Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Dimensies, Chaos en nog wat.
Re: Dimensies, Chaos en nog wat. [boodskap #9899] Sa, 05 Julie 1997 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Vira, ek is baie bly dat jy van Blake hou. Jy sal
seker dan ook weet dat W.B. Yeats baie beinvloed
is deur William Blake. Yeats en sy kollega Ellis
het ons ook die groot diens bewys deur ongeveer
die profetiese boeke van Blake onder die aandag
van die publiek te bring, na die paar eksemplare
vir jare net in private versamelings bestaan het.
As jy belangstel in die Blake kritiek wat sy werk
wil sien in die hermetiese tradisie en in die tradisie
van die neo-platonisme, ken jy �Blake and Tradition�
van Kathleen Raine en �Yeats and Tradition� van
F.A.C. Wilson? Interessant genoeg het ek saam met
Frank Wilson skoolgehou op Adams College ( op
Adams Mission in Natal) vir twee jaar. Hy is toe na
Cambridge waar hy sy Ph.D. gekry het met sy werk
oor Yeats, wat verskyn het as �Yeats and Tradition.�
Hy en Kathleen Raine het nou saamgewerk.
Pam van Schaik van UNISA is 'n outoriteit oor
Blake en die Kabbala, wonder of jy weet. Daar is
ook 'n Blake-eposlys, waarvan ek jou die adres kan
gee as jy geinteresseerd is om dit te ontvang.
Daar is natuurlik baie kritici wat wil hê dat
'n mens nie Blake moet sien as navolger van die
hermetiese tradisie of die kabbala nie, maar hom
liewer moet sien as iemand wat sy tyd se denke
ver vooruit was.
Gloudina
Vorige onderwerp: VLIEGENDE PIERINGS, MARSMANNETJIES EN SULKE SNOTSTORIES
Volgende onderwerp: Gesproken Afrikaans op het net
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 21:19:47 MGT 2024