Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Tablet
Tablet [boodskap #99038] Sa, 02 Oktober 2004 21:29 na volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
het enigeen van julle, al gesien of ervaar, hoe 'n tablet werk.
Nie 'n hoofpyntablet nie, maar dié een:

http://www.wacom.com/graphire/index.cfm

Ook nie noodwendig Wacom s'n nie, maar dìt is een van
die gunstelinge volgens sommige nuusgroepe.

Ek is nogal nuuskierig daaroor, en sal môre (of so) vir
Incredible Connection of Game of diervoege plek gaan kuier
en net miskien erens een kry wat gedemo word.

DD
Re: Tablet [boodskap #99057 is 'n antwoord op boodskap #99038] Ma, 04 Oktober 2004 06:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die idee van 'n tablet is nie nuut nie. Ons gebruik dit al jare in
CAD-programme vir tegniese en boutekeninge. Die duurder items is groter en
is basies 'n 'grid' met 'n pen wat die plek van jou muis vat. So jy
hanteer 'n pen waarop daar aan die een kant 'n punt is en aan die ander kant
'n draad wat die pen koppel. Tik jy een keer op die punt, dan klik jy een
keer op die muis en twee keer vir 'n dubbel-klik. Wat ek nou van praat,
het ons so 12 jaar gelede gebruik.
Toe kom die Wacom tablet op die mark en ek het een gekoop en hy is aan
hierdie rekenaar gekoppel wat ek nou gebruik. Die pen het nou 'n punt aan
die een kant en 'n ronde 'uitveër' op die anderkant waarmee jy kan uitvee!
In die middel van die pen is daar 'n 'tilt'-skakelaar waarop jy op die een
kant enkel klik en op die ander kant dubbel-klik......afhangende van hoe jy
dit verkies om dit in te stel. Die pen is natuurlik draadloos en saam
daarmee kry jy ook 'n draadlose muis wat ook op die tablet werk. Bo-op die
tablet is ook 'n deurskynende dik plastiekfilm waaronder jy 'n tekening kan
sit as jy dit wil afteken.
In beginsel is dit wonderlik want die ou CAD-tipe penne het uitstekend
gewerk binne hul programme. Die Wacom se probleem is dat die tablet en die
pen mekaar al 'optel' seker so 'n goeie 10mm van die oppervlakte van die
tablet af. Dit beteken jy kry 'n reaksie voor jy nog die oppervlak getref
het en ek vind dit baie frustrerend. Ek beheer 'n gewone muis wat op sy
maksimum spoed gestel is, beter.
So, as daai vroeë kontak jou nie gaan pla nie en jy doen baie grafika
EN het 'n rekenaar met baie RAM [sodat hy glad kan loop as jy deurlopend wil
skryf na jou prent alreeds groot is], dan is dit die ding vir jou. O ja!
Die 'contact pad'.....die area waarop die pen werk, is net 90 x 125mm groot
en dit dek jou hele skerm, maw die pointer accellerate kwaai in proporsie
met die beeld wat jy sien en is iets om aan gewoond te raak. Ek gebruik
dit net om sekere grafika te maak. Vir boutekeninge verkies ek steeds die
muis.

"DD" skryf in boodskap news:su6ul0p3sgb9jvs2j5vuuuop23qrj1fbto@4ax.com...
>
> het enigeen van julle, al gesien of ervaar, hoe 'n tablet werk.
> Nie 'n hoofpyntablet nie, maar dié een:
>
> http://www.wacom.com/graphire/index.cfm
>
> Ook nie noodwendig Wacom s'n nie, maar dít is een van
> die gunstelinge volgens sommige nuusgroepe.
>
> Ek is nogal nuuskierig daaroor, en sal môre (of so) vir
> Incredible Connection of Game of diervoege plek gaan kuier
> en net miskien erens een kry wat gedemo word.
>
> DD
>
Re: Tablet [boodskap #99063 is 'n antwoord op boodskap #99057] Ma, 04 Oktober 2004 08:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 4 Oct 2004 08:40:00 +0200, "Suidwester" wrote:

So, as daai vroeë kontak jou nie gaan pla nie en jy doen baie
grafika
> EN het 'n rekenaar met baie RAM

Hoeveel beskou jy as "baie" RAM op 'n P4?
Re: Tablet [boodskap #99064 is 'n antwoord op boodskap #99063] Ma, 04 Oktober 2004 09:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ten minste 512.....maar as jy met 'n prent werk wat baie 'infill' het, dan
sleep hy op 512 later ook maar voete.

