Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ek's terug
Ek's terug [boodskap #97690] Ma, 06 September 2004 08:28 na volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek's bly om te sien niks het verander nie :) Ek het my week langs die see
so geniet dat ons het besluit ons trek so gou as wat ons kan Suidkus toe.
Ons het 'n hele klompie vriende daar, en hulle soek net vir ons besigheid
sodat ons 'n verskoning het om meer gereeld af te gaan. Die ontwikkelinge
daaronder is iets ongeloofliks, die eiendomsmark floreer en eiendomspryse
het die hoogte in geskiet. Om nou 'n plekkie daaronder te koop sal 'n mens
'n arm en 'n been kos. Daar so baie toeriste dat hulle begin het om Port
Shepstone te ontwikkel (voorheen nie 'n vreeslike groot toeriste
aantreklikheid nie), en hulle behoort voor die einde van die jaar, vir die
heel eerste keer, haainette te kry :)

Ek haal my hoed af vir al die "beach committee's" en natuurbewaring, hulle
het die strande mooi skoongemaak (met die uitsondering van een of twee
kleintjies), groot gedeeltes is tot beskermingsgebiede verklaar, die see is
mooi skoon, en hulle doen moeite om die dolfyne en walvisse te beskerm. Net
11 mense langs die Hibiscus kus af het permitte gekry om "whale and dolphin
watching" toere te doen. Ag ek gaan sommer terug....

Elaine
Re: Ek's terug [boodskap #97712 is 'n antwoord op boodskap #97690] Ma, 06 September 2004 13:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" skryf

> Ek haal my hoed af vir al die "beach committee's" en natuurbewaring, hulle
> het die strande mooi skoongemaak (met die uitsondering van een of twee
> kleintjies), groot gedeeltes is tot beskermingsgebiede verklaar, die see is
> mooi skoon, en hulle doen moeite om die dolfyne en walvisse te beskerm. Net
> 11 mense langs die Hibiscus kus af het permitte gekry om "whale and dolphin
> watching" toere te doen. Ag ek gaan sommer terug....

Ag, my kind, wat praat jy dan alles.
Ek dog dan hulle krepeer van ellende
daar in Kwazulu.

Tant Hessie van Umbumbulu
Re: Ek's terug [boodskap #97743 is 'n antwoord op boodskap #97712] Ma, 06 September 2004 18:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ian cumpsty  is tans af-lyn  ian cumpsty
Boodskappe: 1
Geregistreer: September 2004
Karma: 0
Junior Lid
AG NEE net dieselfde ou storie.
"@rogers.com" wrote in message
news:QcZ_c.223332$UTP.59835@twister01.bloor.is.net.cable.rog ers.com...
>
> "Elaine" skryf
>
>> Ek haal my hoed af vir al die "beach committee's" en natuurbewaring, hulle
>> het die strande mooi skoongemaak (met die uitsondering van een of twee
>> kleintjies), groot gedeeltes is tot beskermingsgebiede verklaar, die see
> is
>> mooi skoon, en hulle doen moeite om die dolfyne en walvisse te beskerm.
> Net
>> 11 mense langs die Hibiscus kus af het permitte gekry om "whale and
> dolphin
>> watching" toere te doen. Ag ek gaan sommer terug....
>
> Ag, my kind, wat praat jy dan alles.
> Ek dog dan hulle krepeer van ellende
> daar in Kwazulu.
>
> Tant Hessie van Umbumbulu
>
Re: Ek's terug [boodskap #97745 is 'n antwoord op boodskap #97712] Ma, 06 September 2004 19:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ag my Antie - wanner het ek dit gesê?? Buitendien is dit ook maar net die
besigheidseienaars wat geld maak, die res van die geld kom van Gauteng af!!
:))

E

"@rogers.com" wrote:

