Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » MUSIEK NAVRAAG VANUIT SYDNEY
MUSIEK NAVRAAG VANUIT SYDNEY [boodskap #9824] Vr, 20 Junie 1997 00:00 na volgende boodskap
Sharl Short  is tans af-lyn  Sharl Short
Boodskappe: 2
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Junior Lid
Ek is op soek na die naam van 'n cd wat gebaseer was op 'n tv program
van so 3 jaar terug. (Die se naam het ek ook al hoeka vergeet!)

Afrikaanse TV program. Dit was verfilm in die Oos Tvl (Hazyview se
wêreld) en die temaliedjie was iets te doen met "Treine, spore en stasies"

Kan iemand miskien help?

Baie dankie!
sps...@acay.com.au
Re: MUSIEK NAVRAAG VANUIT SYDNEY [boodskap #9826 is 'n antwoord op boodskap #9824] Sa, 21 Junie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Sharl Short" wrote:
> Ek is op soek na die naam van 'n cd wat gebaseer was op 'n tv program
> van so 3 jaar terug. (Die se naam het ek ook al hoeka vergeet!)
>

Ek het gelukkig nie veel tyd om TV te kyk nie, so ek ken nie die program nie,
maar dit klink vir my of jy verwys na Richard van der Westhuizen en Lochner de
Kock se "Tussen Treine". Die CD is deur Transistor Music bemark, en die
"chorus" gaan so:

"Tussen treine, tussen stasies
Lê daar basies net die leë spore
Tussen treine, tussen stasies
Lê die leë spasies van die onskuld nou verlore ..."

Ek kan die res van die woorde vir jou stuur as jy belangstel.

Groete,
V.
Re: MUSIEK NAVRAAG VANUIT SYDNEY [boodskap #9843 is 'n antwoord op boodskap #9824] Ma, 23 Junie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri-John Kock  is tans af-lyn  Henri-John Kock
Boodskappe: 69
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
Sharl Short wrote:

> Ek is op soek na die naam van n cd wat gebaseer was op n tv program
> van so 3 jaar terug. (Die se naam het ek ook al hoeka vergeet!)
>

Ballade vir 'n Enkeling.

> Afrikaanse TV program. Dit was verfilm in die Oos Tvl (Hazyview se
> wereld) en die temaliedjie was iets te doen met "Treine, spore en
> stasies"
>

Dis nie die temalied nie, maar het wel baie voorgekom in die reeks. Die
klankbaan van dieeerste reeks was beter as die van die tweede. Ek sal
uitkyk of dit nog êrens beskikbaar is, en jou dan laat weet. As jy 'n
kredietkaart het, kan jy dit dalk direk van die winkel af bestel. Ek sal
later weer in aanraking met jou kom.

> Kan iemand miskien help?
>
> Baie dankie!
> sps...@acay.com.au

--
Regards

H-J

PS: Remove the .nospam from the email address to reply.
Re: MUSIEK NAVRAAG VANUIT SYDNEY [boodskap #9851 is 'n antwoord op boodskap #9824] Di, 24 Junie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Jan Booysen  is tans af-lyn  Jan Booysen
Boodskappe: 2
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Junior Lid
V wrote in article
...
> On 6/20/97 9:07PM, in message ,
> "Sharl Short" wrote:
>
> Ek het gelukkig nie veel tyd om TV te kyk nie, so ek ken nie die program nie,
> maar dit klink vir my of jy verwys na Richard van der Westhuizen en Lochner de
> Kock se "Tussen Treine". Die CD is deur Transistor Music bemark, en die
> "chorus" gaan so:
>
------------Snip------------

Heeltemal reg, die program se naam was: Balade vir n enkeling.

Jan.
Vorige onderwerp: Lied vir BEGINNER-STUDENTE van Afrikaans
Volgende onderwerp: Kan iemand help...?? MUSIEK
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 22:28:58 MGT 2024