Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vertel asb
Vertel asb [boodskap #98799] Ma, 27 September 2004 14:59 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Kan een van die mense wat daar onder in Transvaal bly of by Die Beeld werk,
vir ons vertel van die mense van die nuwe Regse beweging TrotsBoer wat Paul
Kruger se standbeeld Saterdag gewas het?
Ek hoor hy is toegedraai - hoekom?
--
Groetnis
Annette
Re: Vertel asb [boodskap #98803 is 'n antwoord op boodskap #98799] Ma, 27 September 2004 17:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
P_65  is tans af-lyn  P_65
Boodskappe: 43
Geregistreer: September 2004
Karma: 0
Volle Lid
Annette was zeer hard aan het denken :
> Kan een van die mense wat daar onder in Transvaal bly of by Die Beeld werk,
> vir ons vertel van die mense van die nuwe Regse beweging TrotsBoer wat Paul
> Kruger se standbeeld Saterdag gewas het?
> Ek hoor hy is toegedraai - hoekom?

Kampvegters vir standbeelde skrop 'oom Paul' skoon
Marietie Louw

Mnr. Peet Wessels, president van die Trots Boer-beweging, by die
standbeeld van pres. Paul Kruger op Kerkplein, wat deur dié beweging
gewas is. Foto: LEON BOTHA

Oom Paul blink weer.

'n Beweging wat hom beywer vir die voortbestaan van standbeelde in
Suid-Afrika het die Jakarandastad se bekendste standbeeld Saterdag
behoorlik geskrop.

Sowat 30 lede van die Trots Boer-beweging het vroegoggend met drie
vuurvegters (sleepwaens met dromme water en spuite soortgelyk aan
dié van die brandweer) begin om oom Paul op Kerkplein te was.

Mnr. Peet Wessels, president van Trots Boer, het gesê die doel was
om die debat oor die voortbestaan van standbeelde aan te
wakker. "Ons wil hê mense moet voor 10 Oktober, wat pres. Paul
Kruger se verjaardag was, weer begin praat oor die voortbestaan van
ons standbeelde."

Nuuskieriges het vroeg reeds op Kerkplein saamgedrom om die wassery
te aanskou.

Wessels het gesê op aanbeveling van kundiges het hulle geen
chemikalieë of seep gebruik om oom Paul te was nie. "Ons wou niks
doen wat die beeld kon beskadig nie."

Die wassers het slegs sagte borsels en water gebruik.

Ná die wassery is rolle borrelplastiek gebruik om die standbeeld toe
te draai.

"Dit was bloot om aandag te trek en dat mense moet kennis neem van
ons standbeelde," het Wessels gesê.

Verskeie Duitse toeriste wat Kerkplein besoek het, was ontevrede
omdat hulle nie foto's van die standbeeld kon neem nie.

Dit is steeds 'n raaisel wie die borrelplastiek om oom Paul verwyder
het, want Sondagoggend het hy in sy volle glorie gepryk - sonder die
plastiek.

Kapt. Piletji Sebola, woordvoerder van die polisie, het gesê die
polisiediens het dit nie verwyder nie.

Mnr. Johan Pieterse, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, en
mnr. Mel Vosloo, woordvoerder van die Tswhane-metropolisie, het ook
ontken dat hulle die plastiek verwyder het.

"Dit is 'n raaisel, miskien het die duiwe op die plein dit
afgehaal," het Wessels gesê.

Hy het bygevoeg die Trots Boer-beweging sal soortgelyke aksies loods
om Afrikaner-belange te bevorder.

mlo...@beeld.com

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_1595305,00. html

Gaan ook na www.trotsboer.co.za

--
Dit is een automatische handtekening van MesNews.
Site : http://mesnews.no-ip.com
Re: Vertel asb [boodskap #98806 is 'n antwoord op boodskap #98803] Ma, 27 September 2004 17:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
> Kampvegters vir standbeelde skrop 'oom Paul' skoon
> Marietie Louw

> Mnr. Johan Pieterse, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, en
> mnr. Mel Vosloo, woordvoerder van die Tswhane-metropolisie, het ook
> ontken dat hulle die plastiek verwyder het.

Aitsa, kyk die lekker Afrikaner-name. En ek het
al die tyd gedink dat geen witman in SA meer
êrens 'n ou plekkie kan kry om te werk nie.

Tant Hessie van Spioenkop
Re: Vertel asb [boodskap #98807 is 'n antwoord op boodskap #98799] Ma, 27 September 2004 17:56 Na vorige boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 27 Sep 2004 16:59:18 +0200, "Annette" wrote:

> Kan een van die mense wat daar onder in Transvaal bly of by Die Beeld werk,
> vir ons vertel van die mense van die nuwe Regse beweging TrotsBoer wat Paul
> Kruger se standbeeld Saterdag gewas het?
> Ek hoor hy is toegedraai - hoekom?

Net sy hande is vasgehou deur die diereliefhebbers,
wanneer daar duiwe naby was.

DD
Vorige onderwerp: F9/11
Volgende onderwerp: Eerstejaars
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 21:38:28 MGT 2024