Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Bowling for Columbine
Bowling for Columbine [boodskap #97303] Vr, 27 Augustus 2004 03:28 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het vandag vir die eerste keer "Bowling for
Columbine" gesien. ( Ons het die DVD uitgeneem.)
As ek reg onthou, het dit een of ander Oscar gekry.
Was dit vir beste direkteur vir Michael Moore, of wat?
Ek het natuurlik geweet omtrent waaroor dit gaan.
Maar daar was twee dinge wat my verbaas het. Die
maatskappy wat dit gemaak het, is 'n klein onafhanklike
filmproduksie-maatskappy van Nova Scotia, wat
taamlike radikale films maak, wat die hoofstroom
film-maatskappye nie aan sal raak nie. Hierdie
maatskappy maak byvoorbeeld ons "This hour
has 22 minutes," wat 'n skerp kritiese oog op ons
politiek hou.
Die ander ding wat my verbaas het, was hulle
gedurige hamer op die feit dat Kanada dan nou so
'n veilige land is, en dat omtrent niemand hulle
deure sluit nie. Nou dit is so 'n blatante leuen, dat
ek byna nie kan glo dat hulle mense kon kry om
saam te speel nie. Hulle wys mense in Toronto
wie se deure oopstaan. Nou miskien het hulle 'n
paar deure gekry waar dit die geval is, maar ek kan
almal verseker dat mense hier in Kanada gewoonlik
hulle deure sluit. Ek bly in 'n woonstelblok, waar
ons nie net ons individuele woontstelle religieus
sluit nie, maar dat ons ook kameras getrein het
op alle ingange en uitgange, en dat mens 'n spesiale
kontrapsie nodig het om by die deure in te kom.
Een van ons kinders bly in 'n klein dorpie op die
rand van Ottawa, en hulle het 'n maatskappy wat
hulle huis bewaak met elektroniese apparaat.
Moore wil ook uitmaak dat, alhoewel daar
baie gewere in Kanada is, daar nie baie moorde is
nie. Natuurlik is daar minder moorde, want daar
is baie minder mense. Maar ons het ons deel van
misdaad en doodskiet. Net gister het die polisie
'n man in die Toronto doodgeskiet, omdat hy
gewelddadig voor die tyd teenoor sy vrou was,
en toe iemand van die straat af geneem het om
agter te skuil.
Die film het mens se oë oopgemaak vir
baie ekstreme dinge in die VSA, maar ek dink
die feit dat hy so "soft" op Kanada was, was
eintlik nie so 'n goeie idee nie. Miskien het hy
dit gedoen om Salter Street Productions
heuning om die mond te smeer. Maar dit was
regtig nie nodig nie. Ons hier in Kanada is
volwasse mense. En ons weet watter kant ons
brood gebotter is.

Gloudina
Re: Bowling for Columbine [boodskap #97307 is 'n antwoord op boodskap #97303] Vr, 27 Augustus 2004 09:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com"
> Ek het vandag vir die eerste keer "Bowling for
> Columbine" gesien. ( Ons het die DVD uitgeneem.)

Wat my opgeval het van die film was die ooreenkomste met SA. Maak die mense
bang, want dan koop hulle... Ek weet nie of daar al ooit so 'n goeie mark
was vir beveiligingsmaatskappye nie.
Re: Bowling for Columbine [boodskap #97339 is 'n antwoord op boodskap #97307] Vr, 27 Augustus 2004 20:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Max wrote:

> "@rogers.com"
>
>> Ek het vandag vir die eerste keer "Bowling for
>> Columbine" gesien. ( Ons het die DVD uitgeneem.)
>
>
> Wat my opgeval het van die film was die ooreenkomste met SA. Maak die mense
> bang, want dan koop hulle... Ek weet nie of daar al ooit so 'n goeie mark
> was vir beveiligingsmaatskappye nie.
>
>
Nee Max, ons word nie bang gemaak nie. Dit klink te beplan. Ons word
bang gewys! Misdaad hier is 'n realiteit. Ons sien dit, proe dit en ons
vriende en familie loop deur onder dit. Iemand wat kan sê hier is nie 'n
probleem nie, weet nie waarvan hy praat nie...