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:p622m0h55e1mq84qtj5q78q5cnqepqfchn@4ax.com...
> On Mon, 4 Oct 2004 08:40:00 +0200, "Suidwester"
> wrote:
>
>
> grafika
>> EN het 'n rekenaar met baie RAM
>
> Hoeveel beskou jy as "baie" RAM op 'n P4?
>
Re: Tablet [boodskap #99080 is 'n antwoord op boodskap #99064] Di, 05 Oktober 2004 07:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
P_65  is tans af-lyn  P_65
Boodskappe: 43
Geregistreer: September 2004
Karma: 0
Volle Lid
Suidwester gebruikte zijn klavier om te schrijven :
> Ten minste 512.....maar as jy met 'n prent werk wat baie 'infill' het, dan
> sleep hy op 512 later ook maar voete.
> "Ferdi Greyling" wrote in message
> news:p622m0h55e1mq84qtj5q78q5cnqepqfchn@4ax.com...
>> On Mon, 4 Oct 2004 08:40:00 +0200, "Suidwester"
>> wrote:


>> > grafika
>>> EN het 'n rekenaar met baie RAM

>> Hoeveel beskou jy as "baie" RAM op 'n P4?



My rekenaar is een Pentium 4 ,kloksnelheid 2.99GHz
512 MB RAM,harde skyf 200 GB System Win XP Home Edition
+TV kaart +Internet Breedband via TV kabel,gee vinnig oplaai en aflaai
Met messenger 6.2 kan ek via micro praat met my vrinde as hulle online
is

--
Dit is een automatische handtekening van MesNews.
Site : http://mesnews.no-ip.com
Re: Tablet [boodskap #99101 is 'n antwoord op boodskap #99057] Di, 05 Oktober 2004 19:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 4 Oct 2004 08:40:00 +0200, "Suidwester" wrote:

> Die idee van 'n tablet is nie nuut nie. Ons gebruik dit al jare in
> CAD-programme vir tegniese en boutekeninge. Die duurder items is groter en
> is basies 'n 'grid' met 'n pen wat die plek van jou muis vat. So jy
> hanteer 'n pen waarop daar aan die een kant 'n punt is en aan die ander kant
> 'n draad wat die pen koppel. Tik jy een keer op die punt, dan klik jy een
> keer op die muis en twee keer vir 'n dubbel-klik. Wat ek nou van praat,
> het ons so 12 jaar gelede gebruik.
> Toe kom die Wacom tablet op die mark en ek het een gekoop en hy is aan
> hierdie rekenaar gekoppel wat ek nou gebruik. Die pen het nou 'n punt aan
> die een kant en 'n ronde 'uitveër' op die anderkant waarmee jy kan uitvee!
> In die middel van die pen is daar 'n 'tilt'-skakelaar waarop jy op die een
> kant enkel klik en op die ander kant dubbel-klik......afhangende van hoe jy
> dit verkies om dit in te stel. Die pen is natuurlik draadloos en saam
> daarmee kry jy ook 'n draadlose muis wat ook op die tablet werk. Bo-op die
> tablet is ook 'n deurskynende dik plastiekfilm waaronder jy 'n tekening kan
> sit as jy dit wil afteken.
> In beginsel is dit wonderlik want die ou CAD-tipe penne het uitstekend
> gewerk binne hul programme. Die Wacom se probleem is dat die tablet en die
> pen mekaar al 'optel' seker so 'n goeie 10mm van die oppervlakte van die
> tablet af. Dit beteken jy kry 'n reaksie voor jy nog die oppervlak getref
> het en ek vind dit baie frustrerend. Ek beheer 'n gewone muis wat op sy
> maksimum spoed gestel is, beter.
> So, as daai vroeë kontak jou nie gaan pla nie en jy doen baie grafika
> EN het 'n rekenaar met baie RAM [sodat hy glad kan loop as jy deurlopend wil
> skryf na jou prent alreeds groot is], dan is dit die ding vir jou. O ja!
> Die 'contact pad'.....die area waarop die pen werk, is net 90 x 125mm groot
> en dit dek jou hele skerm, maw die pointer accellerate kwaai in proporsie
> met die beeld wat jy sien en is iets om aan gewoond te raak. Ek gebruik
> dit net om sekere grafika te maak. Vir boutekeninge verkies ek steeds die
> muis.
> "DD" wrote in message

Baie dankie vir die duidelike beskrywing. Natuurlik sal mens gewoond
moet raak aan die vroeë kontak, wat dit ietwat van remote control
maak. En die rekenaar moet baie RAM hê, sê jy.
Toe ek die P4 gekoop het was daar 128 RAM in.
Ek het 512 RAM bygevoeg Daar is dus reeds 640 RAM op.
Dit is presies hoeveel RAM daar op my vrou se rekenaar is ook,
maar sy het die voordeel dat die RAM op haar rekenaar is DDR
en nie die op myne nie.
Wanneer ons vir die Desember vakansie Gauteng toe gaan, sal ons (daar)
nog 512 RAM op elkeen byvoeg wat dit dan op 1152 RAM te staan bring.

Soos jy sê, gebruik grafiese programme heelwat RAM, en dit is
frustrerend om te min te hê. Ek gebruik ook 'n program (waarvan daar
baie weergawes bestaan) om RAM mee los te maak.

DD
Re: Tablet [boodskap #99122 is 'n antwoord op boodskap #99101] Wo, 06 Oktober 2004 05:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Net nog 'n stertjie om by te las. My pen is die Graphire 2 weergawe en
sekerlik sal die 3 weergawe waarna jy kyk beter wees?

