Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Dislojaal en onpatrioties?
Dislojaal en onpatrioties? [boodskap #98787] Ma, 27 September 2004 07:25 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek kry al hoe meer die idee dat mense die twee bogenoemde idees kan verwar,
juis omdat hul in sigself so verwarrend is.
. Scenario - 'n Werker kom agter dat sy baas en die firma met grootskaalse
agterbakse bedrywighede besig is.
Hy rapporteer dit aan die owerhede wat die kroeks vang en opsluit.
1) Was hy dislojaal teenoor se medewerkers, en die firma, deur dit te
rapporteer, of was hy lojaal aan sy medewerkers dat hulle nie saam in die
gemors beland het nie?
2) Was sy optrede patrioties, omdat hy sy land en die regstelsel gestel het
bo sy eie gemak?
3) Was hy onpatrioties en dislojaal om sy werkgewer in 'n swak lig te stel
ten aanskoue van almal, en die wêreld nou weet hoe maklik vervalsing en
ander misdaad hier kan plaasvind?

So het ek werklik 'n probleem met die mense van die VSA, wat dink as iemand
hul eie mening lug, wat heelwaarskynlik baie ander mense se mening ook is,
die persoon dislojaal of onpatrioties is. Ek dink dit is nie een van die
twee nie.
In gister se Rapport skryf iemand dat daar tans in die VSA so 'n gevoel van
paranoia heers, dat dit hom herhinner aan SA van 20 jaar gelede.
Ek wonder nog steeds hoe Cat Stevens die een week 'n toekenning kan ontvang
vir humanitêre optrede, en die volgende week toegang tot die VSA geweier
word slegs omdat hy die Moslems se saak ondersteun. Hy het nog nooit
opruiende openbare toesprake gehou, mense aangemoedig om geweld te pleeg of
selfs 'n geweer hanteer nie. Vraag is ook hoekom hulle nie Cassius Clay (
Mohammed Ali) deporteer of gevange geneem nie, want hy het presies dieselfde
as Cat Stevens gedoen - sy naam verander, en hy ondersteun die Moslem saak.
--
Groetnis
Annette
Re: Dislojaal en onpatrioties? [boodskap #98842 is 'n antwoord op boodskap #98787] Di, 28 September 2004 17:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf:

> So het ek werklik 'n probleem met die mense van die VSA, wat dink as iemand
> hul eie mening lug, wat heelwaarskynlik baie ander mense se mening ook is,
> die persoon dislojaal of onpatrioties is. Ek dink dit is nie een van die
> twee nie.

Ek dink ook nie dit is een van die 2 nie, maar eerder mense met 'n
baie lae NE. Hulle gebruik die tipe van woorde om die wat anders as
hulle dink, en die wereld anders beskou, te probeer "straf".
Gaan kyk gerus wie die mense is wat hierdie spesifieke woorde gebruik
(dislojaal en onpatrioties). Oor die algemeen sal dit dieselfde groep
wees wat nogsteeds die retoriek van die koue oorlog napraat. Hier in
Amerika sal hulle dan uit die aard van die saak ook gewoonlik groot
aanhangers van Reagan wees, en definitief, sonder uitsondering sal
hulle Republikeine wees, of ten minste baie sterk na die konserwatiewe
regse kant, neig. Dis maar net my persoonlike observasie, en ek mag
natuurlik verkeerd wees.

Ek lees juis netnou 'n interessante artikel wat onlangs verskyn het in
die Journal of Personality, Volume 72 Issue 5 Page 995 - October
2004:
The Impact of Personality on Cognitive, Behavioral, and Affective
Political Processes: The Effects of Need to Evaluate

Abstract
Need to evaluate (NE) is a personality trait that reflects a person's
proclivity to create and hold attitudes; people high in NE are
especially likely to form attitudes toward all sorts of objects. Using
data from the 1998 National Election Survey Pilot and the 2000
National Election Survey, NE was shown to predict a variety of
important attitude-relevant cognitive, behavioral, and affective
political processes beyond simply holding attitudes: NE predicted how
many evaluative beliefs about candidates a person held, the likelihood
that a person would use party identification and issue stances to
determine candidate preferences, the extent to which a person engaged
in political activism, the likelihood that a person voted or intended
to vote, the extent to which a person used the news media for
gathering information, and the intensity of emotional reactions a
person felt toward political candidates. Thus, NE appears to play a
powerful role in shaping important political behavior, emotion, and
cognition.



'n Baie interessante observasie wat gemaak word is die voorstel dat
mense wat grootgemaak is in 'n baie streng omgewing en in samelewings
wat baie streng re"els en regulasies toepas, meer neig na 'n
politiese stelsel wat dieselfde streng re"els en regulasies sal
toepas, sal voorstaanders wees van die doodstraf en ander "harsh
punishments" vir ander. Dieselfde is blykbaar waar vir mense met 'n
lae selfbeeld.
Re: Dislojaal en onpatrioties? [boodskap #98844 is 'n antwoord op boodskap #98787] Di, 28 September 2004 19:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf

> So het ek werklik 'n probleem met die mense van die VSA, wat dink as iemand
> hul eie mening lug, wat heelwaarskynlik baie ander mense se mening ook is,
> die persoon dislojaal of onpatrioties is.

Mens moet oppas om die "mense van die VSA" oor
een kam te skeer. Daar is wel 'n klein groepie mense
wat hierdie onpatrioties/dislojaal beuel blaas vir
al wat dit werd is, maar daar is gesonde argumente
vir en teen alles in die VSA. Mens moet onthou dat
die reg om die VSA se vlag te skend een van die
dinge is wat hulle konstitusie toelaat. Ek is nie so
seker dat as iemand hier in Kanada die vlag in die
openbaar verbrand, hy so maklik daarvan sal
afkom nie.

Gloudina
Re: Dislojaal en onpatrioties? [boodskap #98845 is 'n antwoord op boodskap #98787] Di, 28 September 2004 19:24 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf

> In gister se Rapport skryf iemand dat daar tans in die VSA so 'n gevoel van
> paranoia heers, dat dit hom herhinner aan SA van 20 jaar gelede.

Hierdie observasie is interessant, want die persoon wat
in Rapport skryf, verwys dus seker na die tagtigerjare
in SA, 'n tyd toe hulle nog van die "rooi gevaar" en
"die swart gevaar" gepraat het. Kan die persoon wat
in Rapport skryf ( wat 'n konserwatiewe (?) blad is),
nou werklik sê kyk ons was paranoies, vir niks?

Gloudina
Vorige onderwerp: Vir Gloudina en kie vanaf Mbeki se broer
Volgende onderwerp: Hoe moeilik is dit om te verstaan?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 21 10:39:34 MGT 2024