Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Afrikaans to be Scrapped in Schools in 2005 (Media Report)
Re: Afrikaans to be Scrapped in Schools in 2005 (Media Report) [boodskap #98851] Wo, 29 September 2004 05:04 na volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Nou die een is vir my snaaks. So klein bietjie haat gemeng met onkunde
en woeps jy het 'n ekstremis op jou hande. Nou hoekom sal iemand soveel
energie mors om ander mense se taal ensovoorts te kwes? Ek is oop vir
kulturele debat en vrae oor die voortbestaan van 'n taal. Ek is selfs
oop vir 'n debat oor die meriete vir die afskaal van sekere taalvoordele
maar as jy dit vanuit 'n haat oogpunt doen met so 'n halwe "ek gaan jou
opfok" klankie dan moet jy nie verbaas wees as ek nie jou vriend is nie.

Ek mag miskien nie goed spel nie maar ek kan hard baklei vir iets waarin
ek glo.

Cheers en fok jou!

Plato

KP de Kont wrote:

> Yes you dom donders - that's what should happen to your outdated
> language.
>
> It is not worthy of even being mentioned in the history books.
>
> Ga sies, you had better ask the dominee to save you.
>
> KP
>
Re: Afrikaans to be Scrapped in Schools in 2005 (Media Report) [boodskap #98856 is 'n antwoord op boodskap #98851] Wo, 29 September 2004 07:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G...[2]  is tans af-lyn  G...[2]
Boodskappe: 2
Geregistreer: September 2004
Karma: 0
Junior Lid
Dagsê Liewe Vriende:

Ons het al weer, soos oom Koot gesê het, 'n vuilspuit hier onder ons. Die arme
banggat, ene Fritz, skuil agter 'n anonieme remailer.

Die pes. Kom ons bid maar eerder vir hom. Lyk my daar's vir hom niks beter in
sy ellendige ou wêreldjie as om ons te probeer irriteer nie. Hy kan dit ook
blykbaar nie verdra dat daar 'n taal soos Afrikans is wat gedy nie.

MOENIE hom die plesier van reaksie gee nie.

Laat reën asseblief die klagtes op sy admin, by mailto:ab...@frell.theremailer.net

Fritsie, jy soek moes nou moeilikheid. Moenie dat die oom kwaad word nie! Jy sal
self die dominee nodig hê as ons met jou klaar is, om jou te begrawe, ja.

Wat 'n robbies!

Hieronder die volledige kop van die boodskap:
---
Path:
ctb-nnrp2.saix.net!ctb-nntp1.saix.net!newshosting.com!nx01.i ad01.newshosting.com!news.cambrium.nl!news.cambrium.nl!feede r.enertel.nl!nntpfeed-01.ops.asmr-01.energis-idc.net!news.za nker.org!news.bananasplit.info!news.dizum.com!sewer-output!m ail2news
Comments: This message did not originate from the Sender address above.
It was remailed automatically by anonymizing remailer software.
Please report problems or inappropriate use to the
remailer administrator at .
From: KP de Kont
Cc: mail...@dizum.com
X-No-Archive: Yes
Newsgroups: soc.culture.south-africa.afrikaans
Subject: Afrikaans to be Scrapped in Schools in 2005 (Media Report)
Message-ID:
Precedence: anon
Date: Wed, 29 Sep 2004 06:47:24 +0200
Mail-To-News-Contact: ab...@dizum.com
Organization: mail...@dizum.com
Lines: 10
Xref: ctb-nnrp2.saix.net soc.culture.south-africa.afrikaans:77981

Yes you dom donders - that's what should happen to your outdated
language.

It is not worthy of even being mentioned in the history books.

Ga sies, you had better ask the dominee to save you.

KP
Re: Afrikaans to be Scrapped in Schools in 2005 (Media Report) [boodskap #98860 is 'n antwoord op boodskap #98851] Wo, 29 September 2004 12:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Plato" skryf

> Ek mag miskien nie goed spel nie maar ek kan hard baklei vir iets waarin
> ek glo.

So jy heg nie eintlik veel waarde aan Afrikaans
en sy spelling nie? Jy is nie bereid om daarvoor
te veg nie? Jy laat jouself maar toe om die taal
op te mors, want dit is nie van belang nie?
Moenie sleg voel nie. Meeste "boerenasie"
ouens doen dieselfde.

Penkop van die Derde Republiek
Re: Afrikaans to be Scrapped in Schools in 2005 (Media Report) [boodskap #98862 is 'n antwoord op boodskap #98860] Wo, 29 September 2004 13:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:rtydncFYi-P8NMfcRVn-rw@rogers.com...
>
> "Plato" skryf
>
>> Ek mag miskien nie goed spel nie maar ek kan hard baklei vir iets waarin
>> ek glo.
>
> So jy heg nie eintlik veel waarde aan Afrikaans
> en sy spelling nie? Jy is nie bereid om daarvoor
> te veg nie? Jy laat jouself maar toe om die taal
> op te mors, want dit is nie van belang nie?

Ai tannie Gloudina, swak spelling is nie gelyk aan geen liefde vir die taal
nie... ons het al na die sakie gekyk.

> Moenie sleg voel nie. Meeste "boerenasie"
> ouens doen dieselfde.

Ai-ai tannie, kan ek dus voortgaan en veralgemeen dat meeste Afrikaanse
tannies in Kanada bittersiele is?

Basjan
Re: Afrikaans to be Scrapped in Schools in 2005 (Media Report) [boodskap #98863 is 'n antwoord op boodskap #98862] Wo, 29 September 2004 14:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Daar is net een, en sy is:))
--
Groetnis
Annette
> Ai-ai tannie, kan ek dus voortgaan en veralgemeen dat meeste Afrikaanse
> tannies in Kanada bittersiele is?
>
> Basjan
>
Re: Afrikaans to be Scrapped in Schools in 2005 (Media Report) [boodskap #98864 is 'n antwoord op boodskap #98862] Wo, 29 September 2004 14:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

> Ai-ai tannie, kan ek dus voortgaan en veralgemeen dat meeste Afrikaanse
> tannies in Kanada bittersiele is?