> Ag, my kind, wat praat jy dan alles.
> Ek dog dan hulle krepeer van ellende
> daar in Kwazulu.
>
> Tant Hessie van Umbumbulu
>
Re: Ek's terug [boodskap #97758 is 'n antwoord op boodskap #97745] Di, 07 September 2004 09:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Presies daarin lê die geheim van kusbewoning. Daar is nie geld aan die kus
nie, dis die besoekers wat dit bring. Is jy in 'n bedryf wat hierdie bron
kan tap, dan sal jy lekker bly langs die kus, so nie gaan jy maar weer terug
binneland toe die een of ander tyd. Die kus is ook nie net melk en heuning
nie. Alles wat kan nat word roes daar [ou liefde ook!] en verwering en
onderhoud is maar erg. Die ergste van alles is die familie en vriende wat
jy laas nog nie eers geken het nie, raak nou boesemvriende en wil alewig kom
kuier. Dan bring hulle vir jou 'n skapie saam van af die plaas af en dit
betaal vir 'n gesin se verblyf oor 10 dae en dan dink hulle nie jy besef dat
so 'n vakansie se verblyf hulle maklik 200 skape se prys sou gekos het nie!
Vat my raad en koop [of laat bou] vir jou 'n huis met 'n gerieflike
sitkamer, groterige kombuis, een badkamer en twee slaapkamers.....'n groot
ene vir jouself en 'n f...... kleintjie waarin die besoekers se voete en
koppe amper aan die mure weerskante raak as hulle lê.....binne 'n dag of
twee moet hulle so gatvol wees dat hulle self sal waai! Die garage moet
dubbeld wees en ekstra groot want die belangrikste ding by die see en die
roes is 'n ruim garage. 'n Motor kos baie geld.

"Elaine" skryf in boodskap news:chiecl$gde$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ag my Antie - wanner het ek dit gesê?? Buitendien is dit ook maar net die
> besigheidseienaars wat geld maak, die res van die geld kom van Gauteng af!!
> :))
>
Re: Ek's terug [boodskap #97867 is 'n antwoord op boodskap #97758] Wo, 08 September 2004 09:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Gelukkig is daar 'n ding wat hulle aliminium noem :) Ek sien baie van die
goed wat voorheen van hout gemaak is, word nou van aliminium gemaak! Ek het
met 'n vriendin wat daar bly gepraat. Haar raad was koop 'n nuwe Golf (kar
is van aliminium) of as jy nie wil of kan nie, moet jy jou kar laat
"rubberise" en net elke dag die sout afspoel, dan sal hy orraait wees. My
oupa het jare aan die Suidkus gebly en sy kar het nooit geroes nie, en dit
was omdat hy elke dag die kar met vars watertjies afgespoel het - so dit kan
beheer word.

Die geld kan dalk van die binneland af, maar die keer nie die "locals" om
nors te wees met hulle brood en botter nie. Veral die kinders en die
"surfer kliek" kan nogal mislik raak met die toeriste. Hulle vergeet dat
hulle mammie en pappie se inkomste en hulle mooi surf borde van my geld
afhang. Ek sal baie vriendeliker gewees het met die ou wat gesorg het dat
my pa vir my 'n mooi beach buggy en 'n surf board kon koop :)

