Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » (Filosofies) - Selfstandige denkers en rasionaliteit.
(Filosofies) - Selfstandige denkers en rasionaliteit. [boodskap #9713] Wo, 04 Junie 1997 00:00 na volgende boodskap
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
> Etienne Marais wrote in article
> ...

>> Goed, ek is dan jammer, ek het jou probeer opsom
>> (ek hou darem al BAIE lankal jou 'postings' dop.) en
>> soos dit maar altyd gebeur kan 'n mens nie
>> gevolgtrekkings maak van iemand wat verlig soos jy
>> is nie, eenvoudig omdat daar nie stereotipiese
>> beginsels te vinde is by iemand wat self kan dink nie !
>> Bygese, ek wonder aan die lig van my pro-Afrikaner
>> 'postings' hoeveel mense my dalk verkeerd opsom
>> en stereotipies klassifiseer .....

> Etienne, lanklaas het iemand sulke waar woorde geskryf.

> Dis sinloos om iemand wat selfstandig dink te tipeer anders
> as 'n selfstandige denker.

> Maar dis ook broodnodig om te weet wanneer iemand
> 'n selfstandige denker is. Wil jy nie maar die moed
> bymekaar skraap en oor die saak begin skryf nie. Skryf
> sommer uit die hart uit.

At, jy plaas my in 'n bietjie van 'n moeilike posisie, ek is nie presies
Des Cartes nie, en ek hou nie daarvan om te arrogant voor te kom
nie, en dit gebeur wel wanneer ek filosofies begin raak. Ek gaan nie
dadelik antwoord nie, eers 'n grondslag bewerkstellig waarvolgens
my eie begripsvorming en dus 'be-oordeling' van mense geskied.

1) Elkgeval, ek dink elke mens, selfs die mees vrye denker, is minstens
gedeeltelik 'n produk van sy omgewing en is ge-enkapsuleer in 'n
materiele werklikheid wat natuurlik 'n beperking tot sy rasionaliteit
van denke is. Hou dit in gedagte. Niemand is in staat tot begrip van
totale en universele waarheid nie, en dit is hieruit wat ek glo dat
doelgerigtheid en lewensbetekenis iets is wat nie voorgeskryf kan
word nie. (Iets wat beide fasciste en humaniteres doen, lg besef net
nie dat hulle self nie veel anders is nie).

2) Met 1 as basis vir meeste van besluitnemings, impliseer dit dat wat
iemand anders as waarheid beskou, op watter bewusseinvlak ookal,
nog as besliste waarheid, nog as absolute onwaarheid opgeneem
moet word. Dit is hier wat ons lekker vir Bleah veroordeel het,
terwyl ons onsself en hom ook moontlik kon verryk het (Glo dit !).
Terselftetyd kom my idees dalk as eenvoudig en onlogies vir
iemand anders voor, en dan kom die goeie ou vraag weer na vore,
waar trek 'n mens die lyn ?, nl tussen selfstandige denke en
emosionele blertse ?

En dus my antwoord: nee, ek probeer eerder nie bepaal of iemand 'n
idioot is of nie, dit is wel maklik om agter te kom of jy jou tyd gaan
aanhou mors maar nie op be-oordeling van die eerste geleentheid
nie ! Aan die ander kant is dit net tyd wat sal uitwys of jy met iemand
te doen het wat rasioneel en met 'n oop gemoed besluite neem.

Wel, "that's it", dalk het jy of iemand anders meer konkrete metodes,
se ook maar gerus of julle met my saamstem.

> Alles van die beste
> At de Lange

Etienne Marais
Re: (Filosofies) - Selfstandige denkers en rasionaliteit. [boodskap #9727 is 'n antwoord op boodskap #9713] Do, 05 Junie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Etienne Marais wrote in article
...

(n.a.v. At se versoek)
>> Maar dis ook broodnodig om te weet wanneer iemand
>> 'n selfstandige denker is. Wil jy nie maar die moed
>> bymekaar skraap en oor die saak begin skryf nie. Skryf
>> sommer uit die hart uit.
>
> At, jy plaas my in 'n bietjie van 'n moeilike posisie, ek is nie presies
> Des Cartes nie, en ek hou nie daarvan om te arrogant voor te kom
> nie, en dit gebeur wel wanneer ek filosofies begin raak. Ek gaan nie
> dadelik antwoord nie, eers 'n grondslag bewerkstellig waarvolgens
> my eie begripsvorming en dus 'be-oordeling' van mense geskied.
>
> 1) Elkgeval, ek dink elke mens, selfs die mees vrye denker, is minstens
> gedeeltelik 'n produk van sy omgewing en is ge-enkapsuleer in 'n
> materiele werklikheid wat natuurlik 'n beperking tot sy rasionaliteit
> van denke is. Hou dit in gedagte. Niemand is in staat tot begrip van
> totale en universele waarheid nie, en dit is hieruit wat ek glo dat
> doelgerigtheid en lewensbetekenis iets is wat nie voorgeskryf kan
> word nie. (Iets wat beide fasciste en humaniteres doen, lg besef net
> nie dat hulle self nie veel anders is nie).

Etienne, baie dankie vir jou antwoord. Jy het so na my
hart geskryf.