Jy is duidelik nie iemand wat 'n wetenskaplike
benadering teenoor dinge het nie. Jy is duidelik
iemand wat met jou emosies "dink." Is dit nie
vir jou interessant dat die mense op hierdie
nuusgroep wat as "regs" bestempel kan word,
dié mense is wat die onkeurigste Afrikaans
besig nie? Is dit nie vir jou snaaks dat dié
mense wat die hardste die "Afrikaner" beuel
blaas, dié mense is wat die gouste dinge in
Engels op die Afrikaanse nuusgroep pos
nie? Ek dink daar is materiaal vir 'n
meestersverhandeling hier.

Tant Hessie van die Algonquins
Re: Afrikaans to be Scrapped in Schools in 2005 (Media Report) [boodskap #98865 is 'n antwoord op boodskap #98862] Wo, 29 September 2004 14:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

> Ai tannie Gloudina, swak spelling is nie gelyk aan geen liefde vir die taal
> nie... ons het al na die sakie gekyk.

Wie is "ons." Hoeveel onse op jou pond.
Merk jy op dat elke keer as jy op hierdie
nuusgroep pos, jy kritiseer. Jy wil so graag
voorkom as hierdie logiese bedaarde
akademiese ou. Maar jy het jou agenda,
dit is duidelik. Hoekom begin jy nie
eerlik om te sê waarvoor jy staan, en
verklaar jou bereid om dit in 'n ope
forum te bespreek nie. Vergeet maar
van die tannie in Kanada. Daar is ander
mense op die nuusgroep. ( Wat, terloops,
het jy in die VSA studeer? )

Gloudina
Re: Afrikaans to be Scrapped in Schools in 2005 (Media Report) [boodskap #98866 is 'n antwoord op boodskap #98851] Wo, 29 September 2004 14:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"KP de Kont" skryf

> OK, we can debate the merits of the different languages.

Jy het goeie punte beet. Maar omdat dit nou
'n AFRIKAANSE nuusgroep is, kan jy
asseblief in Afrikaans skryf. Dan sal ons
aan jou besprekings deelneem. Ek sien dat
jy taamlik geinteresseerd in hierdie nuusgroep
is, anders sou jy nie hier rond gekuier het
nie. Ek neem ook aan dat jy genoeg Afrikaans
ken om die besprekings te volg. Doen jouself
'n guns, en skryf in Afrikaans.

Tant Hessie van Tafelbaai
Re: Afrikaans to be Scrapped in Schools in 2005 (Media Report) [boodskap #98867 is 'n antwoord op boodskap #98865] Wo, 29 September 2004 14:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:mcOdnRYPWvbxWcfcRVn-jw@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> Ai tannie Gloudina, swak spelling is nie gelyk aan geen liefde vir die
> taal
>> nie... ons het al na die sakie gekyk.
>
> Wie is "ons." Hoeveel onse op jou pond.
> Merk jy op dat elke keer as jy op hierdie
> nuusgroep pos, jy kritiseer.

Tannie, daar is een grote verskil tussen kritiek en 'n blote, ongelaaide
opmerking. Tannie bekyk wel Afrikaanse spelling uit 'n kritiese oogpunt.
Ek maak 'n (nie-kritiese) stelling dat swak spelling nie 'n aanduiding van
intellegensie of liefde vir Afrikaans is nie. Dit is gewoon 'n gawe, net
soos 'n persoon wat 'n moeilike wiskundige afleiding kan doen, 'n gawe het.
Ja, mens kan dit oefen, maar daar sal altyd woorde wees wat mens rondgooi.
En om die probleem te vererger, hoekom moet ek my pos drie keer nalees om
seker te maak dat tannie tevrede sal wees met my spelling? Ek maak soms
baie tikfoute, want of tannie saamstem of nie, die inhoud van die nuusgroep
is belangriker as die spelling. Ek stel meer belang in X of Y se idee as
wat ek myself bekommer of X of Y "idee" of "iddee" skryf...

Is dit dan al wat in tannie se guns tel, mooie spelling?

> Jy wil so graag
> voorkom as hierdie logiese bedaarde
> akademiese ou.

Ek het al baie onstoke geraak oor wat op die nuusgroep rondgaan, maar het
gou gevind dat dit nie die moeite werd is nie (kyk byvoorbeeld na die
persoon wat die huidige pos begin het, aka "Nude Raider" van ouds. Dit baat
mens nie om hom/haar ernstig op te neem nie, sy/hy is slegs vir een doel
hier). So in kort: Ja ek probeer logies en bedaard wees. Probeer ek so
"voorkom"? Nou ja, dit is tannie se interpretasie oor iemand wat tannie nog
nooit ontmoet, gesien, of saam mee 'n koppie koffie gedrink het nie.

> Maar jy het jou agenda,
> dit is duidelik.

Natuurlik, soos elke persoon op die ganse aarde wat kan dink.

> Hoekom begin jy nie
> eerlik om te sê waarvoor jy staan, en
> verklaar jou bereid om dit in 'n ope
> forum te bespreek nie.

Vra gerus en ek sal antwoord. Meesal lees ek graag, lag so bietjie, skud so
af en toe my kop en skryf wel as ek voel ek wil graag iets sê. Maar ek sal
myself nooit so voorbarig ag dat ek die nuusgroep kan swaai of draai nie.
Ek probeer soms net "logies en bedaard" saamgesels.

> Vergeet maar
> van die tannie in Kanada. Daar is ander
> mense op die nuusgroep.

Die tannie in Kanada gesels net so baie saam om ander op te vuur. En dis
natuurlik goed. Maar as tannie so persoonlik raak en selfs op belaglikheid
grens met al die spelling-dinge, dan kan ek ook mos my 2 sente in die pot
laat klingel.

> ( Wat, terloops,
> het jy in die VSA studeer? )

Ek het bosbou studeer. Meer spesifiek het ek na bosbestuur m.b.v.
afstandswaarneming gekyk.

Basjan
Re: Afrikaans to be Scrapped in Schools in 2005 (Media Report) [boodskap #98868 is 'n antwoord op boodskap #98864] Wo, 29 September 2004 15:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:DdudnSetwMf4XsfcRVn-vA@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> Ai-ai tannie, kan ek dus voortgaan en veralgemeen dat meeste Afrikaanse
>> tannies in Kanada bittersiele is?
>
> Jy is duidelik nie iemand wat 'n wetenskaplike
> benadering teenoor dinge het nie. Jy is duidelik
> iemand wat met jou emosies "dink."

