Ariese emigrasie weswaarts na Europa uitgebrei
het. Sanskrit en Latyn en Grieks en Germaans het
duidelike gemeenskaplike wortels.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99102 is 'n antwoord op boodskap #99076] Di, 05 Oktober 2004 19:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"basjan" skryf:

> In die VSA het ek dit ook teegekom (Blacksburg Christian Fellowship), maar
> nie so baie soos in SA nie!

Baie interessant. Ek het wel vermoed dat jy dit in 'n charismatiese
of Pinkster kerk sou gehoor het, en nie soseer in die gereformeerde
kerke nie, want sov^er ek weet was dit nie juis 'n integrale deel van
"Reformed theology" se leer nie. En die verskeie charismatiese en
Pinkster kerke se leer oor die eindtye verskil ook merkbaar van
mekaar, betreffende pre- mid- of postmillenialisme.

Hier in Amerika word die wegrapingsleer (rapture) gewoonlik
vereenselwig met premillenialisme of pre-tribulasie (wegraping voor
die groot verdrukking)
Ek besef nou weer dat dit is 'n verkeerde denke om te dink dat die
premillenium/pre-tribulasie of wegrapings dogma soos wat dit vandag
normaalweg verstaan en geinterpreteer word, hier in Amerika onstaan
het, en bekend gemaak is deur Sci-Fi skrywers so Hal Lindsy en wie is
daardie ou nou weer wat die "Left Behind" reeks, en boeke soos "Soul
Harvest", geskryf het?

Hier was so ruk terug 'n baie interessante program oor ouens soos
Rushdoony and North en die John Birch Society en die "Kingdom"
teologie. Skrikwekkende stuk gewees. Daardie militante
postmillenialists is 'n gevaarlike spul, en IMO van dieselfde
stoffasie as Osama en ander fundamentalists soos hulle.
Volgens 'n program wat ek op PBS gekyk het, word Bush en kie juis deur
di'e groep beinvloed.
Re: VSA debat [boodskap #99104 is 'n antwoord op boodskap #99090] Di, 05 Oktober 2004 19:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

Geestelike werkings in sulke gelowe kom dus
> vanuit 'n ander bron, nie Jesus Christus nie. Vandaar demoniese
> entiteite...

Ek kan amper nie glo wat jy hierbo sê nie. Jy
verdoem dus met een vee alle ander gelowe.
Of verstaan ek jou verkeerd?
Kan ek jou ook daarop wys dat daar in
selfs die Nuwe Testament van "demoniese
entiteite" gepraat word - soos daardie wat
in die varke ingejaag is op een plek.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99106 is 'n antwoord op boodskap #99099] Di, 05 Oktober 2004 19:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:q3s5m0dsqcqms29ohbo0ghqo0usjoqa9fu@4ax.com...
> "Basjan" skryf:
>
>>> Aniduolg!!!!
>
>> Plato - ek besef dis tong-in-die-kies, maar ek moet toegee, dis klassiek!
>
> Jou reaksie is darem werklik 'n teleurstelling.

Kom-kom Katryn, pittig bly pittig. Ek dink juis Plato neem my nie te
ernstig op nie (sien Ferdi se pos ook). As ons nie so af en toe saam kan
lag nie, waarheen is ons oppad? Die hele bespreking is maar op die ou end
'n stuk aas wat ek soos 'n dom forel gevat het. Ek besef natuurlik dat
enige bespreking oor streng Christenskap deur menige op die NG as eng en
kortsigtig beskou sal word. Maar ons is elk geregtig om te glo wat ons glo,
dan nie?

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99107 is 'n antwoord op boodskap #99106] Di, 05 Oktober 2004 20:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"basjan" skryf:

> Kom-kom Katryn, pittig bly pittig.

Ja, maar ek dink nie dit is pittig om iemand as 'n demoon of "evil"
te beskulidg nie.
En onthou dat jy die een is wat kom predik het dat ons mekaar meer
"beskaafd" moet hanteer.
Of hoe?

> . As ons nie so af en toe saam kan
> lag nie, waarheen is ons oppad?

Glo my, ek hou van lag en lag baie. Maar ek vind dit altyd bitter
onsmaaklik om vir ander mense te lag of ander mense die objek van 'n
grap te maak. Al is dit iemand wat jy niks van hou nie.
Maar dit is maar my siening, en ek aanvaar dat julle dinge anders sien
en ervaar.

> Die hele bespreking is maar op die ou end
> 'n stuk aas wat ek soos 'n dom forel gevat het.