E

"Suidwester" skryf in boodskap news:413d7d00.0@news1.mweb.co.za...
> Presies daarin lê die geheim van kusbewoning. Daar is nie geld aan die kus
> nie, dis die besoekers wat dit bring. Is jy in 'n bedryf wat hierdie bron
> kan tap, dan sal jy lekker bly langs die kus, so nie gaan jy maar weer terug
> binneland toe die een of ander tyd. Die kus is ook nie net melk en heuning
> nie. Alles wat kan nat word roes daar [ou liefde ook!] en verwering en
> onderhoud is maar erg. Die ergste van alles is die familie en vriende wat
> jy laas nog nie eers geken het nie, raak nou boesemvriende en wil alewig kom
> kuier. Dan bring hulle vir jou 'n skapie saam van af die plaas af en dit
> betaal vir 'n gesin se verblyf oor 10 dae en dan dink hulle nie jy besef dat
> so 'n vakansie se verblyf hulle maklik 200 skape se prys sou gekos het nie!
> Vat my raad en koop [of laat bou] vir jou 'n huis met 'n gerieflike
> sitkamer, groterige kombuis, een badkamer en twee slaapkamers.....'n groot
> ene vir jouself en 'n f...... kleintjie waarin die besoekers se voete en
> koppe amper aan die mure weerskante raak as hulle lê.....binne 'n dag of
> twee moet hulle so gatvol wees dat hulle self sal waai! Die garage moet
> dubbeld wees en ekstra groot want die belangrikste ding by die see en die
> roes is 'n ruim garage. 'n Motor kos baie geld.
Re: Ek's terug [boodskap #97872 is 'n antwoord op boodskap #97867] Wo, 08 September 2004 10:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nou het ek rêrig slegte nuus vir jou! Aluminium roes ook...dit vat net
langer! Op die kus moet jy seker maak dat jy jou aluminiumvensters bestel
met ten minste 25 mic. anodisering op anders gaan hulle vrot. Doer in die
stede verkoop hulle ally vensters goedkoop, maar dan is die anodisering net
10 of 15 mic dik en is useless langs die kus. Jy moet ook net seker maak
die Golf is heeltemal van ally gebou en nie net die bakpanele nie.....anders
roes jou deurskarniere af en val jou mooi ally deur op die grond af!
Rubberise werk nie heeltemal op sy eie nie want gee tyd en hitte dan word
dit hard en kry haarlynbarste waarin die water klim en hy roes rustig onder
die rubber. Met roes is die bak nie die groot probleem nie...dis die
onderstel.
Daai local storie is die groot probleem langs enige kus. Baie mense
kom tree af en voel vere vir die besigheidsmense wat hulle in elk geval 'mos
bedonner' en hulle hou ook nie daarvan om gepla te word deur luidrugtige en
dronk vakansiegangers nie. Die vakansieganger voel weer hy betaal vir die
dorpie se bestaansreg in elk geval, waaroor kla hulle? Dis eintlik 'n
'catch - 22', waarvoor daar nooit 'n oplossing sal wees nie. Ons self,
hier aan ons kus, spot die manne met die Valies met hul
'pap-en-poeliesmanne' wat in die see kom probeer visvang en jy kry baie
ongepoetste dronkgatte uit Gauteng, maar een ding moet ek vir jou sê, hulle
het nie 'n probleem om te betaal nie. Die Kaapse plattelanders mag meer
vriendelik wees, maar hulle ry bakkiesvragte vol drank en kos aan vir hul
vakansie vanuit die Kaap en dan kom huil hulle nog oor die brood en melk
prys op ons kus ook nog!
Jarre gelede het die spul Natallers mos gekla oor die Valies en toe
trek hulle Kaap toe vir vakansie en nou lyk Durban se hoofstrand oor
Kersnaweek soos 'n kolonie robbe maar kan hoop om te lyk in Kanada!

"Elaine" skryf in boodskap news:chmhq9$3u2$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Gelukkig is daar 'n ding wat hulle aliminium noem :) Ek sien baie van die
> goed wat voorheen van hout gemaak is, word nou van aliminium gemaak! Ek het
> met 'n vriendin wat daar bly gepraat. Haar raad was koop 'n nuwe Golf (kar
> is van aliminium) of as jy nie wil of kan nie, moet jy jou kar laat
> "rubberise" en net elke dag die sout afspoel, dan sal hy orraait wees. My
> oupa het jare aan die Suidkus gebly en sy kar het nooit geroes nie, en dit
> was omdat hy elke dag die kar met vars watertjies afgespoel het - so dit kan
> beheer word.
>
> Die geld kan dalk van die binneland af, maar die keer nie die "locals" om
> nors te wees met hulle brood en botter nie. Veral die kinders en die
> "surfer kliek" kan nogal mislik raak met die toeriste. Hulle vergeet dat
> hulle mammie en pappie se inkomste en hulle mooi surf borde van my geld
> afhang. Ek sal baie vriendeliker gewees het met die ou wat gesorg het dat
> my pa vir my 'n mooi beach buggy en 'n surf board kon koop :)
Re: Ek's terug [boodskap #97895 is 'n antwoord op boodskap #97867] Wo, 08 September 2004 18:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 8 Sep 2004 11:01:52 +0200, "Elaine" wrote:

> Gelukkig is daar 'n ding wat hulle aliminium noem :) Ek sien baie van die
> goed wat voorheen van hout gemaak is, word nou van aliminium gemaak! Ek het
> met 'n vriendin wat daar bly gepraat. Haar raad was koop 'n nuwe Golf (kar
> is van aliminium) of as jy nie wil of kan nie, moet jy jou kar laat
> "rubberise" en net elke dag die sout afspoel, dan sal hy orraait wees. My
> oupa het jare aan die Suidkus gebly en sy kar het nooit geroes nie, en dit
> was omdat hy elke dag die kar met vars watertjies afgespoel het - so dit kan
> beheer word.