Ai-ai, hier gaan ons! Is ek "duidelik" sus en so? En tannie weet nie wat
ek dag in en dag uit sit en doen nie, of wel? Wetenskap is o.a. gewortel in
eksperimentele waarneming. Ek het waargeneem dat tannie links en regs of
mense persoonlik aanval, of mense se spelling gelykstel aan hul
intelligensie. Dus, as ons waarneem dat swak spelling = lae intellek of
geen liefde vir Afrikaans nie, stel dit ons nie vry om verdere, swak
veralgemenings te maak, soos o.a., dat Afrikaanse tannies in Kanada bitter
is nie? Ja tannie, ek het bloot 'n swak veralgemeing gemaak. Natuurlik
weet ek glad nie watter tipe persoon tannie is nie en sou 'n afleiding dat
tannie 'n "juffrou Rottemaaier"-tipe is, heeltemal onvanpas wees.

> Is dit nie
> vir jou interessant dat die mense op hierdie
> nuusgroep wat as "regs" bestempel kan word,
> dié mense is wat die onkeurigste Afrikaans
> besig nie?

Volgens tannie. Maar 'n ander kan die stelling maak dat sulke persone
hulleself slegs uitdruk. En dit in hul eie taal, gemeng of nie, soos hulle
hul eie dinamiese Afrikaans praat. Een ding wat vir my geweldig duidelik
geword het in die buiteland, waar ek slegs Afrikaans kon praat met my vrou
en 'n paar SA vriende, was dat my taalvermoëns agteruit gegaan het.
Afrikaans is lewendig, een van die lewendigste tale wat ek nog teë gekom
het. Dink tannie nie dat tannie van die suiwer Afrikaanse perd moet afklim,
so paar jaar in SA moet kom woon en verstom moet staan hoe die taal verander
nie?

> Is dit nie vir jou snaaks dat dié
> mense wat die hardste die "Afrikaner" beuel
> blaas, dié mense is wat die gouste dinge in
> Engels op die Afrikaanse nuusgroep pos
> nie?

So? Maak dit hulle punte minder geldig, of krap dit tannie net om as mens
Afrikaans so bietjie skommel?

> Ek dink daar is materiaal vir 'n
> meestersverhandeling hier.

Een wat op die agterste rakke van 'n donker biblioteek stof sal vergader en
mettertyd sal fossileer...
Re: Afrikaans to be Scrapped in Schools in 2005 (Media Report) [boodskap #98871 is 'n antwoord op boodskap #98851] Wo, 29 September 2004 16:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G...[2]  is tans af-lyn  G...[2]
Boodskappe: 2
Geregistreer: September 2004
Karma: 0
Junior Lid
On Wed, 29 Sep 2004 16:17:27 +0200, KP de Kont wrote:

[Jekkitie jek jek - niks van enige konsekwensie nie]

Verskoning aan die regte lesers van die groep, 'skuus en geduld,
maar die mannetjie kort slae!

> I await your response mr boer. Make it quick for I won't dwell
> here long in this mentally deficient NG as the postings are
> largely boring and focussed firmly on perpetuating the past
> regime methods of oppression and mistreatment - acts abhorrent
> to the civilised world. Speak up and be heard.
>

Nou ja, ou Rooinek, hier is dit. Ons sal verskoning vra indien:
jy verskoning vra vir

1. Die Opiumoorlog teen die Sjinese
2. Maggie Fatshit se Falklands-moorde
3. Konsentrasiekampe hier en die scorched earth beleid van lord Kitchener
4. Besetting van Indië*
5. Aflaai van julle bandiete in Australie (en massamoord op die Aboriginee)
6. Ditto Noord-Amerika en die byna-uitwissing van die Indiane. (Het jy geweet dat
daar al in die 13e eeu 'n konfederasie van Nasies daar was)
7. Besetting van Afrika, diefstal van die goud en diamante, massamoorde oral maar
veral aandadigheid aan die Nasionale Selfmoord van die Xhosas.
8. Les bes, skoothondjie Tony Blair se agternahollery met Bush se olie-oorlog tans.
Met so 'n leier kan jy seker trots voel, of hoe?

Dus, ou Fritsie, hier is 'n hele boel karma wat afgewerk moet word. Dit lyk my jy
het reeds die malbeessiekte as mens na jou redenasievermoë kyk. En van boertaal
praat lyk my wiet jy bokkerol.

*Dat die magtige Empaaier darem die knie moes buig voor 'n Ghandi, maer Indiërtjie wat
hulle sonder 'n enkele skoot oorwin het! Hy het glo gesê:

Eers ignoreer hulle ons,
dan lag hulle vir ons,
dan beveg hulle ons.
En dan wen ons.

Sies. Ga . Poe.
Maar julle stink darem.
Re: Afrikaans to be Scrapped in Schools in 2005 (Media Report) [boodskap #98877 is 'n antwoord op boodskap #98868] Wo, 29 September 2004 18:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

Dink tannie nie dat tannie van die suiwer Afrikaanse perd moet afklim,
> so paar jaar in SA moet kom woon en verstom moet staan hoe die taal verander
> nie?

Ek lees gedurig bydraes op Litnet. Ek weet dus hoe
die sogenaamde "moderne" Afrikaans lyk. Ek het
gesien dat hulle op 'n sekere stadium Engels baie
tussen Afrikaans ingegooi het ( De Kat het dit
blykbaar toegelaat.) Maar daardie neiging is nou
aan die verbygaan. Ek korrespondeer amper
daagliks met familie in SA. Ek sien nie dat
Afrikaans besig is om te "verander" nie. Ek
sien egter dat daar baie slegte Afrikaans op
die nuusgroep gebesig word, en dit juis deur
die mense wat hulle beroep op hulle Afrikaans-
heid, en wat gewoonlik sit en kwetter oor die
Engelse taalgebruik en aksent van swart
mense.

