Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vraag aan SuidWester
Vraag aan SuidWester [boodskap #97626] Vr, 03 September 2004 13:31 na volgende boodskap
BitterEinder  is tans af-lyn  BitterEinder
Boodskappe: 37
Geregistreer: Maart 2003
Karma: 0
Volle Lid
Suidtjie,

Ek weet nou nie hoe oud jy is nie, maar ek is opsoek na 'n histories
akkurate opinie oor die houding van mense wat in SWA geleef het
gedurende die Tweede Wereld Oorlog. EK het onlangs gelees dat
Afrikaans sprekendes in die destydse SWA "notorious" was omdat hulle
die Nazi U-Boats verskaf het met verversings.
Is dit waar?

Ek hoor ook dat tot vandag toe, sekere mense daar, Hitler se
geboortedag jaarliks herdenk met 'n makietie.
Is dit waar?

Ta
Re: Vraag aan SuidWester [boodskap #97632 is 'n antwoord op boodskap #97626] Vr, 03 September 2004 14:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Dit is beslis so. Die band was nog altyd sterk en die Duitse bloed loop
dik in SWA... Suid Afrika se Afrikaners het self 'n hegte band met die
Duitsers.

Ek dink die is so bietjie van 'n lui vraag. Die inligting is oral op die
net beskikbaar...

Groete
Plato

BitterEinder wrote:

> Suidtjie,
>
> Ek weet nou nie hoe oud jy is nie, maar ek is opsoek na 'n histories
> akkurate opinie oor die houding van mense wat in SWA geleef het
> gedurende die Tweede Wereld Oorlog. EK het onlangs gelees dat
> Afrikaans sprekendes in die destydse SWA "notorious" was omdat hulle
> die Nazi U-Boats verskaf het met verversings.
> Is dit waar?
>
> Ek hoor ook dat tot vandag toe, sekere mense daar, Hitler se
> geboortedag jaarliks herdenk met 'n makietie.
> Is dit waar?
>
> Ta
Re: Vraag aan SuidWester [boodskap #97634 is 'n antwoord op boodskap #97626] Vr, 03 September 2004 15:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hierdie is nie so 'n eenvoudige vraag om te antwoord nie. Die land was in
twee basiese politieke kampe gedeel......die Sappe wat Jan Smuts en die
Britse Kroon aangehang het en die Natte wat niks wou weet van die spul
Souties nie. Dié sentimente het gekom vanuit die Tweede Vryheidsoorlog agv
van die vroue en kinders wat dood is in die konsentrasiekampe en natuurlik
oor die plase wat die Engelse vernietig het. Daar was egter nog 'n faktor
by. Anti-Joodse sentimente. Saam met die Duitsers, was daar van die
Boere wat geglo het dat die Jode die kak van die aarde is wat net ander
mense se lande binnedring en dan die ekonomie oorvat.
In ou Suidwes, waar daar baie Duitse boere saam met die Afrikaanse boere
geboer het, was die sentimente sterk eerder na die Duitse kant toe eerder as
na die gehate Engelse kant toe. Ek meen, as jou buurman wat jy omtrent
elke week sien, 'n Duitser is en ek sê nou vir jou die meeste Duitse mense
wat ek ken, is ordentlik en mense wat hard werk om vorentoe te gaan......hoe
dan sou 'n Boer dan ook 'n Engelsman wou kies bo 'n Duitser? Net soos die
Duitsers nie opgeklits was met die Jode nie, net so was die Boere ook nie
lief vir hulle nie en het hulle vas geglo dat Hitler op die regte pad was
toe hy wou seep kook van die Jode. Baie van die Boere van daardie dae was
gerekende Jodehaters.
Vele van die Boere het dan ook geweier om vir die Britse Kroon te gaan
baklei in die Wêreldoorloë. Saam met die manlike Duitsers in SWA is van
hulle dan ook geïnterneer gedurende die oorlog. Of van hierdie Boere die
Duitse duikbote 'bedien' het, sal ek maklik glo, want daar is vele gevalle
bekend oor die teenwoordigheid van Duitse duikbote langs ond kus gedurende
WW2. Die bekendste geval is seker die 'Dundeden Star', 'n Britse skip wat
gesink het aan ons skedelkus in die noorde en wat een moerse operasie gevat
het om die mense weer lewend terug in die beskawing te kry. Die rede vir
die sink van die skip word oor bespiegel in die dat die skip 'n rots in die
oop see raakgery het of dalk was dit 'n Duitse duikboot wat hy getref het?
Ons hele kus se see is mos maar rof en dit sou nie maklik wees in doerie
jare om 'n duikboot in die dieper see te 'diens' nie. Walvisbaai is die
groot hawe, maar was onder SA [en Britse!] beheer. Lüderitz onder in die
Suide bestaan omtrent uit 80% Duitssprekendes en Swakopmund waar ek nou sit,
was toe ook amper heeltemal Duits en Boer. Hier is die jetty waarvan skepe
in die diepsee bereik kon word.
So ja, duikbote sou heel maklik hulp op ons kus gekry het gedurende WW2.
Ek sou dink daar sou 'n tou van mense op die strand gestaan het vir net die
voorreg om 'n kans te kry om die Duitsers te help!
Oor die makietie vir Hitler.......ja, daar is steeds van die ouer
Duitsers wat glo dat die wêreld 'n beter plek met Hitler sou wees, as
daarsonder. 'n Onlangse geval was 'n plaas wat deur die balju verkoop is
en die mense toe weier om te trek. Toe op die eiendom beslag gelê word,
was die hele huis vol fotos van Hitler, vlae en swastika's. Die mense het
ook nog oudmodies aangetrek.

