Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ons gaan Die Prez teikens haal!
Ons gaan Die Prez teikens haal! [boodskap #97602] Vr, 03 September 2004 07:31 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die oogmerk verklaar was dat teen die einde van 2005 moet daar glad nie meer
leerlinge wees wat skool gaan onder 'n boom nie. Daar is toe bevind dat die
teiken nie gehaal sal word nie, maar om te kan sê dat daar geen leerling
meer onder 'n boom skoolgaan nie, gaan die bome betyds afgekap word:))
--
Groetnis
Annette
Life is uncertain - eat dessert first
Re: Ons gaan Die Prez teikens haal! [boodskap #97604 is 'n antwoord op boodskap #97602] Vr, 03 September 2004 07:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Wat is lekkerder as om onder 'n groot kameeldoringboom in die skadu te sit
met 'n windjie tussen jou blaaie as die dae so stikkend warm word in die
klas? Heil die onderwyser met genoeg inisiatief om te besef dat daar veel
meer aan onderwys is as bloot om te staan en harra-harra voor die klas.

"Annette" skryf in boodskap news:ch96t1$9ol$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Die oogmerk verklaar was dat teen die einde van 2005 moet daar glad nie meer
> leerlinge wees wat skool gaan onder 'n boom nie. Daar is toe bevind dat die
> teiken nie gehaal sal word nie, maar om te kan sê dat daar geen leerling
> meer onder 'n boom skoolgaan nie, gaan die bome betyds afgekap word:))
> --
> Groetnis
> Annette
> Life is uncertain - eat dessert first
>
Re: Ons gaan Die Prez teikens haal! [boodskap #97605 is 'n antwoord op boodskap #97604] Vr, 03 September 2004 08:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dit kan soms ongemaklik raak as dit te koud of te nat is.....
-
Groetnis
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:413822a8.0@news1.mweb.co.za...
> Wat is lekkerder as om onder 'n groot kameeldoringboom in die skadu te sit
> met 'n windjie tussen jou blaaie as die dae so stikkend warm word in die
> klas? Heil die onderwyser met genoeg inisiatief om te besef dat daar veel
> meer aan onderwys is as bloot om te staan en harra-harra voor die klas.
> "Annette" wrote in message
> news:ch96t1$9ol$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Die oogmerk verklaar was dat teen die einde van 2005 moet daar glad nie
> meer
>> leerlinge wees wat skool gaan onder 'n boom nie. Daar is toe bevind dat
> die
>> teiken nie gehaal sal word nie, maar om te kan sê dat daar geen leerling
>> meer onder 'n boom skoolgaan nie, gaan die bome betyds afgekap word:))
>> --
>> Groetnis
>> Annette
>> Life is uncertain - eat dessert first
>>
>
Re: Ons gaan Die Prez teikens haal! [boodskap #97606 is 'n antwoord op boodskap #97604] Vr, 03 September 2004 08:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Suidwester wrote:
> Wat is lekkerder as om onder 'n groot kameeldoringboom in die skadu te sit
> met 'n windjie tussen jou blaaie as die dae so stikkend warm word in die
> klas? Heil die onderwyser met genoeg inisiatief om te besef dat daar veel
> meer aan onderwys is as bloot om te staan en harra-harra voor die klas.
> "Annette" wrote in message
> news:ch96t1$9ol$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
>> Die oogmerk verklaar was dat teen die einde van 2005 moet daar glad nie
>
> meer
>
>> leerlinge wees wat skool gaan onder 'n boom nie. Daar is toe bevind dat
>
> die
>
>> teiken nie gehaal sal word nie, maar om te kan sê dat daar geen leerling
>> meer onder 'n boom skoolgaan nie, gaan die bome betyds afgekap word:))
>> --
>> Groetnis
>> Annette
>> Life is uncertain - eat dessert first



>
>
>

Ek stem. Die lekkerste plek in 'n warm plek is in die skadu met 'n
briesie...
Re: Ons gaan Die Prez teikens haal! [boodskap #97607 is 'n antwoord op boodskap #97605] Vr, 03 September 2004 08:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Annette wrote:

> Dit kan soms ongemaklik raak as dit te koud of te nat is.....
> -
> Groetnis
> Annette
> "Suidwester" wrote in message
> news:413822a8.0@news1.mweb.co.za...
>
>> Wat is lekkerder as om onder 'n groot kameeldoringboom in die skadu te sit
>> met 'n windjie tussen jou blaaie as die dae so stikkend warm word in die
>> klas? Heil die onderwyser met genoeg inisiatief om te besef dat daar
>
> veel
>
>> meer aan onderwys is as bloot om te staan en harra-harra voor die klas.
>> "Annette" wrote in message
>> news:ch96t1$9ol$1@ctb-nnrp2.saix.net...