Gloudina
Re: Afrikaans to be Scrapped in Schools in 2005 (Media Report) [boodskap #98878 is 'n antwoord op boodskap #98867] Wo, 29 September 2004 18:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

> En om die probleem te vererger, hoekom moet ek my pos drie keer nalees om
> seker te maak dat tannie tevrede sal wees met my spelling?

Aha. Jy sien dus dat ek 'n uitwerking op die
nuusgroep het. Dis wat ek beoog. Om toutjies
te trek. Om klokkies te laat lui. Ek het
oorspronklik die frase "apartheidsvark" op
hierdie nuusgroep geskep. Nou stap Frikkie
Potgieter met daardie woord in sy psige rond.
Hy gebruik dit natuurlik as 'n erenaam. Maar
dit daargelaat.

Gloudina
Re: Afrikaans to be Scrapped in Schools in 2005 (Media Report) [boodskap #98882 is 'n antwoord op boodskap #98867] Wo, 29 September 2004 19:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

>> Vra gerus en ek sal antwoord. Meesal lees ek graag, lag so bietjie, skud
so
> af en toe my kop en skryf wel as ek voel ek wil graag iets sê. Maar ek sal
> myself nooit so voorbarig ag dat ek die nuusgroep kan swaai of draai nie.

Hoekom moet ek vra en jy sal antwoord? ( Terloops,
hoekom so op my gerig?) Hoekom knoop jy nie
gesprekke aan met Suidwester oor sy opinies nie.
Hoekom het ek jou nie sien antwoord op Annette
se baie sterk stuk oor hoe vroumense gedurende
apartheid nie in ag geneem is nie. Dis tog seker
'n bietjie aanvegbaar?

Gloudina
Re: Afrikaans to be Scrapped in Schools in 2005 (Media Report) [boodskap #98883 is 'n antwoord op boodskap #98867] Wo, 29 September 2004 19:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

> Ek het bosbou studeer. Meer spesifiek het ek na bosbestuur m.b.v.
> afstandswaarneming gekyk.

Wat bedoel jy met "afstandswaarneming"?
Het dit iets met GPS te doen? Vertel meer.
Dit klink interessant.

Gloudina
Re: Afrikaans to be Scrapped in Schools in 2005 (Media Report) [boodskap #98884 is 'n antwoord op boodskap #98871] Wo, 29 September 2004 19:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Gatskopper" skryf

> 6. Ditto Noord-Amerika en die byna-uitwissing van die Indiane. (Het jy geweet dat
> daar al in die 13e eeu 'n konfederasie van Nasies daar was)

Ja, en dat dié konfederasie op 'n baie demokratiese
manier hulle sake behartig het, met volop integrasie
van die opinies van vroue in hulle besluite.
Ek weet nie of ons van dieselfde konfederasie praat
nie, maar daar is vandag 'n Eerste Nasie reserwe
in Brantford naby Toronto, waar die Six Nations
heen verskuif het nadat die Amerikaners die Britte
in die Amerikaanse Vryheidsoorlog verslaan het,
en dié ses nasies, wat aan die kant van die Engelse
geveg het, hulle heenkome wou vind.

Gloudina
Re: Afrikaans to be Scrapped in Schools in 2005 (Media Report) [boodskap #98885 is 'n antwoord op boodskap #98871] Wo, 29 September 2004 19:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Gatskopper"

> Dus, ou Fritsie, hier is 'n hele boel karma wat afgewerk moet word.

Aitsa, kyk hoe praat hy nou. Jy sal al die
"Christene" hartaanvalle gee op die nuusgroep.
Veral ou DD, wat so 'n streng Christen is.
Behalwe wanneer hy die taal as Paul van
Staden gooi.

Penkop van die Derde Boere-oorlog
Re: Afrikaans to be Scrapped in Schools in 2005 (Media Report) [boodskap #98886 is 'n antwoord op boodskap #98871] Wo, 29 September 2004 19:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Gatskopper" skryf

> Sies. Ga . Poe.
> Maar julle stink darem.

Jy moet oppas, oom Koot, dat Basjan nie
in jou karakter inklim nie.

Tant Hessie van Mooimeisiesfontein
Re: Afrikaans to be Scrapped in Schools in 2005 (Media Report) [boodskap #98888 is 'n antwoord op boodskap #98882] Wo, 29 September 2004 21:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 29 Sep 2004 15:39:54 -0400, "@rogers.com" wrote:

>
> "Basjan" skryf
> sny
>
> Hoekom moet ek vra en jy sal antwoord? ( Terloops,
> hoekom so op my gerig?) Hoekom knoop jy nie
> gesprekke aan met Suidwester oor sy opinies nie.
> Hoekom het ek jou nie sien antwoord op Annette
> se baie sterk stuk oor hoe vroumense gedurende
> apartheid nie in ag geneem is nie. Dis tog seker
> 'n bietjie aanvegbaar?
>
> Gloudina
>

as jy 'n mansmens was Gloudina,
het ek jou nou vir 'n 'sissie' uitgeskel.
Die outjie maak jou toe kompleet size.

DD
Re: Afrikaans to be Scrapped in Schools in 2005 (Media Report) [boodskap #98889 is 'n antwoord op boodskap #98885] Wo, 29 September 2004 22:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 29 Sep 2004 15:55:19 -0400, "@rogers.com" wrote:

>
> "Gatskopper"
>
>> Dus, ou Fritsie, hier is 'n hele boel karma wat afgewerk moet word.
>
> Aitsa, kyk hoe praat hy nou. Jy sal al die
> "Christene" hartaanvalle gee op die nuusgroep.
> Veral ou DD, wat so 'n streng Christen is.
> Behalwe wanneer hy die taal as Paul van
> Staden gooi.
>
> Penkop van die Derde Boere-oorlog
>

ek was op ander internetplekke besig gewees vanaand.
en skuld julle 'n verskoning dat Paul nie sy opwagting
kon maak nie. Ek het nie die tyd dopgehou nie.
Hopelik stel Paultjie julle nie teleur (vanaand!) nie.

