Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » AS EK VREK EN EK VROT IN DIE AARDE.............
AS EK VREK EN EK VROT IN DIE AARDE............. [boodskap #9861] Wo, 25 Junie 1997 00:00 na volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ek het nou onlangs verjaar, en ek kon nie help om te dink aan die
ouderdom en sy gevolge nie.
Toe ek 'n student was het ons die volgende stapliedjie gesing:
(op die wysie van - een of ander bekende wysie):

as ek vrek en ek vrot in die aarde
en die wurms krioel om my heen
skop dan sand op my graf met jou tekkies
as bewys van jou liefde vir my.
----------------------

Dis nou tipies van hoe 'n student omgaan met sulke heftige kwessies
soos lewe en dood !

wat is die mens ?
vel, been en pens.
bars die pens,
vrek die mens

Party mense dink natuurlik die son skyn uit hulle gatte uit.
Maar die dood is die groot gelykmaker:
Of jy nou ryk of arm is, jy sal vrek.
Die dood kan jy nie vryspring nie, en wanneer jou tyd kom weet jy nie.
En jou rykdom kan jy nie saamvat nie (party mense is so hard aan die
geldmaak dat hul dit vergeet).

Dit laat my dink: Japanese wetenskaplikes het mos nou met die genes
van muise gepeuter, hulle het die genes van jellievisse ingeplant en
muise geteel wat gloei in die donker. Ek dink sekere mense wat
dink hulle is beter as ander (soos die wat nie voor die
waarheidskomissie wil erken dat hulle foutjies gemaak het nie),
moet van die genes kry om in hul gatte in te plant. Dan kan almal
mos sien hoe wonderlik hulle is.

'n ou vriend van my se pa het aan een of ander siekte
gely en was onbeholpe en na aan sy dood.
Op 'n dag maak sy pa toe per ongeluk sy broek vuil.
Hy help toe sy pa bad toe, waar sy pa toe in trane is van
verleentheid. Hy seg toe aan sy pa om hom nie daaroor te kwel nie:
"Hoeveel keer moes pa nie my vuil agterent skoonmaak toe ek klein
was nie ??".
Ja ons vergeet maar te gou.
Ons moet af en toe herrinner word daaraan dat ons almal kaalgat
in die wereld ingekom het en vir jare ons doeke volgeskyt het.

Ja ons word ouer. Ek werk eergister in die voortuin,
en omdat ek in die buitelug is, en ek boontjiesop geeet het,
dag ek ek los maar 'n wind. Ek het my misgis (seker oor ek nou
al weer 'n jaar ouer is), en die "wind" was toe 'n knal.
Dit laat my toe dink aan wat 'n vriend my eenkeer vertel het:
Die ou omie het partykeer in die kerk gesit en poep.
(Hy het seker al swak spierbeheer gehad maar wou graag kerk toe kom).
Kinders het natuurlik aan die giggel geraak.
Hy het hom toe liederlik vererg en ten aanskoue van die hele gemeente
opgestaan, agtertoe gekyk en uitgeroep: "EK POEP JA!".

Mense, moenie dat 'n poep jou onderkry nie !
(of van die kerk af weghou nie)

Vriendelike groete.
Re: AS EK VREK EN EK VROT IN DIE AARDE............. [boodskap #9876 is 'n antwoord op boodskap #9861] Ma, 30 Junie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Henry van Zyl writes:
> Dalk kon 'n mens dieselfde gedagtes minder kru en platvoers uitgespreek
> het . . .
>

Jy is heeltemal reg Henry. Ek skaam my. Ek is partykeer heeltemal te kru
en skatalogies. Ek probeer so hard om ordentlik te wees maar dis so
moeilik. (Eintlik is ek maar 'n platvloerse ou).
Vir die wat eksepsie geneem het teen my "vrek en vrot" storie:
my nederige verskoning. Dit was 'n glips. Sal nie weer so kru wees nie.
Ek is ongelukkig een van daai ouens wat altyd twee keer na 'n plek toe gaan:
Die eerste keer om 'n gat van myself te maak en die tweede keer
om verskoning te vra.

Groete.
Re: AS EK VREK EN EK VROT IN DIE AARDE............. [boodskap #9885 is 'n antwoord op boodskap #9861] Wo, 02 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Jammer oor jou "hangups", maat. As jy dit darem as kritiek beskou het -
het jy dalk die skrywer se eie antwoord gelees? So 'n hewige reaksie op
so 'n afgewaterde kommentaar darem.......

En kom sommer in die proses 'n hele reeks ander mense ook by!
Re: AS EK VREK EN EK VROT IN DIE AARDE............. [boodskap #9890 is 'n antwoord op boodskap #9861] Do, 03 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
In Article, writes:

> Jammer oor jou "hangups", maat. As jy dit darem as kritiek beskou het -
> het jy dalk die skrywer se eie antwoord gelees? So 'n hewige reaksie op
> so 'n afgewaterde kommentaar darem.......
>
> En kom sommer in die proses 'n hele reeks ander mense ook by!
>
>

Verwys die heading na die huidige stand van sake in die nuusgroep? Ek was
lanklaas hier maar lyk my die ou spul wat gewoonlik hier uitgehang het het
almal 'gevrek en gevrot'.

Al wat huidiglik hier opland is net 'n spul SPAM - is daar 'n afrikaanse woord
daarvoor?

Cheers
Lou
Vorige onderwerp: Aviation Accident page
Volgende onderwerp: Welkom vir Amerika
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 10:37:24 MGT 2024