"DD" skryf in boodskap news:2sr5m0lsqolkft42aa8hbicu9ut70iqcq7@4ax.com...
> On Mon, 4 Oct 2004 08:40:00 +0200, "Suidwester"
> wrote:
>
Re: Tablet [boodskap #99290 is 'n antwoord op boodskap #99122] Do, 07 Oktober 2004 20:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 6 Oct 2004 07:57:09 +0200, "Suidwester" wrote:

> Net nog 'n stertjie om by te las. My pen is die Graphire 2 weergawe en
> sekerlik sal die 3 weergawe waarna jy kyk beter wees?
> "DD" wrote in message
> news:2sr5m0lsqolkft42aa8hbicu9ut70iqcq7@4ax.com...
>> On Mon, 4 Oct 2004 08:40:00 +0200, "Suidwester"
>> wrote:

>

dankie vir die een ook. Dink jy sy remote control gaan
oor 'n langer afstand werk (menende kontak voor die
papier geraak word:-)

DD
Re: Tablet [boodskap #99296 is 'n antwoord op boodskap #99290] Vr, 08 Oktober 2004 05:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Sarkasme is nie 'n mooi ding veral as iemand jou probeer help nie!

"DD" skryf in boodskap news:vu9bm0pe0hqhum5gprjvdacpgupdqepdi6@4ax.com...
> On Wed, 6 Oct 2004 07:57:09 +0200, "Suidwester"
> wrote:
>
>> Net nog 'n stertjie om by te las. My pen is die Graphire 2 weergawe en
>> sekerlik sal die 3 weergawe waarna jy kyk beter wees?
>> "DD" wrote in message
>> news:2sr5m0lsqolkft42aa8hbicu9ut70iqcq7@4ax.com...
>>> On Mon, 4 Oct 2004 08:40:00 +0200, "Suidwester"
>>> wrote:
>

>
>
> dankie vir die een ook. Dink jy sy remote control gaan
> oor 'n langer afstand werk (menende kontak voor die
> papier geraak word:-)
>
> DD
>
Re: Tablet [boodskap #99310 is 'n antwoord op boodskap #99296] Vr, 08 Oktober 2004 19:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 8 Oct 2004 07:58:44 +0200, "Suidwester" wrote:

> Sarkasme is nie 'n mooi ding veral as iemand jou probeer help nie!
> "DD" wrote in message

Ek het gedink dat jy my teen die tyd beter ken as om te dink dat dit
sarkasme was. Dit was in ligte luim gesê. As 'n grap bedoel, en ook
het ek dit in my gedagtewêreld ge'save' dat daar 'n nuwer weergawe
pen is.
Besef jy hoeveel keer is hier misverstande op die nuusgroep? Omdat
mense dink dat hulle weet hoe die ander dink? En dan is die een
wat verkeerd verstaan het nie so eerlik soos jy om daarop te wys nie,
en bly stil. En dínk dat reg verstaan is.

Nee, om sarkasties te wees moes ek darem 'n motief gehad het.
Jy het die tablet so lekker verduidelik dat ek skielik weet hoe dit
werk. Ek dink jou stelling hierbo is nie 'n stelling nie, maar 'n
vraag. En as ek eintlik moes gelees het "is jy nou verdomp
sarkasties of wat?" is die antwoord "nee, dit was 'n dankie sê
in ligte luim."

DD
Re: Tablet [boodskap #99317 is 'n antwoord op boodskap #99310] Sa, 09 Oktober 2004 06:11 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
OK! Vrede...........

"DD" skryf in boodskap news:ifrdm0dt9r8g1v8rnkh1ei6ri35iv432qp@4ax.com...
> On Fri, 8 Oct 2004 07:58:44 +0200, "Suidwester"
> wrote:
>
>
>> Sarkasme is nie 'n mooi ding veral as iemand jou probeer help nie!
>> "DD" wrote in message
>
> Ek het gedink dat jy my teen die tyd beter ken as om te dink dat dit
> sarkasme was. Dit was in ligte luim gesê. As 'n grap bedoel, en ook
> het ek dit in my gedagtewêreld ge'save' dat daar 'n nuwer weergawe
> pen is.
> Besef jy hoeveel keer is hier misverstande op die nuusgroep? Omdat
> mense dink dat hulle weet hoe die ander dink? En dan is die een
> wat verkeerd verstaan het nie so eerlik soos jy om daarop te wys nie,
> en bly stil. En dínk dat reg verstaan is.
>
> Nee, om sarkasties te wees moes ek darem 'n motief gehad het.
> Jy het die tablet so lekker verduidelik dat ek skielik weet hoe dit
> werk. Ek dink jou stelling hierbo is nie 'n stelling nie, maar 'n
> vraag. En as ek eintlik moes gelees het "is jy nou verdomp
> sarkasties of wat?" is die antwoord "nee, dit was 'n dankie sê
> in ligte luim."
>
> DD
>
Vorige onderwerp: Spelletjie
Volgende onderwerp: 3rd Degree
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 17:17:24 MGT 2024