DD

Die brief is nie verkeerd geskryf nie.
Die eerste vanaand was voor 12
die laaste na middernag.
Re: Afrikaans to be Scrapped in Schools in 2005 (Media Report) [boodskap #98904 is 'n antwoord op boodskap #98877] Do, 30 September 2004 07:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:vZGdnYNRffmencbcRVn-gA@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
> Dink tannie nie dat tannie van die suiwer Afrikaanse perd moet afklim,
>> so paar jaar in SA moet kom woon en verstom moet staan hoe die taal
> verander
>> nie?
>
> Ek lees gedurig bydraes op Litnet. Ek weet dus hoe
> die sogenaamde "moderne" Afrikaans lyk. Ek het
> gesien dat hulle op 'n sekere stadium Engels baie
> tussen Afrikaans ingegooi het ( De Kat het dit
> blykbaar toegelaat.) Maar daardie neiging is nou
> aan die verbygaan. Ek korrespondeer amper
> daagliks met familie in SA. Ek sien nie dat
> Afrikaans besig is om te "verander" nie.

Ek sal graag van ander, "egte Suid-Afrikaners" (die wat nog steeds in SA
woon) wil hoor of Afrikaans geduring nuwe idiome en woorde bykry. Met
verander het ek tog nie bedoel dat die Afrikaans van 5 jaar gelede nie meer
gepraat word nie, slegs dat Afrikaans dinamies is. Maar in elk geval, hier
is 'n nuwe idioom vir tannie: "'n Bakker met growwe hande bak fyn brood, al
is sy snye skeef" - 'n growwe verduideliking: Venynigheid kan verskansel
word in mooi taal, maar die implikasies skemer deur so duidelik soos growwe
snye brood.

Basjan
Re: Afrikaans to be Scrapped in Schools in 2005 (Media Report) [boodskap #98905 is 'n antwoord op boodskap #98878] Do, 30 September 2004 07:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:Wt6dndxD57SXnMbcRVn-uQ@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> En om die probleem te vererger, hoekom moet ek my pos drie keer nalees om
>> seker te maak dat tannie tevrede sal wees met my spelling?
>
> Aha. Jy sien dus dat ek 'n uitwerking op die
> nuusgroep het. Dis wat ek beoog. Om toutjies
> te trek. Om klokkies te laat lui.

Goeie spelling was nog altyd goed. Ek merk slegs op dat tannie se
sogenaamde "suiwer" motiewe baie bitter en aanvallend oorkom. En as tannie
sal oplet, sê ek dat ek weier om pos drie keer na te gaan om tannie gelukkig
te hou. Dus is die toutjies wat getrek word en die klokkies was lui êrens
in tannie se agtertuin, nie hier by my nie. Ek is hier om mense se idees te
hoor en saam te gesels, nie om ander oor die vingers te tik of om hulle te
leer wat die spoed van lig is of hoe om "discombobulated" te spel nie.

> Ek het
> oorspronklik die frase "apartheidsvark" op
> hierdie nuusgroep geskep.

Nou wonder ek of dit 'n voorbeeld kan wees van 'n nuwe Afrikaanse woord?

Basjan
Re: Afrikaans to be Scrapped in Schools in 2005 (Media Report) [boodskap #98907 is 'n antwoord op boodskap #98882] Do, 30 September 2004 08:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:za6dnWQwcbHrk8bcRVn-ow@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>>> Vra gerus en ek sal antwoord. Meesal lees ek graag, lag so bietjie,
>>> skud
> so
>> af en toe my kop en skryf wel as ek voel ek wil graag iets sê. Maar ek
> sal
>> myself nooit so voorbarig ag dat ek die nuusgroep kan swaai of draai nie.
>
> Hoekom moet ek vra en jy sal antwoord?

Tannie het dan gevra hoe ek voel oor sekere sake? Wat? Aborsie? Politiek?
Nuwe roomysgeure? Ek gesels graag saam as ek ook iets wil sê. Ander tye
gedra ek my soos baie, baie ander gebruikers van die groep: Mense wat
sommer vir die lekker kom lees en lag of kop skud vir skrywers se kwinkslae.

> ( Terloops,
> hoekom so op my gerig?) Hoekom knoop jy nie
> gesprekke aan met Suidwester oor sy opinies nie.

Want ek verstaan waar hy vandaan kom. Hy bly regtig in die plek waaroor hy
skryf en opinies lewer.
Ander spoeg links en regs vuur, dit terwyl hulle nie eers 'n voet in SA het
nie. Ek was vier jaar gelede by die huis. Wat ek van SA weet, lees ek in
die media, of hoor ek by linkse en regse vriende uit SA. Nou kuier ek by 'n
Belg en hy vra my presies hoe gaan dit nou in SA? Ek kan hom breë trekke
weergee, maar wie is ek om my mond uit ste spoel oor 'n plek en sy mense wat
ek so lank terug regtig ervaar (permanent, nie kuier) het?

Verder, as iemand sê 4+4 = 8, wat baat dit my om te sê: Ja, 4+4 in inderdaad
8? Maar as iemand sê die antwoord is 7, dan raak ek graag betrokke by die
gesprek... (figuurlik gesproke)

> Hoekom het ek jou nie sien antwoord op Annette
> se baie sterk stuk oor hoe vroumense gedurende
> apartheid nie in ag geneem is nie. Dis tog seker
> 'n bietjie aanvegbaar?

Sy het 'n (goeie) punt gemaak en ek was daardie dag besig om my standpunt
oor 'n nuwe roomysgeur te vorm. Ek is mos nie verplig om op iedere en elk
se pos te reageer nie, slegs die waar ek graag wil saamgesels? En boonop
het sy nie 'n persoon aangeval nie.

Basjan
Re: Afrikaans to be Scrapped in Schools in 2005 (Media Report) [boodskap #98908 is 'n antwoord op boodskap #98883] Do, 30 September 2004 08:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:yvmdnap-T_Fsk8bcRVn-sg@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> Ek het bosbou studeer. Meer spesifiek het ek na bosbestuur m.b.v.
>> afstandswaarneming gekyk.
>
> Wat bedoel jy met "afstandswaarneming"?
> Het dit iets met GPS te doen? Vertel meer.
> Dit klink interessant.