>>> Die oogmerk verklaar was dat teen die einde van 2005 moet daar glad nie

>> meer

>>> leerlinge wees wat skool gaan onder 'n boom nie. Daar is toe bevind dat

>> die

>>> teiken nie gehaal sal word nie, maar om te kan sê dat daar geen leerling
>>> meer onder 'n boom skoolgaan nie, gaan die bome betyds afgekap word:))
>>> --
>>> Groetnis
>>> Annette
>>> Life is uncertain - eat dessert first
>
>
>


>
>

Dan kan mens maar die klas nuttig...
Re: Ons gaan Die Prez teikens haal! [boodskap #97608 is 'n antwoord op boodskap #97607] Vr, 03 September 2004 08:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Daar is in die eerste plek nie 'n gebou met 'n klas nie...
Daarom die teiken.
--
Groetnis
Annette
>>
>
> Dan kan mens maar die klas nuttig...
Re: Ons gaan Die Prez teikens haal! [boodskap #97609 is 'n antwoord op boodskap #97606] Vr, 03 September 2004 08:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
He-he! Nou hang alles af van wat nie hang nie! Oor jou storie oor die
reën....dit reën nou nie eintlik hier by ons sodat jy dit kan agterkom nie!
Net so af en toe 'n donderstorm en dan strom hy vinnig en reën sulke moerse
druppels wat amper duike in die karre slaan en dan's alles gou verby. Daai
Kaapse geweekse aanmekaar se piepiereën ken ons nie van nie. Ek het toe ek
universiteit toe is die eerste keer in my lewe 'n reënjas gesien!

"Plato" skryf in boodskap news:ch9b6j$f9p$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Suidwester wrote:
>> Wat is lekkerder as om onder 'n groot kameeldoringboom in die skadu te sit
>> met 'n windjie tussen jou blaaie as die dae so stikkend warm word in die
>> klas? Heil die onderwyser met genoeg inisiatief om te besef dat daar veel
>> meer aan onderwys is as bloot om te staan en harra-harra voor die klas.
>> "Annette" wrote in message
>> news:ch96t1$9ol$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>
>>> Die oogmerk verklaar was dat teen die einde van 2005 moet daar glad nie
>>
>> meer
>>
>>> leerlinge wees wat skool gaan onder 'n boom nie. Daar is toe bevind dat
>>
>> die
>>
>>> teiken nie gehaal sal word nie, maar om te kan sê dat daar geen leerling
>>> meer onder 'n boom skoolgaan nie, gaan die bome betyds afgekap word:))
>>> --
>>> Groetnis
>>> Annette
>>> Life is uncertain - eat dessert first
>
>
>
>>
>
> Ek stem. Die lekkerste plek in 'n warm plek is in die skadu met 'n
> briesie...
>
Re: Ons gaan Die Prez teikens haal! [boodskap #97616 is 'n antwoord op boodskap #97604] Vr, 03 September 2004 11:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

> Wat is lekkerder as om onder 'n groot kameeldoringboom in die skadu te sit

Veral as die kameeldoring se peule
so lekker stink.
Daardie kameeldoring se dorings wat
so skerp is dat mens hulle op die
ou grammafone as naalde kon gebruik.