Die misdaad word op alles blameer behalwe die waarheid, maar die
waarheid is soos 'n bok en 'n bok is 'n bliksem!

Cheers
Plato
Re: Bowling for Columbine [boodskap #97420 is 'n antwoord op boodskap #97339] Ma, 30 Augustus 2004 09:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
"Plato"
> Nee Max, ons word nie bang gemaak nie. Dit klink te beplan. Ons word
> bang gewys!

Dan het ek dit heeltemal verkeerd, ek dog heeltyd die nuus praat niks van al
die crime nie, die enigste wat mens hoor is die stories daarvan onder die
volk.
Re: Bowling for Columbine [boodskap #97446 is 'n antwoord op boodskap #97420] Ma, 30 Augustus 2004 15:32 Na vorige boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ek praat nie van media nie Max. Ek praat van om my. Ek sien die nuwe
helder ligte opgaan by bure nadat die buurdsvergadering aan die lig
gebring het daar is niemand in die buurt oor, waar daar nie ingebreek is
nie.

Ek sien hoe min lus die polisie was om my te help toe ek by 'n
winkelsentrum aangerand is. Ek weet hoeveel dit my gekos het om my motor
se ruite te herstel nadat daar op 3 geleenthede ingebreek is om goed uit
my voertuig te steel. Ek het ook my les geleer oor wat dit aan jou
risiko profiel doen as jy jou versekering gebruik om die skade reg te stel.

Ek weet hoe lyk 'n studente-meisie wie se motor se ruit uitgeslaan is en
haar handsak uit haar voertuig geruk word. Ek het haar sielkundige se
rekeninge ook gesien. Ek het 'n oom wat by die dood omgedraai het omdat
sy kar dit durf waag het om langs die snelweg onklaar te raak. Gewapende
mans het hom met 'n mes gesteek en hy moes 'n geruime tyd in die
hospitaal deurbring.

Ek weet hoe my ouers getraumatiseer is toe hulle huis oornag beroof is
terwyl hulle geslaap het. Glo my jou huis is nooit weer dieselfde nie.
Maar mense dink jy is gelukkig omdat hulle jou nie aangerand het of iets
nie. Ek sidder om aan al die goed te dink wat kon gebeur het...

Ek weet hoe lyk iemand wat sy kop verloor toe 'n grypdief sy selfoon uit
sy hand gegryp het toe hy met iemand spesiaal op die foon was. Ek weet
ook hoe sy oë dit nie kon begryp toe ek hom van die booswig afgetrek het
nie. Hy was besig om die dief in histerie amper dood te slaan. Ek weet
ook hoe ek binne myself weet dat ek tien teen een dieselfde sou optree
in so 'n situasie.

Ek weet hoe dit voel om oor jou bejaarde ouma bekommerd te wees. Sy bly
alleen as weduwee in 'n groot huis wat jou oupa met baie arbeid vir haar
gekoop het om seker te maak sy is versorgd in die ouderdom. Hy het egter
nie rekening gehou met misdaad nie. Ek weet hoe dit voel om te bel en
vrae te vra soos "Het ouma die deure gesluit?" of "is die klein hekkie
toegesluit voor in die erf?". Ek weet hoe dit voel as jy nie weet die
lyn het 'n Telkom fout nie en jy probeer vergeefs haar in die hande kry.
Jy eindig dan met 'n rit na jou ouma agtuur die aand om te gaan loer wat
gaan aan. Al die pad soontoe stres jy jouself kepabel oor die
moontlikhede...

Nee wat, hier is fout in ons land. Groot fout.

Plato

Max wrote:

> "Plato"
>
>> Nee Max, ons word nie bang gemaak nie. Dit klink te beplan. Ons word
>> bang gewys!
>
>
> Dan het ek dit heeltemal verkeerd, ek dog heeltyd die nuus praat niks van al
> die crime nie, die enigste wat mens hoor is die stories daarvan onder die
> volk.
>
Vorige onderwerp: Re: South African Army collapses under Third World rule
Volgende onderwerp: Uitgeput
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 16:20:53 MGT 2024