GLADNIE!!! Ek weet nie van die "aas" nie. Ekself is werklik
geinterresseerd in enigiets wat met enige godsdiens te make het, en
hou baie daarvan om met ander daaroor te gesels. Dit is iets wat my
belangstelling al vir etlike jare geprikkel het.
Daar was 'n stadium in my lewe wat ek 'n ernstige "born again"
Christen was en was baie aktief in die Sendingveld ook.
So, al is ek vandag 'n duiwelskind in jou o"e is ek darem ook nie
onkundig oor die Christelike geloof nie. ;-)

> Ek besef natuurlik dat
> enige bespreking oor streng Christenskap deur menige op die NG as eng en
> kortsigtig beskou sal word. Maar ons is elk geregtig om te glo wat ons glo,
> dan nie?

Heeltemal! Maar kom ons gun dan ander ook dieselfde? Of hoe?
Gisteraand het ek weer geluister na Aardsbiskop Tutu op Jon Stewart se
Daily Show, en ek kon nie help om die man te bewonder nie.
Ek wens ek kon alles onthou wat hy gesê het, en dit hier herhaal.
Hy het dit alles so goed saamgevat op 'n stadium toe hy ook gesê het
dat eendag sal alle mense van alle gelowe en kulturele agtergronde
besef dat ons almal deel is van een groot familie. Ons is almal God
se kinders. Hy het die Dalai Lama en Nelson Mandela en 'n paar ander
groot geeste ook aangehaal.
Elkgeval....die punt wat ek probeer maak is dat ek luister graag na
jou opinies en sienswyse sonder om jou opinies en sieninge te probeer
verkleineer of as dom af te maak, en definitief sonder om beledigings
na jou kant te slinger. Waarom kan julle "Christene" dan nie
dieselfde respek betoon aan ander wat nie soos julle glo nie? Dit is
wat ek nooit kan verstaan nie.
Elkgeval, ek babbel...en behoort nie eintlik in sulke ingewikkelde
gesprekke gewikkel te raak nie, want my taalgebruik laat my werklik in
die steek en dan praat ek strooi (meer as gewoonlik). ;-)
Re: VSA debat [boodskap #99108 is 'n antwoord op boodskap #99104] Di, 05 Oktober 2004 20:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:sbKdnTkI0thnbv_cRVn-jA@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
> Geestelike werkings in sulke gelowe kom dus
>> vanuit 'n ander bron, nie Jesus Christus nie. Vandaar demoniese
>> entiteite...
>
> Ek kan amper nie glo wat jy hierbo sê nie. Jy
> verdoem dus met een vee alle ander gelowe.
> Of verstaan ek jou verkeerd?

Dit is juis die bespreking wat ons (ongeveer) 'n halwe jaar terug gehad het.
Sien dit so: As ek glo in Jesus Christus soos deur die Bybel gepredik, glo
ek dat Hy gesê het dat Hy die weg en die waarheid is en dat niemand na die
Vader kan kom behalwe deur Hom nie. Dit is myns insiens nie oop vir
geweldige interpretasie nie. Glo ek almal wat nie in Jesus glo nie is
verdoem tot vreeslike duisternis? Die maklike antwoord is: Wie is ek om so
te sê (te oordeel)? Wat van mense wat nooit van Jesus gehoor het nie? Hoe
moet ek weet? Maar een ding is seker, as mens die stelling aanhang dat alle
gelowe na ewige saligheid lei en dit slegs van die individu se oortuiging
afhang, dan is ek tog verplig om my Christenskap ten volle uit te leef. En
dit vereis van my om my volle oortuiging in wat Jesus gesê het, uit te leef.
'n Katolieke priester het eenkeer op 'n NY vlug vir my gesê:" You believe in
a narrow God" en verder gesê hy glo dat hy as "mainstream" Katoliek redelik
standaard glo dat sy geloof een van baie is. Maar hoe kan hy my oortuig dat
hy dus die Bybel ten volle uitleef en dit volgens sy eie standaard?

En wees asseblief versigtig om individuele sinne uit konteks aan te haal en
verbasing uit te spreek. Ek het die hele bespreking begin met "As mens van
'n streng Christelike standpunt kom dat alle weë nie na Rome loop nie, volg
dit dan dat die wat nie vir Jesus kies nie, 'n ander entiteit aanhang. "
Dit plaas dus die sin hierbo in konteks. M.a.w. ek aanvaar en besef dat ek
'n eng interpretasie het, maar dit is juis wat ek glo en uitleef. Ek vind
dit interessant dat so baie mense wat "algehele aanvaarding" predik nie kan
aanvaar dat sommige nie saamstem nie. Dit is pragtige ironie en sou my
Afrikaanse juffrou baie trots gemaak het.