Gloudina
Re: Ons gaan Die Prez teikens haal! [boodskap #97619 is 'n antwoord op boodskap #97608] Vr, 03 September 2004 12:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Annette wrote:
> Daar is in die eerste plek nie 'n gebou met 'n klas nie...
> Daarom die teiken.
> --
> Groetnis
> Annette
>
>> Dan kan mens maar die klas nuttig...
>
>
>

Die een wat gebou gaan word. Ek meen net omdat daar 'n klas is beteken
nie sommige klasse mag nie onder 'n boom aagebied word nie...
Re: Ons gaan Die Prez teikens haal! [boodskap #97622 is 'n antwoord op boodskap #97616] Vr, 03 September 2004 13:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Lig my bietjie in waarna stink die kameeldoringboom se peule?
"@rogers.com" wrote in message
news:juYZc.444$d9U.397@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com. ..
>
> "Suidwester" skryf
>
>> Wat is lekkerder as om onder 'n groot kameeldoringboom in die skadu te
sit
>
> Veral as die kameeldoring se peule
> so lekker stink.
> Daardie kameeldoring se dorings wat
> so skerp is dat mens hulle op die
> ou grammafone as naalde kon gebruik.
>
> Gloudina
>
Re: Ons gaan Die Prez teikens haal! [boodskap #97623 is 'n antwoord op boodskap #97622] Vr, 03 September 2004 13:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

> Lig my bietjie in waarna stink die kameeldoringboom se peule?

As jy nog nie die stink van 'n kameel-
doringboompeul geruik het nie, van
wat weet jy dan?

Tant Hessie van Marchand
Re: Ons gaan Die Prez teikens haal! [boodskap #97629 is 'n antwoord op boodskap #97623] Vr, 03 September 2004 14:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dis juis hoekom ek jou vra. Ek sien hulle amper by die dag. Hier in die
Namib en ook van tyd tot tyd in die Kalahari en dan sommer in die
middellande ook....maar die peule stink nie vir my nie! Toe dag ek dalk
ruik ek sleg en vra so 'n bietjie rondom my. Die een vrou is 'n Kalahari
boorling op 'n plaas waar daar maklik 'n 1000 kameeldorings is, en niemand
weet van daai stank van jou nie? Verwar jy nie iets met iets anders nie.
Verduidelik vir my hoe lyk die kameeldoring se peul waarvan jy
praat...........

"@rogers.com" skryf in boodskap news:%5_Zc.15$NCW.2@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com...
>
> "Suidwester" skryf
>
>> Lig my bietjie in waarna stink die kameeldoringboom se peule?
>
> As jy nog nie die stink van 'n kameel-
> doringboompeul geruik het nie, van
> wat weet jy dan?
>
> Tant Hessie van Marchand
>
Re: Ons gaan Die Prez teikens haal! [boodskap #97630 is 'n antwoord op boodskap #97623] Vr, 03 September 2004 14:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ek dink in alle eerlikheid dat mens wel die peule kon geruik het sonder
om te besef dit is die bepaalde boom. Waarna stink die peule?

@rogers.com wrote:
> "Suidwester" skryf
>
>
>> Lig my bietjie in waarna stink die kameeldoringboom se peule?
>
>
> As jy nog nie die stink van 'n kameel-
> doringboompeul geruik het nie, van
> wat weet jy dan?
>
> Tant Hessie van Marchand
>
Re: Ons gaan Die Prez teikens haal! [boodskap #97635 is 'n antwoord op boodskap #97630] Vr, 03 September 2004 15:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Weet jy, die kameeldoringpeul is 'n besondere ding en sover ek weet, stink
dit glad nie. Dit ruik nie eers aardig nie.....so half grasserig. Dis
groot kos in die woestynveld en ons laat die 'geeste' die peule sakkevol
optel en betaal hulle per sak. Dan word dit in 'n stoor gebêre by 'n
hamermeuel en soos die behoefte daar is vir kos vir die diere, so maal ons
die peule en voeg melasse by.
Jy moet na die groot reën sien as so 'n peul ontkiem. Hy bars oop en
elke klein pitjie ontkiem en maak sy klein plantjie. So 'nklomp klein
plantjies in 'n ry staan in die peul. Wonderlik! Sjit, hoe jeuk my
vingers nou vir my kamera!

"Plato" skryf in boodskap news:2_mdndfikZVF4qXcRVn-iQ@is.co.za...
> Ek dink in alle eerlikheid dat mens wel die peule kon geruik het sonder
> om te besef dit is die bepaalde boom. Waarna stink die peule?
>
> @rogers.com wrote:
>> "Suidwester" skryf
>>
>>
>>> Lig my bietjie in waarna stink die kameeldoringboom se peule?
>>
>>
>> As jy nog nie die stink van 'n kameel-
>> doringboompeul geruik het nie, van
>> wat weet jy dan?
>>
>> Tant Hessie van Marchand
>>
>
Re: Ons gaan Die Prez teikens haal! [boodskap #97637 is 'n antwoord op boodskap #97629] Vr, 03 September 2004 17:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

> Verduidelik vir my hoe lyk die kameeldoring se peul waarvan jy
> praat...........