G(eografiese) P(osisionering) S(telsels) is meer 'n komponent van
G(eografiese) I(inligting) S(telsels) , alhoewel GPS ook in
afstandswaarneming gebruik word. Afstandswaarneming verwys spesifiek na
satellietbeelde, lugfotos, of enige tipe meting wat sonder direkte kontak
met die voorwerp gemaak word. Ek het, sonder om almal te verveel, beelde
gebruik om bosse te klassifiseer en 'n "airborne" laser-sisteem gebruik om
volume en biomass te bepaal. Dit kan dus as 'n volledige inventarisstelsel
gebruik word; mens kan sodoende volume aan spesies toeken dmv
afstandswaarneming.

Basjan
Re: Afrikaans to be Scrapped in Schools in 2005 (Media Report) [boodskap #98910 is 'n antwoord op boodskap #98886] Do, 30 September 2004 09:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:PZOdncWl_7Lkj8bcRVn-tg@rogers.com...
>
> "Gatskopper" skryf
>
>> Sies. Ga . Poe.
>> Maar julle stink darem.
>
> Jy moet oppas, oom Koot, dat Basjan nie
> in jou karakter inklim nie.

Nooit gesien nie. "Oom Koot" se "julle" is pragtig generies. Ek dink hy
vat mooi raak!

Basjan
Re: Afrikaans to be Scrapped in Schools in 2005 (Media Report) [boodskap #98911 is 'n antwoord op boodskap #98907] Do, 30 September 2004 10:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Van iets lekkers gepraat - gisteraand die lekkerste skuimpies ooit geëet -
die dame plaas iets daarin wat dit besonders maak - buitekant is dit vreslik
bros, maar binne- in is daar 'n geurige taai kouseltjie.
--
Groetnis
Annette
wrote in message news:cjgenb$e9d$1@solaris.cc.vt.edu...
>
> "@rogers.com" wrote in message
> news:za6dnWQwcbHrk8bcRVn-ow@rogers.com...
>>
>> "Basjan" skryf
>>
>>>> Vra gerus en ek sal antwoord. Meesal lees ek graag, lag so bietjie,
>>>> skud
>> so
>>> af en toe my kop en skryf wel as ek voel ek wil graag iets sê. Maar ek
>> sal
>>> myself nooit so voorbarig ag dat ek die nuusgroep kan swaai of draai
nie.
>>
>> Hoekom moet ek vra en jy sal antwoord?
>
> Tannie het dan gevra hoe ek voel oor sekere sake? Wat? Aborsie? Politiek?
> Nuwe roomysgeure? Ek gesels graag saam as ek ook iets wil sê. Ander tye
> gedra ek my soos baie, baie ander gebruikers van die groep: Mense wat
> sommer vir die lekker kom lees en lag of kop skud vir skrywers se kwinkslae.
>
>> ( Terloops,
>> hoekom so op my gerig?) Hoekom knoop jy nie
>> gesprekke aan met Suidwester oor sy opinies nie.
>
> Want ek verstaan waar hy vandaan kom. Hy bly regtig in die plek waaroor hy
> skryf en opinies lewer.
> Ander spoeg links en regs vuur, dit terwyl hulle nie eers 'n voet in SA het
> nie. Ek was vier jaar gelede by die huis. Wat ek van SA weet, lees ek in
> die media, of hoor ek by linkse en regse vriende uit SA. Nou kuier ek by 'n
> Belg en hy vra my presies hoe gaan dit nou in SA? Ek kan hom breë trekke
> weergee, maar wie is ek om my mond uit ste spoel oor 'n plek en sy mense wat
> ek so lank terug regtig ervaar (permanent, nie kuier) het?
>
> Verder, as iemand sê 4+4 = 8, wat baat dit my om te sê: Ja, 4+4 in inderdaad
> 8? Maar as iemand sê die antwoord is 7, dan raak ek graag betrokke by die
> gesprek... (figuurlik gesproke)
>
>> Hoekom het ek jou nie sien antwoord op Annette
>> se baie sterk stuk oor hoe vroumense gedurende
>> apartheid nie in ag geneem is nie. Dis tog seker
>> 'n bietjie aanvegbaar?
>
> Sy het 'n (goeie) punt gemaak en ek was daardie dag besig om my standpunt
> oor 'n nuwe roomysgeur te vorm. Ek is mos nie verplig om op iedere en elk
> se pos te reageer nie, slegs die waar ek graag wil saamgesels? En boonop
> het sy nie 'n persoon aangeval nie.
>
> Basjan
>
Re: Afrikaans to be Scrapped in Schools in 2005 (Media Report) [boodskap #98914 is 'n antwoord op boodskap #98904] Do, 30 September 2004 11:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

slegs dat Afrikaans dinamies is. Maar in elk geval, hier
> is 'n nuwe idioom vir tannie: "'n Bakker met growwe hande bak fyn brood, al
> is sy snye skeef" - 'n growwe verduideliking: Venynigheid kan verskansel
> word in mooi taal, maar die implikasies skemer deur so duidelik soos growwe
> snye brood.

Baie interessant. 'n Idioom is natuurlik iets wat
in die volksmond ontstaan het, en voortbestaan.
Ek neem aan jou voorbeeld is 'n idioom, dus
iets wat in die volksmond bestaan.

Gloudina
Re: Afrikaans to be Scrapped in Schools in 2005 (Media Report) [boodskap #98915 is 'n antwoord op boodskap #98905] Do, 30 September 2004 11:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

Ek is hier om mense se idees te
> hoor en saam te gesels, nie om ander oor die vingers te tik of om hulle te
> leer wat die spoed van lig is of hoe om "discombobulated" te spel nie.

Jy sê jy is hier om met mense saam te gesels, maar
jou gesprekke is amper uitsluitlik tot my gerig. Is
dit nie tyd dat jy met ander mense begin gesels nie?

Gloudina
Re: Afrikaans to be Scrapped in Schools in 2005 (Media Report) [boodskap #98916 is 'n antwoord op boodskap #98907] Do, 30 September 2004 11:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan skryf

> Sy het 'n (goeie) punt gemaak en ek was daardie dag besig om my standpunt
> oor 'n nuwe roomysgeur te vorm. Ek is mos nie verplig om op iedere en elk
> se pos te reageer nie, slegs die waar ek graag wil saamgesels? En boonop
> het sy nie 'n persoon aangeval nie.

