Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Alkoholsindroomdag
Alkoholsindroomdag [boodskap #97921] Do, 09 September 2004 07:06 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dis nou vandag - om ouers daarvan bewus te maak dat verwagtende moeders glad
nie tydens swangerskap alkohol gebruik nie.
--
Groetnis
Annette
Re: Alkoholsindroomdag [boodskap #97929 is 'n antwoord op boodskap #97921] Do, 09 September 2004 08:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Klink of daar omtrent al elke dag 'n ander soort dag is! Miskien moet
hulle 'n jaar hê van geen alkohol vir enigiemand nie omdat dit sleg is vir
jou?

"Annette" skryf in boodskap news:chovtb$nec$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Dis nou vandag - om ouers daarvan bewus te maak dat verwagtende moeders glad
> nie tydens swangerskap alkohol gebruik nie.
> --
> Groetnis
> Annette
>
Re: Alkoholsindroomdag [boodskap #97950 is 'n antwoord op boodskap #97929] Do, 09 September 2004 10:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Haai nooit!!! Ek drink alkohol suiwer om gesondheidsredes!:)
--
Groetnis
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:41400efe.0@news1.mweb.co.za...
> Klink of daar omtrent al elke dag 'n ander soort dag is! Miskien moet
> hulle 'n jaar hê van geen alkohol vir enigiemand nie omdat dit sleg is vir
> jou?
> "Annette" wrote in message
> news:chovtb$nec$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Dis nou vandag - om ouers daarvan bewus te maak dat verwagtende moeders glad
>> nie tydens swangerskap alkohol gebruik nie.
>> --
>> Groetnis
>> Annette
>>
>
Re: Alkoholsindroomdag [boodskap #97953 is 'n antwoord op boodskap #97950] Do, 09 September 2004 12:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hmm ja! Daar gaan nie 'n druppel drank oor jou lippe nie....jy gooi alles
in die keel af?

"Annette" skryf in boodskap news:chpbts$f5b$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Haai nooit!!! Ek drink alkohol suiwer om gesondheidsredes!:)
> --
> Groetnis
> Annette
> "Suidwester" wrote in message
> news:41400efe.0@news1.mweb.co.za...
>> Klink of daar omtrent al elke dag 'n ander soort dag is! Miskien moet
>> hulle 'n jaar hê van geen alkohol vir enigiemand nie omdat dit sleg is vir
>> jou?
>> "Annette" wrote in message
>> news:chovtb$nec$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Dis nou vandag - om ouers daarvan bewus te maak dat verwagtende moeders glad
>>> nie tydens swangerskap alkohol gebruik nie.
>>> --
>>> Groetnis
>>> Annette
>>>
>>
>
Re: Alkoholsindroomdag [boodskap #98008 is 'n antwoord op boodskap #97921] Vr, 10 September 2004 07:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Laat my dink aan 'n storietjie.

Die jong vroutjie gaan na 'n henne partytjie en belowe haar man sy sal
teen middernag tuis wees. Die sjampanje het lekker dik geloop en
anders as Aspoestertjie het sy nie die horlosie dopgehou nie. Toe sy
weer sien is dit so skuins voor drie. Gelukkig kom sy betyds by die
huis om die koekoek horlosie drie keer te hoor slaan toe sy die
voordeur agter haar toemaak. Ten spyte van haar effens bedwelmde
toestand kon sy nog 'n plan maak en koekoek nog nege keer en gaan
kruip in die kooi.

Die volgende oggend gaan dinge hulle normale gang en tydens onbyt vra
haar man hoe laat sy huis toe gekom het waarop sy antwoord middernag,
heel in haar skik dat haar plan gewerk het.

Na so rukkie sê hy, "Ons het 'n nuwe koekoek horlosie nodig."

"O ja, en hoekom nogal?"