"BitterEinder" skryf in boodskap news:dc6ce655.0409030531.27f199ee@posting.google.com...
> Suidtjie,
>
> Ek weet nou nie hoe oud jy is nie, maar ek is opsoek na 'n histories
> akkurate opinie oor die houding van mense wat in SWA geleef het
> gedurende die Tweede Wereld Oorlog. EK het onlangs gelees dat
> Afrikaans sprekendes in die destydse SWA "notorious" was omdat hulle
> die Nazi U-Boats verskaf het met verversings.
> Is dit waar?
>
> Ek hoor ook dat tot vandag toe, sekere mense daar, Hitler se
> geboortedag jaarliks herdenk met 'n makietie.
> Is dit waar?
>
> Ta
Re: Vraag aan SuidWester [boodskap #97638 is 'n antwoord op boodskap #97626] Vr, 03 September 2004 20:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Spencer  is tans af-lyn  Spencer
Boodskappe: 214
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Het jy nie 'n Afr - Eng woordeboek nie?

"BitterEinder" skryf in boodskap news:dc6ce655.0409030531.27f199ee@posting.google.com...
> Suidtjie,
>
> Ek weet nou nie hoe oud jy is nie, maar ek is opsoek na 'n histories
> akkurate opinie oor die houding van mense wat in SWA geleef het
> gedurende die Tweede Wereld Oorlog. EK het onlangs gelees dat
> Afrikaans sprekendes in die destydse SWA "notorious" was omdat hulle
> die Nazi U-Boats verskaf het met verversings.
> Is dit waar?
>
> Ek hoor ook dat tot vandag toe, sekere mense daar, Hitler se
> geboortedag jaarliks herdenk met 'n makietie.
> Is dit waar?
>
> Ta
Re: Vraag aan SuidWester [boodskap #97691 is 'n antwoord op boodskap #97638] Ma, 06 September 2004 08:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
BitterEinder  is tans af-lyn  BitterEinder
Boodskappe: 37
Geregistreer: Maart 2003
Karma: 0
Volle Lid
"Spencer" skryf in boodskap news:...
> Het jy nie 'n Afr - Eng woordeboek nie?
>

Nee, grootseun, die enigste Afrikaanse boek wat ek besit is een van
daai klein sakbybels wat die Gideons uitgee. Maar ek lees hom nooit.
Re: Vraag aan SuidWester [boodskap #97742 is 'n antwoord op boodskap #97634] Ma, 06 September 2004 18:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Noddy  is tans af-lyn  Noddy
Boodskappe: 50
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Volle Lid
Vertel aub vir ons die verhaal van Robbey Leibbrandt wat glo aan Duitswes se kus
geland het.

Kantelberg.