Dit is so langerig met rondings. Dis so vaalwit
en dit het pitte in. AS JY DIT FYNKAP, dan het
dit 'n stinkerige geur.

Gloudina
Re: Ons gaan Die Prez teikens haal! [boodskap #97684 is 'n antwoord op boodskap #97637] Ma, 06 September 2004 06:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek sal jou die voordeel van die twyfel gee dat jy dalk kan onthou hoe 'n
kameeldoringpeul lyk, maar die stank waarvan jy praat, was dit nie dalk as
julle die ding in die vuur gooi en dit brand nie?

"@rogers.com" skryf in boodskap news:eF1_c.26$84Z.5@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com...
>
> "Suidwester" skryf
>
>> Verduidelik vir my hoe lyk die kameeldoring se peul waarvan jy
>> praat...........
>
> Dit is so langerig met rondings. Dis so vaalwit
> en dit het pitte in. AS JY DIT FYNKAP, dan het
> dit 'n stinkerige geur.
>
> Gloudina
>
Re: Ons gaan Die Prez teikens haal! [boodskap #97709 is 'n antwoord op boodskap #97684] Ma, 06 September 2004 11:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

> Ek sal jou die voordeel van die twyfel gee dat jy dalk kan onthou hoe 'n
> kameeldoringpeul lyk, maar die stank waarvan jy praat, was dit nie dalk as
> julle die ding in die vuur gooi en dit brand nie?

Ek dink ons kameeldoringpeule was maar
net van 'n beter sappiger kwaliteit as julle
s'n wat heelwaarskynlik krepeer van ellende,
en na niks geruik het nie. Miskien was
ons neuse ook net meer sensitief, daar
waar ons tussen die waters en die volop
vrugte en groentes gesit het.

Gloudina
Re: Ons gaan Die Prez teikens haal! [boodskap #97752 is 'n antwoord op boodskap #97709] Di, 07 September 2004 06:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Soos gewoonlik praat jy 'n klomp twak.....met 'n 'k' gespel. 'n
kameeldoringpeul wat jy in jou hande kry is 'n droë peul.....dis hoekom hy
afval. Miskien moet jy jou boeke reg lees.....kameeldorings is endemies
aan...........stadig nou.........WOESTYNE! Waar die fok is die waters en
die volop groentes? Ek is game vir meeste dinge, maar so blatant kak
praat?
"@rogers.com" wrote in message
news:J4Y_c.9588$g0H1.3429@news04.bloor.is.net.cable.rogers.c om...
>
> "Suidwester" skryf
>
>> Ek sal jou die voordeel van die twyfel gee dat jy dalk kan onthou hoe 'n
>> kameeldoringpeul lyk, maar die stank waarvan jy praat, was dit nie dalk as
>> julle die ding in die vuur gooi en dit brand nie?
>
> Ek dink ons kameeldoringpeule was maar
> net van 'n beter sappiger kwaliteit as julle
> s'n wat heelwaarskynlik krepeer van ellende,
> en na niks geruik het nie. Miskien was
> ons neuse ook net meer sensitief, daar
> waar ons tussen die waters en die volop
> vrugte en groentes gesit het.
>
> Gloudina
>
Re: Ons gaan Die Prez teikens haal! [boodskap #97776 is 'n antwoord op boodskap #97752] Di, 07 September 2004 11:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

'n
> kameeldoringpeul wat jy in jou hande kry is 'n droë peul.....dis hoekom hy
> afval. Miskien moet jy jou boeke reg lees.....kameeldorings is endemies
> aan...........stadig nou.........WOESTYNE! Waar die fok is die waters en
> die volop groentes?

