Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Net nog maar Engels en Zoeloe
Net nog maar Engels en Zoeloe [boodskap #9884] Wo, 02 Julie 1997 00:00
Gys Dubbeld  is tans af-lyn  Gys Dubbeld
Boodskappe: 21
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Junior Lid
Tot onlangs kon 'n mens aan die Universiteit van Natal in Durban die
volgende tale bestudeer: Afrikaans en Nederlands, Duits, Frans, Grieks,
Latyn en Spaans almal vanaf eerste jaar tot by honneurs en verder tot by jou
doktorsgraad, asook Italiaans tot op tweedejaarsvlak.

Vanaf 1998 sal tot die verlede behoort. Weens "ekonomiese" redes word
die departemente wat hierdie kursusse aanbied vanaf die einde van 1997
effektief afgeskaf en sal die meeste van hulle personeel waarskynlik die
trekpas kry. Die universiteit het onderneem dat "indien die aanvraag dit
regverdig" hierdie tale in die toekoms "moontlik" op inleidende vlak
aangebied sal word. Verder word die Departmente Afrikaans en Nederlands en
Duits in Pietermaritzburg ook op dieselfde manier afgeskaf. Die enigste
tale wat nog volledig tot op derdejaarsvlak en verder aangebied sal
word is Engels en Zoeloe, en miskien nog Frans in Pietermaritzburg.

Die implikasies van hierdie "besparingsmaatreels" reik veel verder. Verwante
kursusse soos: Literere Studies, Europese Beskawing, Klassieke Beskawing,
(interdissiplinere studierigtings wat tot op derdejaar en verder gevolg kon
word) sowel as "Jewish Studies" bly waarskynlik ook in die slag. Almal
slagoffers van 'n kombinasie van kortsigtige besluite geneem op die basis
van "ekonomiese" en "polities korrekte" oorwegings.

'n Mens bevraagteken sterk die "ekonomiese" aard van hierdie besluite. Dit
is waar dat, veral op tweede en derdejaarsvlak, die studentegetalle vir
party van hierdie kursusse maar klein is - maar dit was altyd die geval.
Aan die ander kant word sommige van hierdie kursusse ruimskoots befonds
uit ander bronne (veral van Belgiese, Duitse, Franse en Nederlandse
kant).

Laat ons veral nie dit vergeet nie: Die basis van ons hele regstelsel is
oorspronkelik in Latyn en Nederlands opgestel, Marie Curie het haar
ontdekkings in Frans geskryf, Einstein en Heissenberg hulle bevindings in
Duits geskryf. En dan het ons nog die hele literere erfenis uit al hierdie
en uit Afrikaans.

Gys
Vorige onderwerp: Oor dimensies, chaos en nog wat.
Volgende onderwerp: Dimensies, chaos en nog goeters.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 02:44:30 MGT 2024