My kar het ek laat behandel met 'n roeswerende middel (dink dit is
'n Norton produk - antirust program of so iets:-) en ek het 'n ses
jaar waarborg dat dit nie sal roes nie. 'n Eenmalige betaling
waartydens dit binne en buite gespuit word met 'n middel, en die
eienaar gevra word om dit vir ten minste twee dae nie te was nie.
Daarna word dit jaarliks gratis hersien en die waarborg, gesteun deur
'n redelik bekende groep, bly in stand. Dit het my sowat een duisend
rand (as ek reg onthou R895) gekos. Enkele dae gelede sien ek op 'n
uitstalling 'n kietergeftie wat in die enjinkompartement gemonteer
word, (vir sowat R700) en dit voorkom, deur impulse deur die staal te
stuur, sowat 80% roes. Daar is natuurlik geen waarborg aan nie, en
iemand het reeds vertel van sy broer se kar (Gloudina sou sê haar
neef, professor something) wat met die masjienkie en al geroes het.
Soos ek sê, het ek 'n waarborg vir ses jaar.

Andersins, ry die kustenaars(!) na die Rand en gaan koop daar
in Transvaal erens 'n kar. Die mense wat die kar dan koop, dink
dat hy uit Gauteng is, en jy koop self 'n Gautengse kar, as jy nie
nuut koop nie. Die risiko is dan natuurlik, as dit 'n tweedehandse
motor is, is dat hy deur iemand van die kus af daar gelos is:-)

DD
Re: Ek's terug [boodskap #97912 is 'n antwoord op boodskap #97895] Do, 09 September 2004 06:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" skryf in boodskap news:dliuj09gnbbj5hnrj1mh729vchob7q69gk@4ax.com...
> On Wed, 8 Sep 2004 11:01:52 +0200, "Elaine"
> wrote:
>
> My kar het ek laat behandel met 'n roeswerende middel (dink dit is
> 'n Norton produk - antirust program of so iets:-) en ek het 'n ses
> jaar waarborg dat dit nie sal roes nie.
------Gaan gesels met een van die motorvervaardigers en hulle sal vir jou
vertel dat die roeswaarborg op 'n motor is eintlik nie eers die papier werd
waarop dit geskryf is nie. Die rede is eenvoudig: Enige eksterne skade
wat aan die kar veroorsaak word waar dit roes, word nie gedek nie. Nou
waar roes 'n kar? Eksterne skade! Klippies bo en onder wat 'n gat slaan
of vreet deur die beskerming en dan roes hy. Met 'n after-market produk,
hoe gaan jy daardie waarborg afdwing? Hulle touch dit net op en verf oor
die probleem en eendag sdan val 'n gat in.....as die waarborg verby is.