"Wel," sê hy, "laasnag het dit drie keer geslaan, toe sê dit 'O shit,'
slaan nog drie keer, maak keel skoon, slaan nog vier keer, burp en
giggel, slaan nog twee keer waarna dit toe oor die kat struikel en
poep."
Re: Alkoholsindroomdag [boodskap #98010 is 'n antwoord op boodskap #98008] Vr, 10 September 2004 08:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
He-he!! Ek weet nie of ek dit al hier vertel het nie, maar hierdie is 'n
ware storie. Doerie jare het ons buurdorpie, Hentiesbaai, mos nog nie krag
gehad nie want daar was nie 'n Munisipaliteit nie. Die mense het maar hul
eie kragopwekkers bedryf. Die een ou, wat vandag nog lewe, hwas lief om in
die aande by die dorp se enigste hotel te gaan kuier saam met sy pêlle en sy
vrou was nie te gelukkig daaroor nie. Hy het gééd gekuier en hy kom by die
huis en vind sy vrou in die bed, hande gekruis en wat hom net so lê en
aankyk. Hy moes toe die 'pose' hou en het sy klere uitgetrek en in die bed
geklim en sommer die eerste tydskrif wat hy kon vind voor hom gehou en
gemaak of hy nou ernstig wil lees. Die volgende oomblik toe is dit
stikdonker. Hy skrik en sê benoud gedagtig aan die hoeveelheid drank wat
hy dié aand gesuip het: "O fok, daar word ek blind!"
Sy vrou het begin lag en vir hom gesê: "Aag toe, jou ou dronk drek,
slaap tog nou. Dis die generator se paraffien wat opgeraak het."
Die tante lag glo vandag nog vir hom daaroor....

"Drom" skryf in boodskap news:1e507c17.0409092336.576bec33@posting.google.com...
> Laat my dink aan 'n storietjie.
>
> Die jong vroutjie gaan na 'n henne partytjie en belowe haar man sy sal
> teen middernag tuis wees. Die sjampanje het lekker dik geloop en
> anders as Aspoestertjie het sy nie die horlosie dopgehou nie. Toe sy
> weer sien is dit so skuins voor drie. Gelukkig kom sy betyds by die
> huis om die koekoek horlosie drie keer te hoor slaan toe sy die
> voordeur agter haar toemaak. Ten spyte van haar effens bedwelmde
> toestand kon sy nog 'n plan maak en koekoek nog nege keer en gaan
> kruip in die kooi.
>
> Die volgende oggend gaan dinge hulle normale gang en tydens onbyt vra
> haar man hoe laat sy huis toe gekom het waarop sy antwoord middernag,
> heel in haar skik dat haar plan gewerk het.
>
> Na so rukkie sê hy, "Ons het 'n nuwe koekoek horlosie nodig."
>
> "O ja, en hoekom nogal?"
>
> "Wel," sê hy, "laasnag het dit drie keer geslaan, toe sê dit 'O shit,'
> slaan nog drie keer, maak keel skoon, slaan nog vier keer, burp en
> giggel, slaan nog twee keer waarna dit toe oor die kat struikel en
> poep."
Re: Alkoholsindroomdag [boodskap #98049 is 'n antwoord op boodskap #98008] Vr, 10 September 2004 17:38 Na vorige boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
ddu...@ufh.ac.za (Drom) skryf:

> Laat my dink aan 'n storietjie.

> "Wel," sê hy, "laasnag het dit drie keer geslaan, toe sê dit 'O shit,'
> slaan nog drie keer, maak keel skoon, slaan nog vier keer, burp en
> giggel, slaan nog twee keer waarna dit toe oor die kat struikel en
> poep."

LOL! Dit was baie snaaks. ;-)) Laat my dink aan een van my ou
vriende daar in SA. Hy is 'n NG dominee, en kon altyd die mees
interessante stories vertel oor alles en nogwat. Veral sy ervaringe
in die weermag was baie interessant, en die snaaksighede wat al
gebeur het tydens preke wat hy gelewer het met die hulp van vertalers
wat nie altyd so mooi begryp wat hy probeer sê het nie. ;-)
Elkgeval, een van sy stories wat ek van hom onthou is van die man wat
'n briljante plan uitgedink het vir die kere wat hy laat by die huis
kom na hewige drinksessies met vriende. Hy het net seker gemaak dat
hy 'n vreeslike lawaai opskop en hardop sing: "I'm in the mood for
love". Dit veroorsaak dat sy vrou dan verseker sal voorgee om vas aan
die slaap te wees.
Ek moet erken dat dit vir my ook sou gewerk het, so daar steek dalk so
effense waarheid in die storie?
;-))
Vorige onderwerp: Ramatex: Windhoek
Volgende onderwerp: Ek's terug
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 00:48:42 MGT 2024