Ek dink self dat die belangrikste saak vir 'n selfstandige
denker is om te weet waar hy of sy inpas in die
"web van die lewe" (leweweb). Dit beteken dat die
selfstandige denker in hom of haar 'n beeld moet hê van
die leweweb. Verder moet die denker sy of haar
geskiedenis in hierdie beeld van die leweweb raaksien en
ook insien watter toekoms hy of sy in die leweweb wil h^e.
Met ander woorde, die selfstandige denker moet in sy
gedagtes 'n prent van die leweweb hê met hom of haar
in daardie prent. In my jongdae is hierdie gedagtes
voorgehou deur die holrug geryde frase
"lewens- en wereldbeskouing".

'n Tweede belangrike saak vir die selfstandige denker is
om hierdie "beeld van die leweweb" met die leweweb self
te kan harmoniseer. Om dit te kan doen moet die denker
'n deeglike waarnemer word. Hy/sy moet vir die gedagtes
'n teleskoop, 'n mikroskoop, 'n periskoop, 'n spektroskoop,
'n kaleidoskoop en allerhande ander soorte skope ontwikkel.

'n Derde belangrike saak vir die selfstandige denker is om
medemenslik om te gaan met ander mense wat elk werk
aan hulle eie "beeld van die leweweb". Dit het jy tereg as volg
vas gevat:

> 2) Met 1 as basis vir meeste van besluitnemings, impliseer dit dat wat
> iemand anders as waarheid beskou, op watter bewusseinvlak ookal,
> nog as besliste waarheid, nog as absolute onwaarheid opgeneem
> moet word. Dit is hier wat ons lekker vir Bleah veroordeel het,
> terwyl ons onsself en hom ook moontlik kon verryk het (Glo dit !).
> Terselftetyd kom my idees dalk as eenvoudig en onlogies vir
> iemand anders voor, en dan kom die goeie ou vraag weer na vore,
> waar trek 'n mens die lyn ?, nl tussen selfstandige denke en
> emosionele blertse ?

Ek dink dat ons eerder aan 'n groeilyn moet dink vir
selfstandige denkers: babs. peuters, kleuters, kinders,
jeug, volwassenes en bejaardes. Die "emosionele blertse" is
kenmerkend van iemand hier by die baba of peuter stadium.
Dit help niks om vir 'n babaof peuter te blaf nie. Inteendeel,
hulle sit sommer gou-gou 'n keel op.

Nogmaals baie dankie vir jou inleiding, Ettiene. Hoe lyk dit
met die ander.

Alles van die beste
At de Lange
Re: (Filosofies) - Selfstandige denkers en rasionaliteit. [boodskap #9737 is 'n antwoord op boodskap #9713] Vr, 06 Junie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
> 'n Tweede belangrike saak vir die selfstandige denker is
> om hierdie "beeld van die leweweb" met die leweweb self
> te kan harmoniseer. Om dit te kan doen moet die denker
> 'n deeglike waarnemer word. Hy/sy moet vir die gedagtes
> 'n teleskoop, 'n mikroskoop, 'n periskoop, 'n spektroskoop,
> 'n kaleidoskoop en allerhande ander soorte skope ontwikkel.
>


Hello At

Absoluut waar. Die denker moet die lewe om hom, sowel as in hom, ken en
harmoniseer. Die mikroskoop om binne-in te kyk, die anderskoop om om hom te
kyk, en die kaleidoskoop om so bietjie kleur, fantasie en humeur te kan geniet.
Dus, 'n waarnemer van die mikro- en die makrokosmos.

Groete,
V.
Re: (Filosofies) - Selfstandige denkers en rasionaliteit. [boodskap #9752 is 'n antwoord op boodskap #9713] Ma, 09 Junie 1997 00:00 Na vorige boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
V wrote in article
...
Beste Vira

> Absoluut waar. Die denker moet die lewe om hom, sowel as in hom, ken en
> harmoniseer. Die mikroskoop om binne-in te kyk, die anderskoop om om hom te
> kyk, en die kaleidoskoop om so bietjie kleur, fantasie en humeur te kan geniet.
> Dus, 'n waarnemer van die mikro- en die makrokosmos.

Iemand het een keer gesê dat jy jouself net kan ken deur
jou in jou medemens raak te sien. War jy hierbo sê, is 'n
groot uitbreiding op hierdie gedagte. Die mens moet
homself/haarself nie as as 'n betroubare waarnemer beskou
nie. Die mens moet alles in die kosmos (natuur en kultuur) as
medewaarnemers beskou.

Die groot probleem is natuurlik om hulle te verstaan. Behalwe
vir die mese, praat die res van die kosmos nie in 'n mensetaal
nie. En bitter min van die mense praat 'n taal wat jy verstaan.
Die selfstandige denker probeer om all hierdie tale (menslik
en onmenslik) te probeer verstaan.

Maar die selfstandige denker moet iewers met 'n sekere taal
begin. Die beginpunt is die moedertaal. Daarna kring dit uit
na ander menstale wat vir die denker sêkrag het asook
allerhande onmenslike tale.

Alles van die beste
At de Lange
Vorige onderwerp: PRETORIA ouens wat DUKE3D wil speel
Volgende onderwerp: Keuse vs sensuur
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 00:54:57 MGT 2024