Enkele dae gelede sien ek op 'n
> uitstalling 'n kietergeftie wat in die enjinkompartement gemonteer
> word, (vir sowat R700) en dit voorkom, deur impulse deur die staal te
> stuur, sowat 80% roes. Daar is natuurlik geen waarborg aan nie, en
> iemand het reeds vertel van sy broer se kar (Gloudina sou sê haar
> neef, professor something) wat met die masjienkie en al geroes het.
> Soos ek sê, het ek 'n waarborg vir ses jaar.
-----Hierdie is 'n ou tegnologie wat alreeds donkiejare op skepe en pyplyne
gebruik word. Jy stuur 'n puls van krag deur die metaal en dan draai dit
die polarisering van die ione in die metaal om en in plaas van die suurstof
in die water aan te trek, stoot dit dit weg. Uit ondervinding sou ek reken
[ons gebruik dit want ons het die hoogste roessyfer in die wêreld aan ons
kus] dit is so 35% effektief want om groter effektiwiteit te bereik, moet
die kar onder water gebêre word sodat die water die geleiding kan doen. Ek
reken egter op 'n kar van R200 000+ is daai paar rand die moeite werd vir
gemoedsrus. Ek self reken dit werk op die bak, maar nie op die onderstel
nie. Vir die onderstel is daar net een ding wat rêrig werk: Kookolie.
Nuwe kookolie. Jy vat die nuwe kar en betrek hom met 'n kompressor en 'n
spray gun en spuit die hele kar van onder af daarmee[onverdun]. Mot net
nie op die bakwerk, ruite of enjin daarmee spuit nie want as hy droog geword
het, skeit jy om dit weer af te kry. Dan laat word jy dit droog en spuit
dit weer. Die olie is baie dun en as hy droog word, dan voel dit so half
skurf op die oppervlak. Nou spuit jy die kar se onderstel met rubberspray
en elke drie maande spuit jy die kar van onder af met vars kookolie. Die
rede is dat die rubber kraak en in die barsies trek water in. Die kookolie
werk dit teen.
Nog 'n ding. ken jy van 'soluable oil'? Die olie wat by draaibanke
gebruik word. Daarmee was jy die bakwerk van jou kar....nie skoon water
nie. Die rede vir roes is dat water in krake en laste gaan lê en dan begin
oksideer en roes vorm. Die 'soluable oil' in die water maak dat as die
water verdamp, dan bly die olie agter.
>
> Andersins, ry die kustenaars(!) na die Rand en gaan koop daar
> in Transvaal erens 'n kar. Die mense wat die kar dan koop, dink
> dat hy uit Gauteng is, en jy koop self 'n Gautengse kar, as jy nie
> nuut koop nie. Die risiko is dan natuurlik, as dit 'n tweedehandse
> motor is, is dat hy deur iemand van die kus af daar gelos is:-)
-----Is daar nie iets soos 'n registrasiegeskiedenis meer in SA nie? Die
handelaars hier by ons en daar by julle werk ook saam. Motors wat hier
ingeruil word word verpand aan die RSA en ou karre kom van die RSA weer hier
na ons toe......net om daai nasporing te fnuik.
>
>
> DD
>
Re: Ek's terug [boodskap #97967 is 'n antwoord op boodskap #97912] Do, 09 September 2004 14:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ek gebruik 'n produk met die naam "DentMicro Vehicle Security". Norton
se AntiRust het nie gewerk nie want ek moes "DropletWall" ook opsmeer om
die druppels van die kar af weg te hou. Hy laat glo net varswater deur....

Die DW het egter soms soutwater deurgelaat en toe kom die probleme!

Groete
Plato

"DD" wrote in message
> news:dliuj09gnbbj5hnrj1mh729vchob7q69gk@4ax.com...
>
>> On Wed, 8 Sep 2004 11:01:52 +0200, "Elaine"
>> wrote:

>> My kar het ek laat behandel met 'n roeswerende middel (dink dit is
>> 'n Norton produk - antirust program of so iets:-) en ek het 'n ses
>> jaar waarborg dat dit nie sal roes nie.
Re: Ek's terug [boodskap #97986 is 'n antwoord op boodskap #97912] Do, 09 September 2004 19:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 9 Sep 2004 07:19:22 +0100, "Suidwester" wrote:

>
> "DD" wrote in message
> news:dliuj09gnbbj5hnrj1mh729vchob7q69gk@4ax.com...
>> On Wed, 8 Sep 2004 11:01:52 +0200, "Elaine"
>> wrote:

>> My kar het ek laat behandel met 'n roeswerende middel (dink dit is
>> 'n Norton produk - antirust program of so iets:-) en ek het 'n ses
>> jaar waarborg dat dit nie sal roes nie.
> ------Gaan gesels met een van die motorvervaardigers en hulle sal vir jou
> vertel dat die roeswaarborg op 'n motor is eintlik nie eers die papier werd
> waarop dit geskryf is nie. Die rede is eenvoudig: Enige eksterne skade
> wat aan die kar veroorsaak word waar dit roes, word nie gedek nie. Nou
> waar roes 'n kar? Eksterne skade! Klippies bo en onder wat 'n gat slaan
> of vreet deur die beskerming en dan roes hy. Met 'n after-market produk,
> hoe gaan jy daardie waarborg afdwing? Hulle touch dit net op en verf oor
> die probleem en eendag sdan val 'n gat in.....as die waarborg verby is.