Gaan terug en lees die draad weer. Sy het
wel iemand kortgevat oor wat hy gesê
het.

Gloudina
Re: Afrikaans to be Scrapped in Schools in 2005 (Media Report) [boodskap #98917 is 'n antwoord op boodskap #98908] Do, 30 September 2004 11:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

. Ek het, sonder om almal te verveel, beelde
> gebruik om bosse te klassifiseer en 'n "airborne" laser-sisteem gebruik om
> volume en biomass te bepaal. Dit kan dus as 'n volledige inventarisstelsel
> gebruik word; mens kan sodoende volume aan spesies toeken dmv
> afstandswaarneming.

Baie interessant. Dié soort kundigheid sal natuurlik
van groot nut wees vir almal in Noord-Amerika, veral
Kanada, waar daar nog groot dele bewoud is. Maar
wat dan jy nou in België met dié kundigheid? Tensy
jy daaroor klasgee aan 'n universiteit?

Gloudina
Re: Afrikaans to be Scrapped in Schools in 2005 (Media Report) [boodskap #98919 is 'n antwoord op boodskap #98915] Do, 30 September 2004 12:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:6LqdnYgNGOPkcsbcRVn-rQ@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
> Ek is hier om mense se idees te
>> hoor en saam te gesels, nie om ander oor die vingers te tik of om hulle
>> te
>> leer wat die spoed van lig is of hoe om "discombobulated" te spel nie.
>
> Jy sê jy is hier om met mense saam te gesels, maar
> jou gesprekke is amper uitsluitlik tot my gerig. Is
> dit nie tyd dat jy met ander mense begin gesels nie?

Op die stadium gesels ek graag met tannie...
Re: Afrikaans to be Scrapped in Schools in 2005 (Media Report) [boodskap #98920 is 'n antwoord op boodskap #98917] Do, 30 September 2004 12:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:F7KdnTPnvJDqbMbcRVn-rQ@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
> . Ek het, sonder om almal te verveel, beelde
>> gebruik om bosse te klassifiseer en 'n "airborne" laser-sisteem gebruik om
>> volume en biomass te bepaal. Dit kan dus as 'n volledige inventarisstelsel
>> gebruik word; mens kan sodoende volume aan spesies toeken dmv
>> afstandswaarneming.
>
> Baie interessant. Dié soort kundigheid sal natuurlik
> van groot nut wees vir almal in Noord-Amerika, veral
> Kanada, waar daar nog groot dele bewoud is. Maar
> wat dan jy nou in België met dié kundigheid? Tensy
> jy daaroor klasgee aan 'n universiteit?

Die toepassings is menig en breed - mens kan byvoorbeeld vloedrisikos bepaal
met die laser (grondhoogte-modelle), boom- en gewas toestand bepaal met die
satelliet, en so aan. En dan gee ek wel klas in "aardobservatie" (Belgiese
spelling) en begelei ander navorsers in soortgelyke velde...

Basjan
Re: Afrikaans to be Scrapped in Schools in 2005 (Media Report) [boodskap #98921 is 'n antwoord op boodskap #98914] Do, 30 September 2004 12:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:KrGdnbajcLJMc8bcRVn-hw@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
> slegs dat Afrikaans dinamies is. Maar in elk geval, hier
>> is 'n nuwe idioom vir tannie: "'n Bakker met growwe hande bak fyn brood, al
>> is sy snye skeef" - 'n growwe verduideliking: Venynigheid kan verskansel
>> word in mooi taal, maar die implikasies skemer deur so duidelik soos growwe
>> snye brood.
>
> Baie interessant. 'n Idioom is natuurlik iets wat
> in die volksmond ontstaan het, en voortbestaan.
> Ek neem aan jou voorbeeld is 'n idioom, dus
> iets wat in die volksmond bestaan.

Ek gaan my heel beste doen om dit te laat voortbestaan!

Basjan
Re: Afrikaans to be Scrapped in Schools in 2005 (Media Report) [boodskap #98922 is 'n antwoord op boodskap #98919] Do, 30 September 2004 12:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

> Op die stadium gesels ek graag met tannie...

Nou voel ek amper gevlei.

Tant Hessie van die Algonquins
Re: Afrikaans to be Scrapped in Schools in 2005 (Media Report) [boodskap #98923 is 'n antwoord op boodskap #98920] Do, 30 September 2004 12:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

> Die toepassings is menig en breed - mens kan byvoorbeeld vloedrisikos bepaal
> met die laser (grondhoogte-modelle), boom- en gewas toestand bepaal met die
> satelliet, en so aan. En dan gee ek wel klas in "aardobservatie" (Belgiese
> spelling) en begelei ander navorsers in soortgelyke velde...

Ek neem aan dat hierdie soort navorsing en sy
toepassings seker ook hier in Kanada bestudeer
en benut word. Weet jy miskien watter universiteit
hier in Kanada die beste navorsing op jou gebied
doen?

Gloudina
Re: Afrikaans to be Scrapped in Schools in 2005 (Media Report) [boodskap #98924 is 'n antwoord op boodskap #98923] Do, 30 September 2004 13:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:q72dnV8j-uArZcbcRVn-gQ@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> Die toepassings is menig en breed - mens kan byvoorbeeld vloedrisikos
> bepaal
>> met die laser (grondhoogte-modelle), boom- en gewas toestand bepaal met
> die
>> satelliet, en so aan. En dan gee ek wel klas in "aardobservatie"
> (Belgiese
>> spelling) en begelei ander navorsers in soortgelyke velde...
>
> Ek neem aan dat hierdie soort navorsing en sy
> toepassings seker ook hier in Kanada bestudeer
> en benut word. Weet jy miskien watter universiteit
> hier in Kanada die beste navorsing op jou gebied
> doen?

Die mense in Vancouver (en Victoria?) is baie aktief in die gebiede. Die
spesifieke tegnologie staan bekend as lidar ("light detection and ranging")
en is die optiese eweknie van radar ("radio detection and ranging").
Terloops, Kanada word algemeen beskou as die "ontdekkers" van GIS en is o.a.
geweldig aktief in die geografiese en afstandswaarneming navorsingsvelde.