Glo ek dat ek beter is as ander? Nee.
Glo ek dat Jesus se genade die enigste weg is? Ja
Wat word van die wat Jesus nooit geken het nie? Ek weet nie en dit is ook
nie my plek om te weet nie.
Wat word van die mense wat Jesus verwerp? Gaan lees gerus self...of jy dit
glo of nie, dit is jou persoonlike saak.

> Kan ek jou ook daarop wys dat daar in
> selfs die Nuwe Testament van "demoniese
> entiteite" gepraat word - soos daardie wat
> in die varke ingejaag is op een plek.

PRESIES - Jesus se bediening op aarde was dan Nuwe Testamenties - ek het
juis gestel dat Hy baie aan die bestraffing van demone gewerk het. M.a.w.
teen hulle... die NT het heelwat sulke voorbeelde. Demone druis in teen
alles wat ons as rasioneel beskou, maar tog word daar baie daaroor vertel in
die Bybel, wat baie mense glo is die waarheid. Die hele bespreking het
begin rondom die punt dat baie kerke die bestaan van demone ignoreer.

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99109 is 'n antwoord op boodskap #99107] Di, 05 Oktober 2004 20:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:4mv5m01g151nopo2jhoumo2r3kkv8c56mn@4ax.com...
> "basjan" skryf:
>
>> Kom-kom Katryn, pittig bly pittig.
>
> Ja, maar ek dink nie dit is pittig om iemand as 'n demoon of "evil"
> te beskulidg nie.
> En onthou dat jy die een is wat kom predik het dat ons mekaar meer
> "beskaafd" moet hanteer.
> Of hoe?

Dis die hele ironie - Plato betree miskien 'n fyn lyn, maar die onderwerp
van sy grap glo duidelik nie regstreeks in die bestaan van dit waaroor hy 'n
grap maak nie. Plato maak 'n grap, al is dit in jou oë 'n swak een. Hy het
nie iemand persoonlik aangeval en sleg gesê nie, maar dit is ook maar my
interpretasie

>
>> . As ons nie so af en toe saam kan
>> lag nie, waarheen is ons oppad?
>
> Glo my, ek hou van lag en lag baie. Maar ek vind dit altyd bitter
> onsmaaklik om vir ander mense te lag of ander mense die objek van 'n
> grap te maak. Al is dit iemand wat jy niks van hou nie.
> Maar dit is maar my siening, en ek aanvaar dat julle dinge anders sien
> en ervaar.

Elkeen loop so af en toe deur, ek inkluis (sien gerus Ferdi se pos hierbo).

>> Die hele bespreking is maar op die ou end
>> 'n stuk aas wat ek soos 'n dom forel gevat het.
>
> GLADNIE!!! Ek weet nie van die "aas" nie. Ekself is werklik
> geinterresseerd in enigiets wat met enige godsdiens te make het, en
> hou baie daarvan om met ander daaroor te gesels. Dit is iets wat my
> belangstelling al vir etlike jare geprikkel het.
> Daar was 'n stadium in my lewe wat ek 'n ernstige "born again"
> Christen was en was baie aktief in die Sendingveld ook.
> So, al is ek vandag 'n duiwelskind in jou o"e is ek darem ook nie
> onkundig oor die Christelike geloof nie. ;-)

Gaan lees groot asseblief wat ek hieronder aan tannie Gloudina geskryf het.
Ek het nog nooit gesê enige iemand is 'n "duiwelskind" of so iets dergliks
nie nie. Dit is nie my plek nie! Gaan lees asseblief, ek gaan nie die
hele relaas herhaal nie.

>
>> Ek besef natuurlik dat
>> enige bespreking oor streng Christenskap deur menige op die NG as eng en
>> kortsigtig beskou sal word. Maar ons is elk geregtig om te glo wat ons
>> glo,
>> dan nie?
>
> Heeltemal! Maar kom ons gun dan ander ook dieselfde? Of hoe?
> Gisteraand het ek weer geluister na Aardsbiskop Tutu op Jon Stewart se
> Daily Show, en ek kon nie help om die man te bewonder nie.

En dit is regtig jou reg...

> Ek wens ek kon alles onthou wat hy gesê het, en dit hier herhaal.
> Hy het dit alles so goed saamgevat op 'n stadium toe hy ook gesê het
> dat eendag sal alle mense van alle gelowe en kulturele agtergronde
> besef dat ons almal deel is van een groot familie.