Heelwaarskynlik steek daar waarheid in jou vraag/stelling, oor hoe so
'n waarborg afgedwing kan word. Miskien ook nie, want ek was by toe
die kar gespuit is, en sal dus ook by wees wanneer dit oor 'n jaar
ge-inspekteer word.
Vir my gaan dit minder daaroor of roes werklik 100% verseker verhoed
word, (wat ek betwyfel omdat ek jou stelling ondersteun dat roes iets
soos 'n terroriste insypeling is,) maar ek dink dat dit realisties is
om te aanvaar dat dit die roes proses sal hokslaan, deur dit te
vertraag. Ook moet ek byvoeg dat ek min (indien enige!) laat model
karre hier sien wat geroes is. Ek is reg as ek sê, geen laat model
karre hier ry geroes rond nie. (Ek self was lanklaas geroes, want ek
het hierheen verhuis, drie bottels wyn en twaalf kwarte Kasteel
gekoop, en drie maande later steeds vergeet om aan te vul:-)

>
> Enkele dae gelede sien ek op 'n
>> uitstalling 'n kietergeftie wat in die enjinkompartement gemonteer
>> word, (vir sowat R700) en dit voorkom, deur impulse deur die staal te
>> stuur, sowat 80% roes. Daar is natuurlik geen waarborg aan nie, en
>> iemand het reeds vertel van sy broer se kar (Gloudina sou sê haar
>> neef, professor something) wat met die masjienkie en al geroes het.
>> Soos ek sê, het ek 'n waarborg vir ses jaar.
> -----Hierdie is 'n ou tegnologie wat alreeds donkiejare op skepe en pyplyne
> gebruik word. Jy stuur 'n puls van krag deur die metaal en dan draai dit
> die polarisering van die ione in die metaal om en in plaas van die suurstof
> in die water aan te trek, stoot dit dit weg. Uit ondervinding sou ek reken
> [ons gebruik dit want ons het die hoogste roessyfer in die wêreld aan ons
> kus] dit is so 35% effektief want om groter effektiwiteit te bereik, moet
> die kar onder water gebêre word sodat die water die geleiding kan doen. Ek
> reken egter op 'n kar van R200 000+ is daai paar rand die moeite werd vir
> gemoedsrus.

> Ek self reken dit werk op die bak, maar nie op die onderstel
> nie.
Die verkoopsman het aan my bewys dat daar 'n kraglading tot in die
wiele is.

> Vir die onderstel is daar net een ding wat rêrig werk: Kookolie.
Dankie. Op 'n manier maak dit wat jy hier sê, sin. Maar ook slegs as
jy reg is wanneer jy sê:
> waar roes 'n kar? Eksterne skade!

> [ons gebruik dit want ons het die hoogste roessyfer in die wêreld aan ons
> kus]
Waar ek roes vir die eerste keer teê gekom het, was in Walvisbaai.
Dit is waar ek my weermagopleiding gehad het, en van die begin af was
dit gepredik dat 'n blik verf in jou bagasie byna net so belangrik as
'n geweer is.

> Nuwe kookolie.
Daardie selfde kookolie wat ek gebruik vir King Klip!
(Olyfolie besmeer die panne te veel. Vanaand het ek
egter die Rock Cot in koffelbotter gebraai)

> Jy vat die nuwe kar en betrek hom met 'n kompressor en 'n
> spray gun en spuit die hele kar van onder af daarmee[onverdun].

Ek sal tog jou resep hier onder die kennisse versprei.

> Nog 'n ding. ken jy van 'soluable oil'? Die olie wat by draaibanke
> gebruik word. Daarmee was jy die bakwerk van jou kar....nie skoon water
> nie.
'n meer praktiese voorstel wat ek tog sal beproef. Maar as die
olielaag op die kar bly, gaan dit mos stof opgaar? Maar soos ek sê,
is dit beproefbaar. My kar word twee keer 'n week gewas, deur
'n skoonmaakdiens. Dit kan deur hulle gedoen word.

> Die rede vir roes is dat water in krake en laste gaan lê en dan begin
> oksideer en roes vorm. Die 'soluable oil' in die water maak dat as die
> water verdamp, dan bly die olie agter.

>> Andersins, ry die kustenaars(!) na die Rand en gaan koop daar
>> in Transvaal erens 'n kar. Die mense wat die kar dan koop, dink
>> dat hy uit Gauteng is, en jy koop self 'n Gautengse kar, as jy nie
>> nuut koop nie. Die risiko is dan natuurlik, as dit 'n tweedehandse
>> motor is, is dat hy deur iemand van die kus af daar gelos is:-)

> -----Is daar nie iets soos 'n registrasiegeskiedenis meer in SA nie? Die
> handelaars hier by ons en daar by julle werk ook saam. Motors wat hier
> ingeruil word word verpand aan die RSA en ou karre kom van die RSA weer hier
> na ons toe......net om daai nasporing te fnuik.