Basjan
Re: Afrikaans to be Scrapped in Schools in 2005 (Media Report) [boodskap #98925 is 'n antwoord op boodskap #98924] Do, 30 September 2004 13:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

> Terloops, Kanada word algemeen beskou as die "ontdekkers" van GIS en is o.a.
> geweldig aktief in die geografiese en afstandswaarneming navorsingsvelde.

Ja, ek weet nie te baie van hierdie goed nie, maar
ek weet dat die Universiteit van New Brunswick
se "Surveying Engineering" departement baie vroeg
hulle merk gemaak het en as een van die beste
landmetersdepartemente in die wêreld beskou is.
Nou is die gebruik van satelliete en die toepassings
natuurlik verbasend versatiel. Ek sien dat hulle
nou begin om "tracking devices" aan ouers te
verkoop om te bepaal waar hulle kinders is.

Gloudina
Re: Afrikaans to be Scrapped in Schools in 2005 (Media Report) [boodskap #98926 is 'n antwoord op boodskap #98925] Do, 30 September 2004 13:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Versatiel? Versatiel? En jy beskou jou genoeg van 'n ghuru van Afrikaans
om almal te kritiseer?

"@rogers.com" skryf in boodskap news:nZOdnVnyi8YJkMHcRVn-hg@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> Terloops, Kanada word algemeen beskou as die "ontdekkers" van GIS en is
> o.a.
>> geweldig aktief in die geografiese en afstandswaarneming navorsingsvelde.
>
> Ja, ek weet nie te baie van hierdie goed nie, maar
> ek weet dat die Universiteit van New Brunswick
> se "Surveying Engineering" departement baie vroeg
> hulle merk gemaak het en as een van die beste
> landmetersdepartemente in die wêreld beskou is.
> Nou is die gebruik van satelliete en die toepassings
> natuurlik verbasend versatiel. Ek sien dat hulle
> nou begin om "tracking devices" aan ouers te
> verkoop om te bepaal waar hulle kinders is.
>
> Gloudina
>
Re: Afrikaans to be Scrapped in Schools in 2005 (Media Report) [boodskap #98932 is 'n antwoord op boodskap #98911] Do, 30 September 2004 23:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Wat is n skuimpie? n Meringue? Dan is dit mos n koekie en nie n lekker
nie??

"Annette" skryf in boodskap news:cjglnd$83s$1@ctb-nnrp2.saix.net...
Van iets lekkers gepraat - gisteraand die lekkerste skuimpies ooit geëet -
die dame plaas iets daarin wat dit besonders maak - buitekant is dit vreslik
bros, maar binne- in is daar 'n geurige taai kouseltjie.
--
Groetnis
Annette
wrote in message news:cjgenb$e9d$1@solaris.cc.vt.edu...
>
> "@rogers.com" wrote in message
> news:za6dnWQwcbHrk8bcRVn-ow@rogers.com...
>>
>> "Basjan" skryf
>>
>>>> Vra gerus en ek sal antwoord. Meesal lees ek graag, lag so bietjie,
>>>> skud
>> so
>>> af en toe my kop en skryf wel as ek voel ek wil graag iets sê. Maar ek
>> sal
>>> myself nooit so voorbarig ag dat ek die nuusgroep kan swaai of draai
nie.
>>
>> Hoekom moet ek vra en jy sal antwoord?
>
> Tannie het dan gevra hoe ek voel oor sekere sake? Wat? Aborsie? Politiek?
> Nuwe roomysgeure? Ek gesels graag saam as ek ook iets wil sê. Ander tye
> gedra ek my soos baie, baie ander gebruikers van die groep: Mense wat
> sommer vir die lekker kom lees en lag of kop skud vir skrywers se kwinkslae.
>
>> ( Terloops,
>> hoekom so op my gerig?) Hoekom knoop jy nie
>> gesprekke aan met Suidwester oor sy opinies nie.
>
> Want ek verstaan waar hy vandaan kom. Hy bly regtig in die plek waaroor hy
> skryf en opinies lewer.
> Ander spoeg links en regs vuur, dit terwyl hulle nie eers 'n voet in SA het
> nie. Ek was vier jaar gelede by die huis. Wat ek van SA weet, lees ek in
> die media, of hoor ek by linkse en regse vriende uit SA. Nou kuier ek by ´n
> Belg en hy vra my presies hoe gaan dit nou in SA? Ek kan hom breë trekke
> weergee, maar wie is ek om my mond uit ste spoel oor 'n plek en sy mense wat
> ek so lank terug regtig ervaar (permanent, nie kuier) het?
>
> Verder, as iemand sê 4+4 = 8, wat baat dit my om te sê: Ja, 4+4 in inderdaad
> 8? Maar as iemand sê die antwoord is 7, dan raak ek graag betrokke by die
> gesprek... (figuurlik gesproke)
>
>> Hoekom het ek jou nie sien antwoord op Annette
>> se baie sterk stuk oor hoe vroumense gedurende
>> apartheid nie in ag geneem is nie. Dis tog seker
>> 'n bietjie aanvegbaar?
>
> Sy het 'n (goeie) punt gemaak en ek was daardie dag besig om my standpunt
> oor 'n nuwe roomysgeur te vorm. Ek is mos nie verplig om op iedere en elk
> se pos te reageer nie, slegs die waar ek graag wil saamgesels? En boonop
> het sy nie 'n persoon aangeval nie.
>
> Basjan
>
Re: Afrikaans to be Scrapped in Schools in 2005 (Media Report) [boodskap #98952 is 'n antwoord op boodskap #98851] Vr, 01 Oktober 2004 09:12 Na vorige boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Well you obviously cannot read even in your own language.
How well does your mother read, by the way?
Can she read?

On Wed, 29 Sep 2004 06:47:24 +0200, KP de Kont
wrote:

> Yes you dom donders - that's what should happen to your outdated
> language.
>
> It is not worthy of even being mentioned in the history books.
>
> Ga sies, you had better ask the dominee to save you.
>
> KP
Vorige onderwerp: Wie dink jy is jy?
Volgende onderwerp: Sjinese besigheid.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 03 11:54:52 MGT 2024