Sy siening en hy is geregtig om dit te lug.

Ons is almal God
> se kinders. Hy het die Dalai Lama en Nelson Mandela en 'n paar ander
> groot geeste ook aangehaal.

Almal maar net mense en ja, al is ons "geestelik", bly ons maar net mense.
Die bewondering van enige persoon is subjektief.

> Elkgeval....die punt wat ek probeer maak is dat ek luister graag na
> jou opinies en sienswyse sonder om jou opinies en sieninge te probeer
> verkleineer of as dom af te maak, en definitief sonder om beledigings
> na jou kant te slinger. Waarom kan julle "Christene" dan nie
> dieselfde respek betoon aan ander wat nie soos julle glo nie? Dit is
> wat ek nooit kan verstaan nie.

Dit is presies wat ek doen. Weereens - gaan lees verder in the "thread".
Ek kan jou weer vra hoekom ander nie ons "Christene" die reg gun om te
verskil nie. Die "aanvaarding" van Christene is versluier in die tipiese
bewoording en aanval wat jy hierbo gebruik. Jy kan regtig glo wat jy wil,
maar laat my toe om te verskil.

> Elkgeval, ek babbel...en behoort nie eintlik in sulke ingewikkelde
> gesprekke gewikkel te raak nie, want my taalgebruik laat my werklik in
> die steek en dan praat ek strooi (meer as gewoonlik). ;-)

Ek gesels graag saam. Tannie Gloudina het my gevra om uit te wy en ek het.
Maar ek het ook besef dat sy reg was om te "pounce like a Ninja", soos Niles
in die Frasier-komedie eenkeer gesê het!

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99110 is 'n antwoord op boodskap #99100] Di, 05 Oktober 2004 20:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:KPGdncNwMoTub__cRVn-tw@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>>> Ja, en jou denke is baie naby aan die
>>> psigologie van die buddhisme hier.
>>> Sowel as aan die Christelike denke
>>> van die Nuwe Testament.

>> Dieselfde idee oor 'n mens se geestelike natuur wel, maar tog absolute,
>> fundamentele verskille tussen die twee...
>
> Ja, fundamenteel. Die Nuwe Testamentiese Christen-
> denke het baie meer in gemeen met die Bhagavagita,
> waar Engelse vertalings baie vinnig van "God" begin
> praat, en mens verstom staan oor hoe na dit aan die
> denke oor "God" by Christene is. Ek wonder soms
> of die neo-platonistiese denke wat die Nuwe
> Testament beinvloed het, nie sy oorsprong gehad het
> in die Indiese subkontinent nie. Dis tog daarvandaan
> dat Ariese emigrasie weswaarts na Europa uitgebrei
> het. Sanskrit en Latyn en Grieks en Germaans het
> duidelike gemeenskaplike wortels.

Tannie, mens kan natuurlik baie filosofies raak oor God en wat die konsep
vir verskillende groepe beteken en hoe hulle die konsep interpreteer.
Tannie is duidelik goed belese in verskillende gelowe en filosofieë. Die
een se konsep kan natuurlik deur 'n ander se denke beinvloed word, ons is
maar net mense. Of jy Jesus Christus se geskiedenis in Xhosa, Grieks, of
Latyn uitdruk, die feite bly dieselfde. Op die ou einde is dit juis hierdie
Jesus wat die doring in menige se vlees is. As jy ten volle in sy lering
glo, druis dit regstreeks in teen die "almal is een big happy family"
teorie.

Basjan
Vir Basjan was Re: VSA debat [boodskap #99111 is 'n antwoord op boodskap #99109] Di, 05 Oktober 2004 21:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"basjan" skryf:

> Gaan lees groot asseblief wat ek hieronder aan tannie Gloudina geskryf het.
> Ek het nog nooit gesê enige iemand is 'n "duiwelskind" of so iets dergliks
> nie nie. Dit is nie my plek nie! Gaan lees asseblief, ek gaan nie die
> hele relaas herhaal nie.

Ja, ek het nou alles gelees, en sal my neus nou uit julle sake hou.
;-)
Re: VSA debat [boodskap #99114 is 'n antwoord op boodskap #99110] Di, 05 Oktober 2004 21:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"basjan" skryf

Op die ou einde is dit juis hierdie
> Jesus wat die doring in menige se vlees is. As jy ten volle in sy lering
> glo, druis dit regstreeks in teen die "almal is een big happy family"
> teorie.

