Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vragie
Vragie [boodskap #98349] Vr, 17 September 2004 12:43 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Met erkenning aan Robert Kirby:
Wat sal jou reaksie wees as jy deur witmense gekaap word?
1) Oorweldigende gevoel van verbasing
2) Oorweldigende gevoel van dankbaarheid
3) Oorweldigende gevoel van teleurstelling in die ooglopende mislukking van
regstellende aksie?
--
Groetnis
Annette
Re: Vragie [boodskap #98370 is 'n antwoord op boodskap #98349] Vr, 17 September 2004 21:11 Na vorige boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Annette"

> Wat sal jy doen as jy laat nag alleen op 'n donker pad ry, dit is koud en
> nat buite, en jy sien 'n moeder, brandmaer, wat voortbeur met 'n swaar sak
> in die een hand, en aan die ander hand is 'n armoedige kind wat
> hartverskeurend hoes. Sal jy:
> 1) Stop en hulle oplaai
> 2) Jou flikkerligte aansit om te wys jy gaan afdraai
> 3) Bietjie stadiger ry dat jy hulle darem nie te veel nog natter spat nie
> 4) Doelbewus vorentoe staar asof jy hulle nie raakgesien het nie.
> ( uit Robert Kirby in M&G) --
> Groetnis
> Annette

Ek hét vir hulle stil gehou, Annette. En jy het verkeerd gekyk; die
kind het nie gehoes nie, maar heel normaal langs haar gestaan.
Miskien sowat 4 jr oud. Langs haar, het haar vriendin gestaan.
Het jy dit raak gesien? En het jy opgemerk dat hulle kar aan die ander
kant van die pad gestaan het, blykbaar sonder brandstof. Ek hoop
jy het darem opgelet dat ek omgedraai het, en terug gery het na hulle,
want hulle was in die teenoorgestelde rigting op pad. Na
Carletonville. En dit was sowat 11nm. Daar het hulle gestaan,
regoor die groentestalletjie.

Heel waarskynlik dra sy 'n seëlring. Aan haar regterhand. Want dit is
wat nodig was om my linkeroogbank so oop te kloof. En toe ek haar
aan die hare gryp deur die venster, en my deur oopmaak, met my hand
deur die venster, (komies as jy later daaraan dink né, hoe kon ek
uitkom met my hand deur die venster:-) en die kleiner een my
aanhoudend deur die oop deur in die gesig slaan, en ek net die vuisies
sien en niks voel nie, omdat ek te woedend was om iets te voel...

Het jy gehoor wat sy skree? En het jy die mans agter die kar sien
uitstorm, Annette? Met die twee vrouens tussen hulle en my, sodat
hulle ongemerk kon nader kom? Besef jy dat ek haar impulsief
weggestamp het van die kar, omdat ek haar nie wou sleep en dalk raak
ry nie? Gelukkig dat ek 'n outomatiese kar bestuur het né; en my voet
slegs op die rem was. Maklik dus om die petrolpedaal te trap en vir
hulle totsiens te sê. Weet jy dat die polisie, na ek hulle beduie het
dat die kar heelwaarskynlik steeds daar staan, my nie eers weer
gekontak het nie?

"Annette" wrote:

> Met erkenning aan Robert Kirby:
> Wat sal jou reaksie wees as jy deur witmense gekaap word?
> 1) Oorweldigende gevoel van verbasing
> 2) Oorweldigende gevoel van dankbaarheid
> 3) Oorweldigende gevoel van teleurstelling in die ooglopende mislukking van
> regstellende aksie?

Dit was witmense, Annette. Sy, 'n model in Johannesburg.

> Sal jy:
> 1
> 2
> 3
> 4

'n Paar maande later ry ek deur berge, en sien 'n wit vrou loop.
Bosse en rotse tot teen die pad. Ek het gedink aan die vertelde
ervaring. En gedink daaraan dat dit by 'n plek was waar kampongs
en 'n plakkerskamp is.
Ek het stil gehou, en haar laat inklim. Haar geneem tot by die naaste
dorp.

Nà dit, was daar 'n ervaring, waar ek moes besluit of ek gaan stilhou
of nie. Dit was sowat nege uur in die aand. En besluit het om nie stil
te hou nie. En sowat sewe kilometer verder omgedraai het, sonder om
te weet waarom ek dit doen, en terug gegaan het. En in verstomming 'n
ervaring gehad het, wat ek nooit wou misloop nie:-)

DD
Vorige onderwerp: Dink aan Ellie
Volgende onderwerp: Toordokters en die ANC
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 23 19:02:48 MGT 2024