Meer as een keer word 'n registrasiegeskiedenis hier nagegaan, en
selfs die polisiekantoor verskaf 'n 'clearance' sertifikaat, en later
word die kar by die koper terug geneem omdat dit 'n gesteelde kar is.


>> DD



>
Re: Ek's terug [boodskap #98004 is 'n antwoord op boodskap #97986] Vr, 10 September 2004 06:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" skryf in boodskap news:ou81k0hjsi9ihqc4icokubnn2jgpu64lur@4ax.com...
> On Thu, 9 Sep 2004 07:19:22 +0100, "Suidwester"
> wrote: Ook moet ek byvoeg dat ek min (indien enige!) laat model
> karre hier sien wat geroes is. Ek is reg as ek sê, geen laat model
> karre hier ry geroes rond nie. (Ek self was lanklaas geroes, want ek
> het hierheen verhuis, drie bottels wyn en twaalf kwarte Kasteel
> gekoop, en drie maande later steeds vergeet om aan te vul:-)
----Dit is so dat die motors deesdae van beter metale gemaak word. Ook
word sommige onderstelle gegalvaniseer. Myns insiens is die grootste
probleem om die motor se beste waarde te behou vir weer verkoop. Dalk is
die nuwe karre nie oud genoeg om al roes te wys nie?

> Die verkoopsman het aan my bewys dat daar 'n kraglading tot in die
> wiele is.
----Ek stem saam dat daar 'n elektronies puls op die onderstel kan wees as
hulle die bakwerk en die onderstel met 'n kabel gebrug het. Ek dink ook
dit werk en al my voertuie het verskie modelle van die goete op en ek wil
glo dat dit help, maar 'n waarborg teen roes? Nee. Weet jy wat sou
help? As sie vervaardigers met 'n geleidende verf sou kom.

>
> Ek sal tog jou resep hier onder die kennisse versprei.
----Net om jou te oortuig. Kyk wat gebeur met die swart potte wat ons in
die veld gebruik en jy los dit 'kaalgat'. Dit roes rooi binne dae. Smeer
hom met kookolie na gebruik en dit roes nie!

> 'n meer praktiese voorstel wat ek tog sal beproef. Maar as die
> olielaag op die kar bly, gaan dit mos stof opgaar? Maar soos ek sê,
> is dit beproefbaar. My kar word twee keer 'n week gewas, deur
> 'n skoonmaakdiens. Dit kan deur hulle gedoen word.
-----Dis oplosbare olie en dit word droog, of droog af. Dit vergaar nie
stof nie want jy spuit dit mos weer af. Dis deel van jou waswater. Die
idee is dat die druppels water wat in die krake en barste agterbly en
verdamp, dan bly die olie agter.

> Meer as een keer word 'n registrasiegeskiedenis hier nagegaan, en
> selfs die polisiekantoor verskaf 'n 'clearance' sertifikaat, en later
> word die kar by die koper terug geneem omdat dit 'n gesteelde kar is.
----Ongelukkig bly ons in Afrika? Gloudina se Utopia van gratis karre en
selfone en 'n lewe wat nie veel werd is nie?
Re: Ek's terug [boodskap #98066 is 'n antwoord op boodskap #98004] Vr, 10 September 2004 21:41 Na vorige boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 10 Sep 2004 07:39:35 +0100, "Suidwester" wrote:

>
> ----Net om jou te oortuig. Kyk wat gebeur met die swart potte wat ons in
> die veld gebruik en jy los dit 'kaalgat'. Dit roes rooi binne dae. Smeer
> hom met kookolie na gebruik en dit roes nie!
>

Nogal 'n goeie voorbeeld. My potjie is vooraf behandel, waarmee
weet ek nie, en dit is nie veronderstel om te roes nie, maar 100%
is dit verseker ook nie.

Wat jy sê van 'soluable oil' het my vandag daaroor laat praat.
En toe uitgevind dat dit 'n beproefde raat is hier om parafien
in die was water te gooi. Wat ek wel weet, is dat as jy olie
of ghries van jou hande af was met parafien, jou hande nie
eens in die winter droog word nie.

DD
Vorige onderwerp: Alkoholsindroomdag
Volgende onderwerp: Tannie Bouwer...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 01:36:41 MGT 2024