So jy vertel vir my 'n kameeldoringboom kan nie
'n paar voet van 'n besproeiingskanaal groei nie?
Sommige van die eilande van die Oranje bestaan
deels uit rotserige grond, waarom heen die water
van die Gariep vloei. Op daardie rotserige dele
het daar volop doringbome gestaan. Die eiland
waarop ek gebore is ( Perde-eiland) was twaalf
myl lank. Die Bo-eiland, waar ons gebly het,
was pure sagte grond met elke vierkante duim
verboubaar. Die Onder-eiland was rondom
'n duidelike klomp rotserige grond, waarop
mense hulle huise kon bou, maar waarop hulle
nie kon plant nie. (Ons Bo-eilanders het
in Marchand skoolgegaan en kerktoe gegaan.
Die Ondereilanders het hulle eie primôre
skool op die eiland gehad. )
Ons het altyd kameeldoringtakke gebruik
vir kersfeesbome. Want dit was tog so lekker
om die liggies en balletjies aan die skerp
dorings op te hang.

Gloudina
Kameeldoringboom [boodskap #97779 is 'n antwoord op boodskap #97776] Di, 07 September 2004 12:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
http://www.gov.bw/tourism/flora_and_fauna/camel.html
Re: Ons gaan Die Prez teikens haal! [boodskap #97791 is 'n antwoord op boodskap #97776] Di, 07 September 2004 13:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:Oih%c.10$Ns9.3@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com...
> So jy vertel vir my 'n kameeldoringboom kan nie
> 'n paar voet van 'n besproeiingskanaal groei nie?
--------Sug! Geduld, geduld! Daai kanaal is 'n mensgemaakte ding.

> Sommige van die eilande van die Oranje bestaan
> deels uit rotserige grond, waarom heen die water
> van die Gariep vloei. Op daardie rotserige dele
> het daar volop doringbome gestaan. Die eiland
> waarop ek gebore is ( Perde-eiland) was twaalf
> myl lank.
------Miskien moet jy vir my presies 'pin point' waar jou Perde-eiland
presies is? Daar is een groot bewoonbare eiland in die Oranjerivier en dit
is NIE Perde-eiland nie. Dis Kanoneiland. Jy moet reg lieg!
Re: Kameeldoringboom [boodskap #97793 is 'n antwoord op boodskap #97779] Di, 07 September 2004 13:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dankie, Plato, dalk lees die ou antie dit ook want sy praat 'n klomp strooi.
Behalwe dat ek die boom my hele lewe lank ken en mee saamleef, weet ek ook
dat die peule nie stink nie en ook nooit gestink het nie. Ek dink dalk sy
verwar dit met 'n ander doringboom, die persopis-boom. Die ou kop bewe
al.............

"Plato" skryf in boodskap news:chk8lf$hd$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> http://www.gov.bw/tourism/flora_and_fauna/camel.html
Re: Ons gaan Die Prez teikens haal! [boodskap #97799 is 'n antwoord op boodskap #97791] Di, 07 September 2004 13:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

> ------Miskien moet jy vir my presies 'pin point' waar jou Perde-eiland
> presies is? Daar is een groot bewoonbare eiland in die Oranjerivier en dit
> is NIE Perde-eiland nie. Dis Kanoneiland. Jy moet reg lieg!

Arme Suidwester. Was jy al ooit in daardie geweste?
Kanoneiland is een van baie eilande wat bewoon word.
Heelwaarskynlik die grootste, maar daar is volop eilande
wat bewoon word. Gaan kyk na Perde-eiland. Miskien
het hulle hom nou 'n ander naam gegee, maar dit is 'n
groot eiland. Twaalf myl lank, 'n paar myl breed. En
langs hom lê Witkop, nog 'n kleiner eiland met baie
rotste waar die huise gebou is, en met kameeldoring-
bome op.

Gloudina
Re: Kameeldoringboom [boodskap #97801 is 'n antwoord op boodskap #97793] Di, 07 September 2004 14:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" slruf

. Ek dink dalk sy
> verwar dit met 'n ander doringboom, die persopis-boom.

So hoe is die persopis anders as die kameel-
doringboom?
Die peule in die prentjie op die site wat Plato
aangewys het, lyk presies dieselfde as wat ek
onthou. Ook die dorings.

Gloudina
Re: Kameeldoringboom [boodskap #97808 is 'n antwoord op boodskap #97793] Di, 07 September 2004 14:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

> Dankie, Plato, dalk lees die ou antie dit ook want sy praat 'n klomp strooi.
> Behalwe dat ek die boom my hele lewe lank ken en mee saamleef, weet ek ook
> dat die peule nie stink nie en ook nooit gestink het nie.