Ja, maar HOEKOM is Jesus die doring in die
vlees? Omdat hy predik dat jy jou naaste
moet liefhê soos jouself. En dit slaan vir
du Plessis soos 'n weerligstraal, wanneer
hy besef dat om 'n Christen te wees hy
moet uitgaan op die strate en al die swartes
se voete was. Nie net sommige van die
swartes nie. AL DIE SWARTES. En die
Buddhis gaan verder. Nie net al die swartes
en ander homo sapiens nie, maar ook die
muskiete en die torretjies.
Ek lees op die oomblik "Heavenly Secrets"
van Emmanuel Swedenborg. Hy interpreteer
die storie van Kain en Abel as volg: Kain
verteenwoordig daardie deel van die "kerk"
wat dink dat geloof genoeg is vir saligmaking,
en wat vergeet het dat geloof sonder liefde
dood is.
Ek is ook geïnteresseerd: Wat bedoel jy
deur "Christus se lering."

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99115 is 'n antwoord op boodskap #99106] Di, 05 Oktober 2004 22:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"basjan" skryf

Ek besef natuurlik dat
> enige bespreking oor streng Christenskap deur menige op die NG as eng en
> kortsigtig beskou sal word. Maar ons is elk geregtig om te glo wat ons glo,
> dan nie?

Nee, dis net daar waar jy die fout maak. Ek respekteer
enige gepraat oor "streng Christenskap." Ek is absoluut
geinteresseerd as jy van die "wegraping" praat. Maar ek
waardeer nie politiekery oor geestelike dinge nie. Jy
maak jou nie teveel daaraan skuldig nie, maar hier en daar
merk ek tog die neiging om 'n "pre-emptive strike" te
maak, wat verhoed dat jy "aangeval" sal kan word,
maar die deur vir jou oophou om self aan te val.
Jy sal jou verbaas watter intense gesprekke daar
in ons buddiste groep is, wanneer ons skielik besef
dat daar gepraat word oor dieselfde ding wat
mens in die Christelike denke kry, en waarvan jy
nog nooit die diepte van besef het nie. Jy sal jou
verbaas hoe baie "oefeninge" daar is in Buddhisme
om te "oefen" hoe om jou naaste lief te hê. Want
om jou naaste lief te hê, werklik lief te hê, is een
van die moeilikste dinge in die wêreld. En dis
dáárom dat Christus so 'n doring in die vlees is.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99116 is 'n antwoord op boodskap #99108] Di, 05 Oktober 2004 22:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"basjan" skryf

> Dit is juis die bespreking wat ons (ongeveer) 'n halwe jaar terug gehad het.
> Sien dit so: As ek glo in Jesus Christus soos deur die Bybel gepredik, glo
> ek dat Hy gesê het dat Hy die weg en die waarheid is en dat niemand na die
> Vader kan kom behalwe deur Hom nie. Dit is myns insiens nie oop vir
> geweldige interpretasie nie.

Dis juis hier waar daar oopheid moet wees, as daar
'n werklike geestelike bespreking, wat die moeite werd
is, gevoer kan word. Wat word bedoel deur "niemand
na die Vader kom behalwe deur Hom nie." Beteken
dit as iemand "Here, Here" sê, dat hy dan "na die Vader
kom." Of beteken dat iets veel diepers, en meer prakties.
Kyk na die kruks van Christus se lering, die Bergpredikasie.
Hy praat omtrent die hele tyd oor dit wat die Buddhis bodhicitta
noem. Hy praat oor dinge wat vir du Plessis sy asem laat
optrek, en sy vel koue rillings gee: want du Plessis verstaan
dat alleen as hy bereid is om die swartes se voete te was,
hy "deur Hom na die Vader kan kom."

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99117 is 'n antwoord op boodskap #99108] Di, 05 Oktober 2004 22:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"basjan" skryf

dan is ek tog verplig om my Christenskap ten volle uit te leef.

Wat bedoel jy hiermee?

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99118 is 'n antwoord op boodskap #99108] Di, 05 Oktober 2004 22:50 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"basjan" skryf

> Glo ek dat Jesus se genade die enigste weg is? Ja

Nou verander jy die onderwerp. Nou is dit
"Jesus se genade." En daarmee kan ek ten
volle saamstem, mits ons eers seker maak dat
ons onder "Jesus se genade" dieselfde verstaan.

Gloudina
Vorige onderwerp: Re: Dit is oud.
Volgende onderwerp: In Dutch... sorry!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 14:18:48 MGT 2024