Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Johannesburg in juli
Johannesburg in juli [boodskap #9768] Sa, 14 Junie 1997 00:00 na volgende boodskap
G.C.M. Ruijs  is tans af-lyn  G.C.M. Ruijs
Boodskappe: 2
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Junior Lid
Kan iemand mij vertellen hoe de temepreaturen rond Johannesburg zijn in
juli en augustus? Wat voor kleding meenemen ?
Kun jer gemakkelijk met credit cards betalen? Welke ?
Is "pinnen" ook mogelijk (met nederlandse bankkaart en het intoetsen van
een Persoonlijk Identificatie Nummer)?

Bedankt voor de informatie, Baje dankie !

Gerard Ruijs
Re: Johannesburg in juli [boodskap #9774 is 'n antwoord op boodskap #9768] So, 15 Junie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
G.C.M. Ruijs wrote in article
...
> Kan iemand mij vertellen hoe de temepreaturen rond Johannesburg zijn in
> juli en augustus? Wat voor kleding meenemen ?
Snags, ysig koud (0C tot 5C, aanvoelbaar -10C tot 0C.
Bedags, koud (5C tot 15C). As die wind waai - ysig koud.
Genoeg warm klere. Binnehuis verwarming dikwels afwesig.

> Kun jer gemakkelijk met credit cards betalen? Welke ? Ja. Visa en Master word orals aanvaar.
> Is "pinnen" ook mogelijk (met nederlandse bankkaart en het intoetsen van
> een Persoonlijk Identificatie Nummer)?

Ek vermoed so, maar weet regtig nie.

> Bedankt voor de informatie, Baje dankie !
>
> Gerard Ruijs

Nie te danke. Voorspoedige reis.

At de Lange
Re: Johannesburg in juli [boodskap #9781 is 'n antwoord op boodskap #9768] Ma, 16 Junie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
> Snags, ysig koud (0C tot 5C, aanvoelbaar -10C tot 0C.

Hello At,

Kan jy dalk vir my bietjie verduidelik wat die verskil is, asb? Ek bedoel,
tussen die feitlike temperatuur, en dit wat "aanvoelbaar" is, en wat veroorsaak
dit.

Ek vra verskoning as dit 'n dom vraag is, ek het net gewonder, omdat ek hierdie
nie mooi verstaan nie.

By voorbaat dankie,
Vira.
Re: Johannesburg in juli [boodskap #9790 is 'n antwoord op boodskap #9768] Di, 17 Junie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
AM de Lange wrote in article
...

> Vira, die ding het te doen met die verskil tussen koel/koud/ en
> verkoel/verkoud. Die een is 'n toestand en die ander een is 'n
> proses wat na 'n nuwe toestand lei.
>
> Neem bv 5C met windstilte. 'n Mens ervaar dit as as 'n sekere
> koue omdat 'n mens se liggaam by 36C 'n sekere verlies aan
> warmte het as gevolg van 'n 31C verskil in temperatuur. Maar
> eintlik word ook 'n lagie warm lug om jou liggaam opgebou wat
> die verskil in temperatuur verklein en dus die verlies aan warmte
> verminder.
>
> Dink nou aan 5C met 'n sterk wind. Die verskil in temperatuur is
> nog steeds 31C. Maar die warmteverlies is veel ho"er omdat die
> wind die lagie warm lug wat om jou liggaam opbou, weg waai.
> Die warmte verlies kan so erg wees as wat dit die geval sou
> wees by -10C en 'n windstilte. Die -10C vir 5C met wind word
> die aanvoelbare temperatuur genoem.

In Antarktika het ek gesien hoe die manne sonder hemde op die sneeu werk -
met 'n temperatuur van -4C. Die oomblik as die luggie begin stoot, moet jy
sien hoe vinnig word die parkas aangetrek!

Groete, Leendert
Re: Johannesburg in juli [boodskap #9791 is 'n antwoord op boodskap #9768] Di, 17 Junie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
V wrote in article
...
>> Snags, ysig koud (0C tot 5C, aanvoelbaar -10C tot 0C.
>
> Hello At,
>
> Kan jy dalk vir my bietjie verduidelik wat die verskil is, asb? Ek bedoel,
> tussen die feitlike temperatuur, en dit wat "aanvoelbaar" is, en wat veroorsaak
> dit.
>
> Ek vra verskoning as dit 'n dom vraag is, ek het net gewonder, omdat ek hierdie
> nie mooi verstaan nie.

Vira, die ding het te doen met die verskil tussen koel/koud/ en
verkoel/verkoud. Die een is 'n toestand en die ander een is 'n
proses wat na 'n nuwe toestand lei.

Neem bv 5C met windstilte. 'n Mens ervaar dit as as 'n sekere
koue omdat 'n mens se liggaam by 36C 'n sekere verlies aan
warmte het as gevolg van 'n 31C verskil in temperatuur. Maar
eintlik word ook 'n lagie warm lug om jou liggaam opgebou wat
die verskil in temperatuur verklein en dus die verlies aan warmte
verminder.

Dink nou aan 5C met 'n sterk wind. Die verskil in temperatuur is
nog steeds 31C. Maar die warmteverlies is veel ho"er omdat die
wind die lagie warm lug wat om jou liggaam opbou, weg waai.
Die warmte verlies kan so erg wees as wat dit die geval sou
wees by -10C en 'n windstilte. Die -10C vir 5C met wind word
die aanvoelbare temperatuur genoem.

'n Dro"e koue lug VOEL ook kouer as vogtige koue lug, alhoewel
dit 'n lear warmtekapasitiet het en dus nie so koud behoort te
maak nie. Dit is omdat dit die slymvliese uitdroog, iets wat by
laer temperature al hoe meer gebeur as gevolg van die afname
in relatiewe votigheid. Oorsese besoekers ondervind dikwels 'n
skok hiermee op ons Ho"eveld.

Dieselfde geld vir ho"e temperature. 'n Temperatuur van 50C by
Pella is nie naastenby so erg as 40C by Richardsbaai nie. By
Pella is die lug droog en verdamping groot- so ook afkoeling
deur sweet. Maar by Richardsbaai is die lug vogtig en verdamping
laag.

Vra gerus as dit nog onduidelik is.

Alles van die beste.
At de Lange
Re: Johannesburg in juli [boodskap #9807 is 'n antwoord op boodskap #9768] Wo, 18 Junie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 16 Jun 97 09:58:58 GMT, vi...@iafrica.com (V) wrote:

tussen die feitlike temperatuur, en dit wat "aanvoelbaar" is, en wat veroorsaak[/color]
> dit.>>

Wind chill factor?

As die wind waai is dit baie, baie koud - as jy in die wind is.
Daar is al bereken dat wanneer die temp iets soos 2 grade C is en jy
ry op 'n motorfiets teen se maar 60 km/h dat is die temperatuur vir
jou op die baike iets soos minus 20.
Re: Johannesburg in juli [boodskap #9808 is 'n antwoord op boodskap #9768] Wo, 18 Junie 1997 00:00 Na vorige boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
Baie dankie , At, vir die verduideliking.
Ek verstaan nou eers hoekom dit nie so koud is in sneeu nie. Kon dit nooit
uitwerk nie.

Groete,
Vira.

[I have a perspiring mind and I need to know].
Vorige onderwerp: Re: Afrikaans en die ANC
Volgende onderwerp: Koekieblik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 23 14:29:04 MGT 2024