Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ramatex: Windhoek
Ramatex: Windhoek [boodskap #98032] Vr, 10 September 2004 14:13 na volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Groot nuus in Namibië op die oomblik is die arbeidsmisbruik deur die
Ramatex-fabriek in Windhoek. As agtergrond, die fabriek vervaardig
sportklere en skoene in Windhoek en ek is nie seker onder watter handelsname
alles nie, maar ek dink Nike is een van hulle. Die kledingstukke word dan
uitgevoer na wêreldmarkte toe. Die inisiatief is Koreaans en die regering
van Nam en Stadt Windhoek het agteroor gebuig om die fabriek te akkommodeer.
Dis goedkoop en gratis persele, lae tariewe en sekerlik dinge soos
belastinginisiatiewe ook. Daarmee kan eintlik nie fout gevind word nie
want om so 'n aanleg te kry in kompetisie met plekke soos SA, was seker maar
moeilik. Beloftes van werkgeleenthede vir duisende Namibiërs was een van
die dryfvere.
Op kolle het die verhoudings al begin krap tussen die Munisipaliteit en
die Staat ivm eise wat die Koreane stel vir nog meer gratis grond en water
en dreigemente dat hulle die fabriek na 'n ander land sal vat as Namibië nie
meer tegemoedkomend is nie. Ook die feit dat werkers uit die Ooste
ingevoer word en maar omtrent net so 'n 5-600 Namibiërs daar werk het, sit
nie lekker aan die nerf van die staat nie.
Gister tref dit die pers: Ongeveer 420 Koreane wat in 'n enkel
5-slaapkamer huis gehuisves word! 'n Baster van Rehoboth word deur Ramatex
blykbaar N$220 000 per MAAND betaal om vir die mense behuising te gee en hy
betaal huur vir die betrokke huis van net R5000 per maand. Die kos wat hy
verskaf is maar kakkerig, die toilets is gate in die grond waaroor hulle
moet hurk en hulle slaap op matrasse op die vloere ingeryg soos sardiens.
Logies stink die plek verskriklik en reken die mense dit is veel erger as
die ou Owambo enkelkwartiere in Katutura van destyds.
...............maar Afrika boer vooruit, sê ons pêl in Kanada en word beaam
uit Hillbrow!
Re: Ramatex: Windhoek [boodskap #98043 is 'n antwoord op boodskap #98032] Vr, 10 September 2004 15:14 Na vorige boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Tans op die Republikein se voorblad...

http://www.republikein.com.na/

Groete
Plato

Suidwester wrote:

> Groot nuus in Namibië op die oomblik is die arbeidsmisbruik deur die
> Ramatex-fabriek in Windhoek. As agtergrond, die fabriek vervaardig
> sportklere en skoene in Windhoek en ek is nie seker onder watter handelsname
> alles nie, maar ek dink Nike is een van hulle. Die kledingstukke word dan
> uitgevoer na wêreldmarkte toe. Die inisiatief is Koreaans en die regering
> van Nam en Stadt Windhoek het agteroor gebuig om die fabriek te akkommodeer.
> Dis goedkoop en gratis persele, lae tariewe en sekerlik dinge soos
> belastinginisiatiewe ook. Daarmee kan eintlik nie fout gevind word nie
> want om so 'n aanleg te kry in kompetisie met plekke soos SA, was seker maar
> moeilik. Beloftes van werkgeleenthede vir duisende Namibiërs was een van
> die dryfvere.
> Op kolle het die verhoudings al begin krap tussen die Munisipaliteit en
> die Staat ivm eise wat die Koreane stel vir nog meer gratis grond en water
> en dreigemente dat hulle die fabriek na 'n ander land sal vat as Namibië nie
> meer tegemoedkomend is nie. Ook die feit dat werkers uit die Ooste
> ingevoer word en maar omtrent net so 'n 5-600 Namibiërs daar werk het, sit
> nie lekker aan die nerf van die staat nie.
> Gister tref dit die pers: Ongeveer 420 Koreane wat in 'n enkel
> 5-slaapkamer huis gehuisves word! 'n Baster van Rehoboth word deur Ramatex
> blykbaar N$220 000 per MAAND betaal om vir die mense behuising te gee en hy
> betaal huur vir die betrokke huis van net R5000 per maand. Die kos wat hy
> verskaf is maar kakkerig, die toilets is gate in die grond waaroor hulle
> moet hurk en hulle slaap op matrasse op die vloere ingeryg soos sardiens.
> Logies stink die plek verskriklik en reken die mense dit is veel erger as
> die ou Owambo enkelkwartiere in Katutura van destyds.
> ................maar Afrika boer vooruit, sê ons pêl in Kanada en word beaam
> uit Hillbrow!
>
Vorige onderwerp: ,,Zo'n uitdaging vindt Vlaamse arts in eigen land niet''
Volgende onderwerp: Alkoholsindroomdag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 20:13:11 MGT 2024