Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Graaf Reinet
Graaf Reinet [boodskap #98195] Ma, 13 September 2004 10:32 na volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
'n Bietjie plaaslike inligting vir julle wat daar ver sit en dalk nie
daarvan weet nie. RSG het die laaste tien dae of so 'n ding aan die
gang gehad waar hulle luisteraars gevra het om hulle te SMS met
voorstelle oor die dorp waar hulle Monitor en Spektrum (twee
aktualiteits programme) se dertigste en tiende verjaarsdae,
onderskeidelik, wil vier.

Graaf Reinet het loshande gewen, gevolg deur Kathu en Colesberg. Die
mense kon nie 'n beter keuse maak nie. Graaff Reinet is een van die
oudste dorpe in die land (derde of vierde) en propvol geskiedenis, van
die Voortrekker en Britse soort.

Kathu was 'n groot verrassing. Nog 'n groter verrassing was dat De
Rust vyfde of sesde gekom het.

Al probleem war ek persoonlik met die viering het is dat onse Niekie
van dEN Berg (hy spreek altyd sy van uit met klem op die DEN) dit gaan
aanbied. Ek sal nie eers na my agterplaas toe loop om hom te sien of
hoor nie. Dalk sal Annette met my saamstem :-) Ek het 'n geheue soos
'n ofilant :-)))
Re: Graaf Reinet [boodskap #98202 is 'n antwoord op boodskap #98195] Ma, 13 September 2004 12:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hoekom was Kathu 'n verassing? Dis 'n gawe dorpie daai!

"Drom" skryf in boodskap news:1e507c17.0409130232.3cd49cdd@posting.google.com...
> 'n Bietjie plaaslike inligting vir julle wat daar ver sit en dalk nie
> daarvan weet nie. RSG het die laaste tien dae of so 'n ding aan die
> gang gehad waar hulle luisteraars gevra het om hulle te SMS met
> voorstelle oor die dorp waar hulle Monitor en Spektrum (twee
> aktualiteits programme) se dertigste en tiende verjaarsdae,
> onderskeidelik, wil vier.
>
> Graaf Reinet het loshande gewen, gevolg deur Kathu en Colesberg. Die
> mense kon nie 'n beter keuse maak nie. Graaff Reinet is een van die
> oudste dorpe in die land (derde of vierde) en propvol geskiedenis, van
> die Voortrekker en Britse soort.
>
> Kathu was 'n groot verrassing. Nog 'n groter verrassing was dat De
> Rust vyfde of sesde gekom het.
>
> Al probleem war ek persoonlik met die viering het is dat onse Niekie
> van dEN Berg (hy spreek altyd sy van uit met klem op die DEN) dit gaan
> aanbied. Ek sal nie eers na my agterplaas toe loop om hom te sien of
> hoor nie. Dalk sal Annette met my saamstem :-) Ek het 'n geheue soos
> 'n ofilant :-)))
Re: Graaf Reinet [boodskap #98204 is 'n antwoord op boodskap #98195] Ma, 13 September 2004 13:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dit is ook nie een van die priotiteite in my lewe om Niekie in lewende lywe
te sien nie.
Al wat ek graag wil weet hoeveel geld het RSG in hul sak gesteek met hierdie
poging.
--
Groetnis
Annette

"Drom" skryf in boodskap news:1e507c17.0409130232.3cd49cdd@posting.google.com...
> 'n Bietjie plaaslike inligting vir julle wat daar ver sit en dalk nie
> daarvan weet nie. RSG het die laaste tien dae of so 'n ding aan die
> gang gehad waar hulle luisteraars gevra het om hulle te SMS met
> voorstelle oor die dorp waar hulle Monitor en Spektrum (twee
> aktualiteits programme) se dertigste en tiende verjaarsdae,
> onderskeidelik, wil vier.
>
> Graaf Reinet het loshande gewen, gevolg deur Kathu en Colesberg. Die
> mense kon nie 'n beter keuse maak nie. Graaff Reinet is een van die
> oudste dorpe in die land (derde of vierde) en propvol geskiedenis, van
> die Voortrekker en Britse soort.
>
> Kathu was 'n groot verrassing. Nog 'n groter verrassing was dat De
> Rust vyfde of sesde gekom het.
>
> Al probleem war ek persoonlik met die viering het is dat onse Niekie
> van dEN Berg (hy spreek altyd sy van uit met klem op die DEN) dit gaan
> aanbied. Ek sal nie eers na my agterplaas toe loop om hom te sien of
> hoor nie. Dalk sal Annette met my saamstem :-) Ek het 'n geheue soos
> 'n ofilant :-)))
Re: Graaf Reinet [boodskap #98205 is 'n antwoord op boodskap #98202] Ma, 13 September 2004 13:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Omdat daar meer mense met selfone en ryker mense is as Mosselbaai! Daardie
SMS'e het R1 stuk gekos!
--
Groetnis
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:41458e2d.0@news1.mweb.co.za...
> Hoekom was Kathu 'n verassing? Dis 'n gawe dorpie daai!
> "Drom" wrote in message
> news:1e507c17.0409130232.3cd49cdd@posting.google.com...
>> 'n Bietjie plaaslike inligting vir julle wat daar ver sit en dalk nie
>> daarvan weet nie. RSG het die laaste tien dae of so 'n ding aan die
>> gang gehad waar hulle luisteraars gevra het om hulle te SMS met
>> voorstelle oor die dorp waar hulle Monitor en Spektrum (twee
>> aktualiteits programme) se dertigste en tiende verjaarsdae,
>> onderskeidelik, wil vier.
>>
>> Graaf Reinet het loshande gewen, gevolg deur Kathu en Colesberg. Die
>> mense kon nie 'n beter keuse maak nie. Graaff Reinet is een van die
>> oudste dorpe in die land (derde of vierde) en propvol geskiedenis, van
>> die Voortrekker en Britse soort.
>>
>> Kathu was 'n groot verrassing. Nog 'n groter verrassing was dat De
>> Rust vyfde of sesde gekom het.
>>
>> Al probleem war ek persoonlik met die viering het is dat onse Niekie
>> van dEN Berg (hy spreek altyd sy van uit met klem op die DEN) dit gaan
>> aanbied. Ek sal nie eers na my agterplaas toe loop om hom te sien of
>> hoor nie. Dalk sal Annette met my saamstem :-) Ek het 'n geheue soos
>> 'n ofilant :-)))
>
Re: Graaf Reinet [boodskap #98224 is 'n antwoord op boodskap #98202] Di, 14 September 2004 06:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf in boodskap news:...
> Hoekom was Kathu 'n verassing? Dis 'n gawe dorpie daai!

