Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » RWC1995 Finaal
RWC1995 Finaal [boodskap #98643] Do, 23 September 2004 10:16 na volgende boodskap
BitterEinder  is tans af-lyn  BitterEinder
Boodskappe: 37
Geregistreer: Maart 2003
Karma: 0
Volle Lid
Hello almal,

Glo dit of nie, maar ek het nie die RWC1995 finaal tussen die Bokke en
ABs gemis. Tot vandag toe nie gesien nie..... :'-(

Ek was daai tyd in Israel, en het op een of ander manier die hele ding
gemis.
Ek is opsiek na 'n opname van daardie wedstryd op VHS of DVD...

Is dit iets wat jy in SA van die rak af kan koop of kan bestel van
erens af??

Ek het e-Bay probeer. Amazon ook.
As jy iemand ken wat 'n kopie het....ek betaal goed....

Opgewonde Idioot
Dublin
Re: RWC1995 Finaal [boodskap #98646 is 'n antwoord op boodskap #98643] Do, 23 September 2004 14:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Sal kyk of mens dit hier kry.
Intussen het ek my eie opname. PAL TV natuurlik, wat ek way back
gemaak het.
Ek weet nie hoe goed die tapes nog is nie want dit verweer gouerig met
tyd.
Weet ook nie hoe desperaat jy is nie.

Ek het die game self gesien en natuurlik die opname ook so 2 keer
gekyk. So, ek kan op die einde daarsonder leef. As dit 'n verskil in
jou lewe gaan maak, sal ek dit vir jou stuur. Ek sal net eers moet kyk
of dit nog speel. Sal op my video kyk. As dit speel , is daar seker 'n
goeie kans dat jy dit ook sal kan speel. Miskien met 'n bietjie tweak
aan jou stel se watnoem'n mensditnouweer.

Laat weet hoe desperaat jy is. Dan kan ek my e-mail na jou toe stuur
sodat ek jou adres kan kry.

Die game self was deceptive. Mense het net die flash van die AB's
gesien en gese die Bokke was gelukkig om te wen. Hulle was nie. Daai
Bok-span het omtrent een drie in die hele toernooi afgestaan. Hulle
was geniaal op verdediging. Hulle was die eerste met
kanaal-vedediging, waar elke ou sy kanaal cover en as die hardloper na
die kant uitbeweeg uit sy kanaal uit, los hy hom vir die verdediger
langs hom.
So ontstaan daar nie die gapings nie wat so tipies aan bv. touch rugby
is as jy iemand uit sy kanaal kan trek.

Verder het hulle Mark Andrews op no 8 gespeel. Hy en die vaste 5 het
die AB skum vasgehou as dit AB ingooi was. Dan het Pienaar en Kruger
weggebreek agterlyn toe. So is die AB's doodgesmoor. En hulle het maar
eintlik net een plan gehad - maak spasie en gee vir Lomu.

Hulle is gekeer voor die bal by Lomu kon kom.

Die Bokke was nie flash soos die AB's nie, maar was angswekkend goed
met verdediging. En dis waar eindstryde gewen word.

As ons deal, sal ek wonder of ek die volgende in ruil kan kry - die CD
(nuut of tweedehands of gecopy) Music for a new society van John Cale.
Ek kan dit fokken nerens in SA kry nie.

On 23 Sep 2004 03:16:46 -0700, tak_...@yahoo.co.uk (BitterEinder) wrote:

> Hello almal,
>
> Glo dit of nie, maar ek het nie die RWC1995 finaal tussen die Bokke en
> ABs gemis. Tot vandag toe nie gesien nie..... :'-(
>
>
> Ek was daai tyd in Israel, en het op een of ander manier die hele ding
> gemis.
> Ek is opsiek na 'n opname van daardie wedstryd op VHS of DVD...
>
> Is dit iets wat jy in SA van die rak af kan koop of kan bestel van
> erens af??
>
> Ek het e-Bay probeer. Amazon ook.
> As jy iemand ken wat 'n kopie het....ek betaal goed....
>
> Opgewonde Idioot
> Dublin
Re: RWC1995 Finaal [boodskap #98647 is 'n antwoord op boodskap #98643] Do, 23 September 2004 14:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek weet ny oom het al die wedstryde opgeneem - sal uitvind of hy dit nog
het.
--
Groetnis
Annette

"BitterEinder" skryf in boodskap news:dc6ce655.0409230216.d73131e@posting.google.com...
> Hello almal,
>
> Glo dit of nie, maar ek het nie die RWC1995 finaal tussen die Bokke en
> ABs gemis. Tot vandag toe nie gesien nie..... :'-(
>
>
> Ek was daai tyd in Israel, en het op een of ander manier die hele ding
> gemis.
> Ek is opsiek na 'n opname van daardie wedstryd op VHS of DVD...
>
> Is dit iets wat jy in SA van die rak af kan koop of kan bestel van
> erens af??
>
> Ek het e-Bay probeer. Amazon ook.
> As jy iemand ken wat 'n kopie het....ek betaal goed....
>
> Opgewonde Idioot
> Dublin
Re: RWC1995 Finaal [boodskap #98823 is 'n antwoord op boodskap #98646] Di, 28 September 2004 11:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
BitterEinder  is tans af-lyn  BitterEinder
Boodskappe: 37
Geregistreer: Maart 2003
Karma: 0
Volle Lid
>
> Laat weet hoe desperaat jy is. Dan kan ek my e-mail na jou toe stuur
> sodat ek jou adres kan kry.
>

Ferdi,

Desperaat is 'n woord wat ek gewoonlik in 'n ander konteks gebruik ;~)

Asb stuur jou adres na: tak_...@yahoo.co.uk

Ek het op Amazon gesoek na jou CD, maar kan dit slegs 'order used'. Ek
hoop iemand reageer op my advertensie, anders gee ek jou €€€. Geen
probleem.

Dankie
Re: RWC1995 Finaal [boodskap #99081 is 'n antwoord op boodskap #98646] Di, 05 Oktober 2004 11:09 Na vorige boodskap
BitterEinder  is tans af-lyn  BitterEinder
Boodskappe: 37
Geregistreer: Maart 2003
Karma: 0
Volle Lid
Ferdi,

Stuur vir ons 'n vonkpos na tak_...@yahoo.co.uk
Vorige onderwerp: Ongelooflik vereenvoudigde apartheid ...
Volgende onderwerp: St Stephen's, Kaapstad.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 13:53:41 MGT 2024