"Suidwester" skryf in boodskap news:413889cd.0@news1.mweb.co.za...
> Hierdie is nie so 'n eenvoudige vraag om te antwoord nie. Die land was in
> twee basiese politieke kampe gedeel......die Sappe wat Jan Smuts en die
> Britse Kroon aangehang het en die Natte wat niks wou weet van die spul
> Souties nie. Dié sentimente het gekom vanuit die Tweede Vryheidsoorlog agv
> van die vroue en kinders wat dood is in die konsentrasiekampe en natuurlik
> oor die plase wat die Engelse vernietig het. Daar was egter nog 'n faktor
> by. Anti-Joodse sentimente. Saam met die Duitsers, was daar van die
> Boere wat geglo het dat die Jode die kak van die aarde is wat net ander
> mense se lande binnedring en dan die ekonomie oorvat.
> In ou Suidwes, waar daar baie Duitse boere saam met die Afrikaanse boere
> geboer het, was die sentimente sterk eerder na die Duitse kant toe eerder as
> na die gehate Engelse kant toe. Ek meen, as jou buurman wat jy omtrent
> elke week sien, 'n Duitser is en ek sê nou vir jou die meeste Duitse mense
> wat ek ken, is ordentlik en mense wat hard werk om vorentoe te gaan......hoe
> dan sou 'n Boer dan ook 'n Engelsman wou kies bo 'n Duitser? Net soos die
> Duitsers nie opgeklits was met die Jode nie, net so was die Boere ook nie
> lief vir hulle nie en het hulle vas geglo dat Hitler op die regte pad was
> toe hy wou seep kook van die Jode. Baie van die Boere van daardie dae was
> gerekende Jodehaters.
> Vele van die Boere het dan ook geweier om vir die Britse Kroon te gaan
> baklei in die Wêreldoorloë. Saam met die manlike Duitsers in SWA is van
> hulle dan ook geïnterneer gedurende die oorlog. Of van hierdie Boere die
> Duitse duikbote 'bedien' het, sal ek maklik glo, want daar is vele gevalle
> bekend oor die teenwoordigheid van Duitse duikbote langs ond kus gedurende
> WW2. Die bekendste geval is seker die 'Dundeden Star', 'n Britse skip wat
> gesink het aan ons skedelkus in die noorde en wat een moerse operasie gevat
> het om die mense weer lewend terug in die beskawing te kry. Die rede vir
> die sink van die skip word oor bespiegel in die dat die skip 'n rots in die
> oop see raakgery het of dalk was dit 'n Duitse duikboot wat hy getref het?
> Ons hele kus se see is mos maar rof en dit sou nie maklik wees in doerie
> jare om 'n duikboot in die dieper see te 'diens' nie. Walvisbaai is die
> groot hawe, maar was onder SA [en Britse!] beheer. Lüderitz onder in die
> Suide bestaan omtrent uit 80% Duitssprekendes en Swakopmund waar ek nou sit,
> was toe ook amper heeltemal Duits en Boer. Hier is die jetty waarvan skepe
> in die diepsee bereik kon word.
> So ja, duikbote sou heel maklik hulp op ons kus gekry het gedurende WW2.
> Ek sou dink daar sou 'n tou van mense op die strand gestaan het vir net die
> voorreg om 'n kans te kry om die Duitsers te help!
> Oor die makietie vir Hitler.......ja, daar is steeds van die ouer
> Duitsers wat glo dat die wêreld 'n beter plek met Hitler sou wees, as
> daarsonder. 'n Onlangse geval was 'n plaas wat deur die balju verkoop is
> en die mense toe weier om te trek. Toe op die eiendom beslag gelê word,
> was die hele huis vol fotos van Hitler, vlae en swastika's. Die mense het
> ook nog oudmodies aangetrek.
Re: Vraag aan SuidWester [boodskap #97757 is 'n antwoord op boodskap #97742] Di, 07 September 2004 06:59 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Robey Leibbrandt se storie ken ek nie so goed nie, behalwe dat hy 'n rebel
was en niks wou weet van die spul Engelse na die Vryheidsoorlog nie. Hy
het verkies om saam met die Duitsers te werk en het ook opleiding in
Duitsland ontvang om terug te keer na SA om sy manne in SA reg te kry vir
die dag wat Duitsland die oorlog wen en SA kom oorvat. Sover ek weet, is
hy per duikboot aan die Suidweskus aan wal gelaat. Hy is egter gevang en
later tereggestel. Ek kan briewe onthou wat ek gesien het by die ou mense
wat in omloop was doerie tyd. Baie mense het geglo hulle het die rêrige
brief wat Leibbrandt uit die dodesel aan sy volgelinge geskryf het. Iemand
het lekker geld gemaak.
Dit was moeilike tye daai. SA was polities erg verdeeld. Die manne
aan die noordekant van die groot rivier het die Engelse gehaat en die aan
die suidekant het meer kans gesien om saam met hulle te leef. Die een
groep het die ander lafaarde genoem en die ander het hulle weer onnosel
genoem. Daar was vele Afrikaners wat nie bereid was om vir die Britse
Kroon te veg nie, my eie oupa was 'n opgeleide loods gewees en hy het
geweier en toe in die tronk beland.
"Johannes Kantelberg" wrote in message
news:413cb0f7$0$50383$ed2e19e4@ptn-nntp-reader04.plus.net...
> Vertel aub vir ons die verhaal van Robbey Leibbrandt wat glo aan Duitswes se kus
> geland het.
>
> Kantelberg.
>
Vorige onderwerp: hi
Volgende onderwerp: Ons gaan Die Prez teikens haal!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 14:42:40 MGT 2024