Stem saam, maar dit was 'n verrassing omdat Kathu 'n redelik nuut is
en ver van alles af is.
Re: Graaf Reinet [boodskap #98226 is 'n antwoord op boodskap #98224] Di, 14 September 2004 06:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die lekkerste partytjie wat ek ooit beleef het was jare gelede op Kathu.
Ek weet nie hoe dit nou is nie, maar die dorp behoort aan Iscor en sy
mynwerkers. Daar is fantastiese geriewe. 'n Golfbaan wat gerken word van
die beste te wees. Swembad, squash bane, ens. Iscor sorg vir sy mense op
die platteland. Dit was een van die gunstelingplekke vir 'appies' om te
gaan kwalifiseer, juis oor die geriewe. Meer belangrik is dat dit in die
Kalahari is en die Kalahari se mense is legendaries vir gasvryheid en
cholesterol eet! Die hele gemeenskap van Kathu onthaal 'n mens en dit was
wonderlik.

"Drom" skryf in boodskap news:1e507c17.0409132223.49db9307@posting.google.com...
> "Suidwester" wrote in message
news:...
>> Hoekom was Kathu 'n verassing? Dis 'n gawe dorpie daai!
>
> Stem saam, maar dit was 'n verrassing omdat Kathu 'n redelik nuut is
> en ver van alles af is.
Re: Graaf Reinet [boodskap #98230 is 'n antwoord op boodskap #98224] Di, 14 September 2004 10:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Drom" skryf

> Stem saam, maar dit was 'n verrassing omdat Kathu 'n redelik nuut is
> en ver van alles af is.

Kan iemand beskryf waar Kathu is?

Gloudina
Re: Graaf Reinet [boodskap #98232 is 'n antwoord op boodskap #98230] Di, 14 September 2004 12:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Maklik. Weet jy waar Kuruman is? Dit is so 65km buite Kuruman op pad na
Postmasburg toe. Die naaste publieke plek is Sishen en dis waar die
ysterertsmyn sy naam gekry het. So 'n klompie kilo's anderkant Sishen op
pad na Postma's toe, draai jy weg na Upington toe oor Olifantshoek. Met
die pad dink ek dis so ongeveer 250km vanaf Upington. Dis in die rooi sand
van die Kalahari en dis lekker warm daar. Net om dit vir jou interessant
te maak, jy kan uit Kuruman wegdraai op pad na die Gemsbokpark toe en dan ry
jy verby 'n dorpie [ook Iscor myndorp] met die naam Hotazel [in boeretaal
Hottershel] en dit ís so warm soos die hel daar!
"@rogers.com" wrote in message
news:x%z1d.33077$vkm.31323@twister01.bloor.is.net.cable.roge rs.com...
>
> "Drom" skryf
>
>> Stem saam, maar dit was 'n verrassing omdat Kathu 'n redelik nuut is
>> en ver van alles af is.
>
> Kan iemand beskryf waar Kathu is?
>
> Gloudina
>
Re: Graaf Reinet [boodskap #98234 is 'n antwoord op boodskap #98232] Di, 14 September 2004 14:10 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

So 'n klompie kilo's anderkant Sishen op
> pad na Postma's toe, draai jy weg na Upington toe oor Olifantshoek. Met
> die pad dink ek dis so ongeveer 250km vanaf Upington. Dis in die rooi sand
> van die Kalahari en dis lekker warm daar.

Dankie. Ek was nog nooit in daardie geweste nie, maar
het familie op Sishen gehad. Nou wonder ek nog net,
wat is die groot aantrekkingskrag daar? Is dit die rooi
sandduine en mense wat daarop ry? Mense wat nie
gewoond is aan daardie ROOI sandduine is nie, sal
seker nie kan verstaan waarvan mens praat nie. Dis
werklik rooi. Selfs daar in die bulte bo Kakamas is
die sandduine rooi. Wonder hoekom dit so rooi is?
Is dit ysteroksied of enige ander oksied. Een van die
dinge wat mens tref wanneer jy vir die eerste keer
in SA lugruimte ingaan en soos jy nader aan Johannesburg
kom, is die rooiheid van die grond onder jou. So daardie
rooiheid is verder verspreid as net die westelike deel
van SA. Wat is die geologiese verklaring?

Gloudina
Vorige onderwerp: Losskakels
Volgende onderwerp: Re: Osama Bin Ladin Recent Photos
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 21:46:13 MGT 2024