Wat nogal vir my interessant is in die stuk, is die
feit dat hulle sê dat Jakobus Coetse die naam
"kameeldoring" aan die plant gegee het in 1768,
vyftig jaar voor Burchell daaroor gepraat het.
Nou, in JM Coetzee se "Dusklands" se tweede
deel, beskryf Coetzee die tog in die binneland
in van sy sogenaamde voorvader Jacobus
Coetzee. Ek neem aan hy weet van hierdie
stukkie geskiedenis. Hierdie tog van sy voorvader
is in Boesmanland in. Ek neem aan die Coetse
waarna verwys word, se togte was ook maar
suid van die Gariep. Dus bewys dit dat daar
kameeldoringbome suid van die Gariep is,
en giraffes wat dit op daardie stadium daar
ge-eet het, vandaar die naam.

Gloudina
Re: Ons gaan Die Prez teikens haal! [boodskap #97818 is 'n antwoord op boodskap #97799] Di, 07 September 2004 14:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Klink vir my of ek die Kanaalaap-gebied beter as jy ken, ou dier!
"@rogers.com" wrote in message
news:yYi%c.71$hpa.24@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com...
>
> "Suidwester" skryf
>
>> ------Miskien moet jy vir my presies 'pin point' waar jou Perde-eiland
>> presies is? Daar is een groot bewoonbare eiland in die Oranjerivier en
> dit
>> is NIE Perde-eiland nie. Dis Kanoneiland. Jy moet reg lieg!
>
> Arme Suidwester. Was jy al ooit in daardie geweste?
> Kanoneiland is een van baie eilande wat bewoon word.
> Heelwaarskynlik die grootste, maar daar is volop eilande
> wat bewoon word. Gaan kyk na Perde-eiland. Miskien
> het hulle hom nou 'n ander naam gegee, maar dit is 'n
> groot eiland. Twaalf myl lank, 'n paar myl breed. En
> langs hom lê Witkop, nog 'n kleiner eiland met baie
> rotste waar die huise gebou is, en met kameeldoring-
> bome op.
>
> Gloudina
>
Re: Kameeldoringboom [boodskap #97833 is 'n antwoord op boodskap #97801] Di, 07 September 2004 15:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
...net die stank wat jy onthou was van jou eie lopende neus?
"@rogers.com" wrote in message
news:3dj%c.248612$UTP.242511@twister01.bloor.is.net.cable.ro gers.com...
>
> "Suidwester" slruf
>
> . Ek dink dalk sy
>> verwar dit met 'n ander doringboom, die persopis-boom.
>
> So hoe is die persopis anders as die kameel-
> doringboom?
> Die peule in die prentjie op die site wat Plato
> aangewys het, lyk presies dieselfde as wat ek
> onthou. Ook die dorings.
>
> Gloudina
>
Re: Kameeldoringboom [boodskap #97835 is 'n antwoord op boodskap #97808] Di, 07 September 2004 15:14 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
........tog stink die peule nie!
"@rogers.com" wrote in message
news:Amj%c.249096$UTP.115300@twister01.bloor.is.net.cable.ro gers.com...
>
> "Suidwester" skryf
>
>> Dankie, Plato, dalk lees die ou antie dit ook want sy praat 'n klomp
> strooi.
>> Behalwe dat ek die boom my hele lewe lank ken en mee saamleef, weet ek ook
>> dat die peule nie stink nie en ook nooit gestink het nie.
>
> Wat nogal vir my interessant is in die stuk, is die
> feit dat hulle sê dat Jakobus Coetse die naam
> "kameeldoring" aan die plant gegee het in 1768,
> vyftig jaar voor Burchell daaroor gepraat het.
> Nou, in JM Coetzee se "Dusklands" se tweede
> deel, beskryf Coetzee die tog in die binneland
> in van sy sogenaamde voorvader Jacobus
> Coetzee. Ek neem aan hy weet van hierdie
> stukkie geskiedenis. Hierdie tog van sy voorvader
> is in Boesmanland in. Ek neem aan die Coetse
> waarna verwys word, se togte was ook maar
> suid van die Gariep. Dus bewys dit dat daar
> kameeldoringbome suid van die Gariep is,
> en giraffes wat dit op daardie stadium daar
> ge-eet het, vandaar die naam.
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: Vraag aan SuidWester
Volgende onderwerp: In the cut
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 